NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Hoe lyk jou persoonlike verhouding met God?    Kan mense werklik sien dat jy Jesus liefhet?   Getuig jy ooit van Hom?   Onthou: niemand kan jou nie die hemel indra nie.   Jy moet ’n persoonlike verhouding met Jesus hê, anders is jy verlore!

SCOTT NA DIE SUIDPOOL (18)

Scott se Ekspedisie na  die  Suidpool 1910 – 1913

Lees reeks by Scott na die Suidpool

Die Pool word bereik — Scott se laaste Reisskofte

Die besonderhede oor Scott se laaste reisskof na die Pool, en die hartverskeurende verhaal van sy terugreis, van Evans se tragiese dood, Oates se edelmoedige offerdaad, en die martelaarsdood van Wilson, Bowers en Scott self, is deur die lengte en breedte van die beskaafde wêreld gepubliseer. In Scott’s Last Expedition, Deel I, word die groot ontdekkingsreisiger se dagboek feitlik volledig weergegee. Mnr. Leonard Huxley wat die verslag in 1913 saamgestel het, het ook met Scott se eerste werk, The Voyage of the Discovery se samestelling gehelp, en, soos mnr. Huxley dan ook opmerk, was daar nie veel persklaarmaakwerk aan hierdie twee boeke verbonde nie. Scott se laaste boek is geskrywe namate hy met sy reis gevorder het, en diegene van ons wat die ekspedisie en die Eerste Wêreldoorlog oorlewe het — en daar is maar min van ons — is baie trots op die feit dat hy ons uitgesoek het.

In hierdie boek, wat eintlik maar die uiterlike dop van die regte verhaal is, moet ek darem beslis ’n kort samevatting van sy reis van 87° 35' na die Suidpool gee, asook ’n samevatting van die gebeurtenisse tydens sy terugreis.

Hoe dikwels die verhaal ook al oorvertel word — en dit is deur lede van die ekspedisie sowel as deur ander oorvertel — sal die oorvertelling nooit naby die verhaal kom wat deur Scott self vertel is nie. Om tot die kern deur te dring, moet ’n mens jou tot Deel I van Scott’s Last Expedition wend. Maar miskien kan ek iets van

belang weergee. Hier volg uittreksels uit die dagboek van klein Bowers, wat deur sy moeder aan my gegee is:

"4 Januarie. — Het die sleë gelaai met kos vir vyf man vir vier weke en drie dae, met vyf slaapsakke, ens. Ek het by wyse van afskeid saam met Evans, Crean en Lashly ontbyt genuttig. Teddy het vreeslik sleg gevoel dat hy nie kon saam na die Pool nie. Hy het so daarna uitgesien. Ek is bevrees dat dit vir hom ’n baie groot teleurstelling was en ek was daar baie spyt oor. Die arme Teddy; ek is seker dat hy terwille van sy vrou wou gaan. Hy het my ’n syvlaggie gegee wat sy hom gegee het om by die Pool te hys.

"Na die min slaap van die vorige nag was ek nogal bang vir die verdere reis. Ons het ons aantekeninge, boodskappe en briewe aan die terugkerende geselskap gegee en vertrek. Voordat hulle omgedraai het, het hulle ons omtrent ’n myl ver vergesel, om seker te maak dat alles reg is.

„Behalwe ekself, was ons geselskap op ski’s. Ek het my eers aan die middelste sjortou vasgemaak, maar later het ek my aan die boeg van die slee aangetuig en het ek in die middel getrek, tussen die binnekante van kaptein Scott en dr. Wilson se string.

„Aangesien ek my eie pas moes hou, was dit die beste plek. Teddy en sy maats het ons toegejuig en Crean was amper in trane. Op die terugreis sal hulle slee baie lig wees en hulle behoort die afstand maklik af te lê.

„Ons het gevind dat ons ons vrag maklik kon behartig en voor ete het ons 6.3 myl afgelê. Teen 7.15 nm. het ons 12.5 myl afgelê. Ons het nege uur per dag gereis. Met ’n volgelaaide slee is dit ’n lang afstand en, omdat ek geen ski’s het nie, vind ek dit meer vermoeiend as die ander. Maar, solank ek my deel die heeldag kan doen en gesond bly, maak dit tog nie saak nie.

"Vandag het ons ons eerste noordewind op die plato teegekom en teen die einde van die skof het ’n neerslag van sneeukristalle die oppervlakte soos sand laat voel. Die slee het loodswaar gesleep. Teen die aand het die wind gaan lê, en alhoewel die temperatuur 16° was, was dit werklik aangenaam om buite die tent te staan en in die sonstrale te bak. Dit was ook die eerste windstilte wat ons teëgekom het sedert ons die kruin bereik het. Ons sokkies en ander klam goed wat ons gedurende die nag uitgehang het om droog te word, is onmiddellik met lang, veeragtige kristalle bedek wat net soos pluime gelyk het.

"Sokkies, moffies en finnesko’s word hier pragtig in die nag droog. In vergelyking met die reise in die lente en die winter, het ons min moeite met hulle. Ek sprei my slaapsak gedurende die 1½ uur van die middagete in die son oop. Dit gee die rendierhare die geleentheid om van die ryp wat deur my asem en sweet gedurende die nag daarin beland het, ontslae te raak.”

Dit lyk asof hy ’n paar dae hierna niks in sy dagboek geskrywe het nie, maar later haal ek weer uit hom aan.

Die Poolgeselskap het die orige 145 geografiese myl in veertien dae afgelê. Op 7 Januarie het hulle blykbaar die kruin van die plato op ’n hoogte van 10,570 voet op breedtegraad 88° 18' 70" S., lengtegraad 1570 21' O., bereik, maar vanweë die slegte oppervlaktes waarmee hulle te doen gekry het, het hulle nie na verwagting gevorder nie.

Scott het in sy dagboek breedvoerige aantekeninge geskrywe oor alles wat van belang was. Hy was tevrede met sy finale keuse, en soos gewoonlik het hy dinge pittig en saaklik beskrywe. Hier volg bevoorbeeld aantekeninge oor sy kamerade:

•(Uit Scott’s Last Expedition, Deel I).

"WILSON. — Vinnig, versigtig en vaardig; dink gedurig aan nuwe maniere om die kamplewe te vergemaklik; taai soos staal in die stringe; van begin tot einde aarsel hy nooit nie.

"ONDEROFFISIER EVANS. — ’n Onvermoeide werker, met ’n skrander verstand. Hy is vir elke slee, elke stuk sleetoerusting, vir die tente, slaap'sakke, die tuie, ens., verantwoordelik en nooit was ons ooit oor enige van hierdie items ontevrede nie. Dit wys net hoe uiters waardevol sy dienste was....

"BOWERS. — Klein Bowers bly maar ’n wonder — hy geniet dit terdeë. Ek laat al die reëlings in verband met die kos aan hom oor, en hy weet gedurig presies hoe ons daaraan toe is. By hom loop niks ooit skeef nie en geen werk is vir hom ooit te moeilik nie.

"OATES. — Elk van hulle is van onskatbare waarde. Oates was by die ponies van onskatbare waarde. Nou sukkel hy te voet voort en werk hy die hele tyd hard, doen sy aandeel van die kampwerk en staan die ontberinge so goed soos enige van ons uit. Sonder hom wil ek ook nie wees nie. Ons vyf persone is miskien so goed uitgesoek soos maar denkbaar is.”

Geen lewende mens sou Scott as leier van ons ekspedisie kon vervang het nie — daar was geen ander soos hy nie. Hy was ons hart, ons brein en ons meester.

Op 11 Januarie is die geringste daling gemaak en die hoogte was nou 10,540 voet, maar toe het die temperatuur tot 26° benede sero gedaal. Op daardie dag was die termometerlesings wat deur my geselskap verkry is, 10° hoër. Moeilikhede met die oppervlakte het hulle nog steeds bekommernis veroorsaak, en selfs met die vyf man was die afstande wat hulle afgelê het, teleurstellend. Dit was ongetwyfeld aan die slegte oppervlakte te wyte.

Op die 13de skryf sowel Scott as Bowers van ’n oppervlakte wat soos sand was, en hulle moes ruk en pluk en hul kragte inspan, toe hulle eintlik gemaklik moes beweeg het. Op die 14de het party van die lede die koue onmiskenbaar begin voel en op die volgende dag was die hele geselskap heeltemal uitgeput toe hulle kamp opgeslaan het.

Die droewigste gebeurtenis op die heenreis was toe Bowers op 16 Januarie ’n sneeubaken en ’n swart kolletjie gesien het. Dit was ’n swart vlag wat aan die loper van ’n slee vasgebind was. Dit was naby die oorblyfsels van ’n kamp. Dat dit nou moes gebeur op die dag na die 15de, waarop hulle so volmoed was! Op die 15de het hulle ’n opslagplek met kos vir nege dae op ’n afstand van slegs 27 myl van die Pool af aangelê — en toe het Scott in sy dagboek geskrywe: ". . . . Daar behoort nou geen twyfel meer te wees nie. Die enigste ontstellende moontlikheid wat nou nog oorbly, is dat ons die Noorweegse vlag daar sal vind....”

En daar was dit nou — hondespore, baie van hulle. Hulle het die spore in die rigting van die Poolgebied gevolg. Scott, Wilson, Oates, Bowers en seeman Evans het die Suidpool op 17 Januarie 1912 bereik. Dit was ’n aaklige dag. Die temperatuur was 220 grade benede nul. Die geselskap het die juiste plek met behulp van een van ons vierduimteodoliete vasgestel en hulle noukeurige waarnemings het die Pool op ’n punt vasgestel wat slegs ’n halfmyl uit was op die plek wat deur Amundsen, soos deur sy vlag aangedui, vasgestel is.

Hierdie verskil kom in werklikheid daarop neer dat die Britse en die Noorweegse waarnemers slegs met een skaalafdeling op die teodoliet van mekaar verskil het. En die skaal was ingedeel tot ’n halwe boogminuut.

Deskundiges op die gebied van die navigasie en die landmeting sal hierdie merkwaardige noukeurige vasstelling altyd as ’n knap stukkie werk deur sowel ons eie mense as deur die van die Noorweegse ekspedisie beskou.

Lady Scott het na die grootgeestigheid verwys wat haar man en sy vier spesiaal uitgesoekte tentmaats aan die dag gelê het toe hulle ontdek het dat die klein sy- Union Jack van Koningin Alexandra deur die vlag van ’n ander nasie voorgespring is. Scott en sy kamerade het hul bes gedoen en nooit het een van hulle iets onvriendeliks laat val nie.

In die notuleboek van ons ekspedisie staan vermeld dat die volgende by die Pool gevind is:

’n Brief van kaptein Amundsen aan kaptein Scott:

"Poleheim, 15 Desember 1911.

"GEAGTE KAPTEIN SCOTT. — Aangesien u heel moontlik die eerste persoon sal wees wat hierdie gebied ná ons sal bereik, wil ek u vriendelik versoek om hierdie brief aan koning Haakon VII aan te stuur. Indien u van die goed wat in die tent gelaat is kan gebruik, doen dit dan gerus. Dalk kan u die slee wat buite gelaat is, gebruik. Met beste wense, ook vir ’n veilige terugtog, die uwe,

ROALD AMUNDSEN.”

En ’n ander briefie:

"Die Noorweegse tuiste, Poleheim, is geleë op 89° 58' S. breedtegraad S.O. by O. kompas 8 myl.

(Geteken) ROALD AMUNDSEN.

5 Desember 1911.”

Die name van die Noorweegse ontdekkingsreisigers wat by Poleheim gelaat is, was: Roald Amundsen, Olaf Bjaaland, Helmer Hanssen, Oskar Wisting, Sverre Hassel.

Scott het ’n briefie in die Noorweegse tent gelaat met sy eie naam en die van sy maats, en in sy dagboek het hy toegegee dat die Noorweegse ontdekkingsreisigers deeglik van hul werk seker gemaak het en hulle program ten volle uitgevoer het.

Scott was van mening dat die Pool 9500 voet bokant die Ysbank is — 1000 voet laer as die platohoogte op breedtegraad 88°.

Bowers het die rigtinglesing vir die vasstelling van die Pool gedoen.

Op 19 Januarie het die terugreis na die noorde begin. Die geselskap moes ’n afstand van oor die 900 statutere myl aflê. Op hierdie datum skryf Bowers ewe gemoedelik:

". .. . ’n Pragtige helder môre, ’n gawe suidwestlike wind waai. Tydens ontbyt het ek ’n flap aan my groen hoed gewerk sodat die wind nie terwyl ons op reis is, in my nek af kan waai nie. Ons het die mas en seil op die slee opgestel en na die noorde teruggedraai. Pas daarna het ons Amundsen se baken en ons spore van die heenreis teëgekom. Ons het op ons spore voortgereis totdat ons die ander baken bereik het en eindelik ook die swart vlag waar ons tydens die heenreis ons sesde(?) kamp opgeslaan het. Daarna het ons tot ons grootste verligting, alle spore van die Noor agtergelaat. Ek het op my eie spoor aangehou totdat ons vir ete gekampeer het. Ons het toe 8.1 myl afgelê. Die middag het ons by die tweede baken van die Britse roete verbygekom en toe het ons behoorlik aangeseil op ’n fris windjie. Omdat ek nie ski’s aangehad het nie, het ek moeilik gereis, maar as ’n mens ’n goeie reisskof agter jou rug het, gee jy nie om om moeg te word nie. Daardie dag het ons altesame 16 myl afgelê en gevolglik behoort ons ons laaste opslagplek môremiddag teë te kom. Pas na die middagete het die weer betreklik betrokke geraak en teen die laat agtermiddag het dit taamlik erg begin sneeu, en was daar ook ’n mistigheid wat deur die yskristalle en die byson veroorsaak is.

"20 Januarie. — Het vanoggend weer ’n gawe seilwind gehad. Dit is aangenaam om met ’n mens se rug in plaas van jou gesig na die wind te reis. Later het dit meer betrokke geraak, maar ons het ons laaste opslagplek om 1 nm. in die gesig gekry en dit om 1.15 bereik. Die rooi vlag aan die bamboespaal het vrolik gewapper om ons van ons reis na die Pool terug te verwelkom, en onder die vlag was ons voorraad lewensbehoeftes. Ten einde die plato lewendig te kan verlaat, is ons geheel en al van ons opslagplekke afhanklik en gevolglik sien ons gretig na die eensame klein bakens uit. By hierdie opslagplek, wat ons die Laaste Opslagplek genoem het, het ons vier dae se kos, ’n kan olie, ’n hoeveelheid brandspiritus (vir beligting) en van ons persoonlike toerusting wat ons daar gelaat het, opgelaai. Ons het die bamboesstok op die vloerkleed vasgebuig om as 'n ra vir ons seil in die plek te dien van ’n stukkende sleeloper wat aan Amundsen behoort het en wat ons by die Pool gevind en ’n tydelike ra van gemaak het. Aangesien ons, in ’n poging om die opslagplek te bereik, die voormiddag besonder ver geloop het, was ons namiddagse reis korter as gewoonlik. Die wind het tot matige stormsterkte toegeneem. Daar was sterk windvlae en ’n aansienlike sneeuval. Indien ons dit van voor gehad het, sou dit maar sleg met ons gegaan het. Na ’n uur moes ek my tuig agtertoe skuiwe ten einde die bewegings van die slee te beheer.

"Ongelukkig het die oppervlakte die laaste endjie baie sanderig begin word, maar ons het daar tog in geslaag om ’n skof van 16.1 myl af te lê en toe het ons in ’n fris wind wat ’n paar uur later in ’n sneeustorm verander het, kamp opgeslaan. Ek was bly dat ons opslagplek veilig was.

"21 Januarie. — Gedurende die nag het die windsterkte tot 8 toegeneem; daar was ook ’n strawwe sneeuval. In die môre het die sneeu baie erg geval en van reis was daar geen sprake nie. Die wind sou vir ons tot groot hulp gewees het, maar die sneeu het so dig aaneen geval, dat dit bykans onmoontlik sou gewees het om koers te hou. Ons het gevolglik besluit om verwikkelings af te wag en sodra daar tekens van opklaar was, sou ons weer vertrek. Gelukkig was dit van korte duur en instede dat dit soos gewoonlik twee dae aangehou het, het dit in die namiddag oorgewaai en teen 2.45 het ons met oopgespreide seil vertrek. Op ski’s kon ’n mens gemaklik reis, maar ek moes maar te voet deur die sagte sneeu aansukkel. Ek sal darem regtig in my skik wees as ek my gawe ou ski’s weer aan het. Maar hulle is byna 200 myl verder nog. Later het die wind heeltemal gaan lê en toe het ek weer op my ou plek gaan trek; dit was in die middel van die vyf. Toe ons weer kamp opgeslaan het, het ons 5.52 myl afgelê. Ons ou sneeubakens help baie, en ook die spore, wat op party plekke deur ’n swaar sneeuval en deur die harde sastrugi uitgewis is, maar wat ons nogtans weer maklik kan opspoor.

"22 Januarie. — Vanaand het ons Evans se skaapvelskoene opgetel. Nadat hulle so lank gelede van die slee afgeval het, was hulle byna met die sneeu bedek. Die wind het uit die suid-suidweste gewaai, maar dit het later helder geword. Teen die etensuur het ons 8.2 myl afgelê. Teen die middag het die wind heeltemal gaan lê en as gevolg van die invloed van die son het die oppervlakte behoorlik soos sandstof geword. Die ligte slee wat deur die vyf man getrek is, het loodswaar, sonder die geringste gly, begin sleep.

"Ons was almal bly toe ons pas na 7nm kon kamp opslaan. Ek dink ons was almal min of meer uitgeput. Ons het die dag altesaam 19.5 myl afgelê. Ons is nou slegs 30 myl van die 1½ opslagplek en indien niks voorval nie, behoort ons dit in twee reisskofte te bereik.

"23 Januarie. — Het in ’n ligte windjie wat ons so ’n bietjie gehelp het, vertrek. Na die eerste twee uur het dit tot windsterkte 4 S.S.W. toegeneem. Ons seil was vol in die wind gespan en ons het lekker voortgesnel en voor ete reeds 84 myl afgelê. Teen die middag was die wind selfs sterker. Ek moes weer agter trek en as gids en rem dien. Ons moes die seil so effe laat sak, maar selfs toe het die slee nog soos die wind geloop. Ons kom nou by die een ou baken na die ander verby. Evans se neus was bevrore. Vir hom is dit niks buitengewoons nie, en omdat ons die afgelope tyd almal taamlik koud gekry het, het ons om kwart voor sewe stilgehou. Ons het toe 15½ myl afgelê. As gevolg van die sterk wind het dit ons heelwat inspanning veroorsaak om kamp op te slaan.

"24 Januarie. — Al Evans se vingers is bevrore en met blase oortrek. Verder gaan dit met ons almal goed. Ons word egter maer, en ten spyte van ons goeie rantsoene neem die honger nou by die dag toe.

"Gedurende die reis loop ek partymaal aanhoudend en dink hoe ek my by die eerste geleentheid gaan ooreet. Omdat dit eers na nog ’n verdere reis van 700 myl kan geskied, is dit nou natuurlik te vroeg om aan dergelike dinge te dink. By ons vertrek het die wind teen stormsterkte gewaai, en dit het in geweld toegeneem. Uiteindelik moes ons die seil halfmas laat hang. Een man is uitgespan en hy moes voor spoorsny, terwyl ek en Titus al ons kragte moes inspan, en selfs so kon ons nie altyd keer dat die slee in ons vasloop nie. Die storm het steeds erger geword totdat ons, nadat ons slegs 7 myl afgelê het, pas na twaalfuur moes kamp opslaan. Dit is nou 9 nm. en dit lyk my die wind begin nou te bedaar.

"Ons is slegs 7 myl van ons opslagplek en die vertraging is baie lastig.

"25 Januarie. — Dit sou niks gehelp het om op die gewone tyd (5.45 vm.) op te staan nie, want die sneeustorm het nog steeds voortgewoed. Ons het dus besluit om ontbyt laat te nuttig en om geen middagmaal te nuttig, tensy ons kon voortreis nie. Ons het nog net kos vir drie dae by ons en as ons die opslagplek misloop, sal ons in ’n lelike pekel wees.

"Ons slaapsakke, asook ons klere, word steeds natter.

"Dit lyk asof dit nou wil opklaar (ontbyt) en miskien sal ons D.V. tog kan vertrek. Wat die etes betref, kry ek nou swaar, want ons sout het opgeraak, en ek is juis so lief vir sout. Dit was omdat Atkinson se geselskap per abuis ’n addisionele blik by die opslagplek by die boonste gletser opgelaai het. Gelukkig sal daar sout wees en gevolglik sal ek nog net twee weke sonder sout moet klaarkom.

"10 nm. — Ons het dit tog reggekry om ’n skof af te lê. Dank die Here.

”Deur die wind aangehelp, het ons vinnig na ons ½°-opslagplek afgereis. Hier het die rooi vlag bokant die vallende sneeu uitgesteek. Ons het hier 1½ kan olie en ’n week se kos vir vyf man opgelaai, asook ons persoonlike toerusting wat ons hier gebêre het.

"Ons het die bamboes en die vlag op die sneeubaken gelaat. Ek het baie verlig gevoel toe ons by hierdie baken uitgekom het. Hier op die oneindige sneeukruin bly vir ons nou nog net een bron van bekommernis oor, en dit is die derde opslagplek op breedtegraad 86° 56' S. Vanmiddag het ons 5.2 myl afgelê. Dit het ellendig gegaan. Die sneeu het aanhoudend geval en ons slee het of aan die sastrugi vasgehaak, of oor die stringe gestamp. Ons rnoes die seil halfpad laat sak en ek en Titus het aan die seil gehang. Dit was baie inspannende werk en boonop was dit baie kouer as om voor te trek. Meesal moes ons met mag en mening agteruit rem om te verhoed dat die slee teen die manne wat trek, stamp. Bill wat die spoor sonder sy skermbril gevolg het, het erg aan die songloed gely.

"26 Januarie. — Dit is vandag ’n jaar gelede dat ons op die reis om die opslagplekke te lê, vertrek het. Ek het nie gedink dat ek so gou ’n bedrewe Poolreisiger sou word nie, en ook kon ek ’n jaar gelede nie droom dat ek een van diegene sou wees wat van die Pool sou terugkeer nie.

" 29 Januarie. Het vandag ons rekord-skof afgelê. ’n Gunstige wind en ’n beter oppervlakte het ons gou op die dubbele spoor gebring waar die hulpgeselskap ons verlaat het. Toe het ons die gedenkwaardige kamp bereik waar ek by die voorste geselskap geplaas is. Hoe bly was ek tog nie oor die verandering nie. Die kamp was aansienlik toegesneeu, en geweldige sastrugi, .... ens.”

Dagskofte, temperature, en des meer volg. Dan ontbreek dae in die dagboek en is daar slegs twee uiters beknopte inskrywings, bv.:

" 31 Januarie. — Opslagplek 11.20 vm. bereik. My ski’s 6.15 nm. opgetel. Geen wind die afgelope tyd nie. Oppervlakte moeilik. 13½ — Bill se been — Evans se vingers — ekstra beskuit, ens.” en

"11 Februarie. — Baie moeilike oppervlakte — yskristalle — beweging van boonste strominge — Evans kok — mooiweer — laer temperature — sastrugi. Afstand afgelê 11.1.”

Dit was moontlik die begin van die einde.

Vervolg...

Opsoek na inligting?

  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 989 gaste aanlyn