NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Ware vreugde is die onfeilbaarste teken van God se teenwoordigheid. En ons wil so graag ander mense gelukkig maak, maar dan moet ons eers hierdie vreugde in onsself hê. Ons is gemaak vir vreugde en vriendskap maar kom ons gaan kry dit by Hom – Jesus het gebid: "...sodat hulle my blydskap in al sy volheid in hulle kan hê."

PAUL KRUGER (2)

'n Lewenskets van President S.J.P. Kruger

Deur D.W. Kruger

Lees reeks by Paul Kruger

Paul Kruger, die Voortrekker

Paul Kruger se vernaamste indruk gedurende die trek na die onbekende binneland was nie soseer die nuwe landskap en die wildrykdom wat hy teengekom het nie, maar die gewelddadige botsing met die agressiewe, militêrafgerigte swart stamme van die binneland. Voordat daardie gevaar uit die weggeruim was, kon daar geen sprake van vreedsame nedersetting in die nuwe vaderland wees nie. Die Voortrekkers het geen direkte aanleiding tot die botsing gegee nie en die eerste aanval op hulle laers was geheel en al onuitgelok.

Die jong seun het die stryd van die begin af meegemaak. Hy was oog- en oorgetuie van Silkaats se aanslag op die laer by Vegkop in Oktober 1836. Dit was sy eerste vuurdoop en tot sy oudag kon hy hom die toneel van rammelende skildvelle, die geskreeu van die aanvallers en die gedreun van die geweerskote nog helder voor die gees roep. Soos die ander nie-weerbare seuns het hy gehelp om gewere te laai en aan te gee.

Dit was slegs die begin van veel erger tonele. Sy familie het saam met die Retieftrek in 1837 na Natal getrek en daar het Paul die stryd teen die impies van Dingaan meegemaak.Op sy gemoed het die tonele van dood en verwoesting ’n groot indruk gemaak en dit het grootliks bygedra tot sy vorming as kampvegter vir die Christelike blanke beskawing.

In April 1838 ná die slag van Italeni, het die Krugers saam met Potgieter na die noordelike Vrystaat teruggetrek. Hulle was oortuig dat daar vir die Trekkers geen toekoms in Natal was nie en het saam met Potgieter geglo dat die toekoms in Transvaal geleë was. Daarom het hulle teen die einde van 1838 of die begin van 1839 na die streke van die Mooirivier verhuis waar hulle medestigters was van Potchefstroom. Dit was die eerste blanke nedersetting noord van die Vaalrivier nadat Potgieter in twee veldslae die mag van die ryk van Silkaats in Wes-Transvaal vernietig en hom oor die Limpopo verdryf het. Vir Paul Kruger was dit egter nog nie die einde van die swerwerslewe nie. En in 1842, toe hy sestien jaar oud was, het hy die leeftyd van burgerskap bereik.

Dit het beteken dat hy geregtig was op die toekenning van ’n eie plaas, asook alle regte van burgerskap van die nuwe staat wat die Transvaalse Trekkers gestig het. Seuns van daardie tyd het vroeg volwasse geword en Paul Kruger het deur sy deelname aan die Groot Trek kennis gemaak met al die groot leiers, insluitende Potgieter, Piet Retief, Gert Maritz, Piet Uys, Karel Landman, Sarel Celliers en later ook Andries Pretorius. Hy het vroeg politiekbewus geword en die staatkundige strewe van die leidende geeste van die Trek sy eie gemaak. Die vryheidsideaal was ’n deel van sy lewensbeskouing waartoe sy opvoeding sowel as die ervaring gedurende die groot uittog uit die Kolonie en die stigtingsjare van die Republiek meegewerk het. Dit het, reeds op ’n jeugdige leeftyd, van hom ’n koersvaste en verantwoordelike mens gemaak.

Toe sy ouers en ander familielede nie lank na die stigting van Potchefstroom nie hulle in die streek agter die Magaliesberg gaan vestig het, het hy sy eie potjie begin krap. Vader Casper het die plaas Soutmansdrif toegewys gekry, sy oom Gert die plaas Hekpoort, en hyself die plaas Waterkloof, meer na die weste aan die noordelike hang van die Magaliesberg-reeks. Teen daardie tyd het die broers Gert en Casper reeds ’n prominente rol onder die eerste Transvalers gespeel. Casper was ’n lid van die volksverteenwoordiging en Gert was een van Potgieter se kommandante. Dit was ’n verdere geleentheid vir die jong Paul om politieke volwassenheid te bereik, want dit het hom byna daagliks in aanraking gebring met die groot vraagstukke van die tyd. Hy was dan ook nie lank op Waterkloof gevestig nie, toe hy reeds as negentienjarige seun opgetree het as assistent-veldkornet, ’n militêre en burgerlike pos tegelyk. Sy benoeming daarin was ongetwyfeld ’n erkenning van sy potensiële bekwaamheid.

Soos ander seuns was hy nie net ’n boer nie, maar ook ’n jagter.  ’n Wilde land moes getem word en roofdiere soos leeus en luiperde was volop. Klein- en grootwild van alle soorte het gewemel op die vlaktes en in die nabygeleë bosveld, Marico se wêreld. Die jong Paul het ’n hele reputasie as onverskrokke, selfs onverskillige, jagter verwerf, en hy het meer as ’n normale aandeel aan die jagterslewe gehad. Ook dit was ’n leerskool wat die hoedanigheid van persoonlike dapperheid, moed en beleid na vore laat kom het. Sy avonturei deurspek met noue ontkominge, was legio en die ouer mans was dikwels gesteurd oor sy waaghalsigheid en miskien selfs jaloers dat ’n jong seun soos hy so dikwels met die louere weggestap het. Toe hy nog, ’n kind was tydens die trek iewers in die Vrystaat, het hy reeds sy eerste leeu geskiet en later in die Transvaal nog meer en gevaarliker soorte wild soos buffels en olifante. Dit was nie alles bloot vir die plesier nie, maar ook as ’n belangrike byverdienste, want die boerdery het nie genoeg inkomste opgelewer vir ’n behoorlike bestaan nie. Daar was geen gerieflike mark vir sulke produkte nie terwyl die rondtrekkende smouse goed betaal het vir olifantstande, velle en horings.

’n Goeie, gesoute ryperd was deel van die noodsaaklike toerusting vir ’n suksesvolle jagter, en so ’n dier het Paul besit. Die naam van sy kosbare ryperd was Tempest en mens kan jou voorstel dat hierdie naam ’n aanduiding moes gewees het van die perd se geaardheid. Hy was spoedig ’n uitmuntende ruiter en hardloper, want die stryd teen ongediertes en wilde diere het hoë eise gestel aan die liggaamlike vermoëns van die jong man in daardie opwindende avontuurbelaaide vormingsjare. Hy was ’n seun van die vrye natuur en het onder die primitiewe swartes van die omgewing ’n legendariese figuur geword, ’n stralende jong held wat in staat was om alles beter te doen, so het hulle gemeen, as ander jong manne. Hy het wedlope gevoer met die vinnigste naellopers onder die swartes en het ’n lewensblyheid geopenbaar wat ongeëwenaard was. Dit was asof hy ’n tydperk van ekstatiese en uitgelate lewensvreugde deurgemaak het — vrolik en opgewek, steeds vol grappe en poetse waarvan baie voorbeelde bekend is.

Bo alles was hy vervul met ’n warme menslikheid wat hom dwarsdeur sy lewe bygebly het, by al die erns wat in later jare so ’n kenmerk van sy persoonlikheid was, met nooit geen stroefheid en ook nooit enige ligsinnigheid nie.

Reeds in sy jonger jare het Paul tekens getoon van diepgewortelde erns in geloofsake. As kind het hy onder die invloed gekom van eerwaarde Daniël Lindley en by ’n kerklike byeenkoms aan die Valsrivier in die Vrystaat in 1842 belydenis van sy Christelike geloof afgelê. Hy het jare later gevoelvol melding gemaak van die groot waardering wat hy vir Lindley het en Lind­ley se betekenis vir hom persoonlik. Hy het as lidmaat van die kerk ook die sending onder die heidene hoog geag en in sy amptelike werksaamhede kerk en sending beskerm.

Ook in 1842 het hy in die huwelik getree met ’n Voortrekkerdogter van die Vrystaat, Maria du Plessis, wie se mense oorspronklik saam met Potgieter uit die Tarka gekom het. Saam het hulle gearbei aan die opbou van ’n eie boerdery op Waterkloof en saam het hulle, sowel as baie van sy familie, die Potgietertrek na Ohrigstad in Oos-Transvaal in Mei 1845 meegemaak. Hulle het hulle daar gevestig ten einde nader aan Delagoabaai te kom met die oog op ’n direkte oorsese verbinding met Nederland, die ou stamland in Europa, hulle enigste hoop op geestelike en materiële by­stand in die verre, afgesonderde Transvaal. Maar Paul Kruger se verblyf in daardie geweste het nie lank geduur nie. Nog voor die einde van 1845 was hy terug op Waterkloof.

Dit was tydens die verblyf in Ohrigstad dat hy ’n ernstige geweerongeluk gehad het. Tydens ’n jagtog het sy geweer met die afvuur van ’n skoot gebars op die plek waar hy dit met sy linkerhand vasgehou het. ’n Deel van sy duim is weggeblaas en hy moes met die bloeiende en pynlike hand op die perd klim en huiswaarts jaag. Mediese en chirurgiese hulp was nie beskikbaar nie en tuismiddels om infeksie van die wond te voorkom, het nie gebaat nie. Met sy knipmes het hy die res van sy duim by die derde lid verwyder en weke lank die verrotte vlees telkens afgesny. Behandeling met warm kompresse het eindelik, na ses maande, die wond genees, maar nog voor die proses voltooi was, was hy reeds weer uit op die jag. Baie jare later, toe hy in sy sestigste jaar was, het hy in ’n hotel in Lissabon, Portugal, andermaal met die mes ’n tand wat hom baie las gegee het, eiehandig uitgesny. Dit was in Mei 1884 tydens sy derde besoek aan Europa.

Aan die begin van 1846 het sy vrou geboorte gegee aan ’n kind, maar moeder en kind is kort daarna oorlede. ’n Jaar later het hy ’n nuwe lewensmaat gevind in Gezina Susanna Frederika Wilhelmina du Plessis, ’n niggie van sy eerste vrou en ’n dogter van Jan Adriaan du Plessis en sy vrou Catharina Helena. Gezina was 5 jaar jonger as hy en gebore op 6 Mei 1831. Sy was ’n troue lewensgesellin wat hom met groot beskeidenheid en in stilte deur lange huweliksjare trou bygestaan het. Sy was ’n gelowige vrou en deur en deur vaderlander en moeder. Uit hulle huwelik het sestien kinders voortgespruit, nege seuns en sewe dogters. Verskeie is jonk dood en party van die res het hulle ouers nie oorleef nie. As ouers van ’n talryke nageslag was Paul en Gezina tipies van baie Afrikaanse gesinne van die tyd.

Gedurende die jare veertig het Paul ’n al groter rol in die openbare lewe begin speel. Aanvanklik het hy soos sy vader en naaste familie die leiding van Potgieter gevolg en trouens in politieke sake baie naby aan hom gestaan. Sy oom Gert was kommandant van Magaliesberg en sy vader ’n lid van die verkose Burgerraad op Potchefstroom. Toe Andries Pretorius en baie ander Voortrekkers Natal in 1847-48 begin verlaat en hulle in die Noord-Vrystaat en Wes-Transvaal gevestig het, het die Transvaalse politiek meer ingewikkeld geraak. Baie mense was reeds nie tevrede met Potgieter se persoonlike leiding nie, en die koms van die nuwe intrekkers het die teenstand laat groei en terselfdertyd die aanhang van Pretorius versterk. Die broers Casper en Gert het saam met Pretorius deelgeneem aan die gewapende weerstand teen sir Harry Smith by Boomplaas in Augustus 1848, maar daarna het hulle vir goed na die Transvaal teruggetrek. Soos hulle, het ook Paul geglo dat die staatkundige toekoms van die Voortrekkers daar geskep moes word. Terselfdertyd was hulle tans oortuig dat slegs ’n gekose Volksraad, en nie meer militêre leiers nie, die hoogste gesag moes uitmaak. Hulle het aktief meegewerk in daardie rigting tydens ’n algemene byeenkoms aan die Olifantsrivier in Maart 1849.

Op 25-jarige leeftyd het Paul, nog steeds assistent-veldkornet, vir die eerste keer prominent in die politiek op die voorgrond getree. Hy het eiehandig versoekskrifte opgestel en laat onderteken ten einde die Volksraad te oorreed om sy gesag te laat geld. In ‘n dokument, gedateer Maart 1850, het hy, gesteun deur handtekeninge van ander mense, beswaar aangeteken teen ’n raadsbesluit om die ooreenkoms aan Olifantsrivier te herroep en Potgieter weer as hoofkommandant te erken.

Dit was ’n nuwe geluid in die politiek van die jong Trekkerstaat: die aandrang op die handhawing van wet en orde. Dit was ’n beginsel wat Paul Kruger dwarsdeur sy loopbaan beklemtoon het, en wat tot elke prys gehandhaaf moes word. Die Volks­raad was vreesbevange en opportunisties en die versoek het op dowe ore geval. In Oktober 1850 is Pretorius tydelik as kommandant-generaal herstel en, getrou aan sy beginsel, het Paul ook hierdie keer protes aangeteken. In sy rondsparteling tussen die partye het die Volksraad in Maart 1851 nog verder gegaan en besluit dat daar voortaan nie minder as vier kommandant-generaals sou wees nie. Dit, so is gehoop, sou die verskillende dele van die land met mekaar versoen. In stede van die volk te verenig, het die optrede van die Volksraad die neiging tot groepvorming eerder versterk.

Die enigste indirekte voordeel was die herstel van Pretorius in sy ou posisie. Dit het hom ten minste in staat gestel om namens ’n aansienlike deel van die volk van Transvaal met die Britse owerheid te onderhandel aangaande erkenning van die onafhanklikheid van die gebied ten noorde van die Vaalrivier. Sodoende kon, te midde van politieke verdeeldheid en skeuring, ten minste na buite, ’n nasionaal-staatkundige ideaal verwesenlik word. Daarmee was die jong Kruger dit hartlik eens. Vir hom, soos vir sy vader en oom, het Andries Pretorius die simbool van vryheid en eenheid geword, maar onder die gesag van die vryverkose Volks­raad.

Paul kon voortaan persoonlik meer invloed laat geld, want kort tevore het hy die leeftydsgrens van 25 jaar bereik wat hom bevoeg gemaak het om as veldkornet verkies te word. Dit het gebeur in Januarie 1851, en voortaan was hy ’n offisier onder Pretorius. In September van daardie jaar het die versamelde krygsraad, waaronder Paul en sy oom Gert teenwoordig was, aan Pretorius die nodige magtiging gegee om die verteenwoordigers van die Britse owerheid te ontmoet met die oog op samesprekings. Die Volksraad het dit bekragtig en in Januarie 1852 het Pretorius, vergesel van Gert en Paul Kruger, verskeie ander offisiere asook persone deur die Volksraad bygevoeg, na Sandrivier in die Noord-Vrystaat afgereis. Casper, wat ook afgevaardig was, is weens ’n siekbed verhinder om te gaan en hy is kort daarna oorlede en op sy plaas begrawe. Hy was ’n erkende volksleier en het ’n rol van aansienlike betekenis gespeel, dikwels as vredemaker en dikwels agter die skerms. Hy was nooit op die voorpunt in enige dispuut nie en dit is waarskynlik dat Paul Kruger se politieke beginsels en aanleg ’n verbinding was van die geestelike erfenis van sy vader en sy oom tegelyk. Kalme verdraagsaamheid en politieke wysheid was trouens ’n familie-erfenis van die Kaapse voorgeslag.

Die byeenkoms by Sandrivier was van historiese belang. Aan die een kant was daar die Britse afgevaardigdes, Hogge en Owen, en aan Boerekant Pretorius en sy volgelinge, waaronder veldkornet Kruger. Die Sandrivier-konvensie wat op 17 Januarie 1852 in die teenwoordigheid van die jong Paul onderteken is, het eindelik die ideaal van staatkundige onafhanklikheid waarvoor die Voortrekkers hulle sedert die verlating van die Kolonie beywer het, vervul. Paul Kruger was dus in die bevoorregte posisie om die hele republikeinse geskiedenis van die Transvaal persoonlik mee te maak en te help vorm.

Die onmiddellike uitwerking van die suksesvolle beëindiging van die onderhandelings het die prestige van Andries Pretorius versterk en die staatkundige eenheid bevorder. Kort daarna, tydens ’n byeenkoms te Rustenburg op 17 Maart 1852, het die leier van die verskillende volksgroepe die nuwe eenheid formeel bevestig. Paul Kruger was by die geleentheid aanwesig. Potgieter, die ou leeu van Soutpansberg, is nog voor die einde van Desember 1852 oorlede en Pretorius sou hom in 1853 na die graf volg. Hulle verdwyning van die toneel het ’n leemte gelaat en daar was geleentheid vir nuwe leiers om na vore te kom. Maar Paul Kruger was nog nie gereed nie en moes nog eers ’n politieke en persoonlike reputasie verwerf en ’n eie aanhang verkry voordat hy hom kon laat geld. Daartoe het botsings met die nie-blanke stamme wat hulle teen die blanke gesag verweer het, die geleentheid geskep.

Voor die Groot Trek was daar so goed as geen geleentheid vir die Afrikaner in die Kaapkolonie om aan die politiek deel te neem en sy eie individuele bydrae tot die vraagstukke van die dag te lewer nie. Waar die volk begin soek het na ’n eie staatkundige bestaan en eie bestuursnorme, kon iemand soos die jong veldkornet Kruger se sluimerende talente en natuurlike aanleg tot sy reg kom. Hy het op verrassende manier, te midde van meer ervare en ouer leiers, ook sy menings tot uiting gebring. Reeds toe al het hy blyke gegee van sterk potensiële staatsmanshoedanighede.

So het hy reeds in 1851 die euwels van verdeeldheid in die openbaar bestry en nie geaarsel om sy mening skriftelik onder die aandag van die Volksraad op Lydenburg te bring nie. "My edele here moet tog wel gedenk dat daar niks is waarteen ons so moet waak as die tweedrag nie”, klink die stem van ’n jongkerel van skaars 25 jaar. Gedurende die volgende paar jaar van 1852 tot 1856 het hy aktief meegewerk aan die vereniging van al die nuwe Afrikanergemeenskappe van die Vaalrivier in een Republiek met een geskrewe grondwet. Na die dood van Andries Pretorius het hy sy voile steun gegee aan sy seun en opvolger as kommandant- generaal, Marthinus Wessel Pretorius. Hy was teenwoordig toe die jong Pretorius deur die krygsraad op 8 Augustus 1853 in Rustenburg eenparig benoem is.

Hy het ook gestem vir ’n voorstel, dieselfde dag, wat die Volks­raad versoek het om eindelik ’n behoorlike grondwet op te stel. Daardie taak kon egter eers in September 1855 aangepak word, want daar was ander dringende sake aangaande die veiligheid van die Republiek wat eers aandag moes geniet. Toe die Volks­raad op daardie datum aan ’n kommissie van agt lede opdrag gegee het om ’n ontwerp vir ’n konstitusie op te stel, was Paul een van die lede. Die taak is voltooi en die Volksraad wat op Potchefstroom vergader het, het die ontwerp aanvaar. Weens teenkanting van Lydenburg en Soutpansberg is dit eers in Januarie 1858 in werking gestel. As eerste president is Marthinus Wessel Pretorius benoem. Daardie grondwet dra ook die handtekening van Paul Kruger wat aldus een van die vaders van die konstitusie van die Suid-Afrikaanse Republiek was. Op weinig meer as dertigjarige leeftyd was Kruger dus reeds bekend as ’n man van wyse beraad in die politiek. Van nou af is sy persoonlike lotgevalle steeds meer ineengeweef met die geskiedenis van die Republiek waarvan hy ’n stigterlid was.

Paul Kruger, die krygsman, vervolg...

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld Onskuldige bloed: Britse oorlogsmisdade 1899-1902, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1896 gaste aanlyn