NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Christene is nie volmaak nie, hulle is in die proses van ontwikkeling

DE WET (8)

Lewenskets van Genl. CR. de Wet
Ben Olivier

Lees reeks by GENERAAL CHRISTIAAN DE WET

Toe die Vrystaatse kommando’s ontbind en die burgers huis toe gaan, glo lord Roberts die stryd is gewonne. Hy wil die burgers egter nog meer rede gee om nie weer die wapens op te neem nie.
Hy vaardig dus ’n proklamasie uit waarin hy die burgers wat rustig tuis bly en nie verder aan die stryd deelneem nie, beloof dat hulle nie gesteur of gemolesteer sal word nie. Baie burgers glo hom en besluit dat wat hulle betref, die oorlog verby is.

Ondertussen vergader die leiers van die twee Republieke op 20 Maart by die Sandrivierbrug om krygsraad te hou. Pres. Steyn is voorsitter en hy, pres. Kruger en genl. De Wet dring daarop aan dat die stryd met die grootste beslistheid voortgesit moet word. Op aandrang van genl. De Wet word daar ook besluit dat in die toekoms net met perdekommando’s geveg sal word en dat die walaers afgeskaf moet word.

Op 25 Maart, die bestemde dag, begin die burgers weer in groot getalle opdaag. Baie uit die suide en suidooste van die Vrystaat bly egter tuis. Om hierdie burgers af te hok van die vegtendes, begin lord Roberts ’n linie van Bloemfontein af na die Oos-Vrystaat deurtrek.

By al sy slim planne hou hy egter nie rekening met Christiaan de Wet nie. Dié besluit om te slaan waar dit die seerste sal maak. Verkenners het hom meegedeel dat die vyandelike troepe in Ladybrand en Thaba Nchu dit tog nie alles so maklik vind nie.

Genl. Olivier val hul voortdurend aan en druk hulle stadig terug in die rigting van Bloemfontein.

Genl. De Wet deel nou sy 1 500 man op in twee groepe. Die een groep van drie kommando’s, 1 150 man sterk, stuur hy om die Engelse wat onder leiding van genl. Broadwood aan die terugval is, teé te hou. Hulle moet die rante ten ooste van Sannaspos beset.

Hier is ’n klein spoorwegstasie, maar belangriker nog is die waterwerke ’n ent van die stasie af op die wal van die Modderrivier. Die rivier is hier opgedam en die water word uitgepomp om in Bloemfontein se behoeftes te voorsien. Hy wil die pompstasie vernietig en sodoende Bloemfontein se watervoorraad afsny. Dit sal die posisie daar vir lord Roberts met sy 30 000 troepe feitlik onuithoudbaar maak.

Die Generaal se plan is om met 350 man die troepe wat die pompstasie bewaak, te oorweldig, terwyl die kommando’s aan die oostekant verhoed dat daar hulp vir die troepe by die waterwerke en by Sannaspos se stasie opdaag. Toe dit lig word, is genl. De Wet met sy 350 man reeds in posisie in Koringspruit, ’n entjie wes van die waterwerke. Hulle is gereed om aan te val en die gamisoen van tweehonderd man te oorrompel.

Maar toe kom die berig: genl. Broadwood met 2 000 soldate het die hele nag deur getrek en is nou ook op Sannaspos!  Genl. De Wet en sy 350 staan teen ’n geweldige oormag!  Byna terselfdertyd begin die kommando’s wat aan die oorkant van die rivier is op die vyand skiet met hulle kanonne. Die vyand begin terugval en hier kom die hele mag van 2 200 reg op De Wet en sy kommando’tjie af!

In stede daarvan om te skrik en pad te gee voor die vyand, sien die Generaal nou ’n wonderlike geleentheid in die vyand se skielike terugtog. Hy stel sy manskappe weerskante van die drif in Koringspruit op en gee die bevel dat niemand mag skiet nie. Die troepe is vergesel van Engelse vlugtelinge uit Thaba Nchu en soos die karre, voetsoldate en ruiters die drif binnekom, word hulle ontwapen en stil-stil onder geleide van burgers geplaas. Die gevangenes word gewaarsku om geen teken aan die troepe wat nog aankom te gee dat die Boere besig is om hulle so mak-mak te vang nie.

’n Ruk lank merk die vyand niks, en kom hulle maar aan na die drif toe. Al die vlugtelinge en tweehonderd soldate is naderhand in die hande van die Boere, maar dan begin hulle ’n bietjie opdam by die drif. Die vyand kom vinniger aan as wat die Boere hulle kan ontwapen en verwyder. ’n Berede offisier merk onraad net toe hy die driffie binnery.

"Hensop!” skree 'n Boer hier vlak langs hom.

Soos blits ruk die offisier sy sabel uit en kap na die Boer wat terugspring terwyl ’n ander burger die ruiter met ’n doodskoot van sy perd af laat tuimel. Die skoot waarsku die vyand wat nog in aantog is. Hulle vuur ’n paar sarsies en begin vinnig terugval na die stasiegeboue van Sannaspos. Baie van hulle word deur die vlaag van lood uit die Boere se mausers neergevel.

Toe die vyand sowat 1200 meter teruggeval het, begin hulle van agter die geboue terugskiet en ’n ruk lank woed ’n hewige geveg.

Die kommando’s oorkant die rivier onder genl. Andries Cronje en die Generaal se broer, Piet de Wet, sien alles wat aangaan en wil hulle makkers te hulp snel. Die rivier is egter juis hier by die waterwerke opgedam en hulle moet ’n geweldige draai ry voordat hulle ’n plek vind wat vlak genoeg is vir hulle om te kan deurkom.

Na drie uur slaag hulle daarin om deur te kom en val dadelik aan. Die vyand kan hierdie aanslag nie die hoof bied nie en slaan op vlug. Met sy handjievol kan genl. De Wet hulle nie keer nie, hulle stroom eenvoudig links en regs van hom verby deur die spruit en
maak spore so wat hulle kan Bloemfontein toe.

Die vyand verloor hier 500 aan dooies en gewondes en gee ook nog 480 krygsgevangenes prys. Hier maak die Generaal ook 117 waens en sewe kanonne buit.

Dit is nou 28 Maart. Vier dae later wys De Wet weer eens dat hy die skrik van die vyand is.

Die dag na die geveg op Sannaspos, trek hy suidooswaarts. Die Boere wat op hulle plase gebly het, moet oorreed word om weer te veg. Hy trek in die rigting van Dewetsdorp en stuur vir Barry Richter om te gaan verken. Dit is die jong burger se geboortewêreld en hy ken al die mense.

Op die plaas Schuthoek gaan hy by die ou oom en tante wat daar woon, verneem of hulle iets weet van Engelse troepebewegings. Nee, hulle was die oggend op die dorp en daar is geen vyand nie. Doodluiters ry Barry die dorp binne, vas in die voorhoede van kapt. McWhinnie se mag van 500 soldate wat pas ’n uur of twee vantevore daar aangekom het!  Hy word geblinddoek en kamp toe geneem.

Die Engelse vra hom van ’n kant af uit, maar hy hou vol dat hy niks weet nie, dat hy moeg is van die oorlog en nou op die plaas wil kom woon. Nou goed, besluit die Engelse offisiere, hulle sal die volgende dag vasstel of hy die waarheid praat.

Kort na middernag is daar die gedreun van perdepote. Britse rapportryers bring die tyding van die slag van Sannaspos en dat De Wet op pad is. Onmiddellik is daar groot konstemasie in die kamp en Richter weet sy lewe is nou in gevaar. Hy is nou ’n spioen, nie ’n verkenner nie! In die verwarring slaag hy daarin om onder die tent uit te kruip en vlug hy tussen die wagte deur. Hulle plaas is net vyf km ver en hy hardloop so vinnig as wat hy kan daarheen. Daar is skaars vir hom tyd om sy vader en moeder te groet, voor hy ’n perd uit die stal het en oor die vlakte na Sterkfontein galop waar die Generaal op hom wag.

Onmiddellik laat De Wet aan sy kommando’s weet om te kom. Hy weet dat McWhinnie in die rigting van Reddersburg terugval om daar veiligheid te vind by die groot Engelse magte wat by Bethanie-stasie lê.  Met ’n handjievol burgers sit hy die vyand agterna, terwyl die ander kommando’s so vinnig moontlik aangejaag kom.

De Wet se bewegings is gans en al te vinnig vir die vyand wat nog nie vyftig kilometer ver teruggetrek het nie of De Wet haal hulle in. By Mosterdshoek neem hulle stellings in teen ’n kop. Die Generaal skryf ’n briefie aan kapt. McWhinnie en eis sy oorgawe.
Hy sê hy het 500 man en 3 Krupp-kanonne en die vyand sal dit nie teen hulle kan uithou nie. In der waarheid het hy maar 400 manskappe, maar tog vertel hy nie ’n leuen nie, want wat hy vermoed het, gebeur - meer as 100 man wat reeds die wapen wou neerlê, sluit feitlik oornag by hom aan!

Toe die vyand weier om oor te gee, word die kop gebombardeer en uiteindelik deur die burgers bestorm. ’n Wit vlag word gehys, maar toe die Boere van agter hulle skuilings hul verskyning maak, word daar weer, waarskynlik weens ’n misverstand, op hulle geskiet. Die burgers open nou verwoestende vuur op die vyand, sodat ook kapt. McWhinnie sneuwel. Binne minute is hulle totaal verslaan.

Hoewel die geveg plaasvind binne 'n paar kilometer van waar sterk Engelse magte onder genl. Gatacre lê, kom hulle nie hul makkers te hulp nie. Gatacre word kort hierna ontslaan.

Na die twee suksesse rus die Generaal nie op sy louere nie. Onmiddellik na die geveg begin hy met ’n derde aanval. Hierdie keer gaan hy egter nie soseer met Engelse magte van oorsee slaags raak nie, maar met manne uit die Kaapkolonie, meestal Engelssprekendes uit die Oostelike Provinsie, onder kol. Brabant. Die ou kolonel het ’n gedugte kommando van flinke perderuiters en uitmuntende skuts bymekaar gebring en hulle veg nou vir Brittanje teen die Boere. Benewens die Brabant’s Horse bestaan die vyandelike mag uit eenhede soos die Gape Mounted Rifles en ’n aantal Engelse soldate. Hulle is altesaam 1600 en staan onder bevel van kol. Dalgety.

’n Deel van sy kommando word deur De Wet gestuur om ’n
Engelse mag uit Smithfield te verjaag en te probeer vang. Hy stuur ook ’n ander deel om te probeer keer dat Dalgety versterkings uit Bloemfontein sal kry en met die res val hy die vyand aan.

Aanvanklik het hy skaars 1 500 man gehad. Weens sy suksesse het baie boere weer kom aansluit, maar soos hy self laggend sê:
"Lord Roberts is my beste kommandeeroffisier!” Lord Roberts het nie die Boere op die plase ongemolesteerd gelaat nie en hulle het dus weer die wapen opgeneem. Tog het De Wet nouliks 600 man onder hom toe hy Dalgety pak.

Die vyand ken teen hierdie tyd vir De Wet. Hulle het ’n oormag manskappe en kanonne, maar in ’n oop geveg gaan hulle dit nie teen hom waag nie. By Jammerbergdrif aan die Caledon grawe hulle hulle in. De Wet neem meer as ’n duisend beeste en ’n paar honderd perde en muile van hulle af en begin hulle beleër. Dag na dag trek hy die kring nouer. 'n Week, tien dae, twaalf dae gaan verby. As hy maar net genoeg kanonne het, dan skiet hy hulle gou-gou uit hulle skuilings, maar nou moet hy die 1 600 met mauservuur daar uithaal en dit gaan stadig tensy jy roekeloos die burgers se lewens op die spel wil plaas.

Veertien dae is verby. Daar’s duidelike tekens dat die vyand se weerstand verkrummel. Die oorwinning is in sig, dan kom ’n rapportryer aangejaag. ’n Paar duisend troepe uit Bloemfontein het die kommando wat De Wet van agter moes beskerm uit die pad gevee en kan De,Wet te eniger tyd in die rug aanval.

Hy besluit onmiddellik. In die nag verdwyn hy met sy kommando en voer die vee wat hulle gebuit het, met hulle saam. Hierdie keer het die vyand horn gedwarsboom. Die volgende keer, en gou ook, sal hy maar net harder slaan.

Oorweldigende Engelse magte het nou uit Bloemfontein na die Transvaal opgeruk. Die voorhoede van hierdie magte is voortdurend lastig geval en vertraag deur genl. De la Rey en sekere van De Wet se generaals. Hy raak nou self by Kroonstad met die Engelse slaags en vertraag hulle opmars ’n paar dae voordat hy soos in die niet met sy kommando verdwyn.

Op 18 Mei kom die vyandelike magte weer in beweging en dring deur na die Vaalrivier. Die twee Republieke kom nou ooreen dat elkeen se kommando’s in sy eie gebied sal veg en nie meer gesamentlik soos tot dusver die geval was nie. Op die tydstip beskik genl. De Wet oor slegs 8 000 burgers wat die stryd in die Vrystaat moet voortsit. Dit demp horn egter nie. "Ons moet elke kans waarneem wanneer ons dit kry en vir die res . .. vlug!” sê hy. Op dié wyse kan hy die oormag uitput.

Skaars is die groot magte ook oor die Vaalrivier, of genl. Piet de Wet vang 500 soldate op Lindley en ’n dag of wat later vang die Generaal 200 Bergskotte met ’n konvooi van 56 waens. Hy kry dit reg sonder om ’n enkele skoot te vuur!

Hierdie gebeurtenis is egter net ’n klein voorlopertjie van die grootste vuurwerkvertoning van die hele oorlog!

Om die vyand se opmars te bemoeilik, word brue en spoorlyne voortdurend opgeblaas. Die vervoer, veral van voorrade, raak dan ontwrig en opeenhopings vind plaas. So vind die Generaal uit dat daar op Rooiwalstasie R1 500 000 se voorrade lê en wag om vervoer te word. Hy stuur twee kommando’s van 300 man elk om Engelse magte naby Rooiwal aan te val, en sodoende te keer dat die vyand vir horn op Rooiwal sake kom moeilik maak.

Met 80 man val hy die 250 Engelse by Rooiwal aan. Die vyand skuil agter bale klere en komberse en kiste blikkieskos, terwyl die burgers oor die oop veld moet naderkruip. Die kanon wat die Generaal by horn het, doen egter goeie werk en die Engelse offisiere moet net keer dat hulle soldate nie die wit vlag hys nie. Die geveg is egter nie lank aan die gang nie, toe kom kmdt. Froneman daar aan met sy kommando. Hy het klaar die Engelse kamp oorweldig en die soldate gevang soos De Wet horn gestuur het om te doen. Nou is die Boere se vuur te sterk en die vyand gee oor.

Die Boere staan verstom oor die buit. Daar is van alles: kos, klere, komberse, tente, wapens, ammunisie en selfs lekkernye. Hierbenewens is in die gevegte op Rooiwal en omgewing die oggend 150 van die vyand gedood en gewond en 700 gevang. Die Generaal laat sowel sy burgers as die krygsgevangenes toe om weg te dra wat hulle wil en neem self ’n paar vragte wapens en ammunisie weg om dit te gaan versteek, totdat dit later benodig word.

Teen die aand word alles wat hulle nie kan meeneem nie, in agtien groot hope gepak en word dit aan die brand gesteek. Op ’n afstand van 1 500 meter staan die burgers die skouspel met verwondering en gadeslaan.

"Dit was die fraaiste vuurwerk wat ’n mens hom kon voorstel,” vertel die Generaal later, "en in die donker nag was die skouspel nog meer indrukwekkend. Tussen die harde gebulder van die groot bomme, kon 'n mens die sagtere klanke hoor van die ontploffende hope kordiet; maar die pragtigste van alles was die veelkleurige ligte wat hoog in die swart lug geskitter het.”

Hierdie hou slaan die vyand veel, veel harder as die verlies van nagenoeg 900 soldate en R1 500 000 aan voorraad. Lord Roberts het reeds verklaar dat die Vrystaat Britse gebied is en nou het De Wet ’n bespotting van sy "anneksasie” gemaak. En meer nog, Roberts het pas Pretoria ingeneem en wou die Transvalers oorreed om vrede te sluit toe die berig van hierdie veldslag bekend word. Sy vredesvoorstelle lyk meteens belaglik en loop op niks uit nie!

Vervolg...

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld Onskuldige bloed: Britse oorlogsmisdade 1899-1902, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1522 gaste aanlyn