NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. My lewe het eenmaal waarde en sin gehad. Ek het gewerk, gely, invloed uitgeoefen. Wat ek gedoen het, skuif al hoe verder weg. Ek vra u om my te bewaar van bitterheid, van die drang om my kennis te bewys. Ek wil leer om te laat los. Ek wil my op niks anders as u goedheid verlaat nie.

DE WET (10)

Lewenskets van Genl. CR. de Wet
Ben Olivier

Lees reeks by GENERAAL CHRISTIAAN DE WET

Met groter vasberadenheid as ooit maak genl. De Wet nou gereed om die Kaapkolonie weer ’n keer te probeer inval. Hy het nou 2 000 burgers byeen en selfs pres. Steyn wil hom vergesel. Op Doornberg waar die kommando’s bymekaarkom, maak die President bekend dat sy ampstermyn verstreke is. Hy wys daarop dat die bepalinge van die wet egter nie nagekom kan word nie, omdat daar geen Volksraad is nie. Die krygsraad onderneem dus om ’n kandidaat aan die burgers voor te stel, met die verstandhouding dat die burgers ook die reg sal hê om ’n kandidaat of kandidate voor te stel.

Daar is nie die minste twyfel dat Steyn verkies sal word nie, maar hy dring daarop aan dat hy slegs as waarnemende president gekies moet word, totdat ’n behoorlike verkiesing gehou kan word.
Almal laat hulle die keuse welgeval, behalwe een burger wat ’n bietjie lighartigheid by al die erns probeer bring: as teenkandidaat stel hy Cecil Rhodes voor. Maar vanselfsprekend kry hy nie ’n sekondant vir sy voorstel nie!

Ondertussen word dit vir die vyand duidelik wat De Wet se planne is. By Tabaksberg probeer hulle hom voorkeer, maar hy kom die beste daarvan af in die geveg wat die hele dag duur. Omdat groot Engelse magte onder genl. Charles Knox egter van agter af opruk, gee hy die nag pad en besluit om tussen die forte van die Bloemfontein-Thaba Nchu-lyn deur te breek.

Eers mislei hy die vyand deur die berig te versprei dat hy by Sprinkaansnek wil deurbreek en stuur dan ook ’n sterk patrollie in die rigting. Genl. Knox sit die patrollie agterna onder die waan dat dit De Wet se hoofkommando is, en dit laat De Wet vry om die blokhuislyn aan te val.

So vinnig slaan De Wet toe dat die vyand nie gou genoeg hulp kan stuur nie.  Met sy kanon wat hy op Dewetsdorp gebuit het, skiet hy twee blokhuise uitmekaar en die kommando is deur.

Genl, Knox weet hy het nou net een kans om De Wet te keer en daarom haas hy hom na Bloemfontein waar hy sy yslike mag op die trein iaai en na Norvakpont laat vervoer, Hier iewers langs die Qranje wil hy De Wet voorlê.

Nog ’n keer spring De Wet die vyand met die grootste gemak onderdeur. Hy stuur kleiner magte wat voortdurend die vyand mislei en aan die raai hou. Hy versprei die storie dat hy of die drif by Odendaalstroom, of die brug by Aliwal-Noord met geweld gaan verower en mislei die vyand dus nog verder.

Ondertussen tref die Boere dit ook nog gelukkig deur digby Jagersfontein ’n trein te "vang” deur die spoor voor en agter die voertuig op te blaas. Uit die buit wat hulle maak, kan hulle hul skamele voorrade goed aanvul. Op10 Februarie, terwyl die vyand hoog op langs die Oranjerivier na De Wet soek, trek hy veilig met sy kommando by Sanddrjf deur die Oranjerivier. ’n Hele aantal burgers weier om saam te gaan en bly hier agter, maar die res, gehelp deur ’n aantal Kolonialers, neem die waens veilig deur.

Pas is hulle deur die rivier of hulle verneem van sowat twintig soldate wat op ’n koppie verskans is. ’n Veldkomet wat gestuur word om hulle te vang, raak huiwerig om aan te val, maar jong Willem Pretorius bestorm die kop met vier man en gou-gou maak die soldate "bokhorings” soos die Boere gesê het as ’n soldaat sy twee arms in oorgawe opsteek. Hy maak 'n goeie vangs aan perde en buit, benewens die saals, tooms en gewere, ook ’n mooi voorraad patrone. Toe almal terugkom by die kommando, ontslaan De Wet die veldkornet en stel die twintigjarige Willem in sy plek aan, Hy word een van De Wet se kranigste vegters. 'n Ruk later vang hy man-alleen ’n groepie gewapende Swartes wat ook op ’n koppie stelling ingeneem het. Toe hulle hom vra hoe hy dit reggekry het, antwoord hy ewe droogweg: "Ek het hulle omsingel”.

Maar van alle kante af ruk nou groot Britse kolonnes op om De Wet vas te keer. Hulle word met treine vervoer tot op Colesberg, De Aar en Oranjerivierstasie; hulle kom in groot perdekommando’s uit die ooste of wag hom in met voetsoldate en grofgeskut.

De Wet besluit om tussen Philipstown en Petrusville tussen die vyand te probeer deurbreek. Hy laat die tien waens vol ammunisie en meel vooruit trek en probeer die vyand teehou. Dit wemel egter so van kleiner vyandelike troepemagte en patrollies dat, toe die aand kom, Boere en Engelse feitlik deurmekaar is. Maar die volgende dag trek hy voor die vyand uit! Voortdurend is daar skermutselinge en De Wet het reeds sewentig krygsgevangenes geneem.

Die burgers met die beste perde moet gedurig die agterhoede dek en die vyand teëhou terwyl die res van die kommando voorttrek.

Dan kom ’n burger aangejaag en vertel dat sy maat deur ’n klompie Engelse gevange geneem is. Die vyand skuil in ’n kraal. Dadelik stuur De Wet ’n man onder ’n wit vlag na hulle toe om te eis dat hulle oorgee. Ewe brutaal verwerp hulle sy eis. Dit is een te veel vir ’n klomp penkoppe. Hulle spring op hul perde en jaag die vyand tromp-op storm. So vreesaanjagend is die stormloop dat die vyand oorgee sonder dat hulle ’n skoot skiet!

Nou het die Generaal byna honderd krygsgevangenes wat hy met hom moet meeneem. Dit reën aanhoudend en die kos is skaars, maar al kry hy hulle jammer en al is hulle ’n groot las, durf hy hulle nie loslaat nie. Sou hy dit doen, sal hulle gaan vertel van die toestand waarin die kommando verkeer. Hulle sal vertel hoe uitgeput die burgers is; van die skofte van sestien tot agtien uur wat hulle moet aflê en van die feit dat hul nouliks tyd kry om te eet. Hulle sal vertel dat talle perde reeds ingegee het en dat hul ruiters nou te voet moet voortgaan; dat die kommando slegs daarin slaag om uit die hande van die Engelse te bly deur verbete agterhoedegevegte te lewer teen ’n oormag. As die vyand dit moet weet, sal hulle met durf en geweld toeslaan en De Wet deur hul oormag oorweldig. Al wat hulle daarvan weerhou, is dat hulle hom vrees, omdat hulle dink sy kommando is veel sterker as wat dit is.

Vir De Wet en sy burgers lê die ergste egter nog voor. Met die vyand agter en langs hulle, loop die kommando hom vas teen ’n moddervlei, ’n moeras veroorsaak deur die aanhoudende reên. Toe die veertienhonderd burgers hulle perde die vlei instoot, sak die arme diere tot by hulle knieë en dieper in die water en modder in. Spoedig gee dit ’n wanhopige gespartel af. Ruiters val uit die saal of moet afklim en, met die water tot by hulle middellywe, hul perde deur die pappery probeer sleep.

Dertig osse word voor elk van die kanonne gespan, maar tog val hulle vas. Nog osse word bygebring totdat spanne van vyftig met alle krag beur om die vuurmonde deur die vlei te trek. Wanneer selfs hulle by tye magteloos is om die kanonne te verroer, swoeg en sweet talle burgers aan die speke van die wiele om die kanonne te laat beweeg.

Met bomenslike inspanning kry hulle die twee vuurmonde, ’n trolliewa en die Generaal se waentjie met sy dokumente deur die vlei. Die waens met die meel en die ammunisiewa kan hulle egter nie beweeg nie. De Wet laat genl. Fourie met honderd man agter om verder te sukkel en gee hom opdrag om die waens op te blaas as hy hulle met daglig nog nie deur die vlei het nie.

Op die randjie van uitputting spartel die burgers en hulle perde die ander kant van die moeras uit. Kans vir rus is daar egter nie. Voor die dag breek, moet hulle oor die spoor, anders sny die vyand hulle voor met gepantserde waens en vars troepe wat per trein aangebring word.

Meëdoenloos druk De Wet sy manne aan. Dit word grys in die ooste, die dag breek. Gelukkig is daar geen teken van die vyand nie. Ongehinderd gaan hulle oor die spoor.

Die vyand het ondertussen ook die moddervlei bereik. Genl. Fourie spook tot op die laaste om die waens uit te kry, maar moet dan vinnig padgee om nie in die Engelse se hande te val nie. Onbewus van die Boerekommando se verskriklike gespartel, probeer die Engelse ook deur die vlei kom. Ook hulle waens val vas.

Ver oorkant die spoor hoor genl. De Wet die gedreun van ontploffings. Dit is egter nie, soos hy gedink het, genl. Fourie wat die waens opblaas nie, maar die Engelse. Hulle blaas sowel die waens wat die kommando agtergelaat het, as hulle eie waens op!

Die toestand van die kommando is haglik. Die burgers sien daar verskriklik uit na hulle naglange gespartel deur die modder en hulle is papnat van die reën, want net enkeles besit jasse.

!n Bietjie meer as ’n uur se trek anderkant die spoor kry hulle gelukkig blaaskans. Hier is gras vir die perde en hulle koop !n troppie skape wat geslag en gebraai kan word. Vir die eerste keer in ses-en-dertig uur kan die manne hulle uitstrek om te slaap. Hulle is ’n.tydjie lank ontslae van die vyand wat na sy eerste probeerslae tou opgegooi het en nou met ’n hele ompad om die vlei moet trek.

Die volgende aand is die kommando alreeds sestien kilometer anderkant Strydenburg. Hulle moet vinnig beweeg, want daar is nou meer as 15 000 berede troepe wat hulle agtervolg. Elkeen van die generaals wat aan die hoof van ’n afdeling staan, Plumer, Knox, Thorneycroft en andere, wil die eer he om De Wet te vang. Die agtervolging word dus ’n genadelose jag.

De Wet het net een kans om aan die vyand te ontkom en die Kolonie se binneland te bereik. Hy moet weswaarts trek totdat hy buite hulle bereik is, en dan suidwaarts om hulle voorste punt swenk. Elke uur wonder hy of sy burgers die pas kan volhou. Die meeste perde is gedaan, so gedaan dat die burgers hulle net kort afstande kan ry en dan verder moet lei. Baie burgers wat nie eens meer perde het nie, se skoene gee in. Maar almal glo dat sodra hulle die vyand ontwyk het, hulle alle hulp van die vriendelik-gesinde mede-Afrikaners in die Kolonie sal ontvang. Veg daar dan nie alreeds honderde Kolonialers wat uit vrye wil oor die Oranje gegaan het, saam met die Vrystaatse en Transvaalse kommando’s nie?

Die hoop is egter ydel. Toe die kommando by die Brakrivier, oos van Prieska, kom, is die rivier in volle vloed. Die kommando is vasgekeer in die driehoek wat die Brakrivier en die Oranje vorm. Hulle kan nie deur die bruin, rollende vloedwaters gaan nie en van agter kom die vyand nader. Op die wal van die rivier staan ’n huisie. De Wet staan ’n rukkie lank die wêreld en bekyk.

"Barry, gaan roep die man wat daar woon,” sê hy vir sy jong adjudant.

’n Kwartier later is Richter terug met die man. Die boer het ’n jong vosperd in die stal gevat, dit tou-in-die-bek gesit en bloots opgespring. Hy het gehoor van De Wet en wil horn nie ’n oomblik langer laat wag as wat nodig is nie.

"Kan my kommando hier deur?” vra De Wet hom en wys na die bruisende water van die Brakrivier.

"U kan self oordeel, Generaal,” Die man spring weer op die perd se rug en stoot hom die water binne.

Die dier is 'n sterk swemmer. Dit is duidelik dat hy en sy ruiter hierdie rivier ken, maar dit is ook duidelik dat hulle in groot gevaar verkeer. Soms slaan die water oor die dier se kop, sodat hy proestend na lug snak. Al verder dryf ruiter en perd met die stroom af, tog vorder hulle skuins oor die stroom. ’n Goeie tweehonderd meter ver word hul so voortgedryf, dan bereik hulle die vlakker water en klouter die dier teen die oorkantste wal uit. Nou ry die boer ’n paar honderd meter langs die wal stroom-op en stoot weer sy perd die water in om terug te keer oor die rivier. Weer eens is daar ’n woeste gespartel voordat die ruiter vlak by die Generaal uit die watermassa kom.

"Hierdie perd ken die rivier soos geen ander perd nie, Generaal,” sê hy. "U kan nou self oordeel.” De Wet knik. Sy kommando sal nooit kan deurkom nie.

"Ek wil die perd by jou koop, ek het hom nodig,” sê hy. "Ek moet ’n man oor die rivier stuur met ’n rapport.”

"Vir hierdie dier is ek so lief soos vir geen ander nie, Generaal, maar aan u sal ek hom afstaan.”

Dan draai De Wet na Barry Richter. "Jy moet hierdie perd vat en deur die rivier gaan en vir genl. Hertzog by Lambertsbaai gaan haal. Hy moet kom so gou as wat hy kan, want sy kommando is uitgerus. Hy moet ons agterhoede kom dek.”

Barry Richter se mond word droog. Hy kan nie swem nie, maar sonder 'n woord saal hy die perd op, trek sy klere uit en bind dit in ’n bondel op sy kop. Hy spring in die saal.

"Ek sal gou maak, Generaal.” Hy stoot die perd die water in en los die teuels. Hy kan maar net op die perd vertrou om hom anderkant te besorg. Spoedig slaan die water tot oor die saal. Hulle dryf, die perd worstel met die stroom, en die nattigheid in sy  oë maak dat Richter nie goed kan sien nie. Hy vee die water van sy gesig af. ’n Druppeltjie kom op sy lippe. Hy proe dit is souterig . . . sweet!  Hy ruk homself reg en kyk op. Die dapper perd het reeds die oorkantse wal bereik. Hy klim af en trek hom aan. Met ’n wuif trek hy op ’n galop, suidweswaarts opsoek na Hertzog se kommando.

Feitlik sonder rus ry hy voort. Die volgende middag is die perd gedaan. By ’n plasie kry hy twee ander perde. Nou kan dit nog vinniger gaan, want hy kan die perde omruil. As hy nie slaap nie, kan hy Hertzog binne ’n rapsie meer as twee dae bereik en binne vyf of ses dae kan hulle by De Wet wees. Hy is nie bekommerd oor waar om genl. Hertzog te vind nie. Daar is genoeg goedgesinde Afrikaners wat hom inligting sal gee.

Ondertussen trek die vyand se kring al hoe nouer om die Generaal. Hulle is oortuig daarvan dat hulle hom tussen die twee riviere gaan insluit. Aan die hoof van hulle kolonnes weet Knox, Plumer en Henniker dat die man wat De Wet vang, geweldige roem gaan inoes.

Op ’n koppie staan De Wet die vyand se bewegings deur sy verkyker en bespied. Hy roep sy seun nader.

"Izak, neem vyfhonderd man wat nog goeie perde het en trek stadig langs die Brakrivier op. Hou aan trek, totdat jy van my bevel kry om terug te draai en dan moet julle vinnig kom!”
"Maar Pa, waarom moet ons dit doen?”

"As jy nie nou begryp nie, sal jy later verstaan!”

Toe die vyfhonderd man vertrek, skuil De Wet met die res van sy kommando agter ’n bult waar die vyand hulle nie kan sien nie.
Met skemer stuur hy bevel aan Izak om onmiddellik om te draai.

Dit is donker toe hulle weer by die hoofkommando aansluit. De

Wet gee bevel dat niemand mag rook of hard praat nie. Almal moet in die grootste stilte voortbeweeg.

“Volg my!” Hy klim op Fleur se rug en begin versigtig al langs die Brakrivier af in die rigting van die Oranje ry. Toe hy daar kom, swaai hy regs al langs die oewer van die Oranje af. Toe die dag vir die kommando breek, is hulle dwarsdeur die vyandelike kordon. Pres. Steyn moedig die burgers aan. "’n Kakie kan nie ’n Boer vang nie!” sê hy en die moeë Boere trek sommer vinniger.

Met dagbreek ruk die vyand nog verder na die sameloop van die riviere op. Voor hom gewaar een van die kolonnes ’n klomp bewegende krygers. Dit moet De Wet se mense wees! Hulle begin skiet. Dit duur ’n ruk voordat hulle besef hulle skiet op hul eie mense! Verbysterd drom hulle saam. De Wet is weg! Hulle het hulle laat mislei deur die skynbeweging wat Izak de Wet en sy manskappe uitgevoer het. Hulle het effens suidwaarts agter hom aan getrek en 'n gaping tussen hulle regterflank en die rivier gelaat vir De Wet om deur te kom.

En die ergste nog: terwyl hulle weswaarts getrek het om die Boeremag in te sluit, het De Wet ooswaarts padgegee. Hulle het hom nie net toegelaat om weg te kom nie, maar het sowaar nog die afstand tussen hom en hulle vergroot!

Hierdie ontkoming is egter net ’n tydelike uitkoms. Die vyand span nou alles in om te vergoed vir die skade en skande wat hulle oorgekom het. Op De Aar is Lyttleton, wes van Colesberg is Byng en agter en regs van De Wet Plumer, Knox en Thorneycroft. Uit die Vrystaat en uit elke oord van Kaapland word nog meer en meer troepe per spoor aangestuur om De Wet teen die Oranje vas te druk en te vang.

Dag en nag moet die kommando voorttrek om die vyand te ontwyk. Bykans driehonderd burgers is al sonder perde en hulle skoene is gedaan. Baie burgers is kaalvoet en laat ’n bloedspoor agter soos die ruwe, klipperige grond hulle voete sny. Drif na drif is ondeurwaadbaar, maar bokant die samevloeiing van die Oranje en die Vaal, vind hulle ’n skuit. Almal wat sonder perde is en ook ’n aantal met swak perde word oor die rivier geneem. Hulle moet terug Vrystaat toe en daar weer by hulle kommando’s aansluit. Meer as driehonderd gaan.

Sewentien dae is nou al verby. Die kring van die vyand trek al hoe nouer, die agterhoedegevegte wat kmdt. Hasebroek moet voer word al hoe kwaaier. En Hasebroek en sy burgers wat moet sorg dat hulle vinnig kan padgee as die oormag dreig om hulle te oorrompel, kan dit nie meer volhou nie, want ook hulle perde raak gedaan. Die kommando staan by Sanddrif waar hulle die Kolonie binnegetrek het. Alle hoop is nou gevestig op ’n deurtog op hierdie plek. David Hennop van die Generaal se staf en ’n maat wat ook goed kan swem, sal die rivier beproef.

Die twee jong burgers pluk hulle klere uit en spring in die stroom. Byna onmiddellik is hulle in lewensgevaar. Met die grootste moeite bereik hulle die oorkant. Hulle het nie ’n draad klere by hulle nie, maar De Wet beduie dat hulle dit nie moet waag om terug deur die rivier te swem nie! In adamsgewaad kies hulle die pad na die naaste boerehuis. Die vrou verskyn in die deur en op ’n afstand skree hulle vir haar en beduie wat hulle probleem is. Gelukkig het sy nog klere van haar man wat weg is op kommando en dit stuur sy met haar seuntjie vir die waaghalse.

Dit lyk byna onmoontlik vir die uitgeputte kommando om aan die oormag te ontkom. Die vyand is nou letterlik op hulle hakke en kan hulle enige oomblik oorweldig. ’n Uur of wat later kom ’n burger egter aangejaag. Die kommando’s van genls. Hertzog, Fourie en George Brand is tussen die Engelse deur en reeds besig om op die agterhoede stelling in te neem om op die vyand terug te skiet! Dit gee die kommando kans om 23 kilometer ver voor die vyand uit te trek. Dit gaan tot diep in die nag en in die donker ry die Generaal, wat steeds op die voorpunt bly, hom in ’n klein groepie Engelse vas. Sewe van die vyand word gevang en onder hulle is ’n offisier.

Die man is omtrent net die grootte van Barry Richter en die Generaal "leen” dus die offisier se uniform en perd. Toe die dag breek, is Barry ’n "Engelse offisier”. Ewe kordaat ry hy ’n ruk later Petrusville binne. Voor die Poskantoor gee hy sy perd aan ’n Swart konstabel om vas te hou, stap binne en sluit die voordeur agter hom.

"What do you want?” Die posmeester en sy assistente kyk verskrik in die jong Boer se pistool vas.

Barry stap om die toonbank en laat hulle die brandkas en die laai leegmaak. Met ’n handvol militêre telegramme ry hy ’n paar minute later terug na De Wet toe. Dit is telegramme van Lytdeton, wat in bevel is van die hele De Wet-jag. Die Generaal weet nou feitlik presies waar die troepe hulle bevind en hoe hulle gaan beweeg.

’n Paar uur later bereik hulle die vyftiende drif. De Wet beveel ’n paar burgers om deur die drif te probeer kom. Die water is nog diep, maar hulle kom veilig anderkant uit. Verdere bevele is nie nodig nie. Die burgers stroom die rivier binne. Die wat nie perde het nie, hou aan die miters se stiebeuels vas en so bereik hulle die oorkant. Ondertussen dreun dit 'n entjie van hul af soos genl.
Hertzog en genl. Brand verwoed veg om die vyand teë te hou sodat hulle die kommando nie in die drif kan aanval nie, want dit sou ’n ramp vir die Boere wees.

Genl. De Wet staan die deurtog en die water en dophou. Meteens draai hy hom na een van sy adjudante en sê: "Gaan sê vir genl. Hertzog hulle moet onmiddellik die geveg afbreek en baie vinnig terugval. Die rivier styg weerl”

"Maar, Generaal, ek sien nie dat die water styg nie!”

"Ry!” sê De Wet. "Kyk daar is ou skuim op die water. Die rivier styg en tel weer die ou skuim op wat teen die walle agtergebly het.”

Uiteindelik is almal deur. ’n Geweldige gejuig gaan op: "Vrystaat bo!”, "Prys die Heer met blye galme!”, "Hoera, hoera!” Agter hulle kom !n bruin wal water oor die rivieroppervlakte aangedreun. Die vyand is afgesluit.

En De Wet sê: "Kan dit moontlik wees? Kon ons alles verduur wat ons verduur het? Ja, want die hele geskiedenis van die oorlog is ’n Godswonder van begin tot einde. Sy naam word geloof!”

Vervolg...

Opsoek na inligting?

  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1079 gaste aanlyn