Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
HERE, waarom laat U ons wegdwaal van u weë? Waarom verhard U ons hart, sodat ons U nie vrees nie? Keer terug, ter wille van u knegte, die stamme van u erfdeel!- Jesaja 63:17
DE WET (11)
Lewenskets van Genl. CR. de Wet
Ben Olivier
Lees reeks by GENERAAL CHRISTIAAN DE WET
Hoewel genl. De Wet nie daarin geslaag het om die Kolonie binne te val en die Engelse daar te bedreig nie, laat die feit dat hy aan so ’n oorweldigende oormag ontkom het, sy roem hoër as ooit styg.
Die Amerikaners, Nederlanders, Franse en selfs die Russe prys hom. Hy word geloof in liedjies, rympies en staaltjies wat in die wêreldpers verskyn. Selfs die Engelse doen daaraan mee!
Daar word vertel van drie verkenners wat hy by Lindley gevange geneem en aan hul bevelvoerder teruggestuur het met ’n briefie: "Dear Sir, please chain up these three devils, as I catch them every day. Yours, Christiaan De Wet.”
In Londen, so word vertel, staan ’n straatventertjie foto’s van die Generaal en verkoop. Toe ’n klant die koevert oopmaak is daar net ’n blanko kaartjie binne-in. Hy wil by die mannetjie weet wat aangaan. Die kêrel het sy antwoord reg: "Yer can’t find De Wet,
guv’nor? No more can anybody else find him!”
Onder die Afrikaners self doen talle staaltjies die rondte. Daar
word vertel van die offisier aan huis van ’n boervrou wat aan ontbyttafel ’n paar gekookte eiers in ’n kring gerangskik het, met een in die middel. "This is how we have surrounded De Wet,” beduie hy. Op daardie oomblik kom die bediende die vertrek binne en hykyk op. Soos blits raap die boervrou die middelste eier weg.
"And where is De Wet now?” vra sy hom laggend.
As gevolg van al hierdie dinge is De Wet se wereldroem groter
as dié van enige van sy tydgenote. Die vyand het besluit dat hy en
sy kommando’s op hulle knieë gebring moet word. Hulle begin dus
nou drie dinge doen. In die eerste plek begin hulle om sistematies
alle vee en voedsel te vemietig sodat die Boere nie voedsel kan bekom nie. Tweedens rig hulle groot konsentrasiekampe op waarheen hulle meer as 70 000 vrouens, kinders en ou mans wat nie krygsdiens kan doen nie, meevoer. Hulle voel dit is nodig
want sodoende kan die vegtende burgers geen hulp kry van die
mense op die plase nie. Die gevolg hiervan is dat baie vrouens met troppies vee en ’n wa of wat, probeer wegvlug en rondswerf om aan die vyand te ontkom. Die gevolg is ook dat jong seuntjies van tien jaar en jonger na die kommando’s vlug en aansluit eerder as om in die kampe te beland.
Om nou verder seker van hul saak te maak, rig hulle reekse en
reekse van klein fortjies (blokhuislyne) op waarteen hulle dan die
kommando’s wil vaskeer. Om genl. De Wet vas te keer, sonder
hulle van hul beste generaals af!
Die Generaal en sy burgers laat hulle egter nie hierdeur afskrik
nie. Hy verdeel eenvoudig sy kommando’s in nog kleiner eenhede
wat makliker voedsel kan bekom en ook makliker tussen die vyandelike magte kan deurglip. Hierdie taktiek maak die vyand so
wanhopig dat hulle ook net waar hulle kom, elke plaasopstal vernietig.
Noodgedwonge moet die Boere nou alles wat hulle nodig het
van die vyand probeer afneem. Klein Engelse patrollies word gedurig aangeval en gevang en so bekom die Boere geweers, patrone, perde en seifs kos. Uiteindelik, toe hulle klere so flenters is dat dit meer gedra kan word nie, neem hulle selfs die gevangenes se klere af, verander dit so goed hulle kan om nie vir Kakies aangesien te word nie en dra dit dan maar.
In Mei ontvang die Vrystaatse Regering ’n brief van die Transvaalse Regering waarin kommer oor die toestand van die land en die verloop van die oorlog uitgespreek word. Daar word besluit om die saak met die Transvaalse Regering te bespreek. Genl. De la Rey sluit hom by De Wet aan en saam met pres. Steyn en sowat sestig man vertrek hulle na Transvaal.
Toe hulle by Graspan, naby Reitz, kom, bring ’n verkenner berig
dat ’n aantal vrouens met hulle waens deur die vyand gevang is.
Oor die oop vlakte jaag die burgers storm, min wetende dat meer
as tweehonderd van die vyand hulle in die gras lê en inwag. Toe
hulle hul kom kry, fluit ’n sarsie koeëls om hulle.
Agter ’n bultjie laat De Wet sy burgers hulle perde inruk en afspring om die veertig meter wat hulle van die vyand verwyder, te
voet nader te storm/ ’n Klompie van die burgers kan nie hulle vaart
stuit nie en jaag tussen die vyand in.
’n Verskriklike geveg vind plaas. Die klompie wat tussen die
vyand beland het, is in die grootste gevaar, want die Engelse offisiere beveel hulle soldate om die burgers met bajonette aan te val.
Onder dekking van die ander burgers se vuur gaan De Wet hierdie klompie te hulp. Bo die verskriklike rumoer van die geveg uit skree hy: "Burgers, staan twee-twee rug aan rug!” Gou doen hulle dit en elke man is van agter beskerm. Dit duur net minute of die vyand is op vlug, tussen die waens van die vrouens deur totdat hulle skuiling vind in ’n kraal en ’n paar hutte.
En die hele tyd, sodat hy presies kan sien wat aangaan en die
regte bevele gee, staan genl. De Wet, sambok in die hand, oop en
bloot op ’n miershoop!
Die burgers slaag daarin om die vrouens weer te laat wegkom
met hulle waens. Hulle het feitlik in die middel van die geveg beland en ’n seuntjie van dertien wat by die waens was, is doodgeskiet.
Voordat genl. De Wet die vyand tot oorgawe kan dwing, kom
daar versterkings van meer as duisend troepe met kanonne vir
hulle aan. Hy is genoodsaak om die geveg af te breek en pad te gee. Dit is ’n bittere oomblik vir De Wet. Sy broer, Piet, het by die
Engelse aangesluit. Hy is tans in die nabyheid, en die versterkings
kom waarskynlik juis van die Engelse magte waarby Piet de Wet
horn bevind.
Die samesprekings met die Transvalers vind ’n paar dae later
plaas en met eenstemmigheid word besluit om die stryd voort te
sit. Die vyand meen egter dat hierdie samesprekings daarop dui
dat die weerstand van die Boere begin verswak.
Lord Kitchener vaardig daarop ’n proklamasie uit dat aangesien die Engelse die land beset het, die Boereleiers voortaan as
rebelle beskou sal word en, indien hulle die stryd voortsit, hulle
lewenslank verban sal word.
Genl. De Wet se antwoord hierop is kort: "Ik en mijn officieren
geven uw Eksellentie de verzekering dat wij maar een doel hebben waar wij voor vechten, namelik onze onafhanklikheid, die wij nimmer zullen prijsgeven.”
Pres. Steyn se antwoord is lank, helder en logies, maar tog kan
hy horn, nie daarvan weerhou om effens met Kitchener se proklamasie te spot nie: "U gesag oor die Republieke strek alleen so ver as wat u kanonne kan reik,” skryf hy.
Die vyand probeer ook om mev. De Wet te gebruik om hulle
doel te bereik. In die konsentrasiekamp by Pietermaritzburg waar
sy haar bevind, word ’n petisie rondgestuur onder die vrouens.
Dit is ’n versoek aan hulle mans om nie die stryd voort te sit nie.
Heel bo-aan die lys van naamtekeninge is ’n 'ereplek' oopgelaat
vir mev. De Wet om te teken. Toe die offisier die dokument aan
haar oorhandig, lees sy dit aandagtig deur, dan kyk sy na die
vrouens wat ook nader gestaan het. Fier lig sy haar kop.
"Sal ons die burgers vra om oor te gee? Nee, nooit!”
Sy skeur die petisie op en gooi dit met ’n gebaar van minagting
voor die voete van die offisier.
Spoedig is Kitchener se proklamasie bekend as ’n "papierbom”!
Met hulle geweldige oormag en met die hulp van die National
Scouts — verraaiers wat teen 50c per dag vir hulle werk - veg die
Engelse nou veel doeltreffender en maak seifs nagtelike aanvalle.
Tog slaan die Boere gedurig terug. By Heilbron en by Frankfort
bots kmdt. Mentz en kmdt. Ross onderskeidelik met die vyand en
kom die beste daarvan af in albei gevegte. Ook De Wet self voer
gedurig geslaagde klein skermutselinge en verdwyn dan as’t ware
in die niet sodra versterkings vir die vyand opdaag,
Soms waag hy groter aanvalle. Hy kry berig van ’n kolonne van
sowat sewehonderd man wat van Harrismith na Bethlehem opruk en maak gou vyfhonderd burgers bymekaar. Hy verdeel sy
mag in twee en lê die vyand voor. Netjies loop hulle hul vas in die
strik wat De Wet vir hulle span, maar net toe hulle verward begin
raak en De Wet bevel gee vir sy burgers om te storm, weier tweehonderd burgers om die bevel uit te voer. Hy jaag tussen hulle in, dreig en slaan seifs met sy sambok, maar dit help nie. So ontsnap die vyand, hoewel nie sonder redelike swaar verliese nie.
Hierdie voorval maak die Generaal meer vasbeslote as ooit om
die vyand ’n knou toe te dien. By die Elandsrivierbrug tussen Bethlehem en Harrismith lê ’n sterk verskanste Engelse mag onder kol. Firman. Hy weet dat Firman na Harrismith wil opruk, maar dit nie sal waag solank hy weet dat Christiaan de Wet in sy nabyheid is nie. Hy laat die berig versprei dat hy na Winburg gaan en spoedig kom dit Firman ter ore. So verlaat die vyand hulle kamp, trek tot op die plaas Tweefontein en slaan toe kamp op op Groenkop. Hier wil hulle eers Kersfees vier, voordat hulle verder trek. Die Generaal stuur kmdt. Olivier en kapt. Potgieter nou uit met die opdrag om ’n groepie verkenners van die vyand voor te sny. Die Engelse sal dan sonder twyfel met hulle kanonne op die twee burgers lostrek en so die posisie van hulle kanonne verraai! Hulle slaag nie daarin om die verkenners voor te sny nie, maar jaag tog agter hulle aan totdat die kanonne lostrek. Nou weet die Generaal waar die kanonne staan en in watter rigting hulle kyk.
Die volgende dag gaan hy self verken. Hy en sy seun Izak ry in
'n totaal verkeerde rigting weg van die kommando af om enige
gevaar van opsetlike of selfs onopsetlike verraad te voorkom en ry
dan met ’n draai om Groenkop. Deur sy verkyker beskou genl. De
Wet die kamp en tel die vyand se tente, dan bereken hy hulle
sterkte deur tien man per tent te tel. Daar is omtrent 500 Engelse.
Hy sal hulle met 300 man aanval.
Nog voor middernag van Oukersdag bring die Generaal sy
kommando in beweging. Hy gaan Groenkop van die steilste kant
af aanval. Dit is ’n moeisame, selfs gevaarlike klim in die donker,
maar die kop word so stil moontlik bestyg. Uiteindelik is hulle so
naby die kruin dat die brandwag van die vyand hulle moet hoor.
Blindelings begin die soldate in die donker op hulle skiet. Die flitse
van hulle gewere en snelvuurkanon verraai hulle posisies. Eers toe hulle vlak by die skanse is, begin die burgers vuur.
Die rumoer is oorverdowend maar die vyand is verward en kan
ook nie hulle kanonne gebruik nie, want die enkele skote wat geskiet is, het soveel mauservuur getrek dat die artilleriste afgemaai is. Buitendien kyk die meeste kanonne in die verkeerde rigting en kan nie betyds omgeswaai word nie.
’n Aantal van die soldate word selfs nog in hulle tente betrap
waar hulle vervaard besig is om op te spring en in die donker hulle
wapens te gryp. Kmdt. Olivier storm een so ’n tent binne en ’n verskrikte soldaat wat blindelings vuur, tref hom dodelik.
Die geveg duur minder as twintig minute, toe gee die vyand
oor. ’n Aantal vlug egter in die donker teen die berg af en ontsnap.
Toe dit lig word, begroet ’n verskriklike gesig die Boere. Die
kamp is verwoes en honderd-en-sestig van die vyand lê dood en
gewond. Die krygsgevangenes tel tweehonderd-en-veertig. Ook die Boere se verliese is swaar: veertien het gesneuwel en dertig is gewond.
Die buit is groot. Twee kanonne met volop ammunisie, twintig
waens belaai met voorrade, honderde gewere en duisende patrone, asook vyfhonderd perde en muile word nou die Boere se besit. Dit is Kersdag en die wat daarvoor kans sien, kan ook feesvier want daar is volop drank en lekkemye soos 'plumpoedings' in die kamp.
Hierdie oorwinning inspireer selfs ’n Engelsman, Bertrand
Shadwell, om ’n gedig oor De Wet te skryf. Hiervan lui die laaste
strofe soos volg:
In the dead of night when the camp’s asleep,
Though the sentinels guard, and the rocks are steep,
There’s a shot in the dark - there’s a sudden cry,
And the men rush out from their tents to die.
Who strikes by night when the moon is set?
And the dead make answer: "de wet — de wet.”
Tot in die Transvaal en Kaapland gee die oorwinning die Boere
moed om te volhard in die stryd. Dit word ook vir die vyand duidelik dat as hulle wil hoop om die oorlog te beëindig, hulle De Wet nou moet vang. Nie alleen het hy hulle nou hierdie gevoelige slag toegedien nie, maar hy kom en gaan soos hy wil deur hulle blokhuislinies. Meer nog, hy laat sy staf van agt of tien man selfs toe om blokhuise aan te val en te verower!
Een middag is hulle agter ’n koppie, nie ver van ’n groot blokhuis af nie, afgesaal. Een van die adjudante wat op wag staan, kom vinnig die rantjie af.
"Die klomp Engelse het uit die blokhuis gekom. Hulle saal hul
perde op en gaan hulle nou daar onder by die spruit laat suip!”
Vol verwagting kyk almal dadelik na die Generaal. Hy glimlag
effens.
"Nou goed, ek weet julle wil wag net totdat hulle by die spruit
afgeklim het en die perde besig is om te suip, dan wil julle jaag en
hulle van die blokhuis afsny en vang.”
"Kan ons maar gaan, Pa?” vra Izak de Wet.
"Sorg net dat nie een van julle iets oorkom nie!”
Skaars het die troepe afgeklim en is hulle perde besig om te suip, of die klomp jong burgers jaag oor die vlakte dat hulle perde die ore plat trek.
Die vyand hoor die hoewegedonder en gryp hulle perde. So
vinnig as hulle kan, jaag hulle terug na die veiligheid van die
fortjie. Die Boere het te ver om te jaag en sal hulle nie kan afsny
nie, so reken hulle op hul beurt. Een van hulle, die bevelvoerende
offisier, dink egter anders. Hy het ’n eersteklas perd en hy wil
sommer die vlakte in vir die klompie burgers wegjaag. Hy misgis
horn deeglik. Hy is skaars ’n kilometer weg, of Barry Richter jaag
vlak langs horn en druk sy pistool in die lywige offisier se ribbes.
Hy wil die man ook sommer dadelik uitskud, want hy wil sy skoene
en rybroek en nog meer hê.
Kol. Paget besluit in sy verleentheid om ’n beroep te doen op die jong burger se menslikheid en redelikheid. Kyk, beduie hy, al sy manskappe het die blokhuis veilig bereik. Hy, die offisier, is nou
die enigste wat gevang is. Is die skande nie al groot genoeg nie? As hy boonop nog uitgeskud word, wat bly dan oor van sy gesag oor sy manskappe? Hulle sal hom so uitlag dat hy maar sy goed kan vat en teruggaan huis toe. Hy het ’n voorstel.
Ja? Barry is gewillig om te luister.
Nou goed, hy sal dan van alles wat die Boertjie van hom kan afneem, twee na hom stuur, plus nog rookgoed en ’n ietsie om te eet.
Top! Hulle sê ’n Engelsman se woord is sy eer en Barry is gewillig om dit te beproef. Hulle skud plegtig hand en ry van mekaar af weg, Barry terug na die Generaal toe en kol. Paget na die blokhuis.
Toe dit skemer word, kom iemand op ’n swaarbelaaide perd van
die blokhuis af aangery. Die kolonel het woord gehou: Die pak
goed bevat twee paar stewels, twee rybroeke, komberse, ingemaakte kos en twee groot pakke sigarette. Met ’n glimlag ontvang genl. De Wet ’n paar stewels en ’n rybroek as geskenk van sy jong adjudant.
By ’n ander geleentheid bestorm hulle een nag ’n blokhuis wat
deur vyftien soldate beman word. Die rede? Hulle rookgoed is op.
Weer eens het die Generaal net een voorwaarde - hulle moet nie
onnosel dinge aanvang nie.
Die agtal bekruip die blokhuis in die donker en begin op kort
afstand op die skietgate vuur. Die Tommies skiet egter kwaai terug en daar is albei kante skaakmat! Die Boere kan nie in nie en die soldate durf nie uit nie.
"Surrender!” skree die burgers van buite af waar hulle tussen
die skietgate plat teen die muur aangedruk staan.
"Go to blazes!” skree die soldate terug waar hulle binne agter
die skietgate waghou.
Nou goed, dink Albert Nussey, dan maak ons ’n plan met julle.
Hy kry ’n stuk yster in die hande en begin teen die blokhuis se
fondamente kap.
"If you don’t surrender and come out, we’ll use dynamite to
blow you out!”
Hy het g’n stuk dinamiet nie, maar sy bluf werk.
"All right, we’ll surrender,” kom dit van binne. ’n Paar oomblikke later swaai die groot staaldeur oop en die vyand kom uit, die regterhand omhoog en die geweer in die linkerhand. Die voorste een bied sy geweer aan. Die jong burger steur hom nie daaraan nie.
"Where are your cigarettes?” vra hy die verbaasde Tommie.
Nadat hulle die gewere stukkend geslaan en alles geneem het
wat hulle kan, steek die klompie die blokhuis aan die brand en
laat vat terug na die Generaal toe.
Vir die vyand is dit duidelik dat die blokhuislyne De Wet en sy
burgers nie kan keer nie. Toe hulle hom met tienduisende troepe
teen die Kroonstad-Bethlehem-lyn probeer vasdruk, gaan hy met
die grootste gemak oor die lyn tussen Lindley en Kroonstad. Dit
geskied in die nag en alles verloop so vlot dat toe die blokhuise
reeds ver agter hulle lê, ’n burger by die Generaal kom en vra:
"Generaal, wanneer kom ons dan by die blokhuislyn?”
Al wat in dieslag bly, is 'n klomp beeste wat afgedwaal het en
in die donker teen die blokhuislyn vasgekeer word. Op ’n ander
plek word omtrent ’n honderd burgers wat op hul eie oor die lyn
wou gaan, gevange geneem.
'n Rukkie later besluit genl. De Wet dat hy moet terug oor die
lyn. Nie minder nie as tien man gaan om die lyn te verken en vestig so die vyand se aandag op hulle. Toe die kommando die nag oor die lyn gaan, is die vyand voorberei op hulle koms en daar vind ’n hewige geveg plaas. Die kommando breek deur maar ’n seuntjie van tien jaar wat na die kommando gevlug het, word doodgeskiet, terwyl ’n elfjarige knaap swaar gewond word. Nog twee van hul maatjies, een maar nege jaar oud, word gevange geneem.
Hierdie keer word De Wet deur die grootste versameling van
vyandelike magte van die hele oorlog omsingel. Troepe kom uit
Natal, Transvaal en van oral uit die Vrystaat en so trek sestigduisend man ’n kring om die Generaal, die President en die Regering wat almal saam is. By De Wet is ook talle voortvlugtiges, oues van dae, kinders, bediendes en baie waens en vee. Die menigte waens, karre, perde en beeste strek oor meer as nege kilometer! Met hierdie logge laer moet hy nou tussen die vyand probeer deurkom.
Die son het pas ondergegaan toe die groot menigte in beweging
kom. Daar is byna pandemonium want daar word geskree, geroep, gefluit en geraas om die vee en die waens aan die beweeg te kry in die regte rigting. Uiteindelik is die ontsaglike laer aan die beweeg, maar die gebulk van die beeste verraai van ver af aan die vyand dat hulle aan die kom is.
Genl. De Wet probeer die laer beskerm met ’n voorhoede en
twee klein kommando’s wat links en regs van die laer trek. By
Holkrans wag die vyand hulle egter in. Toe hulle die steiltes begin
klim, blits liggies van voor soos die vyand begin skiet. Baie deins
terug en die laer kom tot stilstand. De Wet laat egter stormjaag.
’n Snelvuurkanon trek op hulle los, maar word byna onmiddellik
die swye opgele toe die burgers die manskappe by die wapen neervel.
Na veertig minute is De Wet met byna al sy burgers deur, maar
die laer met die waens, karre en vee en meer as ’n duisend mense word gevang. Net op een plek breek die wagters met vyfhonderd beeste deur.
Die belangrikste is dat De Wet en Steyn en die Regering, asook
byna al die weerbare manne, nog ongeskonde en vry is. Die Generaal is egter bekommerd oor pres. Steyn se gesondheid. Die President het moeilikheid met sy oë en daarom word besluit om hom na genl. De la Rey te neem waar dr. Von Rennenkampf hom kan behandel. Alles verloop vlot en De la Rey en De Wet bespreek baie dinge. Hulle dink nog nie daaraan om die knie voor die vyand te buig nie.
By sy terugkeer in die Vrystaat, 'n paar dae later, vind hy egter
dat samesprekings oor die toestand van die Republieke en moontlike vredesvoorstelle aan Engeland, gehou gaan word. Op 9 April 1902 ontmoet die regerings van die twee Republieke mekaar op Klerksdorp. Die vraag is of die volk as geheel nog kan bekostig om die stryd voort te sit. Lord Kitchener stel dit egter duidelik dat daar geen sprake van kan wees dat die Republieke hul vryheid kan behou as daar vrede gesluit word nie. Daar word besluit dat uit elke Republiek dertig afgevaardigdes gekies sal word en dat hulle op15 Mei op Vereeniging bymekaar sal kom om te beraadslaag.
Onder vrygeleide besoek genl. De Wet nou elke kommando en
hulle kies dan hul afgevaardigde vir die byeenkoms op Vereeniging. Kommando na kommando gee aan hulle verteenwoordiger die opdrag om te pleit en te stem dat die vryheid gehandhaaf moet word.
Op sy reis na die verskillende kommando’s vertoef die Generaal soms by ’n Britse kamp. Eenkeer oornag hy by genl. Elliot.
Vir hierdie man het De Wet respek, want hy het Kitchener se
bevele veronagsaam en nooit ’n huis laat afbrand, vee doodgemaak of vrouens en kinders sonder meer na die kampe vervoer nie. Vir De Wet het die reggeaarde Elliot nog meer agting.
Toe die burgers die volgende oggend op die punt staan om te
vertrek, bring Elliot ’n pragtige jas met pelskraag te voorskyn. Hy
verduidelik dat die nagte reeds koud word en hy sien die Generaal het geen jas nie. Sal De Wet hom die eer aandoen en hierdie
jas as geskenk aanvaar?
"Alte graag,” antwoord De Wet met ’n glimlag, "want al leef
ek en my burgers en jy en jou troepe uit dieselfde kommissariaat,
dan het ons nie dieselfde vrye toegang daartoe as julle nie!”
So sonder ’n angel is De Wet se woorde dat Elliot maar net kan
lag. Ja, dink hy verwonderd, twee jaar lank al veg die Boere teen
ons en feitlik al hulle wapens en ammunisie en nog baie ander
voorrade bestaan uit wat hulle van ons kommissariaat kan buit.