NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

As die hoof van ‘n land onreg bedryf en bose wette uitvaardig, mag die gelowige hom nie daarin volg nie. In hierdie verband spel Hand.5:29 vir gelowiges die goue reël uit waar ons lees: “En Petrus en die apostels antwoord en sê: Ons moet aan God meer gehoorsaam wees as aan die mense”.

DE WET (13)

Lewenskets van Genl. CR. de Wet
Ben Olivier

Lees reeks by GENERAAL CHRISTIAAN DE WET

In Julie 1914 ontbrand die Eerste Wereldoorlog in Europa en op 4 Augustus word Engeland daarby betrek. Die vraag ontstaan onmiddellik of die Unie sy lot by Engeland moet inwerp en indien wel, in watter mate hy dit moet doen. Gevoelens loop hoog. Die Engelssprekendes beskou Engeland nog in groot mate as hul vaderland. Baie ander voel dat die Unie as lid van die Britse Ryk sy deel moet bydra. Vir vele is dit egter ondenkbaar dat hulle hulp moet verleen aan hul eertydse vyand wat hulle hul vryheid ontneem het.

Louis Botha tree eers versigtig op. Hy verseker Engeland dat die Unie self vir sy verdediging teen Duitsland en sy bondgenote sal sorg en dat alle Britse troepe dus geneem kan word om te veg vir hul vaderland.

Van Engeland se kant kom egter ook die versoek dat die Unie plekke soos Windhoek en Walvisbaai, wat weens radio-verbinding met Duitsland ’n bedreiging vir Engeland kan word, moet beset.

 

Toe Botha hiertoe inwillig, wek dit onmiddellik bittere verset. Selfs sy versekering dat hy slegs van vrywilligers in hierdie veldtog gebruik sal maak, stel sy teenstanders nie tevrede nie. Die Duitsers het nog altyd die Afrikaner goed behandel en die Afrikaner het geen rede om nou teen hom oorlog te voer nie. In die Parlement voer Hertzog ’n verbete stryd teen Botha se voorgenome planne, maar in hierdie geval stem ook die Unioniste vir Botha, sodat hy sowel in die Volksraad as die Senaat die meerderheid vir sy voorstelle verkry. Die Unie van Suid-Afrika verklaar dus ook oorlog teen Duitsland.

In hierdie krisistyd is De Wet in noue verbinding met pres. Steyn, genl. De la Rey en genl. Beyers. Op Woensdag 16 September ontvang hy ’n telegram met die verskriklike tyding dat sy ou krygsmakker, De la Rey, doodgeskiet is. Hy haal dadelik die trein na Pretoria. Hier verneem hy dat die polisie geskiet het op die motor waarin De la Rey en Beyers oppad na Potchefstroom was omdat hulle kwansuis onder die indruk was dat dit aan ’n bende behoort het. Die hele gebeure is egter deur Smuts georkestreer sodat De la Rey nie die soldate kon gaan toespreek en dalk teen Smuts se besluit om Engeland te help veg, standpunt inneem nie.

’n Koeël het De la Rey dodelik getref. ’n Magtige gevoel van verontwaardiging bruis in De Wet op. Hy praat nou openlik van die goddeloosheid van die Rering se voorneme om Duits-Suidwes-Afrika in te val. "Dit is goddeloos om ’n roof te maak op die grondgebied van ’n volk wat ons geen kwaad gedoen het nie,” sê hy en dan dink hy aan die Skrifwoorde: "Vervloek zij de man, die zijns naasten landpalen verrukt!”

Van Pretoria gaan hy direk na Potchefstroom om die roudiens  by te woon. Hy en genl. Beyers word gevra om by die graf kort redes te lewer. Onder andere sê hy: "Hy leef, al is hy gestorwe, in die hart van u almal; maar nie in u hart alleen nie: ek gee u die versekering dat Koos de la Rey in die hart leef van elke Vrystater — so is ons almal een.”     .

Die volgende dag is daar ’n groot protesvergadering. "Daar word gepraat van onderdanigheid,” sê hy. "Nou ja, ons wil onderdanig wees, maar om dit te betoon, gaan ons nie ons land besoedel nie. As daar verkeerde stappe gedoen is, neem dit nie weg dat ons nie nou reg moet handel nie, maar daar moet bedaard gespreek en konstitusioneel opgetree word.”

Op die vergadering word besluit dat ’n afvaardiging bestaande uit De Wet, Kemp, Beyers en Liebenberg die Eerste Minister sal gaan spreek en die volk se gevoelens aan hom sal oordra. Voordat hulle na Pretoria gaan, word nog ’n monstervergadering op Koppies gehou. Daar is nou gerugte dat genl. Manie Maritz wat met 'n regeringsmag op die grens lê, opdrag gekry het om Suidwes binne te val. Genl. De Wet herhaal dat dit goddeloos is om die gebied van ’n ander volk binne te val en dat diegene wat dit doen, hulle blootstel aan die vervloeking van die Allerhoogste.

Die komitee wat gekies is om Botha te spreek, vind hom onbeweeglik, dus word daar meer vergaderings gehou. Sowel Beyers as De Wet moet deurloop onder eiers, tamaties en selfs stukke bakstene wat deur regeringsgesindes na hulle gegooi word. De Wet bly staan egter by sy standpunt: "Ek is gereed om onder die wet te buk, maar ek is daarop teë dat die wet sal oortree word deur die Regering self. Die verowering van Duits-Suidwes is in stryd met die wet wat bepaal dat net verdediging wettig is - om die vyand uit die land te hou. Om ons land te verdedig, sal ek klaar wees om oorlog te voer; maar om aan te val, sal ek nie. Ek sal alleen my regte verdedig.”

In ’n poging om al die rebelsheid te bedwing, kondig die Regering nou krygswet af en vergaderings word verbied. Ondertussen het Maritz openlik gerebelleer deur oor die grens te gaan en by die Duitsers in Suidwes aan te sluit. Die Regering kommandeer nou ook manne op om daar die stryd te gaan voer.

Dit alles word deur De Wet en sy makkers as troubreuk beskou.

Om die Regering tot ander insigte te probeer bring, besluit hulle om gewapende proteste te hou. Dit beteken nie dat hulle wil oorgaan daartoe om te veg nie, want De Wet self sê openlik dat hulle swak gewapen en swak toegerus is. Hulle wil alleen hierdie metode gebruik as die sterkste vorm van protes wat vir hulle moontlik is. Die voornemens is om by die duisendtalle in Pretoria ’n demonstrasie te gaan hou.

Namate die burgers hulle egter onder hul eertydse generaals skaar, ontbrand daar spontaan die ideaal om weer die Vrystaat en Transvaal se vryheid te herstel. Daar is egter nie behoorlike planne vir optrede nie en die leiers hou swak kontak met mekaar. Onder hierdie omstandighede sien Botha die regte geleentheid om met sy opgeleide soldate met hulle moderne wapentuig op die swak toegeruste burgers toe te slaan.

Op 26 Oktober verlaat De Wet sy plaas, Allanvale. By hom is sy ses seuns. Burgers sluit by die honderde by hom aan. Hy beklemtoon dat daar op niemand eerste geskiet sal word nie. Hy staan nog by die plegtige verklaring wat hy en genl. Beyers by Steenboksfontein uitgereik het:

"Nademaal die Regering het Recht van het publiek om op vreedsame wijze hun protest voort te zetten, ontnomen heeft door het proklameren van krijgswet en regulaties, zo is het, dat wij blyven protesteren met het wapen in de hand tegen het zo gevaarlik krygsmakker, het welk de Regering tegen de zin en wil van het volk wenst uit te voeren, dat ons volk in de grootste ellende en ramp zal gedompeld worden en dat Gods vloek ons treffen zal, indien dit besluit van de Regering ten uitvoer gebracht word.

"Daar onze protesterende houding niet is om broedersbloed te vergieten, maar integendeel, zoals reeds bewezen is .. . onder geen omstandigheden aanvallenderwijze op te treden.”

Twee dae later bereik hy die dorp Vrede. Hier sluit nog meer burgers by hom aan. Onder krygswet is dit vir hom verbode om ’n vergadering toe te spreek, maar hy is vasbeslote om nog eens sy standpunt te stel. Omdat hy wil hê die Regering moet presies weet wat gebeur, versoek hy die magistraat om die byeenkoms by te woon. Toe die magistraat weier, ontvlam De Wet se woede. Hy voel asof alle deure nou in sy gesig toegeklap is. In ’n bitsige toespraak val hy die Regering en regeringsmanne aan.

Oor hierdie rede van De Wet is deur die jare baie kritiek uitgespreek, maar dit is die digter Jan Celliers wat moontlik in ’n vers die beste kommentaar daarop lewer:

Te edel is die bloed, te vry om kneg te wees of slaaf te bly; 
ons sal en moet hom eer; en is hy somtyds woes van daad,
dis manne-aard wat uit hom praat,’n gawe van die Heer.

Reeds die vorige dag het Regeringstroepe genl. Beyers se kommando aangeval en na die Bosveld verdryf. Wapengeweld sal nou alleen met die uiterste selfbeheersing verhoed kan word. De Wet beweeg nou na Vegkop en hou hier krygsraad. Weer maan hy sy burgers om nie eerste te skiet nie. Daar bestaan selfs ’n mate van hoop dat deur die bemiddeling van pres. Steyn weer vrede bewerkstellig kan word.

Hierdie hoop is egter ydel, want op Sondagmore, 8 November, bots De Wet se kommando met ’n afdeling Regeringstroepe onder kmdt. F. Cronje. Tot op die laaste weerhou die twee partye hulle daarvan om te skiet. Hulle is vyftien tree van mekaar toe die eerste skoot val. Tien van die rebelle sneuwel en Cronje se afdeling word verdryf. Wie die eerste skoot geskiet het, sou nooit vasgestel word nie. Wat wel 'n feit is, is dat De Wet sy manskappe bevel gegee het om nie hulle gewere te laai nie.

Terwyl hy op die kop staan waaruit die troepe verdryf is, kom daar 'n burger aan en vertel hom dat sy seun Danie gesneuwel het. Danie was waarskynlik die Generaal se mees talentvolle seun en die tyding raak hom baie, baie diep.

’n Hele ruk lank staan hy stil, sonder om ’n woord te sê. Uiteindelik lig hy sy hoof. "Dit is die eerste offer. Ons moet nou deur gaan - end-uit!” Hy draai hom na die twee manne wat by hom staan en sê: "Hulle het bloed vergiet, en nou val daar niks verder om te doen nie!” Die Generaal voer self die lyksrede by die graf.

Vir oulaas pleit vriende nog by De Wet dat hy van sy kant alles moet probeer doen dat daar weer vrede kom. Die President se seun, Colin Steyn, en Charles Fichardt kom na die begrafnis per motor by hom aan en probeer hom oorreed om na die President te gaan. Hulle oorhandig aan hom ’n vrygeleide van genl. Botha waarin sy veiligheid gewaarborg word.

"Is dit waartoe ons gekom het?” vra hy bitter toe hy die dokument sien. "Generaal Botha skryf aan my, sy ou oorlogsvriend en mede-Afrikaner, in Engels!” Tog onderneem hy om wel na die President te gaan om die saak met hom te bespreek.

Die ontmoeting vind egter nooit plaas nie. Hy kan die gedagte nie van hom afskud dat dit ’n plan is om hom van sy burgers af weg te lok en op hulle toe te slaan terwyl hy afwesig is nie.

Ondertussen besef genl. Botha dat hy nie langer kan wag om op te tree nie. Elke dag groei De Wet se kommando’s aan sodat hy nou reeds meer as 3 000 man by hom het. Botha het nagenoeg 12 000 soldate en vrywilligers in die Vrystaat onder die wapen.

Met soveel van hierdie manskappe as wat hy kan byeenbring, trek hy teen De Wet op. Hy self voer die opperbevel oor die afdelings wat staan onder genls. Lukin, Britz en Brand. Hulle is gewapen met moderne gewere en masjiengewere en het ook ’n aantal kanonne tot hulle beskikking. Wat hulle in ’n nog gunstiger posisie plaas, is dat hulle ’n groot aantal motorkarre het waarmee hulle vinnig kan beweeg.

Genl. De Wet besef dat hy te kampe het met ’n oormag wat beter bewapen is as hy. Hierdie keer moet hy ook veg teen manne wat die veld ken en uitstekende skuts is. Hy het slegs sy eie weergalose vernuf en sy eie en sy burgers se dapperheid om op staat te maak. Naby Marcfuard, by Mushroom Valley, vind hy hom van byna alle kante omsingel. Genl. Botha gee die bevel en die Regeringsmagte beweeg voorwaarts om De Wet se kommando gelyktydig van vier kante af aan te val.

Teen die geweldige kanon- en masjiengeweervuur is De Wet se burgers nie bestand nie. Soos so dikwels vantevore lyk dit of hy nie meer kan ontkom nie. Hy is egter nog steeds die De Wet van altyd wat onfeilbaar weet waar die breuk in die vyand se linies is.

Byna met ongeloof sien genl. Botha hoe De Wet met ylende spoed sy kommando deur ’n gaping by Korannaberg deur die linies van die Regeringstroepe lei.

Ongedeerd kom die Generaal se kommando egter nie daarvan af nie. Die grootste deel van sy konvooi en 250 burgers val in die hande van Botha se magte. Daar is ook ’n aantal gesneuweldes en gewondes wat op die slagveld agterbly.

Hy lei eers sy kommando suidwaarts om sy agtervolgers te mislei en trek dan ooswaarts. Naby Virginia vee hy ’n klein regeringsmag uit sy pad, maar dan daag ’n gepantserde trein op toe hulle oor die spoorlyn wil trek en 1 500 van sy 3 500 man word afgesny. Dit is nou vir hom duidelik dat weerstand op ’n groot skaal haas onmoontlik begin word. Die spoorweë is in die hande van die Regering en troepe kan van oral aangevoer word. Genl. Botha beskik oor die hele land se telegraaflyne wat hom in staat stel om al sy bevelvoerders altyd op die hoogte te hou van De Wet se bewegings. Die Regeringsmagte het honderde motorkarre waarmee troepe vinniger vervoer kan word as wat die vinnigste perdekommando kan beweeg. Hierbenewens is De Wet se kommando byna sonder ammunisie en, erger nog, is hulle perde besig om in te gee van die harde trek deur die dorre Wes-Vrystaat.

Aangesien genl. Botha verklaar het dat hy die rebelle wat hul wapens neerlê, sal toelaat om in vrede huis toe te gaan, ontbind die Generaal sy kommando. Wat homself betref, het die stryd nog nie geëindig nie. Met 25 man vertrek hy na die Vaalrivier. Sy doel is nou om aan te sluit by genl. Kemp en moontlike ander Transvaalse rebelle-leiers, deur te breek tot in Suidwes en van daar die stryd voort te sit. Voortdurend moet hy met sy groepie manne heen en weer swenk om te ontkom aan die troepe wat hom in die Noord-wes-Vrystaat agtervolg. Hy skud hulle egter af en op 20 November bereik hy die Vaalrivier. By elke drif deur die rivier lê die vyand hom voor. Negentien van sy burgers se perde is so uitgeput dat hulle nie verder kan gaan nie. Hartseer neem hy nou ook van hierdie getroue kamerade afskeid. Met net ses manskappe onder wie sy skoonseun Mentz en sy getroue sekretaris, Harm Oost, by hom, soek hy nou 'n deurkomplek.

Talle kere het hy al onder die neus van die vyand deur riviere geglip en ook hierdie keer slaag hy daarin om tien km bokant Kommissiedrif met sy groepie ongedeerd oor die rivier te kom. Nou word die jagtog teen hom met groter drif as ooit aangepak. De Wet is die siel van die Afrikaner se opstand en hy moet ten alle koste gevang word. Troepe word met die trein langs die Rhodesiese spoorweg aangevoer om hom voor te lê en agter hom neem telkens nuwe afdelings op vars perde of in motorkarre die agtervolging oor van die afdelings wat die pas nie kan volhou nie.

Een keer slaag ’n troepemag daarin om hulle in te haal. Een van die burgers wat by ’n spruitjie agtergebly het om sy voete te was, word gevang en in die skietery word Mentz so swaar gewond dat hy moet agterbly. Ook Harm Oost se perd gee totaal in. Hy spring op Mentz se perd en jaag voort, maar die perd word onder hom doodgeskiet.

Genl. De Wet haal ’n stuk brood uit sy saalsak, breek dit in twee en gee die helfte aan Oost.

"Kruip weg sodat hulle jou nie kan kry nie,” sê hy. "Hier naby is ’n plaas. Die mense is my goedgesind, hulle sal jou ’n vars perd gee. Kry dit en probeer weer by ons aansluit!”

Die koeëls fluit reeds om hulle toe De Wet van sy vriend afskeid neem en agter sy burgers aan onder die geweervuur uit jaag. Hy lei sy manne oor ’n kliprantjie waar die motors die groepie nie kan agtervolg nie. Die volgende dag sluit Oost weer by hulle aan. Met trane in sy oë verwelkom De Wet sy kameraad. "Dit is ’n teken van die Here dat hy jou veilig by ons gebring het,” sê hy.

Met die kommando’s onder genl. Beyers, genl Muller en kmdt. Jopie Fourie maak hy egter nie kontak nie. Hulle word self ook deur die regeringstroepe voortgedryf. Kemp is met 610 man reeds op pad deur die barre Kalahari na Suidwes om hom by Maritz aan te sluit. De Wet is nou meer vasbeslote as ooit dat niks hom sal stuit om by hulle aan te sluit nie. Naby Schweizer-Reneke sluit ’n  klein kommando onder kmdt. Neser hulle by hom aan. Ook hulle is op pad na Suidwes.

Die perde is uitgeput en die veld is so kaal dat daar geen voedsel vir mens of dier is nie. Dit begin nou reën, hard en aanhoudend, sodat die aarde omskep word in ’n moeras waarin die vermoeide perde wegsak tot ver oor hulle hoewe. En ten spyte van die reën is die dors ontsettend. Die water sak so vinnig weg in die dorstige aarde, dat daar nie eens ’n poeletjie gevind kan word waar die uitgeputte ruiters en hulle perde hul dors kan les nie. Die Generaal en sy burgers trek selfs grassies uit en kou die wortels om hul brandende dors te laat bedaar. Net hulle ysere wil hou hulle aan die gang op hul koers — weswaarts, steeds weswaarts!

Troepe word met motors en treine aangebring in die rigting van Vryburg, maar voordat hulle De Wet kan voorsny, is hy reeds met sy burgers 29 km noord van Vryburg oor die spoor. Vir die soveelste keer word vars troepe met motors en uitgeruste perde onder kol. Brits in die stryd gewerp om hom in te haal. Hy bly egter voor, want die voertuie sukkel in die modder en die deurweekte veld. Waar hulle dit kan regkry, probeer die troepe om De Wet van die fonteine en Watergate wat daar wel is, af te sny.

Op die agste November kan die klein kommando byna nie meer verder nie. Stadig trek hulle voor die meedoënlose agtervolgers uit. Dit word middag, aand, die donker sak oor hulle toe. Hulle sal nog !n ruk aanhou totdat hulle nie meer kan nie. Die stand van die sterre wys dat dit al middernag moet wees.

Meteens hoor hulle ’n klank in die verte - ’n hond wat blaf. Dit is of die vermoeide perde nuwe krag ontvang. Vanself slaan hulle oor op ’n galoppie. Teen die sterlig gewaar die burgers die omtrekke van ’n woonhuis en die wiel van ’n windpomp! Almal peil op die gemesselde dammetjie by die windpomp af en begin om hulle verskriklike dors te les.

Die rumoer laat die man van die huis wakker skrik. Hy staan op en kom nader. Hy en die Generaal herken mekaar - hulle was vroeër bure in die Kroonstadse distrik! Onmiddellik neem hy die burgers na sy woninkie. Hy het dit self maar skraal, maar maak onmiddellik ’n groot pot pap, genoeg vir almal om hulle honger te stil.

Teen dagbreek kom daar verdere goeie nuus. Kmdt. Neser wat aan die Generaal se regterkant verken het, het op ’n waterryke plek afgekom. Daar is goeie gras, water en koelte onder die bome - ’n ware klein paradys in die woestyn. Onmiddellik besluit De Wet dat hulle daarheen moet gaan en ’n dag lank uitrus voordat hulle die wrede tog weswaarts na Suidwes voortsit.

Op pad na die klein oase trek hulle by ’n huisie verby. Hier woon twee manne wat van die jag lewe. Toe die Generaal na hulle uitvra, word hy meegedeel dat hulle haastig vertrek het om ’n paar swak perde wat deur die kommando agtergelaat is, te gaan haal. De Wet vertrou nie die vrede nie, maar weens die toestand van die perde moet hy noodgedwonge hier op Waterbury oorbly.

Toe hulle daardie nag gaan slaap, hou hy, Harm Oost en kmdt. Neser hulle perde byderhand. Die ander burgers kniehalter hul perde om tussen die bome te wei. De Wet voel nie gerus nie. Toe die eerste sterre in die ooste begin verbleek, staan hy op.

"Ons moet begin trek,” beveel hy. Die burgers staan op, sit hulle goed en gewere reg en gaan dan die bosse in om hulle perde te gaan haal.

Meteens klink daar skerp stemme op. Van alle kante kom soldate, gewere gereed om te skiet, tussen die bosse uit. By hulle is die burgers wat hulle perde wou gaan haal, nou almal gevangenes.

Harm Oost gryp sy geweer en wil skiet.

"Nee!” De Wet se stem is streng. "Dit is kinderspel. Ons kan ons nie verset teen die oormag nie!” Oost laat sak sy geweer.

Nou gewaar De Wet die bevelvoerder van die troepe, kol. J. Jordaan. Hy stap hom tegemoet

"Wil julle oorgee?” vra Jordaan.

De Wet glimlag kalm. "As ek my nie wou oorgee nie, dan het ek lankal geskiet!”

Jordaan stel homself voor en De Wet kyk hom aan. "Ek is bly dat dit ’n Afrikaner is wat my gevang het, want die eer - as dit ’n eer is - kom alleen ’n Afrikaner toe.”

Slot volg...

Opsoek na inligting?

  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1265 gaste aanlyn