Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Maar Ek sê vir julle dat elkeen wat vir sy broeder sonder rede kwaad is, verantwoordigng moet doen voor die gereg; en elkeen wat vir sy broeder sê: Raka! moet verantwoording doen voor die Groot Raad; en elkeen wat sê: Jou dwaas! moet verantwoording doen in die helse vuur.
DIE WAARHEID OOR VERWOERD
DIE WAARHEID OOR VERWOERD
Frikkie Strauss
In die eerste aflewering in ons beplande reeks artikels oor Dr Verwoerd in die aanloop tot die 50-jarige herdenking in September 2016 van sy dood, het ons geskryf dat die ware Dr Verwoerd bekend gestel moet word aan die volk wat hy gedien het. Reeds in September 2012 het ons by Suidland Media, met die bekendstelling van ‘n aantal historiese DVD’s, soos volg geskryf: “Verder bly dit altyd ‘n vraag hoekom daar nog nie ‘n behoorlike omvattende dokumentêre film in Afrikaans oor die lewe van Dr Verwoerd gemaak is nie. Is daar nie dalk iemand wat die inisiatief wil neem om dit te doen nie?” En: “Ons kan niks doen om Dr Verwoerd as persoon weer na ons terug te bring nie. Ons kan egter baie doen om sy goeie naam te herstel en daartoe kan die verspreiding van [só ‘n Verwoerd] DVD beslis ‘n bydrae lewer.”
Dit is vir ons nou ‘n besondere, hartverwarmende voorreg om hier aan te kondig dat daar wel met ‘n projek begin is om ‘n dokumentêre film, in DVD-formaat, oor Dr Verwoerd se lewe te maak. Die projek word onderneem deur Die Instituut vir Kultuur en Geskiedenis, en wel onder leiding van Johan Wiesner en Meinhard Peters. Beide van hulle het ‘n persoonlike verbintenis met Dr Verwoerd gehad. Johan se vader, mnr Louis Wiesner, was een van die pioniers van die Afrikaanse rolprentbedryf en het hierdie kennis van hom tot die beskikking van Dr Verwoerd gestel toe laasgenoemde die redakteur van Die Transvaler van 1937 tot 1949 was. Johan sal die tegniese gedeelte van die projek hanteer. Meinhard het vir Dr Verwoerd sedert sy kinderjare geken omdat sy familie baie betrokke was by die Nasionale Party organisasie in Meyerton, die kiesafdeling aan die Oos-Rand wat Dr Verwoerd in die Volksraad verteenwoordig het. Hy sal die draaiboek vir die film skryf.
Johan het alreeds baie filmmateriaal versamel en onderhoude gevoer, onder andere met die kinders van Dr Verwoerd. Hy beskik oor inligting oor verskeie fasette van Dr Verwoerd se lewe wat nog nooit in die openbare domain bekend was nie. Die teikendatum van die bekendstelling van die film is Saterdag 10 September 2016 en dit sal in Pretoria gedoen word. Dr Verwoerd is op Saterdag 10 September 1966 begrawe. Soos die projek vorder, sal meer besonderhede bekend gemaak word. Op hierdie stadium is dit Johan en Meinhard se versoek dat alle Afrikaners en Afrikanerorganisasies wat graag by die projek betrokke wil wees die datum van Saterdag 10 September 2016 daarvoor sal oophou. Hulle vra ook vriendelik dat Afrikanerorganisasies geen ander aktiwiteite vir dié datum reël nie.
... EN OOR MANDELA
Verwoerd en Mandela was seker die twee politieke persoonlikhede in die moderne tyd oor wie daar die meeste leuens versprei is, in die eerste geval om sy nalatenskap te beklad en te beswadder en al die goeie dinge wat hy aan al die mense van die land gedoen het te verduister. In Mandela se geval was daar ‘n georkestreerde aksie om hom op te hemel tot iets wat hy nooit was nie en die kwaad wat hy en sy handlangers teen die land en sy mense beplan het, te verswyg. Net soos wat Afrikaners die waarheid oor Verwoerd moet hoor, moet hulle ook die waarheid oor Mandela hoor, ten einde ‘n feitelike en ewewigtige geskiedenisbeeld te vorm. Hiertoe het die historikus Dr Pieter Möller reeds ‘n reuse bydrae gelewer met sy pas-bekendgestelde boek Die Mandela Legende II : Sy Nalatenskap/The Mandela Legend II : His Legacy. Dit is die vyfde hersiene druk van vorige vier drukke wat net as titel gehad het, Die Mandela-Legende/The Mandela Legend. Die teks van die eerste vier drukke is dieselfde, maar hierdie hersiene druk is bygewerk tot na sy dood. Dit beslaan 196 bladsye en bevat die volgende 14 hoofstukke:
Inleiding
Voorgeskiedenis van Mandela
Mandela verhef tot simbool van die ANC-vryheidstryd
Rivonia: ‘n Duiwelse komplot om die Suid-Afrikaanse regering omver te werp
Mandela en Kommunisme
Mandela het nooit geweld afgesweer nie
Die Nasionale Party en Mandela
Mandela en die Engelstalige wêreld
Mandela se nalatenskap: Was hy die groot staatsman waarvoor hy wêreldwyd uitgegee word?
Siekte en dood van Mandela
Spesiale Kerkdiens
Huldigingsdiens
Begrafnis
Die Mandela-testament
En steeds duur die euforie voort
Slot
Bronnelys
Die Engelse deel is ‘n presiese weergawe van die Afrkaanse. Die Afrikaanse en Engelse teks word deur kleurfoto’s geskei waarin Mandela saam met geesgenote soos Gadaffi, Castro en Mugabe verskyn, asook foto’s van die brutale moorde wat op Blankes gepleeg word (onder meer Eugene Terreblanche) en van halssnoermoorde. Dan is daarin ook vier bladsye opgeneem waarin Adian Hartley van The Daily Mail hom uitlaat oor die geweldsmisdade in Suid-Afrika.
Vanaf die hoofstuk oor Mandela en die Engelstalige wêreld is dit nuwe teks. By die voorafgaande hoofstukke is enkele toevoegings en wysigings aangebring. In die langste hoofstuk word Mandela se uitsprake/voornemens/beloftes getoets aan dit wat tans in Suid-Afrika gebeur en word tot die slotsom gekom dat hy nie so ‘n uitstaande staatsman kon wees nie. In werklikheid het baie van die dinge wat tans plaasvind, soos bv. korrupsie en “Affirmative Action” alreeds in sy ampstyd begin. Nietemin duur die euforie oor hom steeds wêreldwyd ongebreideld voort. Uit die hoofstukke wat voorheen in die eerste vier uitgawes opgeneem is, word duidelik aangetoon dat hy ‘n gewelddadige terroris was. In ‘n nuwe hoofstuk word aangetoon dat hy ‘n kommunis was, soos selfs deur die SAKP na sy dood bevestig is. Die sinkretisme by sy begrafnis en so meer bewys ook dat hy nie ‘n Christen was nie. Enkele nuwe foto’s is ook toegevoeg soos bv dié van die verminkte driejarige Cornelia Koekemoer na die stasiebom destyds, ‘n pragtige kleurfoto van Dr Verwoerd en foto’s van Mandela se begrafnis en standbeelde wat vir Mandela opgerig is.”
Die boek kan direk by die skrywer bestel word, verkieslik deur e-pos by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. maar ook by 072 – 200 3977 of 012 – 807 0680. Die prys beloop R200 plus R50 posgeld. Bankbesonderhede vir direkte inbetalings kan van die skrywer verkry word en die koper se van moet altyd as verwysing by die inbetaling aangegee word.