NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Hy wat geld liefhet, kry nie genoeg vangeld nie, en wie rykdom liefhet, nie van inkomste nie; ook dit isdan tevergeefs – Prediker 5:9

DE LA REY (4)

Hierdie boeiende vertelling van verskeie burgers se herinneringe onder genl De la Rey tydens die Tweede Vryheidsoorlog van 1899-1902 geskryf deur Ignatius Mocke kan gelees word by

De la Rey

GUERRILLA-OORLOG EN KRIEKET (VERVOLG)

DIE storm het swart aan die lug bokant hulle gemaal, toe die kommando vertrek het in die rigting van die Engelse laer.
Rudolf sou bevel neem oor ’n afdeling burgers wat vanuit die oostelike flank die Britse laer sou aandurf. Hy is ’n verkenner, maar Van der Westhuizen het hom gewaarsku dat hy altyd en oral gereed moes wees om aan die eintlike veldslae deel te neem.

“Ons het min opgeleide offisiere en ons durf ons plig nie ontduik wanneer die Generaal ons dienste nodig het nie.”

Die aanvoerder van die betrokke afdeling het twee dae tevore in ’n skermutseling met die vyand gesneuwel en Rudolf het opdrag ontvang om die bevel oor te neem.

Die eerste reëndruppels het swaar neergeplof toe die kommando, ’n paar myl van die Engelse laer af, ingeruk het om die laaste bevel te ontvang.

Hulle moes die laer in verspreide orde nader, sodat die wag nie betyds die gedreun van die perdehoewe sou hoor nie. Die swaar weer en die geloei van die wind sou origens alle lawaai uitdoof. Die reën het al sterker geval, totdat dit emmersgewyse uit die bewolkte hemel op hulle neergestort het en toe het die bevel gekom:

“Storm!”

Hulle het styf teen die toom gejaag, om te verhoed dat die perde op die nat aarde gly, maar in die donker kon die burgers wat ver uitmekaar gejaag het, hul strydmakkers slegs vaag onderskei. Hulle was feitlik op die wag toe die kommando weer ’n punt gevorm en vas teen mekaar gery het.

Die wag se waarskuwende “halt” het te laat gekom:

Rudolf kon sien hoedat die voorste burger hom in die jaag neersabel en toe het die geweervuur begin knetter. Voor hulle, in die kamp, het honderde Engel se holderstebolder uit die tente gepeul en rigtingloos soos skape in die reën gehardloop.

Die toneel was byna spookagtig en die geskreeu om hulp, die hartverskeurende gepleit, die aanhoudende geblits van kleingewere, die oorverdowende geknal, het aan die gebeurtenis ’n byna helse aanskyn verleen. Rudolf het met opmekaargeknerste tande in die voorhoede van die kommando tussen die vyand ingejaag. Sy geweer was gedurig aan sy skouer en hy het geweet, met dieselfde bittere genoegdoening wat hy altyd in sulke omstandighede gevoel het, dat
elke koeël wat hy afvuur, dodelik raak is.

Die lawaai het in ’n crescendo van waansinnige geskreeu, geweervuur, gevloek en gesmeek bokant die gedreun van die weer uitgestyg en toe, eensklaps, was die slag verby.

De la Rey het sy manskappe beveel om op te hou skiet en uit die teenoorgestelde rigting het kommandant Henning en sy kommando hulle tegemoet gekom.

Die Engelse het oorgegee.

De la Rey het getref, met die snelheid van ’n leeu en sy prooi het magteloos voor horn gelê.

Sy afskeidsboodskap aan die Engelse bevelvoerder was:

“Sê vir jou owerheid dit is soos die Boere oorlog maak. Nie met swartes wat weerlose vroue en kinders vermoor nie.”

“Julle kan gaan. Maar my waarskuwing bly: Solank daardie swart moordenaar op vrye voet is, so lank sal ek julle geen rus gee nie.”

DIE volgende middag het Rudolf by kaptein Schalk van der Westhuizen verlof gekry om tot die aand agtuur van die kommando af weg te bly.

Die bedwelming van die slag was nog in sy bloed en in sy verbeelding het hy nog die gekerm en die gevloek van gewondes en sterwendes gehoor toe Johanna hom voor die deur ontmoet.

Maar toe hy haar hande neem, het hy oor die drumpel van 'n ander wêreld getree. Uit die raserny, die verskrikking van die oorlog, in ’n sagte droomland waar hy met verwondering kon luister na die helder, juigende blydskap wat in sy hart ontwaak het.

 

“SUPER-SPIOEN”

Kaptein Schalk vd Westhuizen kyk die  groepie jong burgers voor hom ondersoekend aan.  Sy lewendige swart oë rus beurtelings op die agtal burgers wat swygend voor hom staan. Hy leun teen die skurwe stam van ’n groot doringboom wat met wye takke eensaam staan in die vaal uitgestrektheid van die Wes-Transvaalse vlakte.

Dit is laat in die middag. Oor die veld om hulle lê ’n grys dynserigheid en op die kaal veld en verder teen die bruin rante, staan die sonhitte trillend-wit.

Die middag is stikkendwarm.

Die Kaptein se oë dwaal met ’n sagte, geamuseerde uitdrukking in hul grys dieptes oor die penkoppe voor hom. Hier is manne wat weet om te ly, om die dood te trotseer, maar om in stilte hul doodsgevaarlike werk te verrig, sonder klag of angs. En as hulle bang is, dink hy glimlaggend, sou hulle te skaam. wees om dit te wys.

Nie een van hulle praat nie. Hul oë is aandagtig op hom gerig.

“Julle weet nou wat ek wil hê." se hy grimmig. “Dink na oor wat ek gesê het voordat julle handel.”

Kaptein Van der Westhuizen se verkennerskorps het al dikwels die dood trotseer saam met hul waaghalsige leier. Daar was nagte dat hulle meer as dit gedoen het: Dat hulle hul lewens roekeloos gewaag het. Blindelings, sonder om aan die gevolge te dink, het hulle al honderde kere die dood gaan soek. Hulle het doelbewus ingery in hinderlae wat die vyand vir hulle gestel het, om inligting in te win, of om die gegrondheid van die een of ander twyfelagtige rapport te toets. ’n Paar van hulle het al voor die vuurpeloton gestaan, met ’n donker doek voor hul oë; en hulle het gewag op die kort, skerp geblaf van die Lee Metfords wat hul lewens sou beëindig. Maar hul makkers was altyd daar, op die gestelde tyd, om hulle te ontset.

“In die eerste plek is julle trou verskuldig aan jul land,” het die Kaptein aan hulle gesê die dag toe hy die korps gevorm en sy agt vrywilligers byeengeroep het. “Maar daar is ook ’ n ander trou wat van julle vereis dat julle nie sal aarsel om te sterf as dit moet nie. En dit is jul trou aan jul makkers. Julle moet soos een man werk; elkeen vir almal. As een van julle makkers gevang of geskiet word, moet dit vir julle wees of dit julself is. Ek vra julle om werk te doen wat net so ondankbaar is as wat dit lewensgevaarlik is. Want julle sal in die gevaarlikste plekke moet indring; waar niemand behalwe ’n besetene sou waag om te gaan nie, daar moet julle inkruip. Die veiligheid van die Boeremagte hang van j ulle af. En as daar een van julle is wat verwag dat hy beroemd sal word, dat sy mense oor hom sal praat
soos hulle praat oor De Wet of De la Rey of Beyers, laat hom dan sy hoed vaten loop...”

Hulle het verstaan wat hy bedoel, sy agt verkenners en stilswyend het hulle sy voorwaardes aangeneem.

En in die agttien maande wat agter hulle lê, het hulle uitgevind dat die aanvoerder nie oordryf het daardie middag toe hy hulle vir die eerste keer bymekaar geroep het nie. Want die maande wat agter hulle lê, was 'n tyd van blinde waaghalsigheid. Donderstorms het oor hulle getrek en die snerpende winterwind het nagte lank deur murg en been gewaai. En altyd was die dood om hulle. Geen oomblik het hulle vrede of veiligheid geken nie. Die vyand was bewus van hul bedrywighede en het sy nette elke dag sorgvuldiger gespan om hulle te vang.
Maar kaptein Van der Westhuizen het hulle goed opgelei: Hy het niks aan die toeval oorgelaat nie.

“’n Dapper verkenner is alles goed en wel,” was sy leuse, “maar ’n onversigtige verkenner, hoe dapper hy ook al is, is ’n gevaar vir sy eie mense.”

So het dit gebeur dat hulle dikwels die dood in die oë gestaar het, maar hulle het dubbel seker gemaak dat dit hulle nie sou tref nie. Die kaptein het nooit met hulle gepraat oor hul wederwaardighede nie, maar hy het goed geweet dat geen dag verbygegaan het sonder dat
een van hulle op ’n byna wonderbaarlike manier uit die vyand se hande ontsnap het nie.

En nou, terwyl sy swart oë vraend op hulle gerig is, sien hy net die stroewe gesigte voor hom. Maar hy weet dat agter die kalm uiterlike, storms van teenstrydige gevoel woed.

“Die man wat bereid is om die werk te doen,” sê hy kalm, “moet goed verstaan dat hy dag na dag met die dood sal moet speel. Selfs die lewe van ’n gewone verkenner soos julle nou is, is ’n roekelose waagspel. Hierdie werk,” hy lig sy hand in ’n kenmerkende gebaar om die woorde te beklemtoon, “is nog gevaarliker.”

Daar is nog geen uitdrukking op die gesigte voor hom nie.

“Julle kêrels is almal ewe dapper,” gaan hy voort, “altans, julle het almal bewys dat julle nie van jul pligte sal terugdeins nie. Ons wil nie ’n keuse maak nie. Maar ek vra nou ’n vrywilliger om die plek van Willie de Vos te vul.”

Hy spreek die naam met ’n sagtheid uit, asof ’n teerheid oor sy gemoed kom.

“Hy was 'n onverskrokke man,” sê hy, asof hy met homself praat, “en dit sou ’n eer wees vir enigeen van julle om sy werk te hervat waar dit onderbreek is.”

Die agt verkenners lees sy gedagtes. Hulle weet maar alte goed wat met De Vos gebeur het.

Nege maande gelede het hy as ’n gewone verkenner diens onder kaptein Van der Westhuizen aanvaar en toe is die waaghalsige spioenasiestelsel van “binneste” verkennersposte in die lewe geroep. Vir dié werk was ’n man nodig wat dinge sou moes waag waaraan ’n gewone
verkenner nooit sou dink nie. Hierdie “super-spioen” moes indring in die hoogste militêre kringe van die vyand, om sodoende die allergeheimste krygsplanne uit te vis. Hy sou gereeld verslag moes uitbring oor die bewegings of bestemmings van vyandelike ammunisiekonvooie, geheime staatsdokumente probeer onderskep, die toekomstige krygsbeleid of plan van optrede van die vyand uit die mees outentieke bronne probeer vasstel en gedurig, deur onverskrokke verkeer met die hoogste vyandelik militêre bevel, probeer uitvind of daar nie met die opperbevel van die Boeremagte geheul word nie. Sy identiteit was bekend aan slegs die hoogste bevelvoerders van die Boeremagte en dit is so sorgvuldig verbloem dat selfde Rudolf en sy medeverkenners maar gister na De Vos se dood verneem het dat hy die “onbekende spioen” van die kommando was. De Vos het sy werk met skitterende bekwaamheid verrig. Nege maande lank het deur hom lewensbelangrike inligting uit die vyandelike kamp die Boere-aanvoerders bereik. Etlike male is groot vyandelike ammunisievoorrade buitgemaak met die inligting wat hy beskikbaar gestel het; treine met vuurwapens is onderskep, sodat hele Boerekommando’s weer van krygstuig voorsien kon word.

Die bewegings van berugte “national scouts” is deur sy onvermoeide ywer aan die lig gebring en talle van die verraaiers is gevange geneem en summier tereggestel; dit was ook deur sy optrede dat die lewens van honderde vroue en kinders gered is, want hy het die Boerekommando’s keer op keer op die hoogte gestel van die aanwesigheid van swart bendes wat uit was op moord en plundertogte.

’n Paar dae gelede is Willie de Vos, onderwyl hy in die uniform van ’n Engelse offisier van hoë rang, spioenasiewerk onder die vyand gedoen het, onverwags herken deur ’n Boere-offisier wat oorgeloop het. Hy het ’n wanhopige poging aangewend om te ontvlug, maar die vyand het hom gevang, voor ’n krygsraad ter dood veroordeel en onmiddellik laat fusilleer.

Sy werk moes voortgesit word, want hy was ’n onmisbare en lewensbelangrike skakel tussen die Wes-Transvaalse republikeinse magte.

“Daar is nog een ding waarop ek jul aandag moet vestig,” sê kaptein Van der Westhuizen, “nog ’n gevaar waaraan die man wat onderneem om hierdie werk te doen, homself sal blootstel. Dit is nie buite die perke van moontlikheid dat so ’n spioen deur sy eie mense geskiet kan word nie. Hy mag geen eieningspapiere dra nie en dus is daar geen hoop om sy identiteit te bewys ingeval hy miskien deur Boere gevang word nie. Julle weet dat al die kommando’s opdrag ontvang het om af te handel met verraaiers en ’n Boer in ’n Britse offersiersuniform, met geen bewyse van sy goeie trou nie, loop gevaar om sy lewe op hierdie manier te verloor.”

Hy breek ’n oomblik af en kyk sy verkenners afwagtend aan.

“Julle verstaan nou goed,” se hy kortaf, “as een van julle bereid is om die werk te onderneem, sal hy ’n groot slag vir die vryheid kan slaan. Laat hom vanaand sy opwagting by my doen. Van my kant gee ek die waarborg dat alles sal geskied in ’n gees van die allerstrengste geheimhouding. Nie eens sy medeverkenners, nie eens julle, sal weet wie in De Vos se plek benoem word nie.”

DAARDIE aand om agtuur het Rudolf Naudé na verkennerskaptein Van der Westhuizen se tent gestap.

Die offisier het hom dadelik binnegelaat.

“Ek het my kom aanmeld vir die werk, Kaptein.”

“Mooi, Naudé. Generaal De la Rey meen self dat jy die regte man is.”

Hy kyk Rudolf goedkeurend aan.

“Vier van die ander het ook gekom,” sê hy trots. “Julle is dapper kêrels. Maar ek dink jy is die beste man. Jy besit die nodige ondervinding en jou kennis van die Engelse se gewoontes is voldoende. Bowendien praat jy Engels soos ’n regte rooinek.”

Dit was al laat in die nag toe Rudolf die Kaptein se tent verlaat het.

Hy het sy eerste opdrag as “super-spioen” in sy sak gehad: ’n Bevel wat onmiddellik uitgevoer moes word. Kaptein van derWesthuizen het berig ontvang dat “Scout X,” die berugte swart moordenaar, in die omtrek is en dat hy voorbereid moes wees.

“Ek sal jou verantwoordelik hou, Van der Westhuizen,” het sy hoof gesê, “as hierdie vuilgoed nie gevang en geskiet word nie. Ek het die Engelse al herhaaldelik gewaarsku om !n einde te maak aan sy gruweldade, maar hulle steur hulle eenvoudig nie aan my nie. Stuur jou beste verkenner uit om te probeer uitvis waar die ellendeling hom skuilhou.”

“Hy is so geslepe soos die houtjie van die galg, Naudé,” het Van der Westhuizen gesé. “Dit sal ’n godsbestiering wees as jy op sy spoor kom. Jy weet,” daar kom ’n trek van weemoed oor sy gesig, “dit was De Vos se grootste begeerte om die vuilgoed self te vang. Hy het ses maande lank probeer, maar sonder sukses. En nou sal sy wens nooit vervul word nie.”

’n Swaar stilswye hang ’n oomblik tussen die twee manne.

“Kaptein,” se Rudolf kalm, “ek gaan kragte met hom meet. Miskien kan ek Willie de Vos se heldewerk voltooi.”

“Mag die Here dit gee, ou seun. Daar rus baie onskuldige bloed op die ellendeling se hande en as ons hom nie aan die hiele kan lê nie, sal hy nog baie verwoesting en dood onder ons mense saai.”

Op ’n eensame plaas in die omtrek van Lichtenburg het op dieselfde nag ’n waghond hard begin blaf buite op die werf. Binne-in die huis het ’n ou man onrustig uit sy slaap wakker geword.

“Lenie,” roep hy hees, “waarom blaf die honde?”

“Seker maar jakkalse, Pa,” het sy gerusstellend probeer antwoord, maar die ondertoon van angs in haar stem het hom nie ontgaan nie.

Haar man is met die uitbreek van die oorlog kommando toe en sy en haar vier kinders moes alleen agterbly, hul enigste beskerming was haar bejaarde vader wat te oud en sieklik was vir militêre diens.

Versigtig staan sy uit haar bed op en stap na die venster. Sy laat haar blik oor die maanverligte veld buite gaan, maar daar is geen roering nie.

Die waghond blaf nou aanhoudend en dit is duidelik dat hynader aan die huis kom.

Meteens ruk die vrou se hart van angs in haar binneste:

Duskant die spruit, ’n paar honderd tree van die plaaswoning, sien sy vier swart gestaltes uit die bosse te voorskyn kom, spoedig gevolg deur ander. Hulle praat opgewonde, onderwyl hulle na die huis aangestap kom.

’n Waansinnige angs pak die vrou by die venster beet. Dit is duidelik dat dit swartes is. Onseker en handewringend staan sy ’n oomblik besluiteloos.

Sy stap na die voorhuis en neem die ou Lee Metford wat haar man vir haar nagelaat het, van die kapstok af.

Op dieselfde oomblik verskyn die ou man agter haar in die deur.

“Wat is dit, my kind?” vra hy sag.

Sy draai om en as hy die naakte angs in haar oë sien, sê hy: “God sal ons help. Moenie bang wees nie.”

Op dieselfde oomblik word hard aan die agterdeur gehamer. ’n Skel gevloek begin en dan 'n aanhoudende gestamp teen die houtdeur.

Meteens hoor die vrou hoedat die planke kraak en meegee. Die ou man neem die geweer uit haar hand en wag.

’n Oomblik later bars ’n groot swartman die huis binne. Hy het ’n uniform aan en op sy arm lê drie geel strepe wat sy rang aandui. Die vrou se beangste oë gaan oor die wrede gesig, die oë wat op skrefies na toe is en die dik lippe.

“Jy het seker al van my gehoor, Boervrou?” sê die barbaar bars. “Ek is Scout X. Vra die Engelse!”

’n Benoude angs styg na haar keel. Wie het nog nie van die onmens gehoor nie?

Hy beskou die ou man ’n oomblik spottend en dan, met ’n blitsvinnige beweging dat dit hulle totaal verbysterd laat, pluk hy !n rewolwer uit sy sak en vuur. Die ou man sak geluidloos vooroor, met drie koeëls deur sy liggaam. Nog twee keer vuur die vuilis in die lewelose gestalte op die vloer. Die geweer het kletterend op die vloer geval en voordat die vrou kon buk om dit op te tel, het die moordenaar sy swaar beslaande stewel daarop geplaas.

Nou wend hy hom tot sy helpers.

“Kyk of daar kinders in die kamer is,” sê hy, ''en bring hulle uit:'

Hy slaan geen ag op die histeriese gesmeek van die vrou wat nou op haar knieë voor hom staan nie.

“Bring hulle en maak gou.”

Die bevel klink onverbiddelik en koud in die doodse stilte wat oor die huis hang.

’n Oomblik later word twee jong seuntjies huilend die voorhuis binnegesleep en agter hulle volg twee ouer dogtertjies, spraakloos, maar met gesigte wit en oë vol smekende angs.

“Maak haar op die stoel vas" sê die swart vuilgoed aan een van sy trawante.

Die vrou het haar tevergeefs teëgesit: Binne ’n paar minute was sy magteloos aan die stoel vasgebind, met ’n vuil sakdoek in haar mond geprop.

En in die uur daarna is haar siel gefolter totdat ’n genadige kranksinnigheid oor haar gekom en alle bewustheid van die verskrikking wat sy aanskou het, uit haar gedagte geban het. Die morestêr het al hoog aan die hemel gesit en die rooidag het vlak bo die bulte aan die
ooste gestaan, toe die verwoester en sy bende die huis verlaat.

Rudolf het haar in die stoel gevind, die middag daarna. Daar was geen gedagte in haar leë, wildstarende oë nie. Sweet het klam oor haar voorhoof gelê.

Op die vloer voor haar het die lyke van die vier kinders opmekaar gelê. Die twee dogtertjies se koppe was verbrysel deur kieries en die oudste seuntjie het dertig koeëlwonde deur sy liggaam gehad. Maar wat Rudolf met onuitspreeklike ontsetting vervul het, was die posisie
van die jongste seuntjie se lyk. Hy het onder op die vloer gele, met agt koeëlgate deur die een arm; die skouer van die ander arm was verbrysel, maar dit was duidelik dat hy nog ure na die moorde gelewe het: Hy het half onder die ander uitgekruip in ’n laaste, wanhopige poging om sy moeder te bereik...

Rudolf het die voorval sonder verwyl aan kaptein Van der Westhuizen gerapporteer.

Daardie aand het generaal De la Rey hom laat roep. Die swart oë het onheilspellend gesmeul, die sterk hande was in ystere greep in mekaar geklem.

“Naudé,” het hy sag gesê, “ek verwag nie die onmoontlike van julle nie. Maar ek eis die uitlewering van daardie swart vuilgoed. En dit moet gou gebeur!”

Die opdrag was kort, maar toe Rudolf buite kom, het hy beset dat hy dit sal moes uitvoer: Daar is geen ander uitweg nie...

Vervolg...

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld Onskuldige bloed: Britse oorlogsmisdade 1899-1902, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1144 gaste aanlyn