NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

As jy die geheim wil weet om jonk en gelukkig te bly, moet jy betyds leer om kreatief te wees in jou denke en werke. Genereer jou eie stimulasie en doen nuwe en interessante dinge sonder om vir ander te wag om jou lewe op te kikker.

BROKKIES GESKIEDENIS (15)

Lees reeks by Brokkies Geskiedenis

DIE HEROPBOU VAN PLASE EN DORPE

Een van die vredesvoorwaardes van die Tweede Vryheidsoorlog van 1899 tot 1902 was dat die Britte die duisende krygsgevangenes en die duisende vroue en kinders in die konsentrasiekampe na hul tuistes moes terugbring. Die meerderheid krygsgevangenes het eers geweier om te aanvaar dat vrede met verlies van die onafhanklikheid gesluit is. Op Sint Helena wou hulle nie die eed van trou aan die Britse koning aflê nie. Genls. Botha, De Wet en De la Rey was verplig om op 2 Julie 1902 'n telegram aan hulle te stuur om hulle mee te deel dat die vrede werklik gesluit is met verlies van vryheid. In 1903 is De la Rey na Indië om 'n aantal wat die eed van trou geweier het, te beweeg om na hul vaderland terug te kom.

!n die tweede helfte van 1902 en die eerste helfte van 1903 is die krygsgevangenes vrygelaat en is die een konsentrasiekamp na die ander gesluit nadat die inwoners na hul tuistes teruggestuur is. Die reise per trein, ossewa en perdekar het met groot ontbering geskied. In die winter van 1903 het Emily Hobhouse 'n paar Vrystaatse distrikte besoek. Naby Heilbron het sy by 'n weduwee vertoef waar sy snags die sterre kon sien skitter deur die gate in die dak. Op die plaas Plezier in die Lindley-distrik het een van die dogters haar meegedeel dat hulle niks het om te eet nie. Maande lank het mense net van pap gelewe. Die predikant se vrou het vir twee ou mense 'n stuk soutvleis gegee en hulle was so honger dat hulle 'n stuk daarvan rou geëet het. In die Wes-Vrystaat, maar ook in die distrikte Frankfort en Heilbron het mense honger gely. MCE van Schoor vertel van die boervrou wat onder die plankvloer van 'n afgebrande huis 'n bietjie koringkorrels gevind het. Sy het dit geplant, en met die skrale oesie daarvan kon die gesin met die heropbou van die plaas begin.

Vir die heropbou van die land wat die Britte so brutaal verwoes het, moes hulle £3 miljoen as kompensasie betaal. Daaruit moes ook die hensoppers en joiners vergoed word. Dit was duidelik dat niemand ten volle vir sy verliese kompensasie sou kry nie. Genl. Louis Botha het £20 000 geëis en £900 is toegeken. Hy het die geld net so teruggestuur. Baie mense het byna niks uitgekry nie.

Die laaste besluit van die afgevaardigdes by Vereeniging was om genls. Botha, De Wet en De la Rey na Europa te stuur om hulp vir die weduwees en wese te kry. Na besoeke aan Nederland, België, Parys en Berlyn is sowat £125 000 ontvang. Van belang was die hulp van Kaapse Afrikaners. Reeds in die oorlog is £62 778 vir gewondes, weduwees en wese uit die republieke ingesamel. Ook na die oorlog het Kapenaars soveel gegee as waartoe hulle in staat was. Ds. CD Bam van die Vrystaat het op 22 Oktober 1903 op die Kaapse NG Sinode gese: "Duisende ponde, duisende stuks vee het van u na ons gekom om ons in ons lyding te help. Toe ons dierbare vroue, wat in die kampe opgesluit was, weggesterf het, het u en u Moederkerk vir hulle gedoen wat in sy vermoë was."

Die mense het met alle mag gewerk om die skade te herstel. "Nog nooit tevore - en ook seker nie daarna nie - het duisende Afrikaners so geswoeg en geslaaf as van 1902 tot ongeveer 1906 nie," skryf GD Scholtz. In 'n kort tyd het daar 'n nuwe Vrystaat en 'n nuwe Transvaal "soos twee fenikse uit die as en puin" ontstaan.

Genl. Hertzog het in 1906 die toestand met dié van vier jaar tevore vergelyk. In 1902 was alles doods. "Buite die dorpe en kampe kon mens dae lank gaan sonder om mens of dier teë te kom." Maar nou het die platteland en die dorpe vooruitgegaan. "Hierdie vooruitgang is te danke aan die karakteristieke eienskappe wat die Afrikaanse volk besit, eienskappe wat die volk sal bewaar van ondergang." Tog kon baie boere nie weer die mas opkom nie. Talle armes het na die stede, veral Johannesburg, getrek.

Opsoek na inligting?

  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 
 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1013 gaste aanlyn