NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Martin Luther het tereg gesê dat ons pyn en lyding nie die naam lyding werd is nie.  Hy skaam hom om sy lyding enigsins met die lyding van Jesus te vergelyk!

BROKKIES GESKIEDENIS

Lees reeks by Brokkies Geskiedenis

Op die trekpad oor berge en riviere

Vandag kan ons ons nie maklik indink oor al die ongerief maar ook moed wat die Voortrekkers aan die dag gelê het toe hulle besluit het dat hulle vryheid belangriker is as die onderukking wat hulle in die Kaap ervaar het. Hier volg ‘n paar van hulle ervarings sodat ons ‘n idee kan vorm van die fyner besonderhede daarvan.

Die trekkers was heeltemal afhanklik van die trekosse en het hulle goed opgepas. Snags is soms groot vure gemaak om wilde diere weg te hou. 'n Span het gewoonlik uit twaalf tot sestien osse bestaan, en elke os het sy eie naam gehad. In Tregardt se trek was daar'n Ribbok, Somer, Friesland, Rooiland, Wiegeland, Robbert, Duiker, Joeman, Vryman, Liefhebber, Witbol, Fluit, Witsenberg, Tiegerberg, Blouberg, Regter en Roman. Elke os het 'n vaste plek in die span gehad. Links van die wadrywer op die wakis was die hotkant en regs die haarkant. In 'n span van 12 was daar dus 'n hotvoor, haarvoor, hotnaasvoor en haarnaasvoor, hot-op-ses, haar-op-ses, die hot- en die haarnaasagter, en die hotagter en haaragter.

Die snelheid van die ossewa was gemiddeld ongeveer 5 km per uur. As die reis voorspoedig was, kon 'n trekker tot 32 km per dag afle. Die osse moes gewoonlik rus nadat hulle so drie uur lank getrek het. 'n "Skof" is dan afgelê. Teen dagbreek het die sweep reeds vir die oggendskof geklap. Op 'n baie warm dag is daar nie in die hitte getrek nie, en is die osse uitgespan. Teen laatmiddag is daar weer 'n skof getrek. As die maan helder is, en daar nie te veel leeus was nie, is soms 'n nagskof afgelê.

Elke wadrywer het 'n sweep gehad. Die bamboesstok was meer as vier meter lank en die sweep self minstens vyf. Voor aan die punt van die sweep was die voorslag ('n dun wildsbokvelriempie) van minder as 'n meter lank.

Die trekpad het baie gevare en ontberings opgelewer: donderstorms, haelbuie, ysige winternagte, versengende hitte; roofdiere, slange en giftige insekte. Waens wat omval, byvoorbeeld teen 'n steilte of in 'n drif, of selfs wanneer die osse op loop sit daarmee, het groot skade veroorsaak. Die veid was soms so ruig dat die mans met byle 'n pad vir die wa moes oopkap. Verskriklik was dit as sulke ruigtes of die laer aan die brand raak. Op 2 Junie 1839 het daar 'n brand in die laer van Jacobus Potgieter uitgebreek en is die ganse laer in as gelê. Die trekkers het net die klere aan hul lyf oorgehou, sommige nie eers 'n hoed nie. Die groot hoeveelheid kruit op die waens het veroorsaak dat die laer heeltemal uitgebrand het. Vier mans en 'n paar kinders het omgekom.

Twee van die grootste hindernisse op pad was die Oranjerivier en die Drakensberge. Party het die Oranje oorgesteek by Buffelsvlei naby die huidige Aliwal-Noord en ander trekke by Zanddrif. JH Hatting vertel dat hulle eers die waens met vlotte oorgeneem het, daarna die vrag en die kleinvee. Die beeste moes maar self deurswem. Uiteindelik is die vroue en kinders oorgeneem. Onder die sing van "Komt! treen wij dan gemoedigd voort" (Gesang 20 vers 9) het hulle die oorkant bereik.

Voordat die waens in 1837 na Natal is, het die mans die Drakensberge goed verken. Wildspaadjies was soms 'n aanduiding van waar waens kon ry. Sterk rieme van buffelvel is aan die waens vasgemaak en die mans het met alle mag aan die bergkant van die waens gehang om te voorkom dat hulle afstort. Om te keer dat die waens op loop raak, is remskoene gebruik, en om die vaart verder te stuit, is soms takke aan die agterstel vasgemaak.

BROKKIES GESKIEDENIS (21)

Opsoek na inligting?

  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

    _____________________

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

  •                                                                        ______________

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel

    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1089 gaste aanlyn