NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Waarom skryf die profeet Hoséa dat sy volk ten gronde gaan weens 'n gebrek aan kennis? Gebeur dit slegs omdat mense God nie meer liefhet en Hom nie wil dien nie? Of gebeur dit ook wanneer 'n volk só mislei word dat hulle nie meer kan onderskei tussen reg en verkeerd nie? In hierdie tye is laasgenoemde opsie ernstig van krag; ons volk word so mislei en verblind deur ons vyande dat ons onwetend meedoen aan ons eie ondergang – dit verg groot verantwoordelikheid om genoeg kennis te dra wat tot eer van God se Naam strek.

GENERAAL KOOS DE LA REY (6)

Lees reeks by Generaal Koos de la Rey

Wie was generaal Koos de la Rey?

Met reg kan gevra word waarom daar soveel verskillende weergawes van die laaste dae van De la Rey bestaan. Om die vraag te beantwoord, moet eers gekyk word na wie Koos de la Rey, Boeregeneraal, die Leeu van die Weste, werklik was.

In vandag se idioom sou hy as ’ n swak partypolitikus beskou word. Hy was te veel van ’n instinktiewe denker en individualis. Hoewel hy hom telkens by die meerderheid neergelê het, het hy nie geskroom om daardie meerderheid te kritiseer nie.

Hy was ’n diepgelowige mens. Wanneer hy nie geweet het waarheen nie, het hy hom op sy knieë tot sy Skepper gewend. Hy was ook vas oortuig dat Siener van Rensburg profetiese vermoëns van God ontvang het. Hierdie oortuiging het van sy vriende, soos Louis Botha, nie met hom gedeel nie.

Hy was hartstogtelik lief vir sy volk, die Afrikaner. Enigiets wat die Afrikaner kon verdeel, het hy met alles tot sy beskikking beveg.

Om De la Rey, die instinktiewe filosoof, te verstaan, moet na sy optredes tydens die drie krisis-oomblikke in sy lewe gekyk word.

Die eerste was op 29 September 1899 tydens die sitting van die Eerste Volksraad in Pretoria. Die lede van die Raad was in ’n veglustige bui. Byna almal was dit eens dat ’n ulti­matum tot Engeland gerig moes word. As daar nie aan die ultimatum voldoen word nie, moes oorlog maar volg.

De la Rey, die lid vir Lichtenburg, het opgestaan en ernstig gemaan teen oorgretigheid om oorlog te verklaar. In ’n lang en uitgerekte oorlog kan die ZAR alles verloor. Die land was nie naastenby gereed om Engeland op die slagveld aan te durf nie.

Dit was toe dat van die lede, party beweer selfs ook Paul Kruger, hom van lafhartigheid beskuldig het. Sy toespraak is as onpatrioties afgekraak.

Sy beroemde antwoord was: “As ’n oorlog moet kom, sal ek gaan veg. Ek sal my alles gee vir die land en lank nadat van die ander lede nie meer hier is nie, sal ek nog veg vir die onafhanklikheid van my land. Ek dink nog dit is verkeerd om oorlog te verklaar.” [Sien: Meintjes, J. De la Rey - Lion of the West, p 79]

Die tweede krisis in die openbare lewe van De la Rey het op 25 Mei 1904 in Pretoria gekom. Dit was die volksvergadering wat die stigting van die Het Volkparty voorafgegaan het. Net toe sake opdreef wou kom, het van die afgevaardigdes opgestaan en beswaar gemaak dat daar tussen hulle ook hensoppers en joiners was.

De la Rey het ’n roerende pleidooi gelewer dat die verlede vergeet moes word en dat alle energie aangewend moes word om Afrikanereenheid te bewerkstellig. Daar moes gesoek word na faktore wat saambind, nie na sake wat verdeel nie. So sterk was sy invloed, dat die vergadering in die sensitiewe saak sy leiding aanvaar het.

Die laaste krisis was op 12 September 1914 in die Senaat. Dit was algemene kennis dat De la Rey daarteen gekant was dat Suid-Afrika Duits-Suidwes-Afrika sou binneval. Sy leier, Louis Botha, het dit geweet. Alle oë was op De la Rey gerig. Baie het verwag (en party het gehoop) dat hy die keer sy rug op sy ou vriend, Botha, sou draai.

Hy het weer sterk standpunt ingeneem teen ’n oorlog waarin Suid-Afrika hom teen ’n Europese moondheid wou begeef. In dié opsig het sy standpunt sterk met sy standpunt van vyftien jaar tevore in die Eerste Volksraad ooreengestem.

Daar kan ’n goue draad deur De la Rey se optredes in elke krisis getrek word. Hy wou altyd ’n oorlog verhoed indien dit moontlik was en wou sy volk, die Afrikaner, teen skeuring beskerm. Hierdie standpunte van De la Rey het aan hom ’n besondere aanhang, veral in Wes-Transvaal, besorg; in so ’n mate dat dit ondenkbaar was dat iemand enige welslae in die politiek in Wes-Transvaal sou behaal as hy De la Rey nie aan sy kant gehad het nie.

Dit was dus van selfsprekend dat elke politieke beweging De la Rey vir homself wou toeëien. Dit was om dié rede dat Tielman Roos hom na die stigtingskongres van die Nasionale Party in Transvaal op 26 Augustus 1914 in Pretoria genooi het. Daarom kan die teleurstelling ook begryp word toe die generaal by dié geleentheid gesê het dat hy nie fout kan vind met die beleid van Hertzog van “Suid-Afrika eerste” nie, maar as hy dit opweeg teen skeuring in Afrikanergeledere, bly hy aan Louis Botha getrou.

Tot die eer van almal betrokke by die geleentheid is sy standpunt eerbiedig en het die Nasionale Party later - deur De Wet - op eerbare wyses gepoog om hom te oorreed om by die party aan te sluit.

Dit was egter nie die geval met Kemp nie. Hy en Beyers het reeds lank rewolusie gepredik. Met die stakings aan die Rand in Januarie 1914 het Beyers in die openbaar gedreig om die Eerste Minister (Botha) en die Minister van Verdediging (Smuts) in hegtenis te neem. Hulle kon egter nooit werklik steun vir hulle gedagtes vind nie en indien hulle enige hoop op sukses wou hê, was dit noodsaaklik om iemand van aansien (en verkieslik De la Rey) in hulle kamp te kry.

Vandat die groot vryery na De la Rey begin het, het hy drie keer in die openbaar opgetree. Dit was op 15 Augustus 1914 op Treurfontein, op 26 Augustus 1914 in Pretoria by die NP- stigtingskongres en weer op 12 September 1914 in die Senaat. By al drie die geleenthede het hy sy onvervreembare trou teenoor Louis Botha betuig.

Toe die rebellie egter in duie stort en beide De la Rey en Beyers nie meer daar was nie - Beyers het op 8 Desember 1914 in die Vaalrivier verdrink - het Kemp homself as die groot vredemaker probeer voordoen en die skuld vir al die rebelse gedagtes op De la Rey gepak. Om sy storie geloofwaardigheid te gee, het hy voorgegee dat De la Rey onder die bonatuurlike invloed van Siener van Rensburg was en dat dit Siener was wat so met De la Rey se kop gesmokkel het. Reeds met die hoogverraadverhoor van Kemp het die karakterskending teenoor De la Rey begin. Dit het voortgegaan in sy boek Die Pad van die Veroweraar.

Erger as Kemp se boek was die werk van Webb. Nadat die hof nie Kemp en sy trawante se storie wou aanvaar nie, het Webb dit op hom geneem om, soos hy die gestel het, die werklike oorsake van die rebellie in Oorzaken van de Rebellie te boek te stel.

In die boek, wat in 1916 verskyn het, stel hy De la Rey as ’n opperste ou oproerstoker voor en mense soos Beyers, Kemp en Frikkie Wolmarans as die grootste vredemakers denkbaar.

Webb se aftakeling van die persoon van De la Rey bereik op bladsy 14 ’n hoogtepunt as hy vertel hoe De la Rey saam met Sammy Marks na die vergadering op Treurfontein is. Hy skryf dan: “Marks, een oude en vertroude vriend aan wie hij (De la Rey) veel van zijn wereldsche welstand te danken had... ”

Die implikasie dat Sammy Marks De la Rey in sy sak gehad en hom as’t ware omgekoop het, is van alle waarheid ontbloot. De la Rey het wel by geleentheid by Marks, wat werklik sy vriend was, geld geleen. Dit was om sy kinders te laat leer en die geld is terugbetaal. Met De la Rey se latere welvaart het Marks niks te doen gehad nie.

Wat Webb nalaat om te sê, is dat CR de Wet, wat sy klient was, ten tye van die rebellie aan Sammy Marks £3 500 geskuld het en dat die skuld toe reeds meer as tien jaar agterstallig was. Marks het De Wet in daardie stadium vir die skuld laat dagvaar.

Hamilton en May het in Die Dood van generaal De la Rey die populêre gedagterigting sonder enige bewyse gevolg. Ook hierin vind ’n mens die verheerliking van Kemp en die afkraak van De la Rey.

Sommer op bladsy 1 word geskryf: “De la Rey, nugtere en wyse Afrikaner-patriot, het uiteindelik besluit om die gesag van die staat te weerstaan.” Hulle laat die leser in die duister oor die gronde vir dié stukkie wysheid.

Op bladsy 30 lui dit: “ Daar word gesê dat hy [Kemp] heelwat van sy hoof [De la Rey] se knap maneuvers beplan het.” Wie dit sou gesê het, word verswyg. Die boek se onderrok hang behoorlik uit wanneer daar op bladsy 31 beweer word dat De Wet sou gesê het: “Botha is vir my dierbaar, maar my volk is vir my dierbaarder.” Dit is onwaarskynlik dat De Wet ooit Shakespeare gelees het, maar dit was Brutus wat, ná die moord op Julius Caesar, gesê het: “I loved Caesar, but I loved Rome more.” [Julius Caesar: Act 3: Scene 2]

Die boek moet egter nie in die kader van Webb se werk geplaas word nie. Die was waarskynlik net swak nagevors.

Die manipulering van die De la Rey-familie se naam deur die rebelliegesindes het waarskynlik sy hoogtepunt ná die dood van De la Rey bereik toe ’n Ope Brief van mev De la Rey aan Smuts die lig gesien het.

In die “brief” skryf sy: Jy weet wat my verlies was en in watter treurige omstandighede. Jy weet wat die oorsaak is van die groot en bitter oorlog in Europa, ons het gehoor van die moord op die Prins en Prinses van Serwië. Ek het gedag watter vreeslike wêreld is dit wat sulke dinge toelaat.

... Ons het hier vrede gehad. Hoe wonderlik was die dae van vrede toe ek nie geweet het wat op my wag nie.

Sy gaan verder in die “brief” en skryf hoe moeg sy is om te hoor hoe goed en groot Smuts en Botha is. Dan doen sy ’n beroep op Afrikaners om teen die regering saam te staan.

Die enigste probleem was dat toe mev De la Rey veronderstel was om die ope brief te geskryf het, sy op Irene ’n gas aan die huis van Smuts was!

Al gevolgtrekking waartoe gekom kan word, is dat die naam van De la Rey voor, tydens en na die rebellie vreesloos deur die rebelle misbruik is om hulle eie doelstellings te bevorder.

De la Rey het wel ernstige probleme gehad met die regering se planne om Duits-Suidwes-Afrika binne te val. Hy het hiervan geen geheim gemaak nie.Dit was vir hom ’n groot teleurstelling dat Louis Botha nie rede wou verstaan nie.

Hierdie houding van De la Rey het by die ore van mense soos Beyers en Kemp uitgekom. Hulle het gehoop om De la Rey vir die saak van ’n gewapende opstand te wen.

Hiervoor het De la Rey nie kans gesien nie, want dit sou beteken dat hy teen sy vriend Louis Botha moes draai en dit sou ook ’n openlike skeuring in Afrikanergeledere bewerkstellig.

As De la Rey ’n fout gemaak het, was dit om nie reguit aan Beyers en Kemp te sê dat hy nie vir ’ n rebellie te vinde was nie. Hy was skynbaar bang dat as hy dit doen, hy Beyers en Kemp van hom sou vervreem. Deur na hulle te bly luister, het hy gehoop om hulle te beheer. So kon hy Beyers oorreed om sy bedanking terug te hou tot na die besluit van die Parlement oor ’n inval in Duits-Suidwes-Afrika eers bekend was.

Dieselfde redenasie het hy gevolg toe hy besluit het om tog die mense op Treurfontein te gaan toespreek. Hy het gevoel dat as hy met hulle kon praat, hy gevoelens sou kalmeer.

In die geval van Beyers het De la Rey se planne skeef geloop. Beyers het bedank voordat die generaal weer met hom kon praat. Dit was tipies van Beyers om emosioneel ’n besluit te neem.

As Beyers se bedankingsbrief vandag gelees word (kyk Aanhangsel B), is dit nie die dokument van ’n koel berekende prokureur nie, maar dié van ’n emosionele persoon. Hierdie optrede van Beyers het De la Rey gewis op die verkeerde voet betrap.

Beyers se eerste verklaring aan die Polisie na De la Rey geskiet is, was dat hulle vir ’n vakansie op pad na Lichtenburg was. Die verklaring is afgelê toe Beyers in ’n toestand van skok was en was waarskynlik die waarheid.

Die verklaring van Beyers maak ook sin. De la Rey het die omvang van die krisis om Beyers se bedanking besef. Hy het ook sy ou vriend, Jan Smuts, geken. Smuts was nie ’n man wat dislojaliteit onder soldate geduld het nie. De la Rey moes die gevolge gevrees het.

Dat hy toe vir Beyers oorreed het om dieselfde aand nog saam met hom plaas toe te gaan, pas by sy persoonlikheid as vredemaker. Hy het gehoop dat indien hy Beyers net op die plaas kon kry, hy Smuts kon oortuig om nie halsoorkop ’n voorbeeld van Beyers te maak nie.

In gesprekke met familie van Beyers het ’n ander moontlikheid navore gekom. Blykbaar was Beyers van nature ’n sagte mens, terwyl sy vrou ’n vuurvreter was. Die moontlikheid word in familiekringe genoem dat De la Rey dalk sy vriend net tydelik onder die invloed van sy vrou wou uitkry.

Die padblokkades wat die twee generaals teëgekom het, het De la Rey laat vermoed dat Smuts reeds Beyers se bedanking ontvang het en nou op die spoor van sy gewese kommandant-generaal was.

De la Rey wou ten alle koste verhoed dat Beyers in hegtenis geneem word. Daarom ook die bevel om nie stil te hou nie.

Die latere bewering van die leiers van die rebellie dat die motor op pad na die militêre kamp op Potchefstroom was, maak nie sin nie.

Indien hulle na die militêre kamp wou gaan, waarom in die nag ry? Alle getuienis dui daarop dat niemand hulle by die kamp verwag het nie. Hennie de la Rey is wakker gemaak om die nuus van sy pa se dood te hoor.

In gunstige omstandighede sou hulle na middernag by die kamp aangekom het. Daar is geen getuienis dat Kemp hulle verwag het nie.

Die trein waarmee De la Rey van die Kaap sou gekom het, het op Potchefstroom aangekom sonder dat die generaal daarop was. Daar was geen manier waarop Kemp of Hendrik de la Rey kon weet dat die generaal reeds op Germiston afgeklim het nie.

Vroeër die dag het Kemp sy bedanking teruggetrek. Kol Apie Bezuidenhout het die dag die buitengewone stap gedoen en die manskappe laat stem oor wie bereid was om in Duits-Suidwes-Afrika te gaan veg. Blykbaar was ongeveer twee derdes bereid om te gaan.

Kemp was ’n politieke woerwoer. Eers steun hy die vergadering op Treurfontein. As hy later hoor dat De la Rey nie bereid is om ’n rebellie te lei nie, verloor hy belangstelling en daag nie eens op nie.

Dan probeer hy De la Rey op 15 September, met Siener van Rensburg as die aas, na sy kamp op Potchefstroom lok. As die Siener weier om te kom en dit duidelik word dat die generaal ook nie sal opdaag nie, trek hy sy bedanking terug en is hy weer soldaat. As De la Rey geskiet word, beskou hy dit as ’n vingerwysing van God dat planne vir ’n rebellie laat vaar moet word. Toe Smuts egter weier om die terugtrekking van sy bedanking te aanvaar, is hy weer pure rebel.

Deurdat De la Rey toegelaat het dat Beyers en Kemp te na aan sy dampkring beweeg, het hy aan hulle die geleentheid gebied om ná sy dood, toe hy nie daar was om hom te verweer nie, skaamteloos met sy naam te smokkel.

In die proses is een van die edelstes in die Afrikaner- heldegalery se naam oneindige skade berokken. Deurdat toegelaat is dat fanatieke persoonlikhede die generaal se naam vir hulle saak kaap, het die groter Afrikanersaak, waaraan De la Rey sy lewe lank gewerk het, skade gely.

Vervolg...

Opsoek na inligting?

  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 657 gaste aanlyn