NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

 

Om die waarde van die anker te besef, moet ons eers die storm ervaar.

MET RYPERD EN MAUSER (8)

(Lees reeks by: Met Ryperd en Mauser )

TERUG NA KOMMANDO

Dr JP Botha

Dit was op ‘n Saterdag toe die Engelse my tweede perd gekommandeer het en ek weer voetganger geword het.  Daardie Sondag lê ek weer plat van die malaria se kouekoors.  Omstreeks twaalfuur dieselfde nag maak iemand my wakker en vertel dat veldkornet Van Tonder die volgende dag op Teerputsfontein, twintig kilometer daarvandaan, op ons sou wag. Haastig maak ons toe gereed want buiten my vader, was daar ook nog vyf ander burgers op die plaas.

In dieselfde rigting waarin ons dié nag moes stap, het ‘n groot Kakielaer gestaan, sodat ons langs ‘n  taamlike omweg moes gaan. Die saal wat ek intussen weer in die hande gekry het, dra ek op my rug.  Ons moes baie versigtig in die donker aansukkel want jy weet nooit hoe ver Kakie sy wagte geplaas het nie.  Jy durf jou voete nie te hard teen die vaal grond laat neerkom nie.  Graspolle en kaal kolle lyk net eenders.

Meteens struikel ek oor ‘n groot miershoop en kom anderkant op hande en voete te lande, onderwyl die gerinkel van die stiebeuels ver in die stil naglug hoorbaar is. Benoud wag ons ‘n paar oomblikke in ademlose spanning, dog daar gebeur niks nie. Dis nog veilig en ons sit ons nagtelike tog voort.

Ons bereik ons bestemming die volgende dag en vertrek die middag saam met ‘n klein perdekommando in die rigting van Olifantsnek in die Magaliesberge. Nie ver vanwaar ons die Veldkornet ontmoet het nie, vang ons ‘n paar Kakies wat besig was om perde van die burgers op die plase te kommandeer.

By Olifantsnek aangekom, moes die voetgangers almal oor die nek met ‘n paar waens saamgaan.  Ek en my pa vra toe aan die Veldkornet om met hóm saam te gaan.  Ons klim toe op ‘n muiltrollie wat die benodighede van die honderd man vervoer het.

Van die nek af trek ons in die rigting van Moedwil. In Rustenburg was ‘n klompie Australiërs wat, soos die mense ons later vertel het elkeen vyf sjielings (vyftig sent) wou betaal om ‘n “fight” met die Boere te hê, want hulle was onder die indruk dat die oorlog verby was. Ons trekkende kommando’tjie is dié dag deur hulle wag raakgesien.  Haastig word toe ongeveer  vierhonderd troepe uit Rustenburg gestuur om die klompie Boere te kom kafloop.  Sommer daardie selfde nag al het ons brandwagte hulle by Rooipoeierspruit terug geskiet.  Ons kommando’tjie het ‘n endjie van die grootpad af geslaap en toe dit begin lig word, het ons posisie ingeneem.  Die vyand het die huise en rivierwalle as beskutting gehad, maar die burgers het hulle terdeë bestook.

Die vyand se perde wat vir krygsdiens nog totaal ongeoefen was, het die loop geneem en sommer verwilderd deur die bosse gestorm. Toe ek dit sien, het ek so vinnig as wat my bene my kon dra daarheen gehardloop om een in die hande te probeer kry.  Uiteindelik kon ek daarin slaag om ‘n perd tussen die haak-en-steek vas te keer en na ‘n paar oomblikke sit ek toe in die saal.

Ek sien ‘n ander ruiter tussen die bome aangery kom. Toe hy naby kom, sien ek dit is Hennie Riekert wat ook so pas ‘n Engelse perd in die hande gekry het. Daarna ry ons saam deur die bome waar ook nog van die ander burgers besig was om perde te vang.  Ons gaan oor ‘n rantjie en gewaar ‘n stuk of sewentig perde van die vyand, wat in ‘n bondel teen ‘n doringdraad gestuit het.  So ‘n ryk buit was amper te goed om waar te wees! Ons keer hulle versigtig aan en vorder stadig in die rigting van ons eie perde agter die koppie. ‘n Endjie verder kom ons ‘n paar van die ander burgers teë.  Ongelukkig probeer hulle toe om van die perde te vang. Die verbouereerde diere maal onrustig in die rondte en meteens begin die hele trop in volle vaart op loop sit.  Ons jaag agterna om hulle weer terug te keer, maar dit was alles tevergeefs. Vér op die bulte kon jy naderhand nog net die rooi stowwe sien opslaan soos hulle vlug.

Dit was ‘n ryk buit wat in ‘n groot verlies omskep is. Maar nietemin het ons darem byna al die vyand se perde wat een-een die bosse ingehol het, in die hande gekry.

Laat die middag toe die Marico-kommando vanuit ‘n ander rigting opdaag, kon ons alreeds ‘n groot aantal burgers aan perde help. Ook ek en my pa het van hierdie dag af goeie perde gehad.

Ons het die dag hier by Rooipoeierspruit twee man verloor.

‘n Sekere ou oom Snyman wat deur ons ander  gewoonlik “Ou Wolf” genoem is, kom dié middag op ‘n Australiër af wat onmiddellik sy perd die spore gee en voet in die wind slaan. Ou Wolf se groot hoed en sy lang bos baard het hom seker nie aangestaan nie! Ou Wolf sit die Kakie agterna en haal hom stadig maar seker in. Toe hy naby kom, skree hy vir die Australiër:  “Hensop!”  Sy slagoffer kyk terug en verneem benoud:  “Do you want to kill me?” Ou Wolf verstaan of die Kakie wil weet of hy moet oorgee en skree:  “Yes!”  Dit was seker die enigste Engelse woord wat hy geken het. Dan haal sy arme slagoffer alles wat hy kan uit sy perd, onder die indruk dat sy lewe op die spel is, want as hy so na agter toe loer, sien hy ‘n vreesaanjaende gevaarte stadig maar seker naderkom. Ou Wolf se grootranthoed is laag oor sy oë getrek en die wind kloof sy welige baard in twee wegstaande horings oor sy skouers. Naderhand skree hy in Tswana vir sy slagoffer:  “Gooi weg jou geweer!” Die arme Engelsman begryp daar natuurlik niks van nie en vertolk die vreeslike geskree as nog ‘n verskriklike doodsdreigement.

Ou Wolf se perd was egter beter as die Engelsman s’n en uiteindelik het hy hom. Hierdie Australiër het daarna vertel dat hy gedink het dat al die Boere so vreesaanjaend en genadeloos lyk en dat hy bae verbaas was om daarna in aanraking te kom met ‘n klompie penkoppe wat geensins onmensliker gelyk het as lede van sy eie nasie nie.

Opsoek na inligting?

  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 897 gaste aanlyn