NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

 

Die vloei van die geskiedenis deur alle tye heen, ook óns volk s'n, is gewortel in die fontein van menslike gedagtes. 'n Mens se gedrag word grootliks bepaal deur wat ons dink. Daarom leer die Woord ons in Spreuke 4:23 om ons hart, meer as alles wat ons het, te bewaar want die oorspronge van die lewe kom daarvandaan.

PRESIDENT PAUL KRUGER

ONS EIE HELDE (4)

Dr JP  Botha

Lees reeks by Ons eie helde

Die plaas Bulhoek waar ek, Stephanus Johannes Paulus Kruger op 10 Oktober 1825 gebore is, is in die distrik Steynsburg van die Kaapkolonie geleë.  Daar was destyds 'n geleidelike noordwaartse beweging van ons veeboere aan die gang sodat my ouers, Casper en Elsie Kruger, in 1836 reeds noord van die Oranjerivier gewoon het toe die Groot Trek op dreef gekom het.

Ons het by die trek van Hendrik Potgieter aangesluit en ek het as elfjarige seun in die slag van Vegkop gehelp om gewere te laai.  'n Jaar later was ek saam met die kommando wat vir Silkaats in Mosega en Kapain gaan straf het.

Daarna het ons oor die Vaalrivier getrek en in die omgewing van die Magaliesberg gaan woon.  Ek kon toe al vir my twee plase uitsoek, want ek was toe al 16 jaar oud.  Ek het toe ook in die huwelik getree met Maria du Plessis, maar sy is kort daarna oorlede.

  In 1846 het ek weer met haar niggie, Gezina du Plessis getrou.  Sy het my deur my hele lewe heen bygestaan en ondersteun en het my in 1901 ontval tydens my ballingskap in Europa.

Toe Hendrik Potgieter in 1845 na Ohrigstad verhuis het, het ek en ook my ouers saam daarheen getrek, maar in 1848 weer na die Magaliesbergstreek teruggekeer, toe Ohrigstad as nedersetting misluk het.

In plaas van om self van my vroeëre jagavonture en ander sake te vertel, wat baie aanmatigend sou klink, haal ek nou hier 'n stukkie aan uit die pen van een van ons geskiedskrywers:  "In die tussentyd het hy reeds as vegsman en jagter begin uitblink.  Sy waaghalsige dapperheid het hom dikwels in die grootste gevare gevoer, maar hy was so buitengewoon gesond, sterk en rats en geestelik so vinnig en tog rustig, en sy uithouvermoë was so merkwaardig, dat hy dinge kon onderneem waartoe minder begunstigde sterflinge nie in staat was nie.  Uit sy hele wese het krag gestraal en sy donker oë het van lewenslus gevonkel.  Sy jagavonture kon 'n klassieke jagtersroman gevul het.  Op 14-jarige leeftyd skiet hy sy eerste leeu.  Dit was toe hy deur 'n geselskap leeujagters saamgeneem is, maar onder voorwaarde dat hy uit die geveg sou bly en die perde sou oppas; en soos die geval dit wou hê, het die koninklike roofdier juis vir hom stormgeloop."

"Gevaarliker was sy ondervinding met die wit renoster.  Sy geweer het geweier en die renoster was op hom.  Hy lê eindelik onder die renoster wat hom met sy neushoring probeer deurboor en skiet die dier deur die hart.  Vir hierdie kordaatstuk het die jongeling 'n pak van sy swaer gekry.  Paul wou mos altyd onnodig in die gevaar loop!  Van die buffel wat met hom in die gat water geval en wat hy onskadelik gemaak het deur hom by die horings te pak en sy kop in die modder te druk, praat ons hier nie verder nie, ook nie van die operasie wat Paul op homself gemaak het toe hy sy duim wat deur die bars van sy geweer verbrysel was, met sy knipmes afgesny het nie; maar om aan te toon hoe vinnig hy was, kan nog een van sy ondervindings op die olifantjag aangehaal word.  Die dier het skielik uit die bos op hom afgekom.  Hy was te voet en daar was geen kans om te skiet nie.  Dit het 'n wedren op lewe en dood geword en Paul het onder die olifant uitgehardloop!"

"In die oorlog het die toekomstige president ook die grootste onverskrokkenheid ten toon gestel, soos die geval toe hy in die kampanje teen die wrede Makapan in 1853 die lyk van generaal Piet Potgieter, wat in 'n geveg gesneuwel het, onder die vuur van die swartes gaan haal het.  Hy was van vroeg af veel meer as 'n lewenslustige, waaghalserige awenturiër.  Sy vasberadenheid en merkwaardige deursig en verhewe erns waarmee hy staatsaangeleenthede behandel het, het hom meer en meer die vertroue van sy volk gegee.  Hy is op betreklike jeugdige leeftyd tot kommandant en volksraadslid gekies en het in al die politieke verwikkelings in Transvaal 'n leidende rol gespeel.  Hy was 'n gebore leier; die uitstaande staatkundige talent in die republiek; 'n vierkantige man, die grootste verpersoonliking van die kragte en deugde en van die konserwatisme van die Calvinistiese veeboerpionier."

Dit is alles baie mooi woorde van die skrywer, maar die genade van God was al wat ek nodig gehad het.  Soos in die jagveld was dit maar net die bewarende hand van die Here wat my uit gevare gered het en op staatkundige gebied het Hy my toegerus met die nodige insig, moed en volharding om my ontluikende  Boerevolk, wat ek lief gehad het, veilig deur die strikke te lei wat sy vyand vir sy ondergang gestel het en om in die bres te staan teen die meedoënlose aanvalle wat Groot-Brittanje onverpoosd geloods het teen ons heilige reg om 'n vrye, onafhanklike volk te wees.

Die eerste jare nadat ons republiek in 1852 deur die Sandrivierse  Konvensie onafhanklikheid verkry het, is gekenmerk deur onsekere groeipyne wat dikwels op broedertwis uitgeloop het.  Ek was in 1855 lid van 'n kommissie wat vir ons republiek 'n grondwet opgetrek het.  Die Lydenburgers en Soutpansbergers wou nie die grondwet aanvaar nie en het hulleself van ons afgeskei.  Ons het vir MW Pretorius tot president benoem en vir Stephanus Schoeman  van Soutpansberg tot kommandant-generaal.  Ons president wou tog so graag die twee republieke, Transvaal en die Vrystaat verenig en maak toe in 1857 die groot flater om dit met wapengeweld te probeer doen.  Toe Pretorius se kommando teen kommandant Senekal van die Vrystaat te Renosterrivier te staan kom, moes ek as kommandant haastig daarheen afsit om die dreigende botsing te voorkom.  Dit was egter nie die einde van die storie nie want toe president Boshof van die Vrystaat in 1859 aftree, neem president Pretorius by ons volksraad sewe maande verlof en laat hom as president van die Vrystaat kies.  Dit kon ons nie toelaat nie en dwing hom toe om as ons president te bedank en kies toe vir J Grobbelaar as ons waarnemende president.  Stephanus Schoeman was hieroor bitter ontevrede en kom toe met 'n kommando vanaf Soutpansberg om vir Grobbelaar te kom verdryf, maar ek het met 'n kommando vanaf Rustenburg teen hom opgeruk.  Gelukkig het dit nie tot 'n burgeroorlog ontwikkel nie, want MW Pretorius het nou weer uit die Vrystaat as vredemaker gekom en die struweling ontlont.

Ons nuwe volksraad wat in 1862 gekies is, het toe vir Willem van Rensburg as waarnemende staatspresident gekies.  Schoeman was weer erg ontevrede.  Hy het weer sy burgers opgeroep en Pretoria binnegedring, maar ek het hom verdryf en tot by Potchefstroom agtervolg.  Hy is die Vaalrivier oor en kom toe met 'n versterkte leër uit die Vrystaat terug.  Gelukkig het MW Pretorius weer as bemiddelaar daarin geslaag om ons twee partye om te haal om die vyandelikhede te staak en op 'n nuwe verkiesing te wag.  Ons volksraad het weer vir Van Rensburg gekies en vir my toe as kommandant-generaal aangestel.  Hierdie keer was kommandant Viljoen van Marico so ontstoke dat hy met 'n sterk leërmag teen my opgetrek het.  My kommando was nie sterk genoeg om hom huis toe te dryf nie en na 'n kort skermutseling 'n entjie noord van Silkaatsnek, het ons weer vir MW Pretorius as bemiddelaar laat kom en besluit om tot 'n volgende verkiesing te wag.  Dit het in 1864 plaasgevind toe Pretorius hierdie keer self weer tot ons staatspresident verkies is en die broedertwis 'n einde gekry het.

Hierna het ons geliefde Suid-Afrikaanse Republiek eintlik nie meer veel interne moeilikhede ervaar nie.  Die volgende probleme wat ons moes oplos het van buite gekom en een van die eerstes daarvan was die ontdekking van diamante in 1867 op ons wesgrens langs die Hartsrivier, toe president Pretorius ons saak in die arbitrasiehof so onbeholpe behartig het dat ons hierdie ryk gebied verloor het.  Die volksraad was só ontevrede dat hulle hom gedwing het om te bedank en omdat ons dan nou opsluit nie weer 'n "dom boer" as president wou hê nie, begaan die raad toe die noodlottige flater om vir ds Thomas Francois Burgers van Hanover in die Kaapkoloinie as president te kies.  Ek kon uit die staanspoor nie met hom saamwerk nie, weens sy vrysinnige liberale idees. Ook sy idees op godsdienstige gebied, het lynreg gebots  met ons behoudende, konserwatiewe, Calvinistiese lewensbeskouing.  Daarby was hy ook nog driekwart verengels.

Hy was ook nie in staat om sy ampspligte suksesvol en met grasie uit te voer nie.  Sy spoorwegplanne het misluk en hy kon nie vir Sekoekoenie, die opstandige opperhoof in Oos-Transvaal, op sy plek sit nie.  Daarom het ek as militêre hoof van ons staat, baie met hom as staatkundige hoof gebots.

Die onsekere toestande weens die beroering wat hierdie Burgers-bewind onder die burgers van ons republiek teweeggebring het, het vir lord Carnarvon, die Britse Hoëkommissaris, geleentheid gebied om te kyk of hy nie met sy voorgenome federasieplanne kon vorder as Transvaal deur die Engelse geannekseer word nie.  Daarvoor het hy vir Theophilus Shepstone gebruik.  Hierdie Natalse Engelsman het in Januarie 1877 met 8 amptenare en 25 polisie Transvaal binne gery en tot 12 April in Pretoria en elders deur middel van danse, eetmale, gesellighede en drinkpartye probeer om die inwoners gunstig te stem vir sy voorgenome anneksasie.  Die ergste van alles was dat die verraderlike president Thomas Burgers vir Shepstone gesteun en aangemoedig het, maar toe Shepstone op 12 April die anneksasie deurvoer, het hy kastig saam met die ander daarteen geprotesteer.  Die Judasloon wat hy van Shepstone ontvang het was 'n jaarlikse pensioen van £500.

Toe ons burgers agterkom wat aan die gang is, wou hulle net na die wapen gryp, maar ek het hulle tot kalmte gemaan en belowe dat ons eers ander maatreëls in werking gaan stel om ons onafhanklikheid terug te kry, voordat ons tot geweld sou oorgaan.

Ek en dr Jorissen het nog in dieselfde jaar na Engeland gegaan en tevergeefs vir die teruggawe van ons geroofde vryheid gaan pleit, maar ons het 'n jaar later weer probeer toe ek en Piet Joubert hierdie keer na Londen toe was en maar weer met onverrigtersake moes terugkeer.  Daarna het ons 'n groot volksvergadering op 16 Desember 1880 by Paardekraal gehou, waar 600 burgers byeen was en wat plegtig onderneem het om saam te staan en vir die herstel van ons republiek se vryheid te veg.  Die burgers het hulle besluit met 'n groot klipstapeling op die terrein verseël en vir my en Piet Joubert en MW Pretorius as driemanskap gekies om die leiding verder op ons te neem.

Dit was die begin van die Eerste Vryheidsoorlog.  Ons het die vierkleur in Heidelberg gehys en die garnisoene te Pretoria en Potchefstroom beleër, die vyand by Laingsnek teruggeslaan en vir kolonel Anstruther by Bronkhorstspruit 'n groot neerlaag besorg.  Maar sir George Colley was uit Natal met ses kanonne en 1000 troepe op pad en toe hy daarin slaag om ongesiens Majoebaberg te bestyg, het generaal Piet Joubert se burgers onder Nikolaas Smit hom op 27 Februarie 1881 'n verpletterende neerlaag besorg.  Hy en 92 van sy manskappe het gesneuwel, teenoor ons verlies van net twee burgers

Die Engelse wou nie verder oorlog maak nie en het met ons die Pretoriase Konvensie gesluit, waardeur ons weer ons onafhanklikheid teruggekry het.  Ons driemanskap het nog van 1881 tot 1883 regeer, maar met die eersvolgende presidensiële verkiesing is ek vir die eerste keer tot president van die Suid-Afrikaanse Republiek verkies.  Ek het klein en onbekwaam gevoel om hierdie groot en verantwoordelike taak op my skouers te neem, maar ek het, soos wat ek gewoond was om te doen, my tot die Woord van die Here gewend en in gebedsverootmoediging die nodige krag en versekering geput dat ek in hierdie hoë diens wat ek aan my volk sou verrig, nooit alleen sou wees nie.

Ons republiek was na die Konvensie van Pretoria nie heeltemal onafhanklik nie, want ons het weens sekere bepalings daarin,  onder die susereiniteit van Engeland verkeer.  Dit moes uit die weg geruim word en daarom het ek, generaal Smit en ds SJ du  Toit aan die einde van 1883 weer Londen toe gegaan en daarin geslaag om hierdie keer deur die Londense Konvensie ons onafhanklikheid feitlik volledig te herstel.

Maar met die bewindsoorname van die Konserwatiewe Party onder lord Salisbury, het daar in Engeland 'n nuwe vlaag van imperialisme vaardig geword, wat spoedig tot uiting gekom het in 'n onversadigbare drang tot verdere uitbreiding van die reeds magtige Britse Ryk.  Gedurende die volgende 16 jaar wat dit die Here behaag het om ons republiek te laat voortbestaan, was ons feitlik onophoudelik die begeerde prooi wat die grondhonger van die Britse Leeu moes versadig.

Die eerste tekens daarvan het reeds vroeg in 1886 plaasgevind toe die ryk goudvelde aan die Witwatersrand ontdek is.  'n Swerm fortuinsoekers uit die buiteland het daarop toegesak.  Dit was meesal die opdrifsels wat in hul eie lande nie meer 'n behoorlike heenkome gehad het nie.  Die meeste van hulle het uit Engeland gekom en hul Britse hoofvaardigheid saamgebring.  Hulle het ons republikeinse regering gekritiseer en begin om vir stemreg te agiteer en op luidrugtige vergaderings soveel griewe gelug dat hul luidrugtige geskree weerklank gevind het in die gewillige ore van die Britse regering wat intussen daarvoor gesorg het dat al my en my volksraad se pogings om vir die republiek aansluiting met die see te bewerkstellig, in die kiem gesmoor is.

Toe daar hoop was om deur Swasieland 'n hawe deur Kosibaai vir die republiek te verkry, het Engeland eenvoudig die gebied ten ooste van Swasieland geannekseer.  Eweneens is enige uitbreiding van ons grense oor die Limpopo noordwaarts in die wiele gery deur die tussenkoms en bemoeienis van Rhodes, wat vir sy Chartered Company 'n konsessie in Matebeleland verkry het en ons pad na die noorde gesluit het.  Enige uitbreiding of konsolidering weswaarts is ons ook ontneem nadat die Britte die twee republiekies Stellaland en Goosen verongeluk het en Betsjoeanaland geannekseer het.

In al hierdie verwikkelinge het die groot Britse imperialis, Cecil John Rhodes, baas van die Kimberleyse diamantvelde, 'n hand gehad ten einde sy groot ideaal om 'n rooi streep te bewerkstellig vanaf Kaapstad tot in Kaïro, te verwesenlik.

In 1888, 1893 en 1898 is ek 'n tweede, derde en 'n vierde keer herkies as staatspresident en die groot meerderheid van stemme wat ek elke keer behaal het, het my verseker dat my Boerevolk my ondersteun in die stryd wat ek besig was om vir hul belange te stry.

Hierdie stryd was ek genoodsaak om ook op ekonomiese gebied te voer toe die Kaapse spoorlyne met toestemming van die Vrystaat noordwaarts tot aan die Vaalrivier verleng is en in 1892 met ons toestemming vanaf Vereeniging tot in Johannesburg voltooi is.  Ons eie spoorlyn wat vanaf Delagoabaai na Pretoria en Johannesburg in 1895 voltooi is, was ons republiek se aangewese handelsverbinding met die buitewêreld, maar die goudmynbase het verkies om hul goedere deur die Kaapse spoorweë te laat vervoer.  Ons het toe die tariewe op die stukkie spoor tussen Vereeniging en Johannesburg verhoog, met die gevolg dat die handelaars hul invoerartikels by Viljoensdrif afgelaai  en per ossewaens na Johannesburg vervoer het.  Daarna het ek die driwwe in die Vaalrivier laat sluit.  Dit het so 'n konsternasie veroorsaak dat ek dit maar weer oopgestel het.  Die hand van Rhodes is voortdurend in al die agitasies wat teen ons gevoer is, bespeur.

Die uitlanders het in duisende ons land ingestroom en om te verhoed dat hulle ons nie spoedig sou verswelg nie, het ek die wet wat bepaal dat 'n persoon vyf jaar in die Republiek woonagtig moes wees voordat hy stemreg kon bekom, in 1890 verander na 14 jaar.  Ons het vir die uitlanders 'n organisasie gestig wat ons die Tweede Volksraad genoem het.  Hulle kon die lede daarvan  kies na 'n tweejarige verblyf in die Republiek en die burgers se Eerste Volksraad oor uitlanderbelange adviseer.

Dit het nie hul griewe opgelos nie.  Hulle het 'n Reform-beweging gestig en die agitasie teen ons het toegeneem.  Rhodes het in die geheim 'n sameswering met dr Jameson van Rhodesië gesmee om met 500 man vanaf Mafeking die Republiek binne te val, die uitlanders aan die Rand te hulp te snel en ons Republiek te verower, wat natuurlik misluk het toe Jameson en sy trawante by Doringkop moes oorgee.  Dit het Rhodes se rol in hierdie debakel ontmasker en hom verplig om as eerste minister van die Kaapkolonie te bedank.

In Engeland het lord Salisbury in 1895 Eerste Minister geword en vir Joseph Chamberlain aangestel as Koloniale Staatsekretaris.  'n Jaar later het Alfred Milner as  Britse Hoëkommissaris na Suid-Afrika gekom.  Hierdie Milner en Chamberlain was albei met 'n wrewelrige haat besiel teen ons Boere, en veral teen my, en het geen steen onaangeroer gelaat om die verhouding tussen ons en Groot-Brittanje te vertroebel nie.  In die hele Britse Ryk was daar seker geen groter oorlogstokers as hierdie twee nie.  Hulle het die pers ingespan om in Engeland die publiek wys te maak dat ons die arme Britse onderdane aan die Rand op 'n gruwelike wyse veronreg en verdruk en het as twisappel die stemregkwessie daarvoor ingespan om met ons skoor te soek.  Toe sake in 1899 baie warm word, het ek toegestem om vir Milner in Bloemfontein te ontmoet.  Hy wou nie dat president Steyn, wat hierdie konferensie gereël het, teenwoordig wees nie.  Milner het geëis dat ek die stemregkwalifikasies na 5 jaar moes verlaag, wat ek natuurlik nie kon doen nie.  Toe Milner nog ander onmoontlike eise aan my stel, het ek vir hom gesê ek sien nou hy wil nie die stemreg vir die uitlanders hê nie, hy wil my land hê.

'n Bietjie later het my volksraad toegestem om die stemregwet se kwalifikasies na 7 jaar af te bring en uiteindelik was ons gewillig om dit te verlaag na 5 jaar onder sekere voorwaardes.  Maar toe het Chamberlain en Milner besef dat indien ons voorstelle aanvaar word, sou hulle geen twisappel meer hê waarmee hulle teen die Republiek kon oorlog stook nie.  Daarom het hulle met allerlei nuwe eise gekom, wat vir my en president Steyn laat besef het  dat Groot-Brittanje meedoënloos op oorlog teen ons republieke afstuur, want die Vrystaat was hierin ook betrokke as gevolg van ons twee republieke se verdrag om mekaar te steun.

Ons het reeds vanaf September al die nodige voorbereidings vir die komende stryd getref en wou verhoed dat Engeland nog meer troepe na ons grense aankarwei en daarom het ons op 11 Oktober 1899 die ultimatum gestel en geëis dat hierdie troepe teruggetrek moes word, ensovoorts.  Die Engelse regering het geantwoord dat die eise van die republieke sodanig was dat haar majesteit se regering dit nie die moeite werd ag om te bespreek nie.  So het die Tweede Vryheidsoorlog tot oorstelpende vreugde van Joseph Chamberlain, Alfred Milner en ander aarts-imperialiste begin, as beloning vir hulle volgehoue pogings om Groot-Brittanje om te haal om hierdie onregverdige wapenstryd teen my geliefde Suid-Afrikaanse Republiek en die Oranje-Vrystaat te begin.

Gedurende die eerste fase van die oorlog het ek feitlik persoonlik ons kommandobewegings per telegraaf vanuit Pretoria aan die verskillende fronte beheer en gedurig met ons offisiere in verbinding  gebly.  Ons het hierdie oorlog binnegegaan met die vaste vertroue en geloof dat God nie sou toelaat dat die groot wêreldmag ons sou verpletter nie, want die saak waarvoor ons gestry het, was regverdig voor die Here, naamlik vir die behoud van ons swaarverworwe vryheid en onafhanklikheid van vreemde oorheersing.

In die lig hiervan het ek voortdurend ons generaals op die verskillende fronte bemoedig, aangespoor en raad gegee.  Toe ek agterkom dat die paar onbekwame offisiere by Gaberones en Krokodilpoel in Februarie 1900 te bang was om die onbeduidende ou leërmaggie van kolonel Plumer behoorlik op sy plek te sit, het ek aan hulle getelegrafeer dat ek in hulle baie teleurgesteld is en dat hulle tog nie so wankelmoedig en lafhartig moet wees nie, want so 'n persoon het sy vertroue op God verloor.  Toe die gety teen ons begin keer, het ek aan die generaals laat weet dat as die vyand ons land moet inneem, moet dit oor ons lyke heen geskied.  God sal opstaan tot die stryd.  Die Here ken sy tyd.

Toe Roberts met sy reuseleër op pad was na Johannesburg, het ek vir generaal De la Rey gevra dat hy my jongste toespraak in die volksraad tog herhaalde male aan die burgers moes voorlees, sodat hulle kon hoor en sien hoe die bees mag gekry het om die Christene te vervolg, sodat elkeen homself moes verneder en vir sy eie sondes belydenis voor die Here moes doen.  Sodra hierdie vernedering onder die volk plaasvind, sal die Here aan die bees sê, tot hiertoe en nie verder nie, en dan sal die vrede daar wees.

Maar die verloop van hierdie oorlog was anders as waarvoor ek gebid het.  Toe die vyand ons hoofstad nader, moes ons regering noodgedwonge ons setel na Oos-Transvaal verplaas.  Ons regering het besluit dat ek nie in die hande van die vyand moes val nie en na Europa moes uitwyk, waar ek miskien daarin mag slaag om hulp teen die vyand te werf.  Ek kan nie beskryf wat alles deur my gemoed gegaan het toe ek my geliefde ou vroutjie in ons huis moes agterlaat nie.  Haar gesondheid was reeds so swak dat sy nie kon saamgaan nie.  Ek het van haar en van my ou Pretoria en van my geliefde ou Transvaalse bodem afskeid geneem en vanaf die Portugese hawe Delagoabaai met die Nederlandse skip, die Gelderland, wat die simpatieke jong koningin Wilhelmina tot ons beskikking gestel het, na die onbekende vreemde gevaar.

My vlugtog weg van die Engelse af het in Europa 'n segetog geword, want in elke land waar ek gekom het, het 'n heldeontvangs my te beurt geval.  Dit kon egter geensins vergoed vir wat my arme geteisterde volk op daardie oomblik besig was om van 'n magtige wrede vyand te verduur nie.  Die hulp wat ek teen hierdie vyand se aanslag kom vra het, het ten spyte van al die heldeverering wat ek ontvang het, uitgebly, want die Europese lande was te bang om die magtige Brittanje teen te gaan.  Toe ons in 1896 vir Jameson vasgetrap het, het keiser Wilhelm van Duitsland aan my 'n telegram van gelukwensing gestuur, maar nou wou hy my nie eers ontvang en te woord staan nie.  Ja, ek het in Europa vir my volk kom brood soek, maar in plaas daarvan net blomme gekry.

Nadat al die opgewondenheid oor my aankoms in Europa bedaar het saam met al die huldebetuigings in veral Frankryk en Nederland, het ek en my gevolg in Hilversum gaan woon, waar my vrywillige ballingskap in die vreemde begin het.  Hier moes ek mettertyd verneem van die laakbare metodes wat die vyand toegepas het om die oorlog te wen, van hulle plaasafbranding en verwoesting van eiendom, van hulle vernietiging van alle lewensmiddele en hulle doelbewuste moordaanslag op ons vroue en kinders in konsentrasiekampe en van die gruweldade van hul swart bondgenote wat teen ons ingespan is.

My hart het gebloei vir my verslae volk in nood en beproewing, omdat ek persoonlik daar niks meer aan kon doen nie.  Daarom het ek my dae met die oop Bybel voor my, in gebedsverootmoediging voor God deurgebring en vir my volk bly pleit.  In Julie 1901 het ek die treurige tyding ontvang van die afsterwe in Pretoria van my geliefde ou vroutjie Sannie.  Die wete dat ek maar net 'n paar skredes agter haar op  pad na die ewigheid was, was vir my 'n berustende troos.

Na Hilversum, het ons vanaf Desember 1901 in Utrecht gaan woon in Oranjelust tot Oktober 1902.  Hier het die tyding in Junie 1902 my bereik dat ons die oorlog verloor het en met die Vrede van Vereeniging ons onafhanklikheid feitlik onvoorwaardelik moes prysgee.  Weer eens het daar 'n dolk deur my moeë hart gegaan, maar ek het berusting gevind in die wete dat ons weë nie God se weë is nie en dat as dit in sy ewige raadsplan bepaal is dat ons Afrikanervolkie eendag weer ons vryheid sal herwin, sal die vyand magteloos staan om dit te verhoed.

Hier in Oranjelust by Utrecht het my liewe dogter Elsie en haar man, Frikkie Eloff en hul gesin tot my groot vreugde by my aangesluit, sodat ek nie meer so eensaam gevoel het nie.  Ek het vir president Steyn, wat in Augustus 1902 in Scheveningen vir mediese behandeling was, gaan besoek.  Dit was 'n baie aangename weerontmoeting.  Net so aangenaam was die besoek van ons drie Boeregeneraals, Louis Botha, Christiaan de Wet en Koos de la Rey, wat my op 10 Oktober met my 77e verjaarsdag in Utrecht besoek het, toe hulle hier in Europa kom hulp soek het vir ons oorloggeteisterde, verarmde Boerevolk.

Ek het die Europese winters baie straf gevind en daarom het ek en my familie en vriende vanaf Oktober 1902 tot Mei 1903 na Mentone verhuis, aan die kus van die Franse Riviera, vir die warmer klimaat.  Dit het ons weer in Oktober 1903 tot Mei 1904 gedoen en daarna na Switserland verhuis na Clarens aan die meer van Genève en in die Villa des Pierriers gaan woon.

Hier het ek in Junie 1904 my laaste boodskap aan ons volk gerig.  Ek het geskryf:

By alle treurigheid en leed wat my lot is, het die groete
van my volk my tot dankbaarheid gestem.  En van ganser
harte dank ek almal wat aan hul ou Staatspresident gedink
het waar hulle saamgekom het om oor die hede en die
toekoms te beraadslaag en daardeur getoon het dat hulle
die verlede nie vergeet het nie.  Want wie vir hom 'n
toekoms wil skep, mag die verlede nie uit die oog verloor
nie.  Daarom, soek in die verlede al die goeie en skone
wat daarin te ontdek is, vorm daarna u ideaal en trag om
vir die toekoms daardie ideaal te verwesenlik.
Dit is waar:  Veel van wat opgebou is, is tans vernietig,
verniel en gevalle.  Maar met eenheid van wil en eenheid
van kragte kan daar weer opgerig word wat tans in die
stof lê.

Dit stem my eweneens tot dankbaarheid om te sien dat
eenheid en eendrag by u heers.  Vergeet nooit die
ernstige waarskuwing wat lê in die woorde "verdeel en
heers" nie en sorg dat hierdie woorde nooit op die
Afrikaanse volk van toepassing sal wees nie.  Dan sal
ons volk en ons taal steeds bloei.

Wat ek self nog daarvan sal aanskou of beleef, lê in
Gods hand.  Gebore onder die Engelse vlag, wens ek
nie om daaronder te sterf nie.  Ek het geleer om by     
die bittere gedagte te berus dat ek as 'n balling in die
vreemde die oë sal sluit, byna heeltemal alleen, ver van
bloedverwant en vriende wat ek waarskynlik nooit
weer sal sien nie, ver van die Afrikaanse bodem wat
ek wellig nooit weer sal betree nie, ver van die land
waaraan ek my lewe gewy het om dit vir die
beskawing te open en waar ek 'n eie nasie sien
ontwikkel het.

Maar die bitterheid sal versag word as ek die
oortuiging kan bly koester dat die werk waarmee
begin is, voortgesit sal word.  Want dan sal die hoop
en die verwagting dat die einde van die werk goed
sal wees, my staande hou.  So sy dit.

Uit die diepte van my hart groet ek u en die ganse
volk.
S J P  Kruger
Villa des Pierriers 17
Clarens (Vaud) Switserland
29 Junie 1904

Vyftien dae daarna het sy lewenslampie uitgebrand.  Sy volk het gesorg dat hy nie in die vreemde begrawe word nie, maar op 16 Desember 1904 weer op Transvaalse bodem in Pretoria ter ruste gelê is.  Die taak wat God vir hom uitgemeet het om op ons volksakker te verrig en wat plaasgevind het gedurende die felste jare van storm en drang in die ontwikkeling van 'n selfstandige Afrikanernasie, was afgehandel en Hy sou bepaal wie Hy weer aan die spits sou stel om hierdie geloftevolk uit die moeras van oorlogspuin en slaafse onderworpenheid aan 'n vreemde oorheerser uit te lei na die sondeurdrenkte hoogtes waar volkome vryheid wink.  Dit lê alles in sy hand en wat Hy doen is welgedaan.

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 35359 gaste aanlyn