NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Weet ons hoegenaamd wat dit in praktyk beteken om waarlik en volkome op God te vertrou? Is dit nie dalk waarom dit so haglik met ons volk in hierdie land gaan nie – omdat ons nie in vertroue gehoorsaam aan Hom is nie. Luister wat sê die Psalmdigter in Ps 84: "Hy sal die goeie nie onthou (weghou) aan die wat in opregtheid wandel nie. HERE van die leërskare, welgeluksalig is die mens wat op U vertrou!"

AANLOOP TOT EN DIE SLAG VAN BLOEDRIVIER

Deur Boeta Erasmus

Vyf groot Trekgeselskappe

Die Groot Trek het uit hoofsaaklik 5 groot trekgeselskappe bestaan:

  1. Trichardt uit die oosgrens waar die konflik tussen die Boere en die Xhosas veral groot was
  2. Potgieter uit die Tarka waar die familie van Paul Kruger by Colesberg by hom aangesluit uit.
  3. Piet Uys en sy mense uit Uitenhage.
  4. Gerrit Maritz met sy trekgeselskap uit Graaff-Reinet.
  5. Piet Retief

Alle trekke het deur Thaba Nchu gegaan. Vandaar het trekgeselskappe uit mekaar gegaan. Sommige het hulle gaan vestig in Wes-Transvaal (Potchefstroom). Trichardt se trek is noordwaarts oor die Limpopo tot in Mosambiek maar die meeste trekkers het Natal as hul bestemming gekies. ‘n Totaal van naastenby 5000 siele het permanent die Kaapkolonie verlaat.

 

Natal:

Teen Februarie 1838 het verskeie Voortrekkers hulle voorlopig gevestig in die gebied tussen die huidige Colenso en Weenen, veral langs die Blaauwkrans- en Boesmansriviere. Hulle was verspreid in klein los trekke, nie in laers soos die leiers hulle beveel het nie. Hul baie vee het dit moeilik gemaak om naby aan mekaar te bly.

Retief, eerste maal na Dingaan

Pieter Retief besoek Dingaan van die Zoeloes met ‘n klein Trekker-afvaardiging op Umgungundlovu. Dingaan beskuldig die Trekkers dat hulle van sy vee gesteel het. Retief verklaar aan Dingaan dat dit Sikonyella se mense was, geklee in Blanke drag. Dingaan sê: as julle die vee terugbring sal ek aan julle grond gee. Hierop bring Retief ‘n groot aantal vee van Sikonyella af terug en stuur dit aan Dingaan.

Traktaat met Dingaan en moord op Retief.

OP 6 Februarie 1838 besoek Retief die Zoeloehoofstad vir ‘n 2de maal en word die traktaat onderteken waarin die grondgebied tussen die Umzimvubu en Tugela deur Dingaan aan die Voortrekkers oorgedra word. Op dieselfde dag het DingaanPiet Retief en 70 van sy mede-Trekkers asook 30 agterryers met die bevel “Slaan dood die towenaars” op verraderlike wyse vermoor. Die traktaat in Retief se bladsak sou 9 maande later, ná die Slag van Bloedrivier tussen hul beendere, ongeskonde gevind word op HlomoAmabuta. Die koppie waar Dingaan sy aasvoëls gevoer het.

Moorde by Blaauwkrans en Boesmansrivier

Die moord op Retief is opgevolg met aanvalle op Voortrekker-geselskappe in Noord-Natal. ‘n Poging om die Voortrekkers geheel en al uit te wis. Die eerste aanslae was op Voortrekkers by Blaauwkransen Boemansrivier asook by Moordspruit waar die dorp Weenen vandag geleë is. In een nag, 15 Februarie 1838, is 531 siele vermoor. Dit sluit in mans, vrouens en kinders asook bediendes. Dit het meer as 10% van die Voortrekkerpopulasie behels!

Vroeg die oggend van 16 Februarie het die Voortrekkers reeds begin terugveg en die verdere aanslae is afgeweer. Dit het gepaard gegaan met verskeie heldedade.

Buiten die 531 vermoorders het die Trekkers al hulle vee en besittings verloor. Oorlewendes het daarna in die grootste armoede gelewe, kinders selfs sonder klere. Talle weeskinders het ‘n heenkome in Gerrit Maritz se laer gevind.

Eerste strafekspedisie teen Dingaan

In April 1838 stuur die Voortrekkers ‘n strafekspedisie om Dingaan te straf en vee terug te kry o.l.v. Hendrik Potgieter en Piet Uys. Dit loop uit op die slag van Italeni, vir die Voortrekkers ‘n noodlottige neerlaag. By die Talana-heuwel is die Voortrekkers deur die Zoeloes in ‘n lokval gelei. Uys val aan maar Potgieter weier.Die terrein was nie geskik nie. Piet Uys en sy seun Dirkie en nog 7 Voortrekkers sneuwel. Verskeie Voortrekkers kom nouliks met hul lewe daarvan af.

Voortrekkers in armoede en ellende

Maande van armoede, ontberings, koue, nat weerstoestande, modderige laers sou vir die Trekkers in Natal voorlê. Gebrek aan kos en slagvee. Boonop gevegte met die Zoeloes waarvan die vernaamste die by Gatslaer of Veglaer langs die Boesmansrivier. Drie dae lank moes aanval op aanval deur slegs 150 weerbare man afgeweer word o.l.v. Hans (Dons) de Lange en Koos (Grootvoet) Potgieter. Tydens hierdie geveg het die mans geskiet terwyl die vrouens en kinders die voorlaaiers help laai het en is alle beskikbare ystervoorwerpe stukkend geslaan en gebruik as skroot vir hul kanon.

Leierloos

Piet Retief is vermoor. Piet Uys het gesneuwel. Hendrik Potgieter het besluit om ná die mislukte slag van Italeni oor die Vaalrivier te trek.

Die enigste oorblywende leier van die Trekgeselskappe in Natal, Gerrit Maritz, sterf in September 1838 aan koors.

Andries Pretorius

Vroeër die jaar het Andries Pretorius uit Graaff-Reinet by die Voortrekkers in Natal besoek afgelê, en die voorneme uitgespreek om self in Natal by hulle aan te sluit.

Ná Gerrit Maritz se dood stuur Sarel Cilliers ‘n boodskapper na Graaff-Reinet om Andries Pretorius te vra om dringend na Natal te kom om die leiding van die Trek op hom te neem.

Hy was ‘n gesiene en geleerde man en militêre strateeg wat reeds sedert 1836 as kommandant van die kommando verskeie gevegte/veldslae teen die Xhosas aangevoer het.

Hy arriveer op 22 November 1838 by Sooilaer (Maritz se laer) aan die Klein-Tugela met 68 waens en 138 mense.

Op 24 November word Andries Pretorius op ‘n Voortrekker-vergadering tot Hoofkommandant verkies.

Tweede Strafekspedisie

Op 26 November vertrek die 2de strafekspedisie teen Dingaan met 87 waens, nagenoeg ‘n 1000 osse en 300 perde. ‘n Kommando van 470 lede waarvan 6 offisiere - kommandante, was. By die kommando sou ook 2 Engelse uit Natal aansluit waaronder Alexander Biggar ( wat op 27 Desember in ‘n geveg teen die Zoeloes, na die slag van Bloedrivier, sou sneuwel)

Elke aand is dienste in die laer gehou. Normaalweg in 2 groepe waarvan Sarel Cilliers een gelei het. Die kommando is feitlik op gebede gedra en daar het ‘n ernstige geestes-ingesteldheid onder die mans geheers.

Sarel Cilliers

Sarel Cilliers het die Voortrekkers gereeld voorgegaan in dienste wat saans in die laer gehou is. Vir hom was die stryd van Israel teen die heidene sinoniem met die stryd van die Voortrekkers teen die Zoeloes, en Natal die Beloofde Land van die Voortrekkers. Op Sondag 2 Desember maan hy die Voortrekkers tot ‘n heilige lewe en waarsku hulle teen ontevredenheid, onvergewensgesindheid, dwarstrekkery en onenigheid. Hulle moes tog “alle zondigewegenverlaten ook alle gekyf”. Hy roep hulle ernstig op tot ‘n heilige lewe en volgehoue gebed.

Gedagte aan ‘n Gelofte

Die gedagte aan ‘n Gelofte het sy oorsprong nie by Sarel Cilliers nie maar wel by Andries Pretorius gehad. Andries Pretorius was besonder aangegryp deur die geskiedenis van Gideon en die gelofte van Jakob by Bet-El. Hy bespreek die gedagte van ‘n gelofte met Sarel Cilliers maar Cilliers huiwer. Hy vrees dat: Ons die dag sal vergeet, ook sal verwaarloos, en .....”dat de toorn des Heeren teen ons zalontbranden en dat wij groter oordeel kan wachten.”

Andries Pretorius dring egter daarop aan en na lange afsondering en gebed stem Sarel Cilliers daartoe in maar: eers moet almal daartoe instem en tweedens moet almal die gelofte aflê. Dus ook in eie persoon. Enige persoon wat homself nie ten volle met die gelofte vereenselwig nie kon nie verder deel vorm van die kommando nie.

Die 470 lede van die Bloedrivier-kommando het almal die Gelofte eendragtig verwelkom, goedgekeur en ook afgelê.

Die eerste aflê van die Gelofte

By Danskraal (4 en 5 Desember) is die gedagte van ‘n gelofte waarskynlik al met die kommando bespreek maar die Gelofte is vir die eerste keer afgelê by Wasbank op Sondagaand 9 Desember 1838. Cilliers se diens was uit Rigters, die geskiedenis van Gideon en sy oorwinning oor die Amalekiete. Cilliers beklemtoon weer by herhaling die erns van die Gelofte en verwys ook na die gelofte van Jefta waar Jefta met die grootste opoffering sy gelofte aan die Here gestand moes doen.

Na 9 Desember by Wasbank is die Gelofte elke aand in die laer afgelê tot en met Saterdagaand die 15de Desember, die vooraand van die Slag van Bloedrivier.

Saterdag 15 Desember, Na-middag

‘n Gedeelte van die trek het reeds die Ncome-rivier oorgesteek toe verkenners Andries Pretorius laat weet dat hulle die hoofmag van die Zoeloes in aantog, sowat 30km weg gewaar het.

Andries Pretorius as militêre taktikus sien dadelik dat die terrein ideaal is om laer te trek en hulself te verdedig. Hy het die waens laat omdraai weer deur die rivier en Karel Landman opdrag gegee om die laer aan die duskant van die rivier langs ‘n diep donga te trek.

Die voorafvervaardigde Veghekke word tussen die waens asook onder die waens vasgemaak. Die kanonne word opgestel. Grietjie en Weeskind het ‘n reikafstand van 400m en kon bykans enige voorwerp uitskiet. Asook Andries Pretorius se 3 ponder-kanon met ‘n maksimum reikafstand van nagenoeg 1.5km.

Die wonderwerk van Bloedrivier

Eintlik ‘n reeks wonderwerke.

‘n Wonderwerk is vir die Here ‘n doodgewone handeling, dit is die “roemryke dade van die Here” waarvan Ps 78:4 praat wat ons vir ons kinders nie sal verberg(wegsteek) nie.

-          Andries Pretorius – die Here het ‘n man beskik om die Voortrekkers te lei. Bekwaam, ‘n militaris, gewillig om te dien.

-          Dat daar ‘n ideale terrein was juis op dié tydstip wat die trekkers die Zoeloes sou ontmoet. Ons verwys na die rivier, die donga en die oop terrein.

  • Die rivier – 1.5km lange seekoeigat sodat die Zoeloes slegs gemaklik weerskante hiervan - by die Noordelike en Suidelike driwwe onderskeidelik, met min moeite deur die rivier kon kom.
  • ‘n Diep Donga vanaf die rivier in die rigting van die laer, gemiddeld 14voet diep met gladde, glibberige walle sou die Zoeloes kwalik vanuit die Donga kon aanval.
  • Die terrein na die Noorde en Weste van die laer was oop en uitgestrek sonder skuilplek of beskutting vir die Zoeloes.

-          Nag van 15 Desember beskik die Here ‘n besondere digte mis. As die Zoeloes sou aanval sou die kruit van die nat vogtigheid nie ontbrand het nie.

  • Die digte mis met die lanterns op die sweepstokke het die Zoeloes laat glo dis geeste. Daar is ook getuienis van ‘n Zoeloekryger wat verklaar het dat groot wit Engele die laer opgepas het.
  • ‘n Nagaanval sou vir die Trekkers in wanhoop geëindig het wanneer die kruit nie sou ontbrand nie.

-          Die Pangeweer of “Sanna” waarmee die Voortrekkers moes skiet.

  • Lang, dik loop
  • Kruit in ‘n kruithoring.
  • Laaiproses: - Kruit in die loop, vetlappie vasstamp met die laaistok, lopers (ronde loodkoeëls wat die trekkers op bevel van Andries Pretorius vooraf gegiet en in langwerpige linnesakkies toegewerk het) ingegooi en vasgestamp, kruit in die pannetjie sodat wanneer die haan op die vuurklip slaan die bietjie kruit in die pannetjie ontbrand en dan deur die klein gaatjie die kruit in die loop laat ontplof.
  • Teen 2 tot 3 skote per minuut, die Zoeloekrygers wat in hul massas storm slegs 50 m van die laer af met werpassegaai, knopkierie, steekassegaai en skild. Dat die Trekkers die Zoeloes kon stuit was ‘n wonderwerk.

-          Sondag 16 Desember toe dit lig word klaar die mis meteens op en dit is ‘n wolklose dag met die son wat skyn.

-          Daar is 36 Zoeloeregimente met 900 tot ‘n duisend Zoeloekrygers per regiment waaruit die Zoeloemag bestaan. Daarteenoor 474 trekkers met voorlaaiers, 2 tuisgemaakte kanonnetjies en 1 drieponder-kanon.

-          Indien die Zoeloes bly aanval het, sonder terugtrek, sou die Trekkers hulle nie kon keer nie. Die kruitdamp het die sig vir die Trekkers uiters moeilik gemaak, die gewere het so warm geword dat die kruit in die pan kon ontplof voor die skoot gevuur word en telkens wanneer die nood op sy hoogste was, trek die Zoeloemag terug.

-          Beskrywing van die Geveg:

  • Die linkerhoring sou eerste aanval en het in die nag reeds deur die rivier (deur die drif aan die Suidekant van die seekoeigat) en grootliks deur die Donga beweeg sodat hulle in die digte mis hulself te naby aan die laer gestasioneer het aan die westekant van die laer.
  • Die regterhoring het in die nag nie deur die rivier kon kom nie en was dus nog grootliks oos van die rivier teen dagbreek.
  • Die res van die mag (die kop), wat uit die meer ervare krygers bestaan het, sou wag - ook aan die oostekant van die rivier, totdat die horings verwoesting gesaai het voordat hulle tot die geveg sou toetree om die finale doodslag toe te dien.
  • Die ringkoppe en hoofindoenas was op ‘n koppie daar naby. Pretorius se 3-ponder tref ‘n aantal van die indoenas op die koppie (onder andere die Zoeloe-prins) met sy enigste skoot tydens die geveg. Die koppie was ongeveer 1.5km weg. (Die kanon het met die afvuur van die skoot as gevolg van die dubbele lading agteroor geslaan en kon daarna nie weer gebruik word nie)
  • Andries Pretorius stuur perde-ruiters uit wat op die Zoeloes wat deur die seekoeigat probeer swem skiet en so kom die regterhoring uiteindelik met die dieselfde roete as die linkerhoringvia die Suidelike drif deur die rivier en hulle nader nou die laer ook van die westekant.
  • Tydens die 3de aanval het Andries Pretorius ‘n perdemag uitgestuur uit die laer om die Zoeloes wat begin huiwer het vanuit die saal aan te val en dit slaag daarin om die Zoeloemag te verdeel. ‘n Groot klomp Zoeloes het deur die rivier ontvlug en daar het ‘n geweldige slagting plaasgevind sodat die water van die Ncome-rivier soos bloed geword het.
  • ‘n Duisend osse, 300 perde in die laer het nie uitgebreek nie te midde van die geraas, geskreeu en geraas van derduisende Zoeloes, knalle van geweerskote, kruitdamp en veral die reuk van bloed. Sarel Cilliers maak die aand met die dankdiens besonderlik daarvan melding en dank die Here dat Hy die diere in bedwang gehou het.
  • In geen geveg was daar al so ‘n teenstelling tussen die gesneuweldes aan die een kant en dié aan die ander kant nie. Gesneuwelde Zoeloes is konserwatief gereken op 3000 (dit kan selfs baie meer wees) Slegs 3 Voortrekkers is lig gewond waarvan onder andere Andries Pretorius aan sy hand. Nie ‘n enkele Trekker is gedood nie!

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 4538 gaste aanlyn