Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Om heeltemal jouself voor God te wees vra bevrydende genade. Die Geesvervulde mens het nie 'n "geestelike" houdinkie nie maar 'n ongekunstelde, spontane, eerlike eenvoud en diepgaande natuurlikheid.
LEUEN EN KLUG VAN "MENSEREGTEDAG"
SHARPEVILLE - SLAGOFFER OF MISDADIGER? VERWOERD VRYHEIDSOFFENSIEF
21 MAART 1960
So het Menseregtedag gekom en gegaan. Behalwe vir diegene binne die ANC en sy swart elite wat dié dag so graag wil verhef deur dit te koppel aan die gebeure by Sharpeville, was dit vir die swart identiteitlose, werklose en misdaadmassas maar net nog 'n vakansiedag!
Menseregte en vryheid van spraak is gebore uit die humanistiese slagkreet van die Franse Rewolusie van Vryheid, Gelykheid en Broederskap, en gaan hand aan hand met die moderne slagspreuk van Vrede, Veiligheid en Voorspoed.
Dit het neerslag in SA gevind vanuit die moderne Westerse Liberalisme en word gerugsteun deur die Internasionale Geldmag wat slegs op selfverryking ten koste van die miljoene identiteitlose swart massas ingestel is en wat daarvan niks verstaan nie.
Die ANC/SAKP-vakansiedag, Menseregtedag/Human Rights Day, soos enige ander vakansiedag wat op die almanak verskyn, het nie sommer uit die lug geval nie en is ook nie sommer só as vakansiedag aangekondig nie. Soos alle ander vakansiedae van die "nuwe SA" het dit 'n geskiedenis.
Volgens die Suid-Afrikaanse Kommuniste Party en sy bedmaats se South African Revolutionary Calendar was dit eers sg International Day for elimination of Racism. Daarna het dit sg Sharpeville Day 1960 geword en tans heet dit Menseregtedag/Human Rights Day, welke dag elke jaar op 21 Maart herdenk word.
Soos baie van hierdie sg vakansiedae van die "nuwe SA" is die redes wat vir die ontstaan daarvan aangevoer word, gekoppel aan 'n leuen en 'n klug. In hierdie verband kan die boek VERRAAD TEEN SUID-AFRIKA deur Klaus D.Vaqué, gerus gelees word. Daarin word die aanslag teen Suid-Afrika as 'n spul leuens en 'n klug geopenbaar. Op bladsy 10 van dié boek word o a die volgende gemeld:
"In 'n neutedop: Suid-Afrika het een van die vernaamste mikpunte geword van 'n wêreldwye rewolusionêre beweging wat die begin van ons eeu op dreef gekom het en sedert die einde van die 2de Wêreldoorlog vinnig groter dryfkrag gekry het. Die doel daarvan is sentralisering van die politieke mag om in te pas by die toenemende, tans byna voltooide sentralisering van die finansiële mag.
"Al die gepraat oor 'apartheid' en 'menseregte' is dus niks anders as net 'n dekmantel vir 'n politieke oorlogsdrama waarvan die doel is om die identiteit van daardie mense weg te steek wat Suid-Afrika ....ryp wil maak vir die invoeging van 'n beplande nuwe ekonomiese orde, wat later sal ontpop in 'n nuwe politieke orde, d w s as 'n wêreldeenheidstaat, soos wat deur die VVO nagestreef word."
As in aanmerking geneem word dat hierdie boek reeds in 1989 verskyn het, dan is dit wat hierbo aangehaal is soos 'n voorspelling of visioen wat bewaarheid geword het!
In die geval van die sg Sharpeville Day 1960 wat later Human Rights Day sou word, is die redes wat daarvoor aangegee word nl dat dit 'n spontane opstand teen die dra van passe was, 'n klug en 'n leuen! So 'n aanname is ook nie sommer uit die lug gegryp nie. (Op hierdie stadium kan gemeld word dat dieselfde "hoogheilige" gewese president Nelson Mandela, wat soos 'n god deur die liberale, vrysinnige en somtyds waansinnige media gedra word, ook agter hierdie diaboliese planne gesit het!). Die ware feite daaragter en wat dikwels deur bg media verswyg word, is o a soos volg:
• Dit is vanuit die buiteland georkestreer omdat daar reeds vooraf deur die internasionale media kennis aan rewolusionêre organisasies soos die ANC en SAKP in SA gegee is dat daar so 'n opstand in SA moes plaasvind waarop die aandag van internasionale wêreld gevestig sou word.�
• Ten einde so 'n doelwit te bereik is 'n internasionale organisasie soos die destydse VVO (Verenigde Volkere Organisasie) gebruik om intiem gemoeid te wees met die opsweep van swartes se gevoelens teen die regering van dr H F Verwoerd en wat uiteindelik moes uitloop op geweld, chaos en opstand.
� In samewerking met die VVO moes die grootste vyand van die Afrikanervolk van alle tye, nl die Engelse en hul Staatskerk, by name van die Anglikaanse "kerk", waarvan die ander grootste vyand van ons volk van alle tye, nl aartsliberalis, -kommunis, -biskop en "groot gees" Desmond Tutu, wat die hoof van dié "kerk" in SA was, 'n aktiewe rol speel.
� Die persoon wat die Engelse Staatskerk in SA gebruik het om die voortou te neem was 'n sekere ander aartsbiskop, -kommunis, en -liberalis nl Ambrose Reeves van die Anglikaanse "kerk" in Johannesburg. Sy werk waarvoor hy betaal was, was om swartes op te sweep om te agiteer teen en weiering om passe in die openbaar te dra. Terselfdertyd moes die swartes na polisiestasies regoor die land marsjeer, hul passe aan die brand steek en eis om in hegtenis geneem te word!�
• Die gevolg was dat duisende (geskat 30,000) swartes op 21 Maart 1960 na o a die Sharpeville polisiestasie opgeruk het en hul passe verbrand het. Die massas het al hoe oproeriger geraak en het 'n stormloop op die polisie geloods. Die toestand het handuit geruk en die polisie wat aan diens was se veiligheid en lewens was in gevaar. Hulle moes desnoods in noodweer optree. In die reaksie van die polisie wat toe gevolg het, is 67 swartes doodgeskiet.� (Lees ook by hierdie skakel die artikel om te weet wat die Sharpville-aanval voorafgegaan het en ten sterkste tot die polisieoptrede gelei het):
WAAR KOM ‘MENSEREGTEDAG’ VANDAAN?
• Hierna het Reeves soos 'n lafaard die landuit gevlug en is, sover bekend, nooit weer in SA gesien nie. (Miskien het hy ná 1994 weer teruggekeer om die gemors wat hy aangevang het, gade te slaan!). Vanuit sy moederland, Engeland , waar al die "heiliges" woon, en vanwaar al die duiwelse, helse haat en die nyd sedert die vorige eeu teen die Boere Republieke ook aangeblaas is, het hy sy ge-orkestreerde sataniese veldtog teen die Afrikanerregering van dr H F Verwoerd geïnisieer en aangeblaas.�
• Nie lank na die Sharpeville-voorval, inderdaad minder as drie weke daarna, nl op 9 April 1960, het die verraderlike aanslag teen die lewe van dr H F Verwoerd by die Randse Paasskouterrein, deur 'n ander aartsliberalis en -kommunis, nl David Pratt, plaasgevind.
Hieruit is dit duidelik dat die "spontane opstand teen die dra van passe", inderwaarheid 'n leuen en klug asook 'n subtiele duiwelse aanslag teen die regering van dr H F Verwoerd was en wat van agter die skerms deur die Anglikaanse "kerk" as staatskerk, met sy invloed in die Engelse regering, vanuit Engeland beplan was! Soos in die verlede sou die duiwel se Engelse kinders alle denkbare en ondenkbare metodes aanwend om hul doelwit te bereik, nl die vernietiging van die Boerevolk.
Hierdie doelwit is inderwaarheid dit wat met die 1994 sg demokratiese verkiesing bereik is, en dit is om die Boerevolk van sy VOLKEREG te beroof!
Ná die Sharpeville-voorval is die krane van 'n haat en propaganda-oorlog met mening vanuit die buiteland maar veral vanuit die hoogheilige Engeland op Dr Verwoerd en sy regering oopgedraai.
Die feit dat die VVO (Verenigde Volke Organisasie) vir hierdie doel aangewend is, deurdat daar wêreldwyd kennis gegee is dat een of ander gewelddadige insident deur die Suid-Afrikaanse regering teen swartes te wagte moes wees, is bewys daarvan dat Sharpeville 'n georkestreerde haatveldtog was wat teen die Verwoerd-NP-regering van destyds gemik was!
Gee die Duiwel wat hom toekom, word daar gesê! Die vyande van SA het dit goed gedoen! Die huidige geslag Boerevolk kan dalk iets uit hierdie modus operandi van sy vyand vir die toekoms leer! Die feit dat daar vandag 'n swart Engelse ANC/SAKP-regering in SA aan bewind is, kan direk aan die Sharpeville-gebeure van 21 Maart 1960 toegeskryf word.
Nooit in die bestaan van die wêreld was daar seker ooit 'n geval waar die geskiedenis meer verdraai was ten einde 'n bepaalde valse propagandistiese oogmerk te bereik as in die geval van Sharpeville nie! Die verdere feit dat die propagandiste hoofsaaklik in Engeland gesit het vanwaar die eerste duiwelse mislukte aanslag teen die lewe van dr H F Verwoerd beplan en uitgevoer is, kan op 'n oorwig van waarskynlikhede aanvaar word dat die tweede suksesvolle duiwelse aanslag teen sy lewe ook vanuit Engeland beplan en uiteindelik deur die aartskommunis, Tsafendas, uitgevoer is!
Aangesien dit dus duidelik is dat ons volk se regte op 'n wederregtelike en leuenagtige wyse deur die VVO (Verenigde Volke Organisasie) in samewerking met die internasionale gemeenskap, maar veral deur bemiddeling van Engeland en sy staatskerk, van ons weggeneem is, die Afrikaner-Boerevolk voortdurend behoort te bid vir die val van Engeland en derhalwe vir die val van die swart ANC/SAKP-regering wat hulle tot stand gebring het! ( In Psalm 83 bid Asaf immers só vir die vernietiging van Israel se vyande.)
Volgens 'n visioen van Siener Van Rensburg sal dit gebeur en tot stand gebring word deur die toestroming en oorstroming van dieselfde "edele barbare" en swartes van Afrika waarvoor hulle so lief was en steeds is! Mense wat besoeke aan Engeland bring rapporteer en getuig by hul terugkeer reeds daarvan! (Mag Siener se volle visoen oor die verdwyning van Engeland onder die seewaters, waar word - Red.)
Gert Kruger
Voorsitter
21 Maart 2002