NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Om getrou jou daaglikse werk te doen en verantwoordelikhede na te kom bring gemoedsrus en vrede. Die nalaat van doelgerigte arbeid beroof 'n mens van sy vrede wat van hom 'n beskaafde mens maak.

DOPPERS EN FILISTYNE (2)

SY WEN (1)

Lees reeks by Doppers en Filistyne - Langenhoven

('n Kostelik skets met 'n groot lewenswaarheid deur Langenhoven in die naam van sy sogenaamde neef Stoffel)

'n Man moet liewer ongetroud bly; dis beter vir hom, en nou en dan is dit selfs beter vir die vroumens ook. Maar as jy dan op die dood wil trou – moenie 'n vrou neem wat honderd jaar jonger as jy is nie. Snaakse ding wat ek tot vandag toe nog nie kan verstaan nie: 'n mens sou nou verwag hoe ouer jy is hoe verder vooruit is jy en dat die jonger mense agterna kom. Maar moenie glo nie: dis net andersom – dis altyd húlle wat voor is, hoe jonger hoe voorder.

So is dit met my en Soetlief. Ons skeel maar vêr uitmekaar uit –ek durf nie presies sê hoe vêr nie dan word sy kwaad want sy wil altyd voorgee dat dit nog baie meer is. (As jy die huwelikskontrak wil gaan nakyk op die transportkantoor in die Kaap kan jy aan die bedrag van die bemaking omtrent oordeel hoe vêr dit moet wees.) In alle geval, ons het ruim geskeel toe ons begint het en daarvandaan het die verskil al meer en meer toegeneem, want sy word nie so vinnig ouer soos ek nie. As ek lank genoeg leef reken ek om nog eendag vir haar in 'n premwaentjie rond te stoot. En deur daardie ongelykheid kom dit dat ek my plaas van kant gemaak het en dorptoe getrek het. Soetlief was agter die modes en die hoë lewe aan, en ekke moes opdok.

Hoe hartseer word ek nie as ek daaroor nadink nie! Ek kon vandag nog lekker en gelukkig op my boereplasie geleef het met my velskoene en my ferweelbroek en my voorvaderlike eenvoud. Dáár was ek op my gemak; stil en rustig en voldaan. Maar Soetlief was rusteloos. En 'n mens kan woel as jou baas rus maar jy kan nie rus as jou baas woel nie.  En woel, en karring, en oortuig word, en netnou van nommer een af weer begin asof daar nog niks oor die saak gesels was nie – my vriend, as jy ondervinding het hoef ek nie te praat nie en as jy dit nie het nie sal my nooit glo nie. Sy was naderhand erger as drie dorpe. Nie dat sy gelyk had nie: maar watter saak maak dit of 'n vroumens gelyk het of ongelyk? Jy moes haar redenasies hoor waarom die plaas dan nie deug nie en die dorp soveel beter is.

"Stoffel, kyk hoe vêr is ons van die dokter af."

Dit was die waarheid. Ons wás vêr. Daarom het ons nie heeldag verniet siek geword nie. En vir geld siek gebly nie. Dis merkwaardig hoe 'n mens jou gesondheid behou as jy nie moedswillig oorsaak soek nie. En dis nog merkwaardiger hoe geneig 'n vroumens is om op 'n dokter verlief te raak, en hy op haar. Dan kom hy heeldag kuier en jy betaal hom vir die besoeke.

Ek het dit natuurlik nie gewaag nie anders sou ek vir Soetlief aan die hand gegee het dat, terwyl sy dan nou eenmaal dwing om voorsorg te maak vir geneeskundige behandeling, ek gewillig was om maar self siek te word, sommer daar op die plaas. Dan kon ons 'n verpleegster inkry, of al was dit 'n nurse. Dié kom baie goedkoper uit as 'n dokter en sy pla nie om oral aan jou te sny en nou en dan ingedagte een van die messe en vurke binnekant te vergeet nie. Dis treffend hoe die snyery in die laaste tyd toeneem. Dokters is teenswoordig so wetenskaplik dat hulle nie meer aan die ou vanmeléwese ouderwetse en oppervlakkige metodes glo nie. Hulle bekyk jou nie meer van buite om te sien wat jou makeer nie. Hulle sny jou oop om binne in te sien. En as hulle dan sien jy makeer niks nie, buiten dat jy kranksinnig was om hulle in te roep, en jy gaan dood van die sny, dan vertel jou weduwee met trane in die oë hoe 'n knap dokter dit was wat jou so byna-byna gered het. En sy sit 'n doodsberig in die koerant om die dokter te bedank vir sy troue hulpvaardigheid en haar berusting te betuig met die beskikking van die Voorsienigheid. En kom jy deur ten spyte van die gesny, dan was dit nie die werk van die Voorsienigheid nie maar van die knap dokter. In elke geval, dis nooit die Voorsienigheid wat die rekening kry om te betaal of uitstuur om in te vorder nie.

My neef Neelsie, wat my spelfoute regmaak soos ek gesê het, en wat baie met boedels te doen gehad het ('n stuk of drie-viermaal met sy eie), vertel my van 'n wyse voorsiening in die wet. As 'n man insolvent sterwe dan het die doktersrekening vir sy behandeling in sy laaste siekte, voorkeur bo alle ander krediteure, buiten glo die predikant en die lyksbesorger. Maar by 'n lewendige insolvent is daar nie so 'n voorkeur vir die dokter nie. Dus die dokter word sterk ontmoedig om aan 'n arme drommel van waggelende krediet medisyne te gee wat bereken is op die gevaar van herstel.

Al hierdie dinge, en meer wat ek ontsien om op te skryf omdat dit stadig gaan en daar is baie ander sake waaroor ek nog moet handel,  sou ek vir Soetlief onder die oog gebring het as sy 'n mansmens was of as ek 'n dom mens was. Maar omdat ek al wys was – ek meen nie kwaai-wys nie maar tou-wys – het ek maar geswyg. Daaroor was sy ook ontevrede.

"Verwerdig hom nie eens om my antwoord te gee nie." sê sy.

"Soetlief, ek is bang om te antwoord. Maar dit durf ek ook nie sê nie."

"Bang! Vir my bang! Niemand sou dit uit jou gedrag aflei nie. Jy is seker bang om te ontken ook dat ons dogter groot word."

Wat wou ek nou hierop antwoord? Natuurlik was Grietjie besig om groot te word. Wat wou sy dan anders maak? As sy 'n jongetjie was sou sy nog groter geword het, buiten as hy na sy moeder se familie geaard het en 'n verspotte ou skepseltjie was wat nooit moes gebore gewees het nie. Grietjie kon mos maar vry opskiet daar op die plaas. Die plaas was nie toe van bo nie. Maar voor ek kon dink in watter vorm ek dit sou sê, vervat Soetlief:

"Waar is daar vir die arme kind hier geselskap? En vir my? Ons sien nooit geen mens nie. Ons word hier wild."

Ek nie, dog ek. Ek word by die dag makker. En as ons so graag wou mense sien kon ons hulle mos een vir een gaan kyk. En dan kon ons uitsoek ook, pleks om dit aan hulle te laat om uit te soek. Maar wat sou dit help om dit te sê! Gedink het kon ek nog baie meer maar Soetlief breek my gedagtes in en sy kom weer met 'n splinternuwe argument:

"Hier's geen winkel waar 'n mens 'n ordentlike stukkie klere kan koop nie."

Waarvoor, dog ek, as ons dan nooit geen mens sien nie? 'n Mens trek jou mos nie vir jouself aan nie, buiten om jou toe te hou en warm te hou, en daarvoor is ferweel en geruit en duitse sis en flennie doeltreffend genoeg. Maar nou moet jy mense gaan soek om voor skaam te wees oor hulle mooier aangetrek is as jy. En dan trek jy ook weer mooier aan. En dan trek húlle weer mooier aan. En so bie julle teen mekaar op. Die gevolg is, die arme man se inkomste kan die speletjie nie bekostig nie en hy moet steel. Daarom is dit dat 'n mens so uiters versigtig moet wees wanneer jy met 'n dorpse man besigheid doen. Van ingebore aard was hy miskien 'n doodeerlike man wat jou nooit met 'n stuiwer sou tekort doen nie. Maar hy kan nie anders nie – hy moet iemand kry om vir sy vroumense se klere te betaal. Oor hierdie saak sou daar ook nog 'n lange reeks van verdere gedagtes by my opgekom het maar Soetlief was weer te gou:

"Ons is so vêr van die kerk af."

Ja, ons was vêr van die kerk af. Maar dan ry ons soheentoe. Die mense wat in die dorp rondom die kerk woon, het ek opgemerk – veral die jongeres wat die oueres so vêr vooruit is – ry weg van die kerk af Sondae om te gaan piekniek hou of balletjiesi n die veld rondslaan. Sefs dié wat nie so roekeloos jonk is nie neem die geleentheid waar om medisyne te neem, wat in die week onvoordelig is omdat die uitwerking daarvan nie met die gereelde voortsetting van hulle daaglikse besigheid verenigbaar is nie. Naby die kerk, ja; en naby die skouburg en die kantien en die tronk. En daarvandaan is hulle nie almal so begaan om weg te kom nie. Ek wonder as ek hierdie dinge hardop gesê het wat Soetlief sou geantwoord het daarop. Maar ek was nie nuuskierig genoeg om dit op die proef te stel nie. Ek bly toe maar stil en laat haar die gesprek voorsit:

"Jaar in en jaar uit, dag en nag, my lewe lank, moet ek hier op die plaas versloof en verslaaf. Self slag, self bak, self was, self stryk, self koskook; die huis aan die kant hou (soos hy dan is); vir jou en jou dogter en jou werksmense sorg – alles rus op my. Jou hart moet nes 'n klipsteen wees of jy sou my jammer kry. Van die oggend voordag tot die liewe aand donker op my twee bene, en dan so moeg en vol sorg en kommer dat ek nie kan slaap nie. Maar jy is maar so tevrede. Dis ook geen wonder nie. Jy loop hier onafhanklik rond nes 'n koning; hier order jy en daar slaan jy en oral raas jy, en self doen jy niks; en jou arme vrou kan maar vergaan in die slawerny."

Wat op aarde kon ek hierop sê wat die minste uitwerking op haar sou gehad het?

Dis waar, in die dorp het jy 'n bakker en 'n slagter en 'n wasser en 'n stryker en 'n kok en 'n kinderoppasser. En by haar gedurige aantrek het jou vrou 'n binnemeisie – 'n tegnies sogenoemde iensaaid – om die blous agter haar rug vas te maak en die skoentjies en dinge wat alewig te wyd is ('n mens kry hulle nergens nóu genoeg te koop nie) aan te beur sodat jy kort-kort 'n veter of 'n staalhoepel hoor klap. Nou ja, jou vrou trek aan en sy kôl en sy ontvang kôlle en maak aanmerkings as hulle weg is en droom nooit dat hulle met haar net so maak nie. Sy gee paarties en loop op danspartye rond en slaan mense se vensters in (nie dat baie van hulle dit nie verdien nie) om die stemreg te kry omdat sy van sonderwerkgeit baldadig word.

In die tussentyd is jou kos ongesond en oneetbaar omdat dit vir die gouigheid en maklikheid met masjiene gemaak word. Jou knope val af en bly af en as jy te oud is om die naald se oog te kry – dikwels is daar geen naald eens meer om 'n oog by te kry nie – moet jy maar 'n nuwe broek koop. Jy weet nie dat jy 'n huisvrou het nie; jou kinders weet van geen moeder nie; sy wat die naam dra van jou vrou het geen tyd vir jou of vir hulle nie – sy bly met buitebelange besig; en daarby werk sy haar morsdood vir plesier waar geen plesier in is nie. In plaas van die gewillige diens wat uit liefde moes vertrek geword het, ontvang jy die ongegunde en nukkerige diens van huurlinge wat hier afknyp en daar afskeep.

Dis waar, in die wêreld gebring word kan jy nog nie volgens daardie professionele uithuurkontrak-metode nie want die enjtiebyters wil nog maar nie vir soogdiere beantwoord nie. Maar so gou as jy darem eenmaal dáár is word jy by die sjieling en by die ons en by die jaart aan die hand geneem. Jy kry dadelik 'n bottel vir 'n bors, 'n nurse of kindergarten vir 'n moeder; 'n huurling om jou op te voed, om jou te verpleeg as jy siek is, om jou te versondig as jy fris is, om jou te begrawe as jy dood is. Die huisaltaar is by die agterdeur uitgeskop en lê in die jaart. En dan verwonder ons ons dat die samelewing agteruitgaan. Asof daar lewensbloei kon wees sonder 'n siel. Die wonderlikste van so 'n maatskaplike stelsel is dat dit 'n gespanne en gedryfde gelukjag is en niemand behaal ooit geluk nie. Almal spook en jaag en plunder en werk hulle morsdood. Dis 'n knaende, slytende, vretende slawerny waar daar geen voldoening in jou plesier is nie omdat hy muf is en geen lus in jou werk nie omdat die liefde ontbreek.

Hierdie dinge kan ek nou waag om aan my leser te vertel omdat jy nie kan terugpraat nie en omdat jy nie my vrou is nie...

SY WEN (2) ...vervolg

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1617 gaste aanlyn