NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Soms wonder jy as kind van die HERE hoe jy aan ander mense rondom jou moet wys dat jy 'n bekeerde en gelowige is. Jy is dalk iemand wat sukkel om daaroor te praat. Die HERE leer ons ook om barmhartigheid aan mekaar te bewys. Wees dan goed vir jou medemens en wys hom só dat God jou eerste liefgehad het.

KORT VERTELLINGE - JAN SPIES (1)

Lees reeks by Kort vertellinge - Jan Spies

’n Berg is nie 'n molshoop nie

Jan Spies

Ek is eenkeer met vakansie daar in Albertinia se omgewing, toevallig in ’n tyd toe die streek wat daar die “Duinewêreld” genoem word, heel deur die molle ingeneem is. Dis so ver as jy kyk, die een molshoop op die ander.

En dit was pure molle. Ek het nie self van hulle gesien nie, want ’n mol is vir die oog mos ’n skaars ding. Maar volgens die mense my vertel het, moes party amper so groot soos dassies gewees het.

Nou ja, ’n sekere oubaas, ’n ene oom Toppie, met wie ek baie lekker gesels het, vertel my toe dat hy na ’n groot gesukkel darem sy grondjie skoon gehad het van die molle. En hy was nie danig trots daarop nie.

En een ding was wis en seker: oom Toppie se plasie sou sonder molle bly. Want hy het geweet hoe om ’n mol se sake te werk. As daar een inkom, lê hy hom voor, en as die mol skop, dan skiet oom Toppie met sy .22-geweer net onder die bokant van die hopie grond — so van tien, vyftien tree af. En dan is dit verby met die mol.

Al wat jy moet doen, is om suutjies te werk. Jou aanloop en jou loop sit, moet sagkens wees, anders is die mol so wantrouig dat jy ’n dag lank vir hom sal sit en wag. En as jy eers jou sit gekry het, durf jy ook nie roer nie.

Op hierdie manier, vertel oom Toppie, het hy op sy eentjie so gaaf leer regkom dat hy g’n hulp met die plaag nodig het nie. Al wat hy weet is dat daar waar daar ’n wil is, ’n weg ook is.

Ek steur my toe nie verder aan die molbesigheid nie, ek hou vakansie, en ek en oom Toppie gesels wanneer ons mekaar raakloop, oor alles waaroor daar te prate is, behalwe oor molle - want daaroor het ons klaar gepraat (oom Toppie vertel nooit twee keer dieselfde storie nie, en hy praat ook nie aanmekaar oor dieselfde ding nie) — tot een more dat hy my raakloop waar ek onder ’n boom met ’n boek sit.

“Wat sit lees jy dan so vroemore hier?” vra hy.

“ ’n Storie,” sê ek.

“Kry jy dan nooit genoeg van stories nie?” vra hy. “Nee,” sê ek, “sonner stories sal ek nie bra deur die wêreld gekom kry nie.”

“Nou wat se storie is dit die wat jy nou weer lees?” wil hy weet.

“Oor die rotvanger van Hameln,” sê ek.

“Nou wat het hy gemaak?” vra oom Toppie.

En ek vertel hom die storie van die Sigeuner wat glo op die 26e Junie 1259 in Hameln aangekom het en by die inwoners hoor dat die dorpie bepes was van die rotte. Die Sigeuner neem dit toe op hom om die mense van die plaag te verlos, en daar word op ’n bepaalde vergoeding besluit. Al wat die kêrel toe doen, is om op sy fluit te speel, en daar kom al die rotte na hom toe, en hy stryk met hulle aan na die Weserrivier toe en daar laat versuip hy die hele spulletjie. Hy kom toe terug, maar om dit vir die mense na so min moeite gelyk het, weier hulle om hom sy beloning te gee. Hy neem toe weer sy fluit en hierdie keer speel hy ’n deuntjie wat al die kindertjies na hom toe aanlok. En daar stap hy met hulle aan na die Koppelberg toe. Die berg gaan toe met ’n spelonk voor hulle oop en die fluitspeler verdwyn met die kindertjies daarin, en die berg gaan weer agter hulle toe.

Net een ou dogtertjie het oorgebly, want sy was ’n kreupele en kon nie byhou nie, en sy het toe vertel wat dit in die deuntjie was wat hulle so agter die vreemdeling aangelok het.

“En wat was dit toe?” vra oom Toppie.

Ek sê ja, dit kan ek vir hom baie mooi sê, want hier staan dit in die fluitspeler se eie woorde in die boek wat ek lees. Hy het dit kwansuis later self vir ’n groot skrywer vertel. “Nou maar laat ek hoor,” sê oom Toppie.

“Ek sal dit vir Oom lees,” se ek. “Maar dis in Hollands.” “Jy kan maar lees,” sê hy, “ek verstaan dit, want ek is daarin gekatkiseer.”

En toe lees ek vir hom wat die rotvanger vir die skrywer gesê het: “Voor de ratten floot ik van rozijnen en spek, van open provisiekasten, van een land zonder vergif en vallen; voor de kinderen floot ik van speelgoed en wafels, van booten en zigeunerwagens, van een land zonder school en bedtijd ...”

“Ja wragtag,” sê oom Toppie, “dit kan jy glo. Met sulke duintjies lei hy hulle die ewigheid in. Maar ek sê vir jou, as daar een ding is waarmee darie rotvanger sy Moses rond en stomp sou teukom, is dit met ’n mol.”

“Hoe dan so?” vra ek.

Hy sê: “Man, by ’n ding wat vir alles wat nie stilte is nie, so bang is soos darie rotte vir gif was, maak jy met geen geluid hond haar-af nie; ook nie met musiek nie. By ’n mol sou hy juis sy fluit moes neergesit het. Jy moet met niks werk wat kan geluid maak voor die mol dood is nie, anners verneuk jy jou soos darie ou mannetjie van die Landbou-departement wat vir ons hier wou kom wys hoe ons moes molle uitroei.”

Dit klink vir my of dit ’n interessante storie sou kon wees en ek vra oom Toppie verder daarna uit. En om dit ’n molstorie was wat hy my nog nie vertel het nie, was die oubaas op sy stukke. Om die waarheid te sê, hy was verbaas dat hy my dit toe nog nie vertel het nie, want sonder om my oor molle te verveel, sê hy, kon hy al die ander gepraat oor die blinde nasie maar gelos het en my reg aan die begin net die een storie vertel het.

En toe val hy weg:

Man, die Boerevereniging laat weet ons lat daar ’n kêrel van die Landbou-tegniese Dienste hier na Gouritzriviermond toe sou kom om vir ons ’n demonstrasie te lewer van hoe ’n nuwe uitvindsel van hulle werk. Dis dan nou glo ’n patent waarmee ons die molle moet uitroei. Ons sal nooit weer ’n mol sien as darie affêre eers ingespan word nie.

En so is die hele Duinewereld se mense op die dag hier by die Mond. En later - hier kom ry die amptenaartjie met ’n yslike lorie aan. En agter op die bak sit sy swart assistent tussen ’n klomp gassilinders met meters en horlosietjies en ingewikkelde goeters. Dit lyk amper of hulle ingerig is om tot uit ertappels en petats olie te kom maak.

En die kêrel gee sy lesing, en toe sal die demonstrasie kom. Ons moet dan nou net gou ’n vars molshoop soek. Maar man, ons ken toe omtrent elkeen al die molle wat ons pla, op die naam. Want elke man hou die molshope in sy omgewing dop. Jy sien mos ’n mol aankom; die varsheid van die hope wys mos vir jou na watter kant toe hy aan die versit is.

En daar’s toe een van my ou vriende wat ’n spesiale mol het wat hy so graag wou vrek hê. Hy volg dan nou glo die mol al hoe lank en het al alles probeer, maar nou is die mol reguit op pad na sy petatlandjie toe. En as daar nie gekeer word nie, is hy die volgende dag tussen die petats. En sy plasie is ook sommer naby vir die demonstrasie. Nou maar dis ’n goeie plan, se die ou beamptetjie en hy vlie daar innie lorie agter die ou vriend van my aan, en ons anner klomp in ’n groot optog agterna - amper soos die rotte en kinners agter darie fluitspeler aan van wie jy vertel.

Dit was toe ook nie moeilik om uit te maak waar die mol moet wees nie, want daar lê’n hele rits hope van vaal af al varser en varser tot by nou se hopie grond wat nog rooierig is van die klamte. Gelukkig is dit toe ook nog net na ’n reëntjie, en die mol is ekstra bedrywig.

Ons almal wat ’n mol ken, wil natuurlik stilte hê, maar die beamptetjie se nee, daar’s g’n stilte nodig nie. Net ’n klomp gas in die gang wat die mol gegrawe het, is genoeg. Ons kan maar rondstaan en praat. Die ou manier van molle doodmaak se tyd is uitgedien.

En ek dink wragtag, die mannetjie mag sy gas ken, maar sy land se molle is seker nie ons molle nie. Maar voor ek nog kon sover kom om iets te sê, toe praat een vannie anner manne.

Hy sê: “Maar magtag man, die hele wêreld hierlaans is net die ene gang; hiervandaan af tot by my plaas. Die hele distrik, kan jy sê, is hol onner.”

Nee, sê die ou beamptetjie toe, ons hoef ons nie te bekommer nie. Dis hy wat ’n studie van molle gemaak het en hy weet wat hy doen.

Maar hy doen niks. Hy staan net daar rond en order sy assistent.

Dié se naam hoor ons uit al die bevele, is Alfons.

“Alfons, bring die gassilinders. Alfons, bring die pomp. Alfons, bring dit; Alfons, bring dat.”

En toe moet Alfons die varsste gat oopgra en allie pype wat nodig is, aan die gassilinders skroef, en toe die pomp weer aan een van darie pype. En so kan Alfons dan uiteindelik die vernaamste pyp van al die pype in die molsgat steek en daarna begin pomp. Dis toe ’n gewone motorkarpomp.

Die affêre werk toe, soos dit my gelyk het, so lat Alfons van die een kant af pomp en dan stoot die gasse uit die bottels deur die koppelpype tot in die pyp wat in die gat ingesteek is.

En die beamptetjie staan en stel net aan die meters op die gasbottels. Dan’s dit te veel en dat te min, en dan weer annersom. Maar dis die hardste werk wat hy doen: net hier en daar ’n kraan oper of toeër draai.

En Alfons pomp.

Ek kyk later of die aarde nie swel nie.

En Alfons se keel fluit vannie moegheid amper ’n deuntjie. Maar die beamptetjie se niks. Hy weet kwansuis presies hoe lank daar gepomp moet word, want kort-kort kyk hy op sy horlosie, en dan staan hy eers weer ’n ruk so alwetend stil lat jy sou sweer hy weet presies hoe ver die mol nou al die gees aan ’t gee is.

So staan hy tot hy skielik sê: “Holt. Bring die graaf, Alfons, en kom grou hom uit.”

En ons staan nader om te sien hoe die afgestorwe mol lyk. En Alfons grawe. Maar daar’s geen teken van ’n mol nie. Alfons staan later tot by sy kieliebakke in die gat, so diep tonnel hy agter die mol aan. Dit lyk my skoon hy gra ’n graf. (Nou na jy my die storie orie fluitspeler vertel het, sou ek sê dis ’n gat minstens so groot soos die een wat daar in die berg oopgegaan het.)

En ek het darem nog bietjie moed gehad lat hy die een of anner tyd op die mol sou afkom, maar toe hy eers arikreukeldoppe begin uitgoi daar uit die gat uit, toe weet ek darie mol sal nog baie nageslagte hê as een van ons anner hom nie op ons manier van kant maak nie. Want dis nie net molle wat ons in hierdie stuk wêreld ken nie; ons ken ook die aarde onner ons voete. En ons weet lat die  arikreukeldoppe in die oertyd deur die strandlopers hierlangs weggegoi is, na hulle dit leeggeëet het. En daarna is die duine sand bo-oor gewaai, en dis in die lekker sand lat die molle hou. Wat sal ’n mol nou in die ou grond onner die doppe loop soek? So, ons wis die mol is veilig. En Alfons moes dit ook al begin dink het, want hy kyk taamlik moedeloserig daar onner uit die gat op vir sy baas en hy stamp met die graaf op die harde klip.

Die beamptetjie nie eens wat aan  die gang is nie, want hy het eenkant toe staan en kyk en deuntjie aan die fluit gewees — nou nie om die mol te probeer nader lok soos darie fluitspeler die rotte nie, maar om die tyd om te  kry. Want sy senewees moes hom teen die tyd al begin pla het. Maar hy sien toe tog wat Alfons gesien het. En wat ons geweet het en toe was hy haastig. Hy het net gespook om daar weg te kom. Toe order hy nie net meer nie, hy help ook. En so is hulle bedremmeld daar weg. Miskien het die ou beamptetjie darem geleer dat hy nog nie genoeg geleer het nie. Of dit wel gebeur het, sal ons maar moet sien as hy dalk weer eendag ’n demonstrasie kom hou, maar ek glo nie dit sal gou wees nie.

“Nee, Boeta, dit kan ek vir jou sê, darie fluitspeler van wie jy lees, kan vir molle fluit van petatlande en wortels en knolle vir alle molle, maar as hy hulle nie soeitjies een-een, en sonner musiek, voorlê nie, sal hy nie eers sien hoe een van hulle skop nie, wat staan dit nou nog uitkom!”  So maak oom Toppie sy storie van toepassing op die geskiedenis van die fluitspeler van Hameln.

“Vir ’n mol help geen masjienerie of fluite nie. Net met ’n .22 kry jy iets uitgerig, want die mol moet dood wees voor hy jou hoor. As jy die storie omkeer, is jou kys uit.”

Ek sê: “Ja, Oom, dit lyk my ’n mens kry nie alles in die lewe met ’n liedjie of’n fluit reg nie.”

“Dit sal fluit kos as jy net daarmee jou dinge in hierie wêreld wil regkry,” sê hy. “Want kyk nou die rotte en die molle: as jy die een nader fluit, fluit jy die anner een weg - nie om die deuntjie wat jy fluit hom afskrik nie, maar om hy nie van musiek hou nie. En eintlik nog erger as dit: enige geluid behalwe sy eie is vir hom dié van ’n vyand.” Ek sien oom Toppie maak klaar om aan te stryk, maar hy kom nie tot loop nie. Dis nes of hy nog iets wou sê, maar nie weet hoe nie.

“Waaraan dink Oom nou?” vra ek toe in die hoop dat die skelm ding ook kan naam kry.

“Nee,” sê hy, dink maar net daaraan lat ’n storie ’n wonnerlike ding is.

Maar ek sien dis nog nie die eintlike ding wat gesê wil word nie en ek bly kyk vir oom Toppie in sy oë. En toe probeer hy nog ’n keer.

“Sê my,” sê hy, “dink jy darie ou met die fluit sou vir die molle net so mooi kon geswye het as wat hy vir die rotte gefluit het? Ek bedoel: lat sy stilbly so ’n krag gehad het lat dit eintlik die molle kon getrek het.”

“Hoekom vra Oom so ’n snaakse vraag?” vra ek.

Toe lag hy.

“Ek wonner sommer hoe ’n mens soos jy die storie sou moes maak lat hy oor molle en nie oor rotte gaan nie . . . as jy, sê nou maar, wou gehad het lat darie ou met die fluit hierie Duine van molle moes kom skoon fluit.”

“Ek weet nie, Oom,” sê ek. “Al wat ek weet is dat ’n mens ’n fluit sou moes hê wat ’n stilte kan fluit. Of anders gestel: ’n mens sou moes ’n fluit hê wat alle geluid stil fluit.”

Toe skud hy sy kop en hy begin loop.

“Dan is ons ou manier tog nog die maklikste,” hoor ek hom sê.

En toe weet ek dat ’n storie oor fluitspel vir molle selfs ingewikkelder as die landbou-beamptetjie se apparaat sal wees om te bou. En as jy hom regkry, is hy nog altyd vir die ore van mense bedoel, en hulle hoor net wat hulle wil hoor.

Die werklike towerfluit wat ’n mens nodig het, smaak dit my, sou een moes wees waarmee jy tegelyk vir rotte van spek en rosyntjies, vir kinders van speelgoed en wafels, vir die van dit en vir darie van dat, en dan vir molle ’n stilte kon fluit.

Met so ’n fluit sou ’n mens vir almal ware geluk kon bring, of vreeslike ellende.

Opsoek na inligting?

  •  Indien u Gelofteland se daaglikse hoofartikel per epos wil ontvang, stuur u versoek na Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    _____________________

    BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 802 gaste aanlyn