NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

"Die bevalligheid is bedrog, en die skoonheid is nietigheid; 'n vrou wat die HERE vrees, sy moet geprys word." Spreuke 31:30

KORT VERTELLINGE - JAN SPIES (4)

Lees reeks by Kort vertellinge - Jan Spies

Sy is dalk hy en nie hy nie

’n Kennis van my wil my eenkeer met alle geweld aan kennisse van hom voorstel, want — dit kan nou nie hoër of laer nie — by die mense moet ek uitkom omdat hulle dan nou hulle is.

En al wat ek na ’n keer of twee se kuiertjie kan sê, is dat alle mense nie vir alle ander mense ewe interessant is nie, en dat ons almal nie ewe veel van dieselfde soort geselskap hou nie.

Want die man en vrou het met my wat hulle gas was, oor net mooi niks anders as oor katte gepraat nie, twee aande oor net bloot katte. Elke gesprek in hulle huis is een lang miaau.

Toe ons mekaar die eerste keer ontmoet, het ons sterre nog kwalik stoel gekry, toe vra die man: “Is dit nie twee pragtige katjies dié, wat ons te koop gekry het nie?”

En voor ek nog kon agterkom of die goed hoegenaamd na katte lyk, val die man daar weg om uiting te gee aan sy bekatte gemoed: Die twee katjies is vir hom en sy vrou so goed as die verwesenliking van hulle lewensideaal, want hulle het nog altyd katte van betekenis gehad. Die een kat net roemryker as die ander kat. En die een se geslagsregister indrukwekkender as die ander een s’n. En net so belangrik as elke kat is elke katnaam glo. Dis met die allervreeslikste inspanning wat so ’n naam uitgewik en -geweeg word. So het die laaste volwasse kat wat hulle gehad het, en wat nie lank tevore nie heengegaan het, geheet Die heer van ruitens.

Sy dood was ’n gevoelige slag, maar soos dit gelukkig in die lewe gaan - elke donker wolk het ’n silwer rantjie, herinner die kêrel my - het hulle nie deur dit alles alleen gestaan nie. Vanweë hulle behoortery aan ek weet nie hoeveel katteklubs nie, is hulle oorstroom met medelye. En dit was juis as gevolg van die begrip van andere dat hulle in die leë plek van Die heer van ruitens nou die twee katjies bekom het.

En uit hulle-twee, sê die man vir my, wil hy en sy vrou nou graag die kat van alle katte die lewenslig laat sien. Want sulke katte het hulle nog nie gehad vir kruisdoeleindes nie.

En om te bewys dat sy kattedroom nie ’n pypdroom is nie, gee hy my hulle geslagsregisters om na te kyk.

En ek moet sê, ’n mens se gedagtes loop wye draaie saam met daardie klomp name, en jy voel klein en bitterlik gewoon.

Die katmannetjie se oergrootjies, smaak dit my, moes party destyds in beroemde kattedrale muise gevang het. Ander het waarskynlik in die pakhuise van die H.O.I.K. die rotte onder beheer gehou. Een het glad, so lyk dit, saam met Big Ben gemiaau.

En die katwyfie se voorgeslag is van dieselfde stoffasie. Een het op die naam af iets te make gehad met Die koopman van Vinesië; ’n ander moes in kattekore rondom die Notre Dame gesing het. Party se onderonsies kon na betogings op Trafalgar Square geklink het. ’n Heel besondere een se naam is verweef met dié van ’n beroemde soort Persiese tapyt. Nog ’n grootjie se naam het die Slag van Waterloo help gedenk.

En so lees ek uit die twee katte se stambome iets van die roem van die eeue. En hulle-se baas en miesies druk kort-kort nog met die vinger onder ‘n naam wat die ander name in die ry na blote holle woorde laat klink.

Maar die twee katte oortroef in ’n sekere opsig selfs nog hulle so edel, adellike voorgeslag. Hulle is die enigste met Afrikaanse name, en dan ook nou nie sommer net Afrikaanse name nie, nee: Afrikaanse Bybelname.

Die mannetjie heet Koning Ahasveros van Susan II, en die tefie: Hadassa die mirt.

Ek sê: “Wel, ek weet darem nie so mooi nie, maar Bybelname vir katte?”

Die kêrel sê nee, ek verstaan die ding verkeerd. As hy en sy vrou die een of ander onmisbare kat die wêreld kan inkry, en die kat het ’n Bybelnaam, kan hulle mos hierdie ou mooi Afrikaanse tradisie in die katnaamkultuur van die aardbol ook ingedra kry. En buitendien, sê hy, hulle katte het regtig nie Bybelname wat aanstoot kan gee, soos Moses, Abraham of Samuel nie. Sulke name sou dalk ’n ietwat vreemd kon aandoen.

Ek sê: “Nou ja, goed. Maar daar is nog iets wat my hinder. Waarom is die naam van die mannetjie dan nie Koning Ahasveros II van Susan nie?”

Hy sê nee, dit sou nie kon nie, want die saak staan anders. Die kat is nie ’n afstammeling van Koning Ahasveros nie, en daarom is Ahasveros II ontoelaatbaar. Maar aan die ander kant is die kat ook weer nie die eerste Ahasveros nie, en daarom moet “die tweede” êrens in die naam ingewerk kom.

Die redenasie was vir my ietwat aan die ingewikkelde kant en omdat ek my onnoselheid op ’n manier moes probeer verberg, slaan ek toe maar met die gesprek oor na die wyfie toe.

Ek weet Ester se Hebreeuse naam was Hadassa, sê ek. Maar die storie van die mirt lyk vir my na ’n onnodige byvoeging.

En ek wou nog ’n redenasie aan die gang probeer kry, toe onderbreek die kêrel my op ’n wyse wat my laat voel het hy vrees dat ek oor die kat allergruweliks gaan ketter. “Nee-nee-nee,” se hy, “jy ken nie jou Bybel nie. Ons het geen toevoeging gemaak nie. Hadassa beteken ‘mirteboom’. En ons het gedag dit sou pragtig wees as ons die woordverklaring in die naam inbou.”

Ek sê vir hom: “Wel, dit verander die saak. En dis ook baie interessant, maar een ding weet ek: in die nag is alle katte grou.”

Ek sê vir hom: “Sou jy in die nag selfs ’n wese soos Hadassa die mirt in ’n boom kon vertrou?”

Ek sê: “Miskien verstaan jy nie heeltemal wat ek bedoel nie, maar dit klink vir my al of die naam dalk iets onedels in Hadassa sou kon suggereer. Want dis nou seker: een kat en ’n ander kat saam in dieselfde boom, en dit dalk in die nag, voorspel onheil.”

Hy sê nee, die noem van die boom is slegs ’n ligte aanspeling teen iets vrouliks.

En waarskynlik omdat hy bang was ek borduur verder voort op die bose moontlikheid, vra hy of ons werklik nie dink die katte het mooi en oorspronklike name nie.

Nou ja, ons is gaste en dis goed om gaaf te wees. Daarom stem ek toe maar saam. Die vriend wat my soontoe gedwing het, stem uit gewoonte buitendien met alles saam, soos toe ook die keer.

Maar Koning Ahasveros van Susan II kom klim daar teen my op, en hy begin maak naels skerp aan my baadjiemou. En dit was juis so ’n pluiïngrige pak. En daar sit die kat aan my vas, en ek begin haak sy naels een vir een los.

En ek wonder: Is dit Koning Ahasveros van Susan II?

En die nuuskierigheid raak my oor, en ongemerk probeer ek weet of ek reg is.

En wragtie, daar was dit al die tyd Hadassa die mirt.

Ek sê: “Lat ek my nou so misgis. Ek dag dis Koning Ahasveros van Susan  en nou sal ek sien dis Hadassa die mirt.”

Die kêrel sê: “Maar dit is Koning Ahasveros van Susan II.” Ek sê: “Jong, ek het met diere grootgeword.”

En ek vertel hom van die termelt wat van my vriende gehad het. Een gesin se Hieronymus en ’n ander gesin se Klaas het dit altwee reggekry om hulle huismense te verras.

Teen Klaas het ek betyds gewaarsku na hy een aand met sy potsierlike lyf op my skoot kom lê het. Van Hieronymus het ek eers gehoor toe haar baas verneem of ek nie in een van die kleintjies belang stel nie.

Nee toe maar, sê die man, katte is hy en sy vrou se lewe. As hulle nou nog nie weet nie . . . nou ja.

En uiteindelik na hoeveel verhale oor tot watter kleur strik watter kat by watter geleentheid om die hals kry, is ons daar weg.

En ek vergeet skoon van die kattekoninkryk tot die kêrel saam met wie ek daar was, my kom vertel dat die mense op ’n uitgebreide bootreis vertrek. En hy vra of ek nie wil saamgaan om hulle een aand te groet nie.

Ek sê toe ja, en ons kom daar en ek probeer oor alles behalwe katte praat.

Maar die mense lyk skoon verslae en vreeslik in die verleentheid. Ek sê toe maar later van nie meer weet wat om te sê nie: “Julle sien darem seker baie uit na die bootreis?”

Die kerel sê dis ten dele waaroor hulle so moedeloos is, want daar was ’n verskriklike katastrofe.

Ek het toe reeds snuf in die neus, maar hou my toe maar nie slim nie. En die kerel vertel.

Hulle was al so bitter bekommerd oor Koning Ahasveros van Susan II, want Hadassa die mirt het te pragtig gegroei, maar Koning Ahasveros van Susan II, wat moes manlik en sterk wees, het agtergebly — tenger en fyntjies.

En die dokter kon ook geen fout vind nie; hy sê net sy makeer niks.

Die man sê en hy help toe ook nie die arts reg deur vir hom te se dis Koning Ahasveros van Susan II nie.

Maar skielik, en sonder medisyne, begin Koning Ahasveros van Susan II aan hulle verwagtings voldoen. Die kat gaat aan’t groei en steek binne ’n kwessie van enkele weke vir Hadassa die mirt skoon verby. En gelukkig - maar daarmee het die ongeluk begin — merk hulle dat hy tog snaaks ontwikkel. En hulle is weer dokter toe. En daar sê die dokter sonder twyfel dat Koning Ahasveros van Susan II vir ’n groot vreugde in die huis gaan sorg.

Die man sê: “En van toe af was dit hier by ons net verdriet. Alles was gereël vir huisvesting en die regte voeding vir Koning Ahasveros van Susan II en Hadassa die mirt gedurende ons afwesigheid. Maar nou is dit alles gekanselleer sodat ons Koning Ahasveros van Susan II kan bystaan, en haar, as dit nodig mag wees, kan inneem dokter toe.”

Ek sê ja, die teleurstelling oor die bootreis kan ek goed begryp, maar nou het hulle tog darem die troos dat hulle naby aan Koning Ahasveros van Susan II is. Dit sou seker onverduurlik wees om êrens op die oseaan te moes sit met die bekommernis . . .

Die man sê: “Maar die bekommernis maak ons nog steeds gedaan. Veral oor die kleintjies. Hoe moet ons hulle registreer?”

Ek sê vir hom: “Maar man, dis tog maklik. Los die twee katte se papiere nes hulle is, en registreer die kleintjies daarvolgens. G’n haan sal daarna kraai nie.”

Ek sê: “Al wat julle vir julle eie gemoedsrus hoef te doen, is om Hadassa die mirt nader te laat identifiseer.”

“Ek weet,” sê die man, “maar ons kon nog nie die moed bymekaar geskraap kry om dit te laat doen nie. Ons is bang sy is nie hy nie.”

Opsoek na inligting?

  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 771 gaste aanlyn