NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Wysheid is om te weet wanneer om jou opinie te lug en wanneer om stil te bly. Oefen dit gerus!

KORT VERTELLINGE - JAN SPIES (15)

Lees reeks by Kort vertellinge - Jan Spies

Die dinges is ’n watsem

Ek en my vrou ry eenkeer by mense aan by wie ons vir jare nie ’n draai kon maak nie. En ons kom so teen skemeraand daar aan. En na ons die tante gegroet en vir haar gesê het ons vertoef so ’n bietjie om darem weer ’n slag ’n paar murgbene saam uit te stamp, toe het sy eers ’n rukkie nodig gehad om tot verhaal te kom van die blydskap. Want die mense het gewoonlik ook maar net mekaar se geselskap gehad en nie dikwels besoek ontvang nie.

En na sy eers so ’n rukkie geweifel het voor sy ons die huis innooi, miskien om sy gewonner het oor hoe sy die kuier moet aanvoor lat hy sy loop lekker kan neem, toe sê sy: “Nou maar kom, dan wys ek net vir julle waar die dinges is, lat julle kan watsem as julle wil. Ek het mos nou ’n dinges innie huis.” En sy wys ons die badkamer. Ek sê: “Dankie Tannie. Dit sal darem lekker wees om ’n slag die stof van ’n mens se gesig af te spoel.”

Sy sê: “Nou maar verskoon my, lat ek net die dinges opsteek en ’n bietjie watsem kook want julle is darem seker al lus vir ’n bietjie dinges.”

Toe ons na ’n rukkie by haar in die kombuis kom, sê sy: “Jy kan maar solank hier agter by die dinges deurloop. Die oom is daar innie watsem doenig met die dinges want dié se dinges is stukkend en ons wil more na die watsem toe dinges.”

Ek sê: “Dankie Tannie; ek sal oom Harmaans kry. Ek weet mos darem nog waar die motorhuis is.”

Maar ek wag toe maar eers vir die koffie, en toe loop ek na die waenhuis toe deur. En ek kom daar, en ek sê: “Naand, oom Harmaans.”

Hy sê: “Is dit tog nie dinges se watsem wat ek hier hoor nie?”

Ek sê: “Ja Oom, dis eie ek.”

Die ou beur toe so effe onner die kar uit, waar hy aan die werk was, en hy hou my die een hand se pols sodat ek nie vol teer moet word nie. En met die ander hand hou hy die liggie so dat ons mekaar darem op ’n manier kan sien. En ek groet ook vir Klein-Harmaans wat langs die kar staan en die rol van handlanger moet vervul.

Oom Harmaans skuif toe weer onner die kar in terwyl hy sê: “Jong, jy moet maar solank gesels lat ek hier kan aangaan want die watsem is in sy dinges in en ek moet môre hierdie stuk sinkplaatwatsem afdinges dorp toe.” En vir Harmaansie sê hy: “Harmaansie, vat hierso die watsem en dan lig jy daar vorie dinges en dan kyk jy vir my die watsem daar want hierie orige dinges draai innie watsem.”

En Harmaansie gee hom daar van voor die kar af ’n stuk gereedskap uit ’n bondel werkgoed wat daar op ’n sak lê. Maar sommer so op die voel af sê oom Harmaans: “Nee man, nou gee jy dan vir my die dingesgrip, en ek het jou die watsem gevra.”

Harmaansie sê toe: “O, ek het gedog die watsem is beter. Wag, ek gee vir Pa die dinges.” En hy bring hom die tang.

Maar toe begint word die oom warm. Hy sê: “Moet ek nou hier onnerie dinges uitwatsem om vir jou te kom wys hoe die dinges lyk? Gee my die watsem — ons het nie dinges nie en netnou watsem dinges lat ons moet kom dinges en jy ken vir dinges: sy’s watsem as ’n mens nie daadlik dinges as sy roep om te kom watsem nie.”

Vir ’n wyle skep hy toe eers asem, voor hy min of meer op dieselfde trant voortgaan: “Gee my die watsem, man. En maak dinges, jong. Jy weet tog die ou watsempie hier orie dinges se kop is te klein om die watsem by in te druk en hom vas te hou lat hy nie in sy dinges in in die rondte watsem nie.”

Ek se: “Jong, jou pa wil die skroewedraaier hê.”

Hy sê: “Nou waarom sê Pa nie Pa willie dinges hê nie?” Toe’s oom Harmaans glad nie meer lekker nie en hy smaak ook sommer na krag-maak: “Jy moet ophou watsem! Ek sal vir jou dinges; jy’s deesdae glads te watsem.”

Nou ja, uiteindelik het hy toe die boutjie uit, en die affêre in orde gewatsem en weer aanmekaar gedinges en toe vra hy ek moet tog asseblief in die dinges klim en die watsem trap en sê wanneer hy hom genoeg opgestel het.

En toe ons omtrent klaar is, toe roep die tante: “Pa-a, julle moet nou kom dinges.”

Hy skree toe trug: “Ja Ma, ek wil net my dinges met ’n bietjie watsem was.”

En hy laat suig toe vir Hermaansie ’n bietjie watsem met die watsem uit die dinges. En hy sê vir my: “Moet nou net nie jou dinges hier by my opsteek nie; dan slaan ek anie watsem.”

Aan tafel is daar toe vir die ’n bietjie dinges en vir darie ’n stukkie watsem aangegee tot ons almal geholpe was, en die oom sê: “Nou toe, hou toe julle dingese, lat ons watsem.”

En toe was dit vreeslik snaaks toe hy reg bid, want ek het in my sondigheid verwag: “Segen Watsem, gee ons dinges.”

Opsoek na inligting?

  •  Indien u Gelofteland se daaglikse hoofartikel per epos wil ontvang, stuur u versoek na Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    _____________________

    BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1408 gaste aanlyn