Nuutste bydraes

GEDAGTES VIR ELKE DAG

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Moenie van jou geleenthede probleme maak nie, maak eerder van jou probleme geleenthede.  En daarvoor moet jy miskien nie te ver vorentoe kyk nie.  Dit kan jou straks neerslagtig maak.  Kyk liewers boontoe en onthou dat die toekoms so helder soos God se beloftes is.

VEROOTMOEDIG SA!

BID VIR ONS VOLK EN ONS LAND

DIE TYD IS NABY...

Ds Andrè van den Berg

“As Ek die hemel toesluit dat daar geen reën is nie, of as Ek die sprinkaan beveel om die land af te eet,  of as Ek pes onder my volk stuur, en my volk oor wie my Naam uitgeroep is, hulle verootmoedig en bid en my aangesig soek en hulle bekeer van hul verkeerde wee, dan sal Ek uit die hemel hoor en hulle sondes vergewe en hulle land genees” 2 Kron.7:13+14                         

2 Kron.7 vertel die verhaal van die skouspelagtige inwyding van die tempel in Jerusalem en die feeste wat daarna plaasgevind het.  Nadat al die feesgangers huis toe is, het God een nag baie ernstig met koning Salomo oor Israel se toekoms gepraat.   God het geweet dat dieselfde feesvierende volk so afvallig van Hom sou raak, dat die koninkryk in twee sou skeur.   Salomo was die laaste koning van die gesamentlike ryk.

In die twee teksverse gee God vir Israel vroegtydig ʼn voorskrif vir hul genesing, amper soos ʼn dokter wat vir ʼn pasiënt sê dat hy baie siek gaan word en solank ʼn voorskrif vir genesing gee.

  In vers 13 waarsku God dat Hy ongehoorsaamheid met droogte en plae (sprinkane) straf en in vers 14 sê Hy vir Salomo hoe om sulke rampe te vermy – deur nasionale verootmoediging.

Luister hoe mooi praat God van Israel.  Hy noem hulle: “...my volk oor wie my Naam uitgeroep is”. God praat nie hier met verlorenes nie want verlorenes het nie verootmoediging nodig nie, maar eerder bekering.   Verootmoediging vra van gelowiges om deur verootmoediging van hul valse trots ontslae te raak.  En dit was Israel se kernprobleem - valse trots.  Omdat hulle die uitverkore volk van God was, het hulle geglo dat hulle beter as ander volke was en nie vir hul verkeerde optredes gestraf sou word nie.   God sou ander pad kyk.

Dis wat valse trots aan mense en volke doen!  Die Hebreeuse woord vir trots beteken om soos die see-gety op te stoot. Jy raak vol van jouself en sê: “Ek het God nie in my lewe nodig nie.  Ek kan my eie potjie krap en self besluit hoe ek my lewe wil lei” Valse trots verteer nie net enkelinge nie, maar ook gemeentes soos dié in Laodicea: “Want jy sê: Ek is ryk en het verryk geword en het aan niks gebrek nie...” (Openb.3:17).   Laodicea wou sonder God oor die weg kom en het selfs goed daaroor gevoel!

Mense wat in die wurggreep van valse trots verkeer, luister nie na God nie. “Ore het hulle, maar hoor nie. ” (Ps.115:17).  Daarbenewens is hulle soos die Fariseërs net op eie belange ingestel en smag na erkenning.  Trotsaards is ook ondankbare mense wat hulle nie maklik laat teregwys nie en weier soos ʼn Jona van ouds om God se opdragte uit te voer.

God haat valse trots en eis van gelowiges om hulself eerder voor Hom te verneder.   Die Hebreeuse woord vir verneder beteken om die knie te buig soos om onder God se gesag te kom.  Paulus skryf aan die Filippense: “...sodat in die Naam van Jesus sou buig elke knie van die wat in die hemel en die wat op die aarde is, en elke tong sou bely dat Jesus Christus die Here is....” (Fil.2:10,11).   En dis die vertrekpunt van verootmoediging – om voor God te buig.

In vers 14 sê God dat Israel baie ernstig moet bid.  Sy was te trots op haarself.   Valse trots maak mense biddeloos.  Hulle sien die nodigheid van gebed nie in nie omdat hulle reken dat hulle op hul eie goed oor die weg kom.   Nee, sonder Christus kom niemand goed oor die weg nie.   In Joh.15 sê Jesus dat gelowiges soos die lote in die wynstok is.  Sonder Hom, die ware Wynstok, is daar vir lote geen lewe nie.  Dit wat buite die wynstok is, is net goed vir brandhout.  Wie sonder Christus sterf, gaan vuur toe!

Valse trots laat mense op hul eie vermoë staat maak en leun hulle nie in gebed op Jesus nie.   Gelowiges daarenteen is deeglik van hul eie onmag bewus en leun daagliks in die gebed op die Een aan wie alle mag in die hemel en op die aarde behoort: Jesus Christus.   Wie nie op sy knieë leef nie, sterf op sy voete!

In die tweede teksvers vra God dat Israel iets baie belangrik moet doen: “...en my aangesig soek.” Dis ʼn Bybelse uitdrukking wat beteken om in God se rigting te draai.   Sonde laat ons van God af wegdraai.   Ons moet deur verootmoediging na Hom toe terug draai.

Pasop vir sonde!  Wie met sonde volhard, keer God later die rug toe en dra die gevolge van sy straf soos wat met Israel nie baie jare na die inwyding van die tempel gebeur het!   Daarom is verootmoediging uiters belangrik - die mens wat deur selfondersoek doelbewus na God toe omdraai soos wat koning Dawid na sy sondes gedoen het.  Ons hoor hom in Ps.139 bid:   “Deurgrond my, o God, en ken my hart; toets my en ken my gedagtes; en kyk of daar by my ʼn weg van smart is, en lei my op die ewige weg” (:23,24).

Die laaste vereiste wat God daardie nag vir Salomo vir Israel se volksherstel gee, is: “... hulle bekeer van hul verkeerde wee”. Wie sy verkeerde weg verlaat, ervaar God se heiligheid in sy lewe.  Dit geld ook vir volke.

Een ding waaroor die Bybel baie duidelik is en wat ons volk al te duidelik nie verstaan nie is dat daar geen veiligheid sonder heiligheid aan die suidpunt van Afrika kan wees nie.   Ons gee aan onheiligheid die groen lig!   As daar nie genoeg geld vir welwillendheid is nie, word dobbelary gewettig en mense aangemoedig om die Lotto te speel.  As tienerswangerskappe die hoogte inskiet, leer verbondsouers nie hul kinders om heilig te leef soos hulle met die doop beloof het nie, maar eerder om voorbehoedmiddels vroegtydig te gebruik.  So ook met die VIGS-epidemie.  Mense word nie geleer om uit eerbied vir God kuis te leef nie, maar om die sonde met die minste moontlike nadele te geniet.

Wat van sedelike vergrype en gruwels soos homoseksualisme?   Waarsku kerke nog enigsins daarteen?   Bitter min!   Sommige praat dit selfs goed en beskou dit as ʼn alternatiewe vorm van erotiese liefde.   Geen wonder dat God hierdie land van ons so straf nie!    Kerke sleep dan die kosbare naam van ons Here Jesus Christus bewustelik deur die sonde-modder!

Die Bybel waarsku sulke kerke baie duidelik: “...mense wat – al ken hulle die verordeninge van God goed, dat die wat sulke dinge doen, die dood verdien – dié dinge nie alleen self doen nie, maar ook hul goedkeuring skenk aan die wat dit doen” (Rom.1:32).

Ons voel die straf van God vandag aan ons lyf - ons land is kurkdroog.  Almal smag na water – mens, plant en dier.   Desondanks het ons ʼn geestelik reën, ʼn berouvolle terugkeer na God, baie meer nodig.   Daar is vir ons net een uitweg uit hierdie verval;  draai om, terug na God toe!  Salomo skryf: “Hy wat sy oortredinge bedek, sal nie voorspoedig wees nie; maar hy wat dit bely en laat staan, sal barmhartigheid vind” (Spr.28:13).

Hierdie belofte uit Salomo se pen stem met 2 Kron.7:14 ooreen: “ ...dan sal Ek uit die hemel hoor en hulle sondes vergewe en hulle land genees” . Voordat herstel kan geskied, moet mense eers skoon kom.  Luister spesifiek na God se reaksie in vers 14 op verootmoediging: “ ...dan sal Ek uit die hemel hoor en hulle sondes vergewe en hulle land genees”. Eers hoor Hy, dan maak Hy skoon; daarna herstel Hy.

Let op die woorde: “...en hulle land genees”. Die klem val op die woord genees. Die Hebreeuse woord vir genees beteken om iets aan mekaar te werk.   Heidenregeerders en ontspoorde kerke het ons land stukkend gemaak.   Dit wat aan mekaar was, is nie meer aan mekaar nie.   Daar is baie om aan mekaar te werk!

Kom ons bid vir ʼn volksbekering dat ons volk en al die ontspoorde kerke tot hul sinne sal kom en ophou sondig.   Die Boerevolk moet tot bekering kom!   Bekering is interessant genoeg nie oorspronklik ʼn godsdienstige term nie.   Dit kom van die ou swerwende nomade wat sonder landkaarte deur onherbergsame landstreke en woestyne getrek en maklik kon verdwaal het.   Hoe het hulle geweet dat hulle aan die verdwaal was?  As die omgewing waardeur hulle getrek het geleidelik vreemd begin word het.  Dan het hulle van rigting verander.

En dis wat bekering is – om van rigting te verander.  Die gelykenis van die Verlore Seun onderstreep dit.  Eers toe daardie knaap tussen die varke beland het, het hy agter gekom dat sy rigting verkeerd was.  Daarna maak hy die nodige verandering wat hom by sy vaderhuis laat uit kom.

En dis wat hierdie volk van ons moet doen.  Kom ons bid vir ons volk en ons kurkdroë land dat God sal vergewe en in sy grote genade die sluise van die hemel oor ons sal ooptrek.

Amen!

U soek na?

  • HOU VAKANSIE IN MOSSELBAAI !

    Baie netjiese vakansie-akkommodasie in Fraai Uitsig, Kleinbrakrivier, Mosselbaai Munisipaliteit. Twee kilometer vanaf Kleinbrak en Tergniet se swemstrande en ongeveer 10 kilometer vanaf Hartenbosch. Pick n Pay binne loopafstand.
    Kliek hier vir volledige inligting en foto's: OPSOEK NA BEHUISING VIR VAKANSIE?
     
    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________
     
    SKAARS BOEKE TE KOOP
    C J LANGENHOVEN 16 VOLUMES
    FAK-SANGBUNDEL 1 VOLUME
    Hierdie 16 volume Langenhoven-stel is 'n goedopgepaste kosbare versamelstuk. Dit beslaan die volledige inhoud van Langenhoven se bundels soos Sonde met die Bure; Loeloeraai; Herrie op die ou Tremspoor; Doppers en Filistyne; en al die kosbare stories uit die pen van Langenhoven.
    Die FAK-sangbundel is ook in goeie toestand en kan saam of apart van die Langenhovenstel gekoop word.
    Eienaar moet na 'n kleiner woonplek verhuis en vra 'n redelike aanbod vir sy boeke.
    Die aanbevole waardasieprys vir die Langenhovenstel is R1600.00; en vir die FAK R100.00
    Koerierkoste sal bykomend wees.
    Kontak

    Chris Carstens

    Sel no 082 954 3383

    Epos adres

    chris.carstens

    @vodamail.co.za

    ___________
    DIGBUNDELS:
      'n Versameling van 4 elektroniese bundels - 226 gedigte @R350.00:  
    Vir alle navrae  skryf aan 
    Amanda
    @waterstrome.co.za
    Uittreksel uit:
    'n Nasie in Pyn:
    ...Saam sal die hele wêreld vir hulle bid.
    Saam sal ons met pyn in ons harte sit.
    Mag hulle berus in u wil
    Mag hulle voor U verstil.
    _________
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    'n Boek getiteld DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK - Christen Teokratiese Separatisme, uit die pen van ds AE van den Berg, het  in gedrukte vorm verskyn. 
    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.  
    DIE
    VOLMAAKTE REPUBLIEK - Christen Teokratiese Separatisme, bring helder perspektief oor rasseverskille en die natuurlike skeiding van rasse wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte aan geestelike transformasie wat landsburgers van denkrigting sal laat verander en van al die sogenaamde polities-korrekte onregte en gewaande vryheid waarmee hulle belas word, sal bevry.
    Lesers word aangemoedig om hulle daadwerklik vir 'n Christen-teokrasie in 'n volmaakte republiek te beywer deur sinvolle besluite te neem in die lig van God se Woord, en onophoudelik te bid dat dit spoedig hier aan die suidpunt van Afrika verwesenlik word. Politiek is 'n saak van erns en harde werk waardeur wet en orde gehandhaaf word en durf nie in eerlose hande gelaat word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel, iets wat op staatkundige gebied slegs in 'n Christen-teokratiese bestel tot sy reg sal kom.

     

    U kan hierdie boek bestel by
    ds AE van den Berg
    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com
    Prys: R50-00

     
  • BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    ('n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 'n Nuwe Trek (Exclusive Books) Prys: ZAR180

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is by http://tinyurl.com/lx9vrs8

    ... en loot.co.za dit verkoop teen R169 http://tinyurl.com/l26h6jl

    ... kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD


    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    JULIE 2013

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. 

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2 NOU BESKIKBAAR

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
    of skakel hom by
    074 967 5187


    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  • Kliek op DIE CHARISMATIESE GEVAAR om meer oor hierdie boek te wete te kom Lees verder...  
  • FILM OOR DR HF VERWOERD

    Kyk by hierdie skakel http://youtu.be/TcO3zPF8998

      na die kort film oor dr HF Verwoerd.   
    Dit kan ook direk bestel word by Riaan: +27823712682 of by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
     

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

 

'N BIETJIE LANGENHOVEN:

Ek sê nie al die suur mense is Fariseërs nie, maar naastenby al die Fariseërs is suur. In alle geval, solank hulle onthou om Fariseërs te wees. Want dis ook 'n inspanning.
Verbeel jou 'n wêreld sonder 'n skaterlag, sonder eens 'n glimlag. 'n Hemel op aarde, sal die Fariseër sê. Uit so 'n hemel sou ek wou wegloop hel toe.

Die man wat ek na soek, is nie dié wat die minste foute maak nie, maar dié wat die meeste foute régmaak.

Slaap laat solank as jy jou eie baas is en daar sal 'n tyd kom wanneer 'n 'n baas jou sal laat vroeg opstaan.

Ontydige vlyt is die merk van die luiaard. Dis sy verskoning vir ontydige rus.

Ons reken ons geluk vir ons loon en ons straf vir ons ongeluk.

Welvaart is die  dogter van matigheid en die moeder van weelde.

My swaarste pad trap ek self vir my plat, en die swaarste is die wat my voete nooit vat.

Daar is geen kuns by sukkel en geen sukkel by kuns.

Die boer wat nie saai nie sal nie misoeste kry nie, maar hy sal geen goeie ook kry nie.

Het die daeraad lief en die dag sal jóu liefhê.

'n Man wat werklik oor homself baas is, is nooit die kneg van 'n ander nie.

Dis die flukse perd wat flou word. Meer moeite as wat die vlytige het vir sy loon, het die luiaard verniet.

Op die ou end werk die vlytige man vir homself, die luiaard vir 'n ander.

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Kla net oor jou kooi as dit 'n ander is wat dit vir jou opgemaak het.

Hoe korter jy jou kuier maak, hoe gouer sal jy weer genooi word.

Om my naaste lief te hê is vir my 'n sware gebod. Met die mense daargunter kry ek dit nog op 'n manier reg.

Jy sê "ja" waar jy moes "nee" gesêhet omdat jy die ander nie wil aanstoot gee nie. Maar eken hoe het hy jou aanstoot gegee met sy versoek!

Aan 'n nuwe wa kan jy sien of dit 'n goeie skilder was; aan 'n oue of dit goeie wamaker was.

Trek liewer vir jou vriend jou broek uit as om vir hom vir 'n baadjie borg te staan. Anders loop julle naderhand albei nakend.

Die vriendskap wat jy moet koop is 'n duur artikel. Jy sal nie weer jou prys kry as jy dit van die hand wil sit nie.

Moenie vriendskap en besigheid meng nie – jy bederf albei.

'n Man wat nie vyande het nie deug nie vir 'n vriend nie.

Maak jou vriendelikheid goedkoop en hou jou vriendskap duur.

Moenie jou vriend vergeet nie; dit sal hom seermaak. Maak jou vyand daarmee seer.

'n Skare is 'n versameling van eensames.

Stuur die luiaard na die miere, en as hy nie te lui is om te gaan nie sal hy te lui wees om weer terug te kom.

Dis net so moeilik om maklikheid in die ou wêreld te kry as wat dit maklik is om moeilikheid te kry.

Waardeer die werk van jou vrou. Jy kan nie op die aarde 'n ander kneg kry vir dieselfde diens en dieselfde prys nie.

Met spaarsaamheid sal jy uit die kleinste inkomste iets oorhou; met verkwistery sal die grootste vir jou te min wees.

Besorg jou eie boodskap en reken die moeite teen dit wat die misverstand jou sou gekos het.

Het die ryk man nodig om so suinig te wees? Maar hy is nie 'n ryk man wat suinig geword het nie; hy is 'n suinige man wat ryk geword het.

Help jou swakke mededinger op die bene bly.  As hy tot niet gaan, kom daar dalk 'n sterke in sy plek.

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES (7)

(Lees die reeks by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

  • Die adderbyt van naberou is verskriklik (Naberou is ontstellend.)
  • Hy het hom in 'n addergebroedesel begewe (Hy was tussen 'n groep nydige, aanvallende mense.)
  • Sy het hom adieu toegeroep (Sy het vaarwel gesê.)
  • 'n Adres van adhesie is 'n geskrif waarin instemming betuig word met 'n versoek.
  • Jy is nou by die verkeerde adres (Jy soek die oorsaak van die kwaad by die verkeerde persoon.)
  • Dit was advokatery (Dit was regskundige uitoorlêery.)
  • Hy sal die werk weer afbroddel. (Hy sal knoeiwerk of slordige werk verrig.)
  • Sy wil elke takie afbrom (Sy kla die hele tyd terwyl sy werk.)
  • Jy kan nou maar afdans (Jy kan nou maar skoert.)
  • Moet hom nie op sy verdienste afdwing nie (Moet hom nie verkleineer nie.)
  • Die ou werkie draf ek gou af (Ek sal dit sommer gou afhandel.)
  • Hulle wil die rusie afdrink (Hulle wil vrede maak.)
  • Sy het soms baie affêrinkies (Sy is dikwels vol nukke en nonsens.)
  • Hy sal wel weer geld van haar affutsel (Hy sal dit op 'n oneerlike manier van haar kry.)
  • Daar kan niks van afgaan nie (Dit kan nie ontken word nie.)
  • Hy sal 'n afgehekste loesing kry ('n deeglike pak slae.)
  • Sy is 'n afgelekte meisie (Sy het al baie kêrels gehad.)
  • Jy lyk so afgesak (Jy lyk baie moeg.)
  • Hy het afgetop gelyk (Hy het verleë gelyk.)
  • As jy iets van hom wil hê sal jy dit moet afgoël (Hy is so suinig!)
  • So 'n afhaler is onnodig ('n Onnodige belediging.)
  • As dit afhang moet ons dit maar opbind (Skertsend wanneer iemand gedurig begin met "Dit hang af..."
  • Na elke partytjie is hy babalaas ( dan ly hy aan die gevolge van te veel alkohol).
  • Daar was 'n Babelse gegons van stemme (Almal het gelyktydig gepraat).
  • Dit was 'n Babelse verwarring (Dit was baie deurmekaar).
  • Hy sal weer mooi broodjies kom bak (Hy sal kom vlei en mooipraat om sy doel te bereik),
  • Hulle eet nie uit een bak nie (Hulle is nie vriende nie).
  • Sy het hom 'n bak gewys (Sy het hom onvriendelik tereggewys).
  • Gou by die bak maar lui by die vak (Hy is eerste daar waar iets te ete is maar traag as hy moet werk).
  • Hy maak sy hande bak (Hy kom bedel iets).
  • Ons moes bak staan (Ons moes hard werk).
  • Dit was sommer 'n bakerpraatjie (Dit was 'n skinderstorie).
  • Jerusalem is die bakermat van die Christelike Kerk ( Dis waar dit begin het. 'n Bakermat was 'n mandjie waarin die baker – die vrou wat 'n pasgebore baba versorg het – die kindjie op haar skoot voor die vuur versorg het).

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1250 gaste aanlyn