Nuutste bydraes

GEDAGTES VIR ELKE DAG

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Ek het my hande die hele dag uitgebrei na 'n opstandige volk wat wandel op 'n weg wat nie goed is nie, agter hulle eie gedagtes aan, 'n volk wat My gedurigdeur in die aangesig terg... Ek sal nie swyg nie, tensy Ek dit vergeld het... Ek sal doen ter wille van my knegte, om nie alles te verniel nie...  maar julle wat die HERE verlaat... Ek sal julle bestem vir die swaard, en julle almal sal buig om geslag te word - Jesaja 65.

16 DESEMBER

Hoe kom ons die Gelofte van 1838 na?

Jaar na jaar kom duisende volksgenote oor die lengte en breedte van ons land op verskillende plekke byeen om die Gelofte van 1838 te herdenk, en om deur die gesamentlike herhaling daarvan of die stilswyende nasê van ’n voorganger, dit weer af te lê. Daarmee verbind ook ons geslag ons telkens tot die Gelofte en aanvaar ons die verpligting om dit wat ons daarmee belowe, na te kom.

Die Gelofte bevat vier ondernemings:

• Dat ons die dag en datum elke jaar as ’n dankdag, soos ’n Sabbat sal deurbring,

• en dat wij een tempel tot Zijn eer stichten zal, waar het Hem zou behagen (die standaard Afrikaanse vertaling hiervan laat te veel aan betekenis verlore gaan),

• en dat ons ook aan ons kinders sal sê dat hulle met ons daarin moet deel tot nagedagtenis ook vir die opkomende geslagte; en

• dat die roem en die eer van die oorwinning aan Hom gegee sal word.

Die vier ondernemings vorm ’n eenheid wat gesamentlik en elkeen afsonderlik één doel het, naamlik dat die eer van sy Naam verheerlik sal word. Versuim om selfs net van die bepalings van die Gelofte na te kom, word geag ’n verbreking van die hele Gelofte te wees.

’n Soortgelyke beskouing word in die Bybel gehuldig met betrekking tot die Wet van God, oftewel die Tien Gebooie. Dit bestaan weliswaar uit 10 afsonderlike bepalings, dog die Bybelse uitgangspunt is dat dit één wet is wat in sy geheel oortree word wanneer die mens sommige bepalings daarvan ignoreer of oortree. Jak. 2:10 stel dit duidelik: “Wie die hele wet onderhou, maar in een opsig struikel, het aan almal skuldig geword.”

Gedagtig hieraan, is dit goed om vir onsself kortliks rekenskap te gee oor ons volk se nakoming van die 1838-gelofte.

Wat die deurbring van die dag en datum elke jaar as ’n dankdag betref, is daar geen verskoning vir enigiemand om nie die dag op gepaste wyse te herdenk nie. Daar is ’n groot aantal geloftefeeskomitees in die land wat jaarliks herdenkingsgeleenthede reël. Boonop is daar ook talle gemeentes wat dit doen, en as nie een daarvan binne bereik is nie, behoort individue en gesinne dit in hul tuistes te doen. Terwyl duisende volksgenote wel die dag onderhou, is dit voorwaar betreurenswaardig dat soveel mense wat hulleself Afrikaners noem, geen erg daaraan het nie en hulleself deur hulle ongeërgdheid prakties van ons volk afsny. Dit geld ook vir mense wat nie meer Geloftedag onderhou nie, maar in die plek daarvan ’n Versoeningsdag vier.

Die stigting van ’n tempel tot God’s eer was nie afgedaan met die oprigting van die geloftekerkie in Pietermaritzburg nie, en ook nie met die oprigting en inwyding van die Voortrekkermonument in 1949 nie.

Daar is eenstemmigheid onder baie volksgenote dat die ietwat “vreemde” bewoording “dat wij een tempel tot Zijn eer stichten zal, waar het Hem zou behagen”, ’n groter betekenis het as net die oprigting van ’n gebou. Aldus wyle ds. Mossie van den Berg:

“Deur die verbintenis om ’n tempel te stig, neem die Geloftevolk voor die Here medeverantwoordelikheid om, as hulle uitgered word, ’n kerk en ’n deurlopend heilsame kerklike versorging van die volksgemeenskap tot stand te bring, wat uiteraard ook die oprigting van ’n doelmatige plek van samekoms, dit is ’n kerkgebou, insluit; en nie net eenmalig op een plek nie, maar ‘waar dit Hom behaag’.

“Dat hierdie heilsame proses van ‘stigting’ voortdurend volgehou word in die lewe van die volk, daartoe is die Geloftevolk as volk (buite sy kerk om) teenoor die Here verbind”.

Kortom: dié bepaling word verstaan as ’n verbintenis van ons volk om ’n Godvresende en Skrifgehoorsame volkshuishouding daar te stel en te onderhou, met ander woorde om ’n lewende tempel tot eer van God te wees. “Word die volk hieroor traak-my-nie-agtig, raak hy versoen met godsdienstige neutraliteit... en het hy klaar opgehou om Geloftevolk te wees.”

Die feit dat ’n heidense oftewel antichristelike owerheid tans die land regeer, onthef ons volk nie van die verpligting om ’n Christelike volkshuishouding te bou nie. Al regeer volksvreemdes die land, is hulle in elk geval nie óns regering nie.

Die bepaling “dat ons ook aan ons kinders sal sê dat hulle met ons daarin moet deel tot nagedagtenis ook vir die opkomende geslagte” verseker (indien ons dit nakom) dat elke volgende geslag met kennis van die gelofte en die erns en betekenis daarvan grootword. Maar waar hoor hulle daarvan? Danksy die CVO-skole word die leerlinge daar toegerus met kennis van ons volksgeskiedenis, dog verreweg die meerderheid van ons kinders bevind hulle in die staatskole waar ’n volksvreemde geskiedenis aan hulle opgedwing word.

Vorige geslagte het graag oor die volkslewe en die Goddelike wonders wat in ons geskiedenis plaasgevind het, gepraat. Ongelukkig is belangstelling daarin mettertyd verdring deur ander dinge soos geld en sport, want vir ’n materialistiese volk wat sy roepingsbesef kwytgeraak het, is die verlede verby, en wat kan tog belangriker wees as rugby?

Hedendaags is die jaarlikse Majuba-herdenking en veral die Geloftefeeste omtrent die enigste plekke en geleenthede waar ernstig oor die dieper dinge omtrent ons volk se roeping en bestemming besin word. Die gebruik om by geloftefeeste nie net ’n erediens te hou nie, maar ook ’n feesrede waartydens die historiese gebeure in besonderhede oorvertel en vertolk word, het ten doel dat ons en ons kinders sal leer watter belangrike plek die Gelofte in ons volkslewe inneem. Hieroor skryf prof. Adriaan Pont reeds in 1973: “Geloftedag (het), vanweë die toesprake wat op dié dag gehou is, al meer en meer aan inhoud en betekenis gewen. Daarby is dit opvallend hoe verskillende, belangrike momente in die geskiedenis van die Afrikaner ook by Geloftedag betrek is sodat dié dag algaande ’n steeds wyer en omvattende betekenis gekry het.” Tereg merk hy dan ook op dat “die gelofte van 1838... ’n baie belangrike, ja selfs ’n beslissende bydrae gelewer (het) om die Afrikanervolk in ’n bepaalde vorm te giet en hom op ’n bepaalde koers te hou.”

Om net ’n kerkdiens te hou (waartydens soms maar baie oppervlakkig en rakelings na die historiese besonderhede verwys word), verskraal Geloftedag tot ’n soort ekstra Sondag, terwyl die ryke bedoeling van die gelofte totaal gemis word. Dit is daarom ook ’n slegte en betreurenswaardige gewoonte wat sommige mense openbaar om op Geloftedag slegs die erediens by te woon en dan met hul kinders te verkas. Sodoende ontneem hulle hulleself en hul kinders van die geleentheid om daardie broodnodige kennis van die geskiedenis en die volle betekenis van die Gelofte te hoor. Mens vra jou af: wat word dan van die onderneming om die opkomende geslag op te voed en met ons daarin te laat deel? Hoe sal die opkomende geslagte kan begryp hoe groot die bedreiging was wat die Voortrekkers, die Groot Trek en ons volk in sy wordingsjare op daardie tydstip in die gesig gestaar het as hulle dit nie hoor nie? En as hulle dit nie weet nie, wat sal hulle dan oortuig dat die oorwinning by Bloedrivier ’n wonderdaad van God was en nie maar ’n geval van vuurwapens teen assegaaie nie? Sonder dié kennis verarm mense se begrip van die saak tot die basiese wete dat êrens in die verlede die Voortrekkers ’n geveg teen die Zoeloes gewen het — net maar een van vele gevegte wat in die verlede plaasgevind het toe ons die Swartes se grond met geweld van hulle afgeneem het, soos die kommunistiese propaganda-masjien die opkomende geslag leer.

Te midde van die leuenpropaganda wat ons oorspoel, is diepgaande kennis en verstaan van die geskiedenis uiters belangrik om ons teen sulke propaganda weerbaar te maak en ons te laat besef dat ons volk ’n blywende verbond met God gesluit het, wat Hy aanvaar het toe Hy aan ons voorouers die wonder-oorwinning by Bloedrivier geskenk het.

NAMENS DIE HERSTIGTE NASIONALE PARTY VAN SA

U soek na?

  • HOU VAKANSIE IN MOSSELBAAI !

    Baie netjiese vakansie-akkommodasie in Fraai Uitsig, Kleinbrakrivier, Mosselbaai Munisipaliteit. Twee kilometer vanaf Kleinbrak en Tergniet se swemstrande en ongeveer 10 kilometer vanaf Hartenbosch. Pick n Pay binne loopafstand.
    Kliek hier vir volledige inligting en foto's: OPSOEK NA BEHUISING VIR VAKANSIE?
     
    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________
     
    SKAARS BOEKE TE KOOP
    C J LANGENHOVEN 16 VOLUMES
    FAK-SANGBUNDEL 1 VOLUME
    Hierdie 16 volume Langenhoven-stel is 'n goedopgepaste kosbare versamelstuk. Dit beslaan die volledige inhoud van Langenhoven se bundels soos Sonde met die Bure; Loeloeraai; Herrie op die ou Tremspoor; Doppers en Filistyne; en al die kosbare stories uit die pen van Langenhoven.
    Die FAK-sangbundel is ook in goeie toestand en kan saam of apart van die Langenhovenstel gekoop word.
    Eienaar moet na 'n kleiner woonplek verhuis en vra 'n redelike aanbod vir sy boeke.
    Die aanbevole waardasieprys vir die Langenhovenstel is R1600.00; en vir die FAK R100.00
    Koerierkoste sal bykomend wees.
    Kontak

    Chris Carstens

    Sel no 082 954 3383

    Epos adres

    chris.carstens

    @vodamail.co.za

    ___________
    DIGBUNDELS:
      'n Versameling van 4 elektroniese bundels - 226 gedigte @R350.00:  
    Vir alle navrae  skryf aan 
    Amanda
    @waterstrome.co.za
    Uittreksel uit:
    'n Nasie in Pyn:
    ...Saam sal die hele wêreld vir hulle bid.
    Saam sal ons met pyn in ons harte sit.
    Mag hulle berus in u wil
    Mag hulle voor U verstil.
    _________
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    'n Boek getiteld DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK - Christen Teokratiese Separatisme, uit die pen van ds AE van den Berg, het  in gedrukte vorm verskyn. 
    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.  
    DIE
    VOLMAAKTE REPUBLIEK - Christen Teokratiese Separatisme, bring helder perspektief oor rasseverskille en die natuurlike skeiding van rasse wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte aan geestelike transformasie wat landsburgers van denkrigting sal laat verander en van al die sogenaamde polities-korrekte onregte en gewaande vryheid waarmee hulle belas word, sal bevry.
    Lesers word aangemoedig om hulle daadwerklik vir 'n Christen-teokrasie in 'n volmaakte republiek te beywer deur sinvolle besluite te neem in die lig van God se Woord, en onophoudelik te bid dat dit spoedig hier aan die suidpunt van Afrika verwesenlik word. Politiek is 'n saak van erns en harde werk waardeur wet en orde gehandhaaf word en durf nie in eerlose hande gelaat word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel, iets wat op staatkundige gebied slegs in 'n Christen-teokratiese bestel tot sy reg sal kom.

     

    U kan hierdie boek bestel by
    ds AE van den Berg
    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com
    Prys: R50-00

     
  • BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    ('n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 'n Nuwe Trek (Exclusive Books) Prys: ZAR180

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is by http://tinyurl.com/lx9vrs8

    ... en loot.co.za dit verkoop teen R169 http://tinyurl.com/l26h6jl

    ... kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD


    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    JULIE 2013

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. 

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2 NOU BESKIKBAAR

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
    of skakel hom by
    074 967 5187


    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  • Kliek op DIE CHARISMATIESE GEVAAR om meer oor hierdie boek te wete te kom Lees verder...  
  • FILM OOR DR HF VERWOERD

    Kyk by hierdie skakel http://youtu.be/TcO3zPF8998

      na die kort film oor dr HF Verwoerd.   
    Dit kan ook direk bestel word by Riaan: +27823712682 of by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
     

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

 

'N BIETJIE LANGENHOVEN:

Ek sê nie al die suur mense is Fariseërs nie, maar naastenby al die Fariseërs is suur. In alle geval, solank hulle onthou om Fariseërs te wees. Want dis ook 'n inspanning.
Verbeel jou 'n wêreld sonder 'n skaterlag, sonder eens 'n glimlag. 'n Hemel op aarde, sal die Fariseër sê. Uit so 'n hemel sou ek wou wegloop hel toe.

Die man wat ek na soek, is nie dié wat die minste foute maak nie, maar dié wat die meeste foute régmaak.

Slaap laat solank as jy jou eie baas is en daar sal 'n tyd kom wanneer 'n 'n baas jou sal laat vroeg opstaan.

Ontydige vlyt is die merk van die luiaard. Dis sy verskoning vir ontydige rus.

Ons reken ons geluk vir ons loon en ons straf vir ons ongeluk.

Welvaart is die  dogter van matigheid en die moeder van weelde.

My swaarste pad trap ek self vir my plat, en die swaarste is die wat my voete nooit vat.

Daar is geen kuns by sukkel en geen sukkel by kuns.

Die boer wat nie saai nie sal nie misoeste kry nie, maar hy sal geen goeie ook kry nie.

Het die daeraad lief en die dag sal jóu liefhê.

'n Man wat werklik oor homself baas is, is nooit die kneg van 'n ander nie.

Dis die flukse perd wat flou word. Meer moeite as wat die vlytige het vir sy loon, het die luiaard verniet.

Op die ou end werk die vlytige man vir homself, die luiaard vir 'n ander.

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Kla net oor jou kooi as dit 'n ander is wat dit vir jou opgemaak het.

Hoe korter jy jou kuier maak, hoe gouer sal jy weer genooi word.

Om my naaste lief te hê is vir my 'n sware gebod. Met die mense daargunter kry ek dit nog op 'n manier reg.

Jy sê "ja" waar jy moes "nee" gesêhet omdat jy die ander nie wil aanstoot gee nie. Maar eken hoe het hy jou aanstoot gegee met sy versoek!

Aan 'n nuwe wa kan jy sien of dit 'n goeie skilder was; aan 'n oue of dit goeie wamaker was.

Trek liewer vir jou vriend jou broek uit as om vir hom vir 'n baadjie borg te staan. Anders loop julle naderhand albei nakend.

Die vriendskap wat jy moet koop is 'n duur artikel. Jy sal nie weer jou prys kry as jy dit van die hand wil sit nie.

Moenie vriendskap en besigheid meng nie – jy bederf albei.

'n Man wat nie vyande het nie deug nie vir 'n vriend nie.

Maak jou vriendelikheid goedkoop en hou jou vriendskap duur.

Moenie jou vriend vergeet nie; dit sal hom seermaak. Maak jou vyand daarmee seer.

'n Skare is 'n versameling van eensames.

Stuur die luiaard na die miere, en as hy nie te lui is om te gaan nie sal hy te lui wees om weer terug te kom.

Dis net so moeilik om maklikheid in die ou wêreld te kry as wat dit maklik is om moeilikheid te kry.

Waardeer die werk van jou vrou. Jy kan nie op die aarde 'n ander kneg kry vir dieselfde diens en dieselfde prys nie.

Met spaarsaamheid sal jy uit die kleinste inkomste iets oorhou; met verkwistery sal die grootste vir jou te min wees.

Besorg jou eie boodskap en reken die moeite teen dit wat die misverstand jou sou gekos het.

Het die ryk man nodig om so suinig te wees? Maar hy is nie 'n ryk man wat suinig geword het nie; hy is 'n suinige man wat ryk geword het.

Help jou swakke mededinger op die bene bly.  As hy tot niet gaan, kom daar dalk 'n sterke in sy plek.

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES (7)

(Lees die reeks by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

  • Die adderbyt van naberou is verskriklik (Naberou is ontstellend.)
  • Hy het hom in 'n addergebroedesel begewe (Hy was tussen 'n groep nydige, aanvallende mense.)
  • Sy het hom adieu toegeroep (Sy het vaarwel gesê.)
  • 'n Adres van adhesie is 'n geskrif waarin instemming betuig word met 'n versoek.
  • Jy is nou by die verkeerde adres (Jy soek die oorsaak van die kwaad by die verkeerde persoon.)
  • Dit was advokatery (Dit was regskundige uitoorlêery.)
  • Hy sal die werk weer afbroddel. (Hy sal knoeiwerk of slordige werk verrig.)
  • Sy wil elke takie afbrom (Sy kla die hele tyd terwyl sy werk.)
  • Jy kan nou maar afdans (Jy kan nou maar skoert.)
  • Moet hom nie op sy verdienste afdwing nie (Moet hom nie verkleineer nie.)
  • Die ou werkie draf ek gou af (Ek sal dit sommer gou afhandel.)
  • Hulle wil die rusie afdrink (Hulle wil vrede maak.)
  • Sy het soms baie affêrinkies (Sy is dikwels vol nukke en nonsens.)
  • Hy sal wel weer geld van haar affutsel (Hy sal dit op 'n oneerlike manier van haar kry.)
  • Daar kan niks van afgaan nie (Dit kan nie ontken word nie.)
  • Hy sal 'n afgehekste loesing kry ('n deeglike pak slae.)
  • Sy is 'n afgelekte meisie (Sy het al baie kêrels gehad.)
  • Jy lyk so afgesak (Jy lyk baie moeg.)
  • Hy het afgetop gelyk (Hy het verleë gelyk.)
  • As jy iets van hom wil hê sal jy dit moet afgoël (Hy is so suinig!)
  • So 'n afhaler is onnodig ('n Onnodige belediging.)
  • As dit afhang moet ons dit maar opbind (Skertsend wanneer iemand gedurig begin met "Dit hang af..."
  • Na elke partytjie is hy babalaas ( dan ly hy aan die gevolge van te veel alkohol).
  • Daar was 'n Babelse gegons van stemme (Almal het gelyktydig gepraat).
  • Dit was 'n Babelse verwarring (Dit was baie deurmekaar).
  • Hy sal weer mooi broodjies kom bak (Hy sal kom vlei en mooipraat om sy doel te bereik),
  • Hulle eet nie uit een bak nie (Hulle is nie vriende nie).
  • Sy het hom 'n bak gewys (Sy het hom onvriendelik tereggewys).
  • Gou by die bak maar lui by die vak (Hy is eerste daar waar iets te ete is maar traag as hy moet werk).
  • Hy maak sy hande bak (Hy kom bedel iets).
  • Ons moes bak staan (Ons moes hard werk).
  • Dit was sommer 'n bakerpraatjie (Dit was 'n skinderstorie).
  • Jerusalem is die bakermat van die Christelike Kerk ( Dis waar dit begin het. 'n Bakermat was 'n mandjie waarin die baker – die vrou wat 'n pasgebore baba versorg het – die kindjie op haar skoot voor die vuur versorg het).

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2155 gaste aanlyn