NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Met ons sondige natuur stry ons so graag vir ons eie eer, dikwels téén die eer van die Here. Die oomblik as iets ons eie eer bedreig, verset ons ons daarteen. Maar wanneer ons vír die eer van God moet stry dan bly ons stil. Hoeveel keer het jý al geswyg omdat jy bang was dat mense jou sal verwerp?

VOLKSVERRAAD (10)

Adv PJ Pretorius

Lees volledig by Volksverraad - die boek

KOVERTE GEKNOEIERY TUSSEN REGERING EN GELDMAG EN POLITIEKE INTEGRASIE
Vorster het bande met die Engelse Geldmag in die ope begin te vestig toe hy op Vrydag I November 1968 Engelse mynmagnate, sakelui en nyweraars van die Rand Club in Johannesburg toespreek. Intussen het Professor Piet Hoek in 1969 sy nie-amptelike verslag oor Anglo-American Corporation (ook bekend as Die Hoekverslag) voltooi.    Die voltooiïng van die verslag het bepaalde respons ontketen en het onder meer Vorster se onderdanigheid aan Harry Oppenheimer herbevestig.
Sedert 1971 bestaan daar koverte (geheime) samewerking tussen die regering en die Geldmag — 'n geheime agenda tussen die NP-regering en die Geldmag. Die Geldmag word sedertdien toenemend Suid-Afrika se onsigbare regering. Die NP-beleid van wegbeweeg van diskriminasie het die Geldmag bevoordeel ten koste van die Afrikanervolk se belang.
•Die Sunday Times van 20 April 1975 het 'n berig gedra oor 'n "top secret" beleid. Die berig se opskrif was Geheime Plan kan SA se lewenstyl verander en die eerste sin lui: "Die regering het deur aanvaarding van die hoogs geheime ('Top Secret') Kollektiewe-aksieprogram teen inflasie homself verbind tot voorstelle wat die politieke, ekonomiese en sosiale aangesig van Suid-Afrika sal verander. So ver is net die private sektor se aandeel in die program openbaar gemaak."

Onder die voorstelle wat Suid-Afrika se aangesig moet verander, was daar byvoorbeeld: "Die onderwys, opleiding en indiensname van Swartes vir meer geskoolde werk in Blanke gebiede. Die ondersoek, in oorleg met die private sektor, is na wette in verband met werkreservering en toestromingsbeheer ingestel."
• Op 22 Oktober 1983 het The Sunday Tribute 'n berig gehad oor geheime samekomste van die regering en die Geldmag onder die opskrif The Secret Business: " 'n Geheime twaalf-jaaroue bondgenootskap tussen groot sakeleiers en die Regering is dié week onthul. Die magtigste manne in die Regering en die handel werk tot hulle wedersydse voordeel saam in 'n bondgenootskap wat massiewe sake-en nywerheidsteun vir die Eerste Minister se konstitusionele voorstelle verseker het. " Die berig beskryf hoe daar in die geheim te werk gegaan word. Daar is onder die sakelui 'n "corporateforum " wat gereeld byeenkom. Net hoofuitvoerende beamptes woon dit by en alle deelnemers stem in tot 'geheimhouding'. "Die vergaderings ", lui die berig dan, "word bygewoon deur die Eerste Minister en drie of vier van sy senior ministers. "
Daar word dan van albei kante standpunte gestel, maar — baie betekenisvol en belangrik— "die 'corporateforum'is gestig in 'n groot poging van die groot sake-ondernemings om die Regering tot hulle voordeel te beïnvloed", lui die berig. Die berig meld dat John Vorster die vergaderings gereeld bygewoon het. Middagetes word gehou saam die hele kabinet, sodat private gesprekke oor die etenstafel voortgesit kan word "tot albei kante se voordeel".
Adv. D.P. de Villiers, voorsitter van die Internasionale bestuurskomitee van United States South Africa Leaders Exchange Program (USSALEP) en besturende direkteur van Nasionale Pers, het in Julie 1971 die eerste konferensie van die Internasionale Bestuurskomitee van USSALEP gehou. Agter geslote deure op die USSALEP-konferensie by die Lughawe Jan Smuts het adv. De Villiers aan die afgevaardigdes (Afrikaners, Engelssprekendes, Negers uit die VSA, Swartes, Kleurlinge en Indiërs) die versekering gegee dat die Kleurlinge binne vyf jaar verteenwoordiging in die Blankes se politieke bestel sou kry — hetsy in 'n hervormde Senaat, of hetsy dit in 'n ander wetgewende liggaam.
Teen die einde van die konferensie het De Villiers in 'n personderhoud daarop gewys dat hy hom voortaan sou beywer vir die totstandkoming van 'n 'veel-rassige super-parlement' waaraan die Blanke Parlement ondergeskik sou wees. "In so 'n nuwe bedeling," het hy gesê, "sal die Blanke Parlement slegs oor Blankes jurisdiksie hê en geen beheer oor ander rassegroepe kry nie. Die huidige Blanke Parle­ment sal in werklikheid gelyk wees aan die Verteenwoordigende Kleurlingraad, die SA Indiërraad of enige tuislandregering. Die superparlement sal bestaan uit gelyke verteenwoordigers vir elke rassegroep en almal saam sal die land deur middel van konsensus regeer.
Uitvoering van die besluite wat deur die super-parlement geneem word, sal aan die verskillende verteenwoordigende liggame oorhandig word, sodat elkeen sy eie rassegroep kan administreer in terme van die besluite wat deur die hoër liggaam geneem is. Ek sal alles in my vermoë doen om hierdie super-parlement 'n werklikheid te maak. Mense mag dit politieke integrasie noem, maar dit is die enigste oplossing vir Suid-Afrika se probleme. Dit is veral belangrik dat dit moet slaag, omdat die een of ander metode gevind moet word om die Kleurling 'n gelyke seggenskap in die regering van Suid-Afrika te gee. "
Voortspruitend uit bovermelde woorde van De Villiers, asook die regering se geheime samesprekinge met die Geldmag, het Vor­ster in 1973 'n Kommissie van Ondersoek onder die leiding van Erika Theron (voorheen betrokke in die Ossewa-Brandwag) aangestel om 'n omvattende ondersoek in te stel na alle aspekte van die bruinmense se bestaan en hul toekoms (ook bekend as die Erika Theron-kommissie). Dit was 'n kommissie wat uit wit- en bruin­mense bestaan het. Die Erika Theron-kommissie het op 18 Junie 1976 sy verslag in die Volksraad ter tafel gelê. Die verslag sou ook 'n kardinale rol speel tot die eerste tree van Suid-Afrika se politieke integrasie. Die kommissie het in sy verslag 178 aanbevelings gedoen. Onder die belangrikste was:
•Bevredigende vorme van regstreekse Kleurlingverteenwoordiging en -seggenskap moet op die onderskeie owerheidsvlakke en in besluitnemende liggame geskep word.
•'n Komitee van deskundiges moet aangestel word om voorstelle dienaangaande te doen.
•Die bestaande Westminister-stelsel moet verander word om by die omstandighede van Suid-Afrika met sy plurale bevolking aan te pas.
•Die Wet op die Verbod op Gemengde Huwelike en artikel 16 van die Ontugwet moet herroep word.
•Gelyke salarisse moet vir gelyke werk betaal word.
•Heelwysiginge moet in die Wet op Groepsgebiede aangebring word, onder meer deur sakegebiede te verklaar.
•Kleurlinge moet toegelaat word om op enige plek landbougrond te koop.
•Alle universiteite moet vir Kleurlinge oopgestel word.
•Die Kleurlinge moet nie beskou word as 'n gemeenskap wat kultureel anders as die Blankes is nie.
•Sportspanne wat internasionaal meeding, moet op grond van meriete gekies word.
•Openbare plekke, geriewe en sekere strande moet op 'n selektiewe grondslag vir almal oopgestel word.
In Augustus 1976 het die regering aangekondig dat 'n kabinetskomitee aangestel is om 'n ondersoek te gelas na 'n nuwe regeringstelsel waarin 'n groter mate van seggenskap gegee sou word aan die Kleurlinge en die Indiërs. Hierdie kabinetskomitee wat bestaan uit ministers P.W. Botha as Voorsitter, Connie Mulder, J.P. van der Spuy, Owen Horwood, Hennie Smit en Marais Steyn, het ingrypende konstitusionele veranderinge aanbeveel. Die komitee het aanbeveel dat die Blankes, die Kleurlinge en die Indiërs elk hul eie volksraad en kabinet moet hê.
Sake van gemeenskaplike belang sal deur 'n Raad van Kabinette gehanteer word. Die Raad van Kabinette sal bestaan uit die Staatspresident (voorsitter), 7 Blankes (Eerste Minister en 6 ministers), 4 Kleurlinge (die Eerste Minister en 3 ministers) en 3 Indiërs (die Eerste Minister en twee minsters). Die bestaande Senaat word afgeskaf en twee nuwe liggame word in die lewe geroep — die veelrassige Kieskollege van 88 lede, wat die Staatspresident moet aanwys; die ander 'n veelrassige Presidensiële Adviesraad, wat die Raad van Kabinette van advies sal bedien. Die samestelling van sowel die Kieskollege as die Presidensiële Adviesraad berus op die verhouding 4 Blankes: 2 Kleurlinge: 1 Indiër. Hierdie plan vir 'n nuwe konstitusionele bedeling is in Augustus 1977 deur die koukus van die NP goedgekeur en kort daarna ook deur die party se vier provinsiale kongresse.

In die algemene verkiesing van November 1977 het die regering sy plan aan die kiesers voorgelê toe byvoorbeeld Connie Mulder in die Potchefstroomse Stadsaal tydens die NP se verkiesingsveldtog in 1977 gesê het: "Die Erika Theron-verslag bied vir Suid-Afrika 'n wonderstaaf formule om Suid-Afrika se kleurprobleem aan te spreek. " Die oorwinning wat die NP in die verkiesing behaal het, is dan ook deur die regering vertolk as 'n mandaat aan hom om die voorgestelde konstitusionele wysigings deur te voer. Adv. D.P. de Villiers van USSALEP se siening van die nuwe bedeling in Suid-Afrika in 1971 stem ooreen met die konstitusionele voorstelle wat die NP in die Algemene Verkiesing van 1977 gaan toets het, wat aanduidend is van die onsigbare hand van die Geldmag in die rege­ring.
Die Afrikaner Broederbond het vir die Nasionale Party-besluit dat die Republiek se parlementêre demokratiese basis uitgebrei moet word na die Indiërs en Kleurlinge (bruinmense) herbevestig soos gemanifesteer in Gerrit Viljoen se 1976-Voorsittersrede in die Afrikaner Broederbond.    Teen die agtergrond daarvan dat die debat oor magsdeling met Nie-Blankes in die politiek reeds 'n geruime tyd aan die gang was, het die Herstigte Nasionale Party tydens die 1977-Verkiesing gewaarsku teen die regering se konstitusionele planne. So het 'n afvaardiging van die Herstigte Nasio­nale Party ook by Andries Treurnicht besoek afgelê. Hy het onomwonde hulle standpunt verwerp, en volkome ingeskakel by die Nasionale Party se planne om Nie-Blankes tot die Parlement toe te laat. Ons sal in die volgende aflewering sien dat Ferdi Hartzenberg en ander Nasionaliste kragte met die regering en meer bepaald Brig. Tienie Groenewald saamsnoer om die Konserwatiewe Party te stig.
Vervolg...

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 3250 gaste aanlyn