Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Jy moet ook nie let op al die woorde wat die mense spreek nie, sodat jy nie hoor dat jou dienaar jou vloek nie; want jou eie hart weet ook van baie gevalle dat jy self ook ander gevloek het – Prediker 7:21-22
VOLKSVERRAAD (32)
Adv PJ Pretorius
Lees volledig by Volksverraad - die boek
" Namibië se onafhanklikwording sou ook die weg baan vir Suid-Afrika om die linkse pad te loop. Vir die Suid-Afrikaanse akademici sou die onafhanklikwording van Namibië 'n eksperiment wees vir die onderhandelingspolitiek wat nog in Suid-Afrika moes kom."
KULTURELE UITBUITING OM DIE VOLKSTAAT-IDEE TE BEVORDER
Die Afrikaner Volkswag het die 150-jarige herdenking van die Groot Trek in 1988 aangewend om konserwatiewe Afrikaners saam te snoer. Gedurende hierdie periode het die volkstaatgedagte sterk begin vorm aanneem. Die Oranjewerkers het dit die aktiefste gepropageer. Robert van Tonder het die idee van die Boerestaat by die AWB geplant voordat hy uit hulle geledere verdwyn het. SABRA met professor Carel Boshoff as voorsitter het intussen akademiese navorsing oor 'n volkstaat-idee gedoen. Hy het ook die Vryheidstigting in die lewe geroep om die Noord-Kaap as volkstaat te bevorder.
Ná die fees verby is, het Boshoff al meer van die Volkswag misbruik gemaak om sy volkstaat-idee te propageer. Onwetend van die agendas van Tienie Groenewald se Kom. Ops., het Boshoff as't ware 'n rytuig vir die Verligte Aksie-beweging geword. Selfs in die KP, waar die beleid van partisie sonder duidelike formulering gepropageer is, is die gedagte van 'n volkstaat al sterker gehoor.
In Februarie 1988 het honderde gewapende lede van die Afrikaner Weerstandsbeweging in die strate van Pretoria na die Uniegebou opmarsjeer en 'n petisie aan die Regering oorhandig waarin hulle 'n beroep op die Regering doen om 'n tradisionele Boerstaat met geen Swartes te skep nie. Die volkstaat-idee het egter nie wyd aanklank gevind nie. Dit was egter beperk tot die Oranjewerkers (met die okkupasie van Morgenzon) en die Vryheidstigting (met die okkupasie van Orania).
SUIDWES-AFRIKA WORD NAMIBIE
In skrywes gedurende Augustus 1988 aan die VN sekretaris-generaal, het beide Suid-Afrika en Swapo hulle verbind tot 'n vuurstaking op die dag toe die VN se Resolusie 435 geïmplementeer moes word. Swapo het ook onderneem om sy soldate noord van die 16de parallel te hou en dat hulle nie nader as 200 kilometers van die SWA grens sou kom nie. Ingevolge Resolusie 435 moes 'n verkiesing van 'n Wetgewende Raad onder die toesig van die VN geskied. Gevolglik het die eerste lede van die United Nations Transition Assistance Group (Untag) vroeg in 1989 aangekom.
Op 1 April 1989, toe die onafhanklikheidsplan vir SWA in werking getree het, het meer as 600 swaar gewapende Swapo soldate die grens oorgesteek. Meer as 30 000 uitgewekenes het stelselmatig na SWA teruggekeer. Uiteindelik het die verkiesing op 7 tot 11 November 1989 plaasgevind. Swapo het die verkiesing met 41 uit 72 sitplekke gewen. Na die verkiesing het Suidwesters 'n konstitusie vir die Republiek van Namibië opgestel.
"However, it soon became obvious that an assembly of 72 members was too large for such a task, and so a smaller committee under the chairmanship of Hage Geingop was asked to draw up a draft constitution for the consideration of the whole Constituent Assembly. The task of the Geingop Committee, assisted by three South African jurists, the advocate Mr Arthur Chaskalson, Professor Marinus Wiechers and Professor Gerhard Erasmus, was facilitated in three ways.
"Firstly, there was a spirit of mutual understanding among the constitution makers. All of them wanted the draft constitution to be put to the Constituent Assembly unanimously, in order to prevent it being received with a demonstration of disunity. Secondly, Swapo's draft constitution, which was used as a working document, was generally accepted by the DT A. It had been drawn up by a Johannesburg advocate; Ismael Mahomed, making use of the Hiemstra constitution of 1987. Third, the onstitution makers were able to take advantage of guidelines. In a document drawn up by the five Western powers (the USA, the UK, Germany, France and Canada) as early as July 1982. These guidelines, accepted by all parties, laid down that Namibia should be a unitary state, that the constitution should be accepted by a two-thirds majority, that it should be a democratic document with guarantees for human rights, that there should be a multi-parsystem with regular elections, and that there should be no pro VI sian-for any discrimination. In the constitutional negotiatons all parties including Swapo, repeatedly referred to these guidelines
Die konstitusie van Namibië is in Februarie 1990 goedgekeur .
Sam Nujoma, die leier van Swapo, het Namibie se eerste Staatshoof geword. Op 20 Maart 1990 het Suidwes-Afrika Namibië geword. Daardie dag is die Republiek van Suid-Afrika se vlag as die gebied se amptelike vlag vir die laaste maal gestryk. Namibië se onafhanklikwording sou ook die weg baan vir Suid-Afrika om die linkse pad te loop. Vir die Suid-Afrikaanse akademici sou die onafhanklikwording van Namibië 'n eksperiment wees vir die onderhandelingspolitiek wat nog in Suid-Afrika moes kom.
Vervolg...