Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
John Wesley het op sy 80ste verjaarsdag gesê: “Ek is vandag 80. Mag God gee dat ek nie sal bly leef totdat ek nutteloos is nie”.
VOLKSVERRAAD (38)
Adv PJ Pretorius
Lees volledig by Volksverraad - die boek
In die beplanningsfase van hierdie ondermynende komplot teen die regses mog die plan die implikasie inhou dat die Nasionale Intelligensiediens se invloed aangewend sou word en moes dit as 'n doel tot die middel gesien word. Dit blyk duidelik uit 'n onderhoud van dr. Neil Barnard met Alf Ries van Die Burger van 19 Februarie dat hy nie genoeë was dat die Nasionale Intelligensiediens misbruik word wanneer sy regering hom opdrag gee om gebruik te word by uitvoerende aksies wat eenvoudig nie gedoen behoort te word nie. By die Nasionale IntelIigensiediens se jaareindfunksie was dit reeds duidelik dat daar 'n effense konflik bestaan tussen dr. Barnard en pres. De Klerk. Hy is egter as Direkteur-Generaal van die Staatkundige Ontwikkelingsdiens met ingang van 1 Januarie 1992 oorgeplaas en vervang met Mike Louw as Nuwe Direkteur-Generaal van die Nasionale Intelligensiediens.
Om enige moontlikheid van kritiek deur die media van die Nasionale Intelligensiediens se betrokkenheid by die onderhandelingspolitiek te minimaliseer, is daar op regeringsvlak besluit om saam met Neil Barnard ook ander dienslede waaronder Maritz Spaarwater, Riaan Botha, Gustav von Bratt en Nel Marais na die Staatkundige Ontwikkelingsdiens oor te plaas.
Voortspruitend uit bovermelde besluite het dr. Neil Barnard in Januarie 1992 (toe Barnard nog besig was om sy kantoor by die Nasionale Intelligensiediens skoon te maak) by die Nasionale Intelligensiediens se kantoor wat die diens se Klandestiene bronne administreer, Ferdi Hartzenberg se telefoonnommer bekom en hom gekontak. Barnard kon nie deur gesprekvoering met die agent Hartzenberg daarin slaag om die Konserwatiewe Party reeds in 'n vroeë stadium by die Nasionale Intelligensiediens se georkestreerde onderhandelingspolitiek betrokke te kry nie. Hartzenberg het wel in die Parlement die feit dat sodanige gesprek plaasgevind het, geopenbaar om inderdaad sy verbintenis met die Nasionale Intelligensiediens te verbloem.
AFRIKANERWEERSTANDSBEWEGING BEGIN BOEMERANG AS STAATS-VEILIGHEIDSPROJEK
Die Afrikaner Weerstandsbeweging (A WB) moes onder leiding van Afdeling Militêre Inligting se Kom. Ops. in samewerking met die Engelse koerant, The Sunday Times op daardie stadium 'n illussie skep van 'n opkomende of nuwe staatsveiligheidsbedreiging. Die pleidooi van 'n Volkstaat moes nou 'n werklikheid word. Ná die Afrikanerweerstandsbeweging se leier, Eugene Terre'Blanche se Jani Allan-eskepade in 1988, het die aansien van die Boere beweging met sy kamma pleidooi van 'n Volkstaat daaronder gely. Hierdie staatsveiligheidsprojek, wat toe nog nie ten volle in rat gekom het nie, het in ernstige kredietwaardigheidsprobleme ingeloop. Ná die eskapade het generaal Tienie Groenewald versoek dat Terre'Blanche van sy leierskap van die Afrikaner Weerstandsbeweging moes afstand doen. Terre'Blanche het voet by stuk gehou en geweier om van sy leiersposisie afstand te doen.
Verskeie verteenwoordigers van Volkstaatorganisasies het in hulle reaksies op die uitslag van die referendum gesê dat Afrikaners moet begin werk aan die daarstelling van hul eie onafhanklike staat. Jannie Groenewald, hoofsekretaris van die Boere Vryheidsbeweging (BVB) (en 'n regeringsagent) het gesê: "Ondanks die leidende referendumvraag, onbehoorlike beïnvloeding, dreigemente van die buitelandse afsondering en buitengewone inmenging in die huishoudelike sake van Suid-Afrika, het 'n beduidende aantal lede van die Boerevolk aangedui dat hulle magsdeling verwerp. Die BVB beywer hom steeds vir die samestelling van 'n volksgesagsliggaam wat in opdrag van en namens die Boerevolk deur middel van eisestelling aan die owerheid en tweesydige onderhandeling met veral naburige state volksgroepe, sal kan beding vir 'n Boerestaat. om hierdie doel te bereik, het die reël van 'n Volkstaat- vryheidsberaad 'n noodsaaklik geword. "
Die BVB het voorts 'n beroep op volksgenote gedoen om geduld te beoefen, nie tot sinnelose geweld oor te gaan nie en die uitkoms van die beoogde vryheidsberaad af te wag. Die Verenigmg.van Oranjewerkers het nie die uitslag van die referendum as 'n uitspraak teen die gedagte van 'n Volkstaat beskou nie, maar eerder as ten gunste van onderhandeling.
Prof. Carel Boshoff die voorsitter van die Afrikanervryheidstigting (Avstig), het gesê dat Avstig besluit het om 'n voorlegging aan Kodesa se Kommitee oor grondwetlike beginsels te doen. "Die voorlegging handel oor die Afrikanervolk se reg van selfbeskikking en van afskeiding van die Republiek van Suid-Afrika om 'n onafhanklike staat te kan oprig. " het Boshoff gesê.
Vervolg...