Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Die lewe is so kort dat ons nooit genoeg tyd sal kry om hulle wat die lewenspad met ons deel se harte 100% te verbly nie. Wees dus vinning om liefde te gee en haastig om diensbaar te wees.
VOLKSVERRAAD (39)
Adv PJ Pretorius
Lees volledig by Volksverraad - die boek
AFRIKANER BROEDERBOND EN DIE OPOFFERING VAN DIE AFRIKANER
Die Afrikaner Broederbond se omsendskrywe, gedateer April 1991 (vir behandeling en oorweging, vernietig teen 30 September) word in ‘n scenario-oorsig 'n "demokratiese oplossing" deur onderhandelde-een-mens-een-stem-kiesreg, 'n verskanste grondwet, proporsionele verteenwoordiging, een of ander vir die meerderheid aanvaarbare beskerming van minderhede en konsensusbesluitneming bepleit. Dit was die scenario wat hy verkies, waarin die Broederbond ewe gelate waarsku dat die Nuwe Suid-Afrika wat hyself as die vernaamste inisiëerder besig is om in die lewe te bring, dalk tot chaos, bloedvergieting en anargie kan lei.
Die hoofklem in die omsendbrief lê juis op die tydsame selfopoffering van die Afrikaner in al die ellende wat die Nuwe Suid-Afrika sal meebring. "Ons moet ons (as Afrikaners ) onbaatsugtig aan die mense van hierdie land gee, onsself vir hulle almal op die altaar plaas, met oorgawe en offervaardigheid. "Die Broederbond het erken dat die realiteite insluit 'n heterogene bevolking met daarmee verbandhoudende sosiale, ekonomiese en politieke vraagstukke en groeiende spanninge wat daaruit voortvloei. Die omsendbrief het klem op die noodsaaklikheid om verwagtings af te skaal gelê en gesê dat daar baie hard gewerk moet word om die konsep van onderhandelde demokrasie te red.
Dit waarsku teen die moontlike scenario van uitgerekte onderhandelings, onder omstandighede van voortslepende of eskalerende geweld, 'n verslegtende ekonomie, 'n alles-of-niks houding en onoorbrugbare verskille. Politieke en ekonomiese onstabiliteit, armoede en wetteloosheid neem dan toe, die regering van die dag bly wel aan bewind maar sy gesag word steeds meer afgetakel, sodat die ekonomie verder verswak en onstabiliteit erger word. Dit is "moontlik", sê die Broederbond, dat die land in sulke omstandighede in 'n toestand van anargie kan sink. Hierdie was sy derde scenario of moontlike lyn van gebeure.
'n Regse oorname of militêre staatsgreep, inplaas van 'n volwaardige Swart meerderheidsregering, word in 'n slot-scenario as totaal onrealisties geskilder in teenstelling met moreel afdwingbare partisie-sanksies, Swart geweld en uiteindelike buitelandse inmenging of voortdurende anargie.
REGERINGSAGENTE BEVORDER DIE PLEIDOOI VIR 'N VOLKSTAAT
Derhalwe moes die Nasionale Intelligensiediens later die hulp van sy ander agente, Koos van der Merwe en Andries Beyers, inroep. Die KOOS-dokument het toe die lig gesien, waarin Koos van der Merwe 'n Volkstaat voorstel. Hierdie dokument is deur die sekretariaat van die Staatsveiligheidsraad (Afdeling Militêre Inligting) se Kommunikasie Operasie opgesteL In April 1992 het Koos van der Merwe aan Rapport gesê dat die Konserwatiewe Party en die Nasionale Party in die Nuwe Suid-Afrika saamwerk in 'n "losse alliansie " om die ANC te verslaan. Voorts het hy gesê dat hy deelname aan Kodesa steun. Uiteindelik het dit gelei tot Van der Merwe se gedwonge bedanking uit die KP. Daarna het 'n ander agent van die Nasionale Intelligensiediens, Andries Beyers vier ander KP-LP's (adv. Moolman Mentz, adv. Chris de Jager, Rosier de Jager en Cehill Pienaar) se vertroue gewen en hulle oortuig om saam met hom weg te breek en op die Nasionale Intelligensiediens se voorstel, die Afrikaner-volksunie te stig en sodoende by die Nasionale Intelligensiediens se georkestreerde onderhandelingspolitiek betrokke te raak. Gedurende Augustus 1992 is die Afrikaner-volksunie as 'n "intelligensie-rookskerm" (Nasionale Intelligensiediens) gestig. Die Afrikaner-volksunie het in sy Volkstaat-ideaal 'diskriminasie' op grond van ras verwerp en die standpunt gehuldig dat alle inwoners (afgesien van ras) volle burgerskap sal geniet en dat daar geen gedwonge verskuiwing van mense sal plaasvind nie.
HOKSLANERY VAN DIE REGSE POLITIEK
Samewerking tussen Tienie Groenewald, die CIA en die Nasionale Intelligensiediens:
Die hand van die CIA het sedert die begin van die negentigs toenemend sigbaar geword om die regse politiekery te laat verbrokkel.
Omrede die Afrikaner Broederbond se Volkstaat-idee voorheen nie juis aftrek gekry het nie, het dit op advies van die CIA weereens as strategie (vir die verbrokkeling van regse politiekery) herleef. Een van die CIA se Britse frontorganisasies (naam onbekend) het artikels gepubliseer rondom die Afrikanervolkstaat as oplossing vir die Afrikaner se huidige politieke probleem. Die CIA was op daardie stadium goed ingegrawe in die Suid-Afrikaanse volkshuishouding, die Nasionale Party, die Afrikaner Broederbond, die Vrymesselary en die Intelligensiewese. Volgens beskikbare inligting is F.W. de Klerk, Tienie Groenewald, Mike Louw, Chris Stals, Pik Botha, Roelf Meyer, Kobie Coetzee en Leon Wessels deel van die CIA spioenasienetwerk.
Genl. Tienie Groenewald, die voorsitter van die CIA se invloedrykste front, die Verligte Aksie-beweging, het gepoog om sy invloed in regse kringe te laat geld. Will Roberts van die CIA het 'n boek, African White Tribes, geskryf waarin hy 'n Afrikaner Boerestaat bepleit. Met die aanslag om die Volkstaat-idee te laat herleef, word die Afdeling Militêre Inligting ingetrek. Genl Groenwald het in die vroeg 90's (presiese datum is onbekend) bedank na aanleiding van sy seun Hendrik, se beweerde skietery op swartes. (Hoewel Hendrik Groenewald hom in die VSA gaan vestig het, is die skietvoorval op sigself ook verdag. Dit is wat Groenewald in regse kringe voorgehou het as die hoofoorsaak vir sy bedanking). Die bedanking van Groenewald word skepties deur die Herstigte Nasionale Party aanvaar. Groenewald het saam met die Van Rensburg-broers (Riaan en Koos, wat toe reeds bekend was met die onderwêreld van spioenasie) die Val de Grace-gebou geokkupeer.
Groenewald het hierna sy Instituut vir Strategiese Analise (operasionele lede van die Afdeling Militêre Inligting is aan die projek toegeken) gestig. Hy werk nou saam met sy broer, Jan Groenewald (wat ook reeds bekend was met die onderwêreld van spioenasie) van die Boere Vryheidsbeweging, Afdeling Militêre Inligtingsfront). Pogings is deur die lede van die afdeling Militêre Inligting aangewend om Toekomsgesprek en die Vryheidsbeweging te infiltreer. Die Afrikanervolkstaat-idee word toe bevorder. Alles as deel van 'n sielkundige en propagandafront van Afdeling Militêre Inligting wat ten nouste geskied met die samewerking van die Nasionale Intelligensiediens (terwyl die CIA alles monitor). Die Patriot van 15 Mei 1992 publiseer kritiek wat Tienie Groenewald lewer op die regering - alles 'n blote foefie om Groenewald 'n regse dekking te gee.
Vervolg...