Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Ons wat sê ons is kinders van die Here en leef in goeie verhouding met Hom, kan ons werklik sê ons leef met volkome vertroue in Hom – of leef ons eerder met wantroue in Hom? Hierdie is 'n fyn skeidslyn maar as ons onthou dat Hy die getroue Een is, sal ons minder sukkel om onsself volkome aan Hom oor te gee.
VOLKSVERRAAD (41)
Adv PJ Pretorius
Lees volledig by Volksverraad - die boek
Die mobilisasie het egter nooit werklik van die grond af gekom nie. Op daardie stadium het Groenewald deur middel van 'n komitee die 'generaals ' begin help om aan die leiding van die volksfront te staan. Die Komitee van Generaals, bestaande uit Viljoen, Groenewald, Bisschoff en Kobus Visser het laat in April 1993 tot stand gekom. In 'n onderhoud met The Johannesburg Sunday Times van 2 Mei 1993 het Groenewald gemeld dat die koms van die Komitee van Generaals die resultaat was van maandelange beplanning agter die skerms.
Dr. A.P. Treumicht is deur Groenewald as 'n struikelblok in die weg van die 'generaals' se toetrede tot die politiek geïdentifiseer. Wat vertroulik en onbevestig berig word, is dat dr. Treurnicht op 23 April 1993 op 'n onnatuurlike wyse aan sy einde gekom het.
DIE STIGTING VAN DIE AFRIKANER VOLKSFRONT
Die opkoms van Constand Viljoen as politieke figuur was deel van die Staatsveiligheidsprojek om die algemene verkiesmg van April 1994 te legitimeer:
Die Groenewald-planne vir 'n Volkstaat was gemik op die boeregemeenskap, waarvan Constant Viljoen op daardie stadium ook deel was. Uiteraard is Dries Bruwer van die Transvaalse Landbou-unie en dr. Piet Gous van die Vrystaatse Landbou-unie nader getrek. Beide die Unies is deur adeling Militêre inligting se operasionele werkers subtiel oortuig. Die KP en twintig regse groepe (waaronder die Boere Bevrydingsbeweging en die Afrikaner Weerstandsbeweging) het op 7 Mei 1993 In die TLU se raadsaal op Silverton in eenheid hande gevat en oorgegaan tot die stigting van die Afrikaner Volksfront met die doel om Afrikanervryheid in ‘n Afrikanervolkstaat te verwesenlik. Die vergadering het onder die voorsitterskap van genl Bisschoff plaasgevind, terwyl die afgetrede genls. Constand Viljoen, Kobus Visser en Tienie Groenewald die leiding help neem het. Die Afrikanervolksfront is toe met die toetrede van die generaals tot die politiek gestig. Ons kan duidelik sien dat die intelligensiewese van Suid-Afrika 'n sterk hand het met die stigting van die AVF. Die stigting van die AVF het Viljoen op die politieke voorgrond gestoot.
Dries Bruwer en Piet Gouws het Constand Viljoen by Potchefstroom op 9 Mei 1993 op die voorgrond geplaas. Groenewald het van Hartzenberg verwag om die hele beweging te kaap. Die Afrikanervolksfront moes aanvanklik as 'n a-politiese instelling begin opereer en is as 'n sambreelliggaam vir die breë regse beweging voorgestel. Groenewald wou eers seker maak dat hulle al die regses onder een dak het. Die KP moes daarna dien as ‘n lokomotief, en sodoende sou regse partye en bewegings ondergeskik word aan die KP. Die oogmerk was dat die ander regse partye en, bewegings sou verdwyn. Daarna moes die generaals as onmiddellike doel toesien dat die KP en die AVF aktief betrokke raak by die by Nasionale intelligensiediens se georkestreerde onderhandelingspolitiek en as einddoel dat die KP en die AVF deelneem aan die verkiesing. Indien dit sou misluk, was die plan om die KP en die AVF dan te vernietig.
'n Verdere onthulling van die regeringsmagte se "dirty play" was toe 'n vertroulike dokument van die ANC geopenbaar word van die regering se veiligheidsmagte se samewerkinge met die ANC/ SAKP om Opposisiegroepe van die regering se vredesinisiatiewe met die ANC/SAKP (KP en Inkatha) te vemietig. In dié verband berig Patriot van 5 Maart 1993 met die opskrif NI en DIS in Duiwelsrol? die volgende:
"Die samewerking tussen Nasionale Intelligensiediens en die SAKP (ANC) se Department of Intelligence Information (DIS), om die Konserwatiewe Party (KP), en die Inkhata Vryheidsparty (IVP), te diskrediteer en selfs te vernietig, het aan die lig gekom in 'n ANC/SAKP-dokument wat in Patriot se besit gekom het. Volgens die dokument, wat ook in mnr. FW de Klerk se besit is, moet NI en DIS die KP en die IVP so ontwrig dat ANC/SAKP uiteindelik maklik in sy geskrewe doelwit kan slaag om mag in Suid-Afrika oor te neem," Volgens die dokument word' kamerade 'binne in die Regering gebruik om die KP en IVP so te beduiwel dat 'n politieke skikking uiteindelik op ANC-terme kan geskied, NI/DIS word nou aangewend om 'n politieke hergroepering in Nasionale Party-geledere aan te moedig en die resultaat is reeds 'ongeloofwaardig suksesvol' om vir die ANC/SAKP die oplossing te bewerkstellig . Die SAKP/ANC geniet volgens die dokument die feit dat NI en MII (Afdeling Militere Inligting) voorheen dieselfde taktiek teen die ANC/SAKP gebruik het as wat hulle nou teen die KP en die IVP aanwend. Die aktiwiteite van NI/DIS word op verskeie vlakke teen die KP en IVP gevoer, sê die dokument. Dit het ook 'n baie interessante verwysing na 'n sekere rol van Vrye Weekblad en na 'n verslaggewer, ene mnr Jacques Pauw. Die Dokument sê NI het 'n voormalige agent, Mhlabunzima Maphumalo, gebruik om Controlesa in Natal uit te bou, wat 'n voorloper was van Inkathagate. NI/DIS het uit sy pad gegaan om vorige samewerking tussen die regering en Inkatha te vernietig, met die gevolg dat die regering nou in ’n posisie is waar nog met Inkhata onderhandel word maar waar enige tyd van Inkhata ontslae geraak kan word, aldus die ANC/SAKP-dokument.
Die doel van die vernietiging van die eens goeie verhouding tussen die regering en Inkhata is om mnr. De Klerk se onderhandelingsposisie met die ANC/SAKP te verswak.
Die resultaat sal wees, met Inkhata buite die Nasionale Party se kamp, dat die Nasionale Party nie meer as 15 persent van alle stemme sal kry in 'n vrye verkiesing nie. sê die dokument. Die SAKP/ANC/M/lDIS sal onder geen omstandighede toelaat dat die ekonomiese sektor van Suid-Afrika ná magsoorname deur die ANC/SAKP die land indirek regeer deur middel van die uitoefening van 'ekonomiese beheer' deur die Wit ekonomiese leiersgroep nie, sê die dokument. Die dokument dank NI en DIS vir die rol wat hulle speel om die ANC/SAKP in 'n beter posisie, as ooit te plaas om die ANC/SAKP se historiese missie en revolusie in Suid-Afrika uit te bou. Die dokument se NI en DIS het meegehelp om te verseker dat die Nasionale Party gefaal het om 'n magsbasis te skep onder die onderdrukte Swart massas.
Afdeling Miliitere Inligting het ook sy byrae gelewer in die deurvoer van hierdie staatkundige skepping. Die stigting van die Afrikanervolksfront op 10 Mei 1993 is ‘n veiligheidsprojek van die Weermag se Afdeling Inligting (met Constand Viljoen en Tienie Groenewald as geheime agente van Afdeling Inligting) om die regse politiek finaal te verdeel en by deelname aan die skepping van die Nuwe Suid-Afrika betrokke te kry. Daarby het Afdeling Militêre Inligting by wyse van die AVF projek die regering se veiligheidsmagte instaat gestel om 'n naamlys saam te stel van die land se regses. Tienie Groenewald gebruik Afdeling Inligting se koverte insamelingsvermoë ook vir die CIA en die Nasionale Intelligensiediens. Tienie Groenewald word in 1993 agent (agentverwysing 93G1092MG) van die Nasionale Intelligensiediens en verskaf sedertdien informasie betreffende regse aksies aan die diens.
As betaalde agent (nou vir die CIA, Afdeling Inligting en Nasionale Intelligensiediens) het hy by wyse van Constand Viljoen die Boere Krisis Aksie (BKA) gepenetreer en 'n naamlys van die top leiers van die Boere Krisis Aksie versamel en aan sy handlanger Koos van Rensburg gegee om aan die Nasionale Intelligensiediens en wie ookal in die plaaslike en die internasionale inligtingsgemeenskap belangstelling het in die regse politiek van Suid-Afrika (die CIA, Mi6, die Franse-, die Italiaanse-, die Duitse- en die Portugese intelligensiediens) te verskaf. Die Nasionale Intelligensiediens het ook van sy koverte operasionele personeellede ingespan om die Boere Krisis Aksie te monitor en te help om die uitsaaifasiliteite van Radio Pretoria uit te brei.
Op 25 Junie 1993 het die Afrikaner Volksfront 'n protesoptog by die Wêreld-Handelsentrum gehou waar Kodesa-onderhandelings plaasgevind het. Die AWB-magte het die sentrum oorgeneem. Wrywing tussen genl. Viljoen en die AWB het in alle erns begin. Vanaf Julie 1993 tot Maart 1994 het die Afrikaner Volksfront die gewelddadige afstigting van 'n Afrikaner Volkstaat in aanloop tot die veelrassige verkiesing van April 1994 beplan. Genl. Viljoen is deurgaans deel van die bespreking en beplanning. Die plan is as volg voorberei:
• Die Afrikaner Weerstandsbeweging moes verantwoordelik wees vir die fisieke oomame van verskeie dorpe en stede, meestal gekonsentreer in Transvaal.
• Die Konserwatiewe Party moes die infrastruktuurvan plaaslike besture wat hy reeds beheer, inspan om bystand (insluitende finansiële hulp) aan die afstigtingsplan te verleen.
• Genl. Viljoen is aangesê om te reël dat 'n aansienlike deel van die Suid-Afrikaanse Weermag se bevelstruktuur (daar is gepraat van 44 generaals wat onder sy invloed was) en die kommandostelsel hul gewig by die afstigtingsplan ingooi.
Die Veiligheidsgemeenskap het in Augustus 1993 bewus geraak van die beweerde Kommunistiese Operation Sunrise. By nadere beskouing was dit duidelik dat Kom. Ops. (Militêre Inligting) die argitek was van die dokument wat later moes dien as basis van 'n ANC/SAKP inval in suider-Afrika en dat al die Swart onafhanklike state se heerskappy beëindig moet word om deel te vorm van die Nuwe Suid-Afrika. Op Saterdag 4 September 1994 het Radio Pretoria as 'n versetmondstuk van die Afrikaner Kultuurbond met sy eerste uitsendings op Donkerhoek begin. Genls. Viljoen en Groenewald was saam met Hartzenberg by die okasie teenwoordig.
Viljoen en Groenewald het in Oktober 1993 ook direk met die ANC begin onderhande1 sonder dat hulle volgelinge daarvan moes weet. Tot die skok van Viljoen se ondersteuners bet dit tog aan die media uitgelek. Intussen het die Staatkundige Ontwikkelingsde- . partement die moontlikheid van 'n Uitvoerende Oorgangsraad (UOR) voorsien as 'n interim-reëling om Swart politieke deelname reeds voor die 27 April 1994 verkiesing te akkommodeer. By tye van die ter tafellegging van die wetsontwerp van die UOR het Ferdi Hartzenberg op Vrydag 1 Oktober 1993 die KP se standpunt duidelik gestel dat hulle die bekragtiging van daardie wet as 'n 'oorlogverklaring' beskou. Die Pariot van 1 Oktober 1993 berig dat Hartzenberg as Hoofleier van die KP gesê het dat die aanvaarding en inwerkingstelling van die UOR deur die parlement, 'n oorlogverklaring teen die vredeliewende mense van Suid-Afrika is wat vry wil wees. Die KP was van mening dat hierdie wetsontwerp die wetgewende gesag uit die hande van die parlement en die kabinet neem en dit plaas in die hande van 'n onverkose liggaam.
Die KP het nie hierdie UOR erken nie en ook uitdruklik uitgespel dat hulle nie daarin sal dien nie. Hartzenberg het vervolgens gesê: "Ons sal ons eie alternatiewe strukture in die lewe roep. "
Teen die middel van Oktober 1993 is die Concerned South African Group (Cosag) gereorganiseer wat gelei het tot die stigting van die Vryheidsalliansie. As 'n nie-rassige magsblok het die Vryheidsalliansie hom aan Kodesa-onderhandelings ontrek en sy teenkanting teen deelname aan dIe voorgestelde verkiesing van April 1994 aangekondig. Die onttrekking het die regering en die ANC/SAKP erg in die moeilikheid laat beland. Waar die KP uit die parlement uitgestap het omdat hy nie met die ANC wou onderhandel nie, het die stigting van die Vryheidsalliansie in die plek van Cosag weer die pad na die onderhandelingstafel vir die AVF en die KP oopgemaak. Viljoen en die ander generaals het vanaf die Direktoraat Volksmobilisasie hulle spel van onderhandehng of verset gespeel. Vanaf hierdie basis het Viljoen ook sy vleuels wyer gesprei deur betrokke te raak by die veelrassige organisasies, soos die Vryheidsalliansie. Die Vryheidsalliansie het uit die AVF, die KP, die Inkatha-vryheidsparty, brig. Oupa Gqozo van Ciskei en pres. Lucas Mangope van Bophuthatswana bestaan.
Vervolg...