NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Baie mense leef onverskillig en bring hulle lewens deur asof hulle nog een in die bank het.  Die Woord van God sê dat die mens slegs een lewe het.  Ons gaan net eenmaal op die aarde leef en nooit weer nie.  Maar as ons dit reg doen, is een maal genoeg!

VOLKSVERRAAD (42)

Adv PJ Pretorius

Lees volledig by Volksverraad - die boek

DIE AANLOOP TOT DIE STIGTING VAN DIE VRYHEIDSFRONT

Op  15 November 1993 het die lede van die AVU,  FAK  en akademici  (waaronder   Marinus   Wiechers  van Unisa en Lawrence Schlemmer  van  die  RGN)  in die Sinodale Sentrum  in Pretoria ontmoet.  Schlemmer het getoon hoe die NP tydens die onderhandelinge in duie gestort het, en hy en prof. Johan Heyns van die FAK het 'n nuwe politieke party om Afrikanerbelange  te  bevorder, aanbeveel.  Heyns het hom sterk uitgespreek ten gunste van die beleid van die AVU  en vermeld dat Mandela dieselfde sentiment deel.  Daar is besluit dat Viljoen genader moes word word vir die skep van 'n  slenterparty.  Viljoen het op 16 November 1993 saam met Heyns, Attie van Niekerk  en Gerdus Kruger by Kruger se huis bymekaar gekom. Daar  is groot  gewag  gemaak van Heyns en Viljoen se gemeenskaplike bande met die NG kerk en hulle bande  met die Broederbond. Toe Viljoen die noodsaak van 'n slenterparty opper, het Heyns en Kruger  hom daarop gewys dat dit die rol is wat van hom verwag  word.

  Viljoen  was  op  daardie  stadium  gebonde  aan  sy onderneming  met die staat om voor April  1994 'n tuisland van die ANC vir die Afrikaner te beding.

HARTZENBERG  DEMONSTREER DIE ERNS VAN SY VERSETPOLITIEK,   GROENEWALD PRAAT OORLOGPRAA TJIES DOOD EN PRAAT POLITIEKE  INTEGRASIE VOOR

Intussen  het Hartzenberg  met die sogenaamde   'tien plae'  gedreig wat op 9 Desember  1993 sou begin indien die AVF nie hul sin by die onderhandelingstafel kry nie. Dit het onder meer die weiering om TV lisensie te betaal  ingesluit. Luidens die 9 Desember 1993- uitgawe  van die Vrye  Weekblad  van Max du Preez (agent van die Nasionale Intelligensiediens) praat Groenewald   enige moontlikheid  van 'n gewapende  oorname  dood.

Hy het gesê:  "Dit sal net gebeur wanneer daar 'n toestand van totale onregeerbaarheid heers en wanneer alle staatsgesag in duie stort.  Op  die  oomblik konsentreer ons  al ons energie op onderhandeling.   Mense  praat  baie,  maar die totaliteit van  ons energie  is gerig  op onderhandeling.   As daardie deure toegemaak word  moet ons weer dink. Maar ons wil nooit ‘n situasie sien waar besluit  word op optrede  waar ons die eerste skoot  moet skiet  nie. Nooit  nie.  Nooit  nie. "

Groenewald  het tydens  sy onderhoud  met die  blad  ook  aangevoer:   "Ons het daarin  geslaag om  die Afrikanervolk wakker  te maak. Die volk was verslae, het op die ashoop  gaan sit soos  na die Tweede Vryheidsoorlog.  Ons het vir mense nuwe  hoop gegee. "

Die blad berig  dat Groenewald  daarop aanspraak  maak dat die AVF deur middel  van dissiplinêre stappe 'n  einde  gebring  het aan baie van  die gewelddadige  optredes  van groepe  en enkelinge.   "As ons  vandag  kyk  na sogenaamde  regse geweld,  is dit  'n  fraksie  van wat dit ses maande gelede  was. Daar het orde gekom . Ons het beweeg van 'n vennootskap van Afrikaners  na 'n alliansie van wat nie-rassisties gebonde is nie, maar gevestig  is op die beginsel van etnisiteit  ... Ons het besef ons kan net as volk selfbeskikking opeis indien ons voldoen  aan internasionale  maatstawwe  oor menseregte.  Ons is in ‘n evolusionêre fase en sal met verloop  van tyd  'n kultuur-etniese  groep, 'n volk word. Dit sal mense van alle tale en selfs kleure insluit en absorbeer. Maar  dit sal  eers  kom  wanneer  die persepsie  dat die Afrikaner bedreig  word, verdwyn.  Dit sal eers kom met ekonomiese  groei en voorspoed.  Dan eers raak  'n groep meer liberaal  in  denke en baie meer toegeeflik.

DIE  WEERMAG  WAARSKU  DIE  AFRIKANER  VOLKSFRONT  TEEN  SY PLANNE  VAN GEWELDDADIGE   AFSTIGTING

Viljoen  poog as regeringsagent  om die Afrikanervolksfront  om  te praat  om deel te neem aan  die algemene verkiesing  van April 1994:

Die plan van die AVF om 'n Volkstaat  gewelddadig  af te  stig, het 'n gevorderde  stadium  bereik.  Die Hoof van die Suid-Afrikaanse Weermag,  genl. Kat Liebenberg,  waarsku in Januarie  1994 die leier van  die  Afrikanervolksfront   dat  die regering  bewus  is  van  die Afrikanervolksfront   se  afstigtingsplanne.  Hy  het die Afrikanervolksfront  aangeraai  om daarvan  af te sien. Genl.  Viljoen  het op 29 Januarie 1994 tydens 'n massa-volksvergadering  by die Pretoriase Skouterrein  voorgestel  dat die Afrikanervolksfront  aan die verkiesing in April  1994 moet deelneem.  Viljoen  lees 'n toespraak  voor  wat  weereens   deur   Groenewald   geskryf  is. Die voorstel  word deur die massa  verwerp.  Die Afrikanervolksfront  se Volksraad  is by hierdie geleentheid  beëdig  met  die  leier van  die  Konserwatiewe Party,  dr. Ferdi  Hartzenberg,   as president  van  die Volkstaat.   Hy stel onder meer genl. Viljoen aan as Minister van Verdediging.

OPERATION SUNRISE WORD GEAKTIVEER  EN DIE TVBC-STATE  WORD DEEL VAN UNITêRE  SUID­ AFRIKA

Die Bophuthatswana-slagting moes regse oorlogspraatjies  stilmaak.

Afdeling Militêre Inligting en die Generaals het in Maart 1994 in sameweking met die Suid-Afrikaanse Weermag, die Suid-Afrikaanse Polisie en die ANC/SAKP toegesien dat die Vryheidsalliansie se magsbasis verbrokkel en dat die Vryheidsfront gestig word. Die Vryheidsfront (VF) is op 4  Maart  1994 as  'n  staatsveiligheidsnoodplan geregistreer toe die AVF steeds volhou om nie aan die Algemene Verkiesing van April 1994 deel te neem nie. Dit dien as 'n  'steppingstone'   vir moontlike regse deelname aan die verkiesing. In Maart 1994 word Operation  Sunrise  uitgevoer. Ná die uitvoering van hierdie operasie is die TBVC-state weer onder die Republiek se heerskappy gebring, wat ook ooreenstem met die woorde 'undivided  South Africa'   soos vervat in die Deklarasie van Voorneme wat in Desember 1991 tydens die opening van Kodesa goedgekeur is. Vier regse blanke mans is koelbloedig in Bophuthatswana vermoor, wat deel uitgemaak het van 'n sielkundige aanslag teen regses se sogenaamde oorlogpraatjies.

DIE VRYHEIDSFRONT  REGISTREER  VIR DEELNAME AAN DIE ALGEMENE  VERKIESING  VAN APRIL 1994

Pieter Groenewald het namens Constand Viljoen in Maart 1994 die Vryheidsfront gaan registreer om aan die Algemene Verkiesing van April 1994 deel te neem. Die kombinasie van gebeure in Bophuthatswana (verwysende na die sterftes van Blanke mans) en die Vryheidsfront se registrasie vir deelname het skokkend ingewerk op die Afrikaner en het hom met 'n gevoel van totale wanhoop en magteloosheid gelaat. Slegs sowat 300 000 het toe met die Vryheidsfront saambeweeg. Op 20 April 1994 het Viljoen van die Vryheidsfront  'n ooreenkoms met die ANC in IDASA se kantoor gesluit. Met die ondertekening van die ooreenkoms het  die regering die Vryheidsfront ingebind met die skrywe van die Volkstaatsraad van 20 lede in die grondwet. Dr. Ferdie Hartzenberg het net voor die Algemene Verkiesing van April 1994 alle versetopsies gestaak en ook Radio  Pretoria  se uitsendings in April 1994. Hartzenberg het korrespondensie met Viljoen gehandhaaf selfs ná die Algemene Verkiesing van April 1994. Hartzenberg se reg­ kraglose Volkstaat het net soos sy politieke party 'n  kraglose mondstuk geword. Intussen het die Afrikaner-volksunie ontbind en Andries Beyers sluit toe by die Nasionale Party aan. Koos van der Merwe word deur die Nasionale Intelligensiediens voorgesê om die Inkatha Vryheidsparty te penetreer.

Vervolg...

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld Onskuldige bloed: Britse oorlogsmisdade 1899-1902, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1567 gaste aanlyn