Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Al kan jy nie alles doen nie, doen dan ten minste net iets. Laat mense maar eendag by jou begrafnis sê dat jy baie foute gemaak het. Laat hulle egter nie sê dat jy niks gedoen het nie!
DIE LOON VAN VERRAAD
VOLKSVERRAAD (44) SLOT)
Adv PJ Pretorius
Lees volledig by Volksverraad- die boek
"Tog het oom Niklaas sy volksgenote aangespoor om nie mismoedig te raak nie, en aan te hou veg, al moet hulle ook met die rug teen die muur veg, want hy het gesê hy sien hulle kry daardie vrye en onafhanklike republiek, sonder 'n pennie skuld en sonder dat 'n druppel bloed gestort word. Toe daar aan hom gevra is of hy dan uit twee monde praat, want eers sê hy daar gaan 'n emmer bloed omval en baie gaan sterf, en nou sê hy weer daar sal nie 'n druppel bloed gestort word nie, het die Siener geantwoord: "Maar ek het mos gewaarsku dat dit sal wees soos 'n Tweede Bloedrivier... van almal wat binne die Laer is, sal nie een sterf nie, maar dis hulle wat buite is, wat gaan val."
Op die pad van verraad, is die Afrikanervolk herhaaldelik en skandalig met valse beloftes deur F.W. de Klerk en die NP op dwaalweë gelei; en juis wanneer daar 'n verkiesing of referendum op hande was, het hulle die vals noot aangehef: stem NP, stem vir eie skole, eie woongebiede, eie kultuur, eie taal! Maar dan het geen haan ooit weer daarna gekraai nie! En verder swyg hulle soos die graf oor sake wat vir die Afrikaner nog van belang is, waarskynlik omdat hulle nou 'n reënboognasie het om na om te sien. Hierdie sogenaamde "reënboognasie" moet beslis gereken word as die grootste misterie van die twintigste eeu, want 'n reënboog waarin daar Swart en Wit voorkom, is sedert Noag se dag nog nie op aarde gesien nie!
Die misleide Blanke Afrikaners het egter nog skaars hulle ontnugtering na die fiasko van die 1994-verkiesing te bowe gekom, of hulle was alweer by die volgende verkiesing (November 1995) ingesleep om die bietjie mag wat hulle miskien nog gehad het, finaal aan die ANC/SAKP te oorhandig. En tydens die aanloop tot hierdie verkiesing openbaar F.W. de Klerk sy ware kleure toe hy, sonder om te blik of te bloos, die Blankes daaraan herinner dat hulle nog altyd die NP kon vertrou! Maar 'n mens moet selfs vir FW gee wat hom toekom: van al sy beloftes is daar darem een wat ongetwyfeld vir tyd en ewigheid sal bly staan: dit was sy herhaaldelike versekering voor en na die Kodesa-debakel dat die NP se hervormingsinisiatiewe "onomkeerbaar" is. Hieroor bestaan daar dan ook geen twyfel nie, want nooit in sy leeftyd, sal sy oorgawe aan 'n Swart meerderheidsregering ooit weer by die stembus (m.a.w . polities) verander kan word.
'n Mens wil amper sê FW De Klerk se voorspelling oor die "onomkeerbaarheid" van sy oorgawe aan die ANC, het profetiese ondertone, want dit herinner sterk aan 'n voorspelling van Siener van Rensburg wat hy tydens die Rebellie van 1914 gemaak het. Volgens hom sou die geskiedenis van die Afrikanervolk in Suid Afrika in drie fases verloop. Ten eerste was daar die militêre fase wat vanaf 1834 tot 1914 gestrek het - gedurende hierdie tydperk is elke bedreiging of konflik waarvoor die volk te staan gekom het, met die vuurwapen besleg. Maar op Maandag 25 Januarie 1915 het die Siener op Upington aan genl. Jan Kemp gesê: Ons (die Afrikaner se) werk is afgedaan, want ek sien ons gewere word in die kas weggepak...
Daarmee het die militêre fase tot 'n einde gekom en is die politieke fase ingelui. Die ware Afrikanerpatriot sou ook nie weer in groot getalle die wapen opneem voordat sy laaste vryheidstryd aan die einde van die eeu aanbreek nie. Die politieke fase het gestrek vanaf 1914 tot en met die 1994- verkiesing toe dit finaal afgesluit is. Hierna, sê die Siener, sou selfs die eens magtige Nasionale Party van die toneel verdwyn, en sal daar ook nie weer 'n Algemene Verkiesing plaasvind nie, want hy 'sien' hoedat 'n Swart regering die regeermag oorneem en oor sy volk heers totdat daar 'n Blanke geestelike leier op die toneel verskyn om die verdeelde Afrikanervolk weer bymekaar te bring. Hierdie geestelike leier verteenwoordig dan ook van die derde en laaste fase voordat die Afrikanervolk 'n vrye en onafhanklike republiek gaan kry. Die publikasie van Siener se gesigte so kort na De Klerk se Rooi Vrydagtoespraak, was ook geen toeval of 'n voorafbeplande regse slenter nie want die Siener het al in 1916 voorspel dat eendag wanneer die Afrikaner sy vryheid verloor, onder 'n Swart regering staan en sy finale oorlewingstryd begin, sal hy (Siener) weer baie in die nuus wees. Ondanks die feit dat tientalle van sy gesigte daagliks in vervulling gaan, swyg die Ja-stemmers die media en kerke soos die graf daaroor, want hulle hoef maar net die profetiese stem, die geweld, groterwordende ashoop en chaotiese toestande rondom jou te ignoreer, dan bestaan dit nie!
Maar Nicolaas van Rensburg het gewaarsku dat die onafhanklike republieke se kom voorafgegaan sal word deur 'n donker tyd waar jy niejou hand voor jou oë sal kan sien nie. Tog sou dit, volgens die Siener, vir die opregteAfrikaner wat 'weet', nie so donker wees soos vir hulle wat nie 'weet' nie en met al die veranderinge saamgestem of daaraan meegedoen het. Hy het dit so aan sy vriend, Boy Mussmann, beskryf: Ek sien 'n emmer bloed in die noorde (Pretoria, Johannesburg en die Vaaldriehoek) omval - dit beteken groot geweld waarin honderde sal sterf. Hy het verder ook beskryf dat hierdie geweld so skielik en onverwags gaan losbars, dat duisende Blanke vroue halsoorkop en verskrik op die vlug gaan slaan. Daar was skynbaar by hom min twyfel dat hierdie Gees van Verskrikking hoofsaaklik onder die liberaalgesindes gaan voorkom. Die 'donker wolke' sal ook saamval met die grootste staking in die land, het die Siener voorspel: Dan sal daar (wanneer die staking begin) groot moeilikheid wees met die Swartes en die Indiërs, behalwe ook vir die groot moeilikhede oorsee (rassekonflik en burgeroorloë). In verband met die Swartmoeilikheid het hy gesien die vroue vlug. Hul het nie eens tyd om hul vensters toe te maak nie. Die gordyne waai na buite.
Tog het oom Niklaas sy volksgenote aangespoor om nie mismoedig te raak nie, en aan te hou veg, al moet hulle ook met die rug teen die muur veg, want hy het gesê hy sien hulle kry daardie vrye en onafhanklike republiek, sonder 'n pennie skuld en sonder dat 'n druppel bloed gestort word. Toe daar aan hom gevra is of hy dan uit twee monde praat, want eers sê hy daar gaan 'n emmer bloed omval en baie gaan sterf, en nou sê hy weer daar sal nie 'n druppel bloed gestort word nie, het die Siener geantwoord: "Maar ek het mos gewaarsku dat dit sal wees soos 'n Tweede Bloedrivier... van almal wat binne die Laer is, sal nie een sterf nie, maar dis hulle wat buite is, wat gaan val."
En toe 'n vriend van hom wou weet waar die volk dan die keer gaan Laer trek, was oom Niklaas se antwoord: "Nee, julle sal nie weer Laertrek soos by Bloedrivier nie, want die ding werk so: almal wie se harte reg is, wat nie meegedoe het aan die oorgawe nie, vir hulle sal dit wees asof hulle in die Laer is ... in Gods beskermende Hand. Maar julle gaan tog daar by Prieska saamtrek om 'n eie president te kies..."
Die loon van verraad sal ook nie uitbly nie, want hierna breek ‘n tyd van grootse ellende en vernedering vir die volksverraaiers aan. Oom Nicolaas het aan genl De la Rey se seun, Adriaan, vertel hy sien hoedat hulle in wanhoop en met trane in die oë op hulle knieë neersak. En toe het hy bygevoeg: Dan sien ek, jy en ek het ook trane in ons oë. Waarop die jong De la Rey antwoord dat hy nooit 'n traan oor een van die verraaiers sal stort nie. Toe was die Siener se antwoord: Nee, broer; dis trane van blydskap omdat God ons nie verneder het soos vir hulle nie...
Vir meer as 'n eeu lank het die Geldmag gepoog om die rykdomme van Suid-Afrika in die hande te kry, maar die Boerevolk het nog altyd in sy pad gestaan. Elke dekade het egter meer versigtiger beplanning van die Geldmag meegebring sodat die Boerevolk finaal uit sy erfenis gekul word, sodat die ontsaglike minerale rykdomme van hom weggevat kon word. En nou, na soveel dekades en ook soveel oorwinnings deur die Geldmag, en met die hulp van Afrikanerverraaiers, staan hulle eindelik op die drumpel om daardie droom te verwesenlik. Ja, dis nog net 'n hanetreetjie en alles wat God aan die Boerevolk gegee het, sal aan hulle behoort!
As 'n mens egter Siener van Rensburg se profesieë oor Suid-Afrika bestudeer, besef jy dat hy nog altyd in die kol was. En al ignoreer die media dit, al trap die magtige Geldmag reeds met sy Russiese beerpoot op ons nek, sal dit niks kan verander aan wat die ou Boereprofeet gesê het nie. Want juis wanneer hulle dink hulle het hierdie volk nou finaal ondergrawe, sal hulle, volgens die Siener, self in die proses verpletter word. Hulle ekonomieë sal in duie stort, - hulle eie lande in rook en as opgaan, en die dekades van beplanning om God se volk te vernietig, sal aanstons soos die oggendmis verdwyn.
Die loon van verraad was nog nooit winsgewend nie.