Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Die hoofroeping van 'n burgerlike regering in 'n sogenoemde christenland is om die openbare godsdiens in stand te hou en te beskerm. En vir sover as wat die staat orde handhaaf moet ons onderdanig wees aan so 'n menslike verordening. Maar wanneer die staat van ons verwag om God ongehoorsaam te wees, mag ons dit nie doen nie. As die staat God se koninkryk hier op aarde nie beskerm nie sal God self 'n einde daaraan maak wanneer dit Hom behaag.
1994: VOLK GESLAG OP MEINTJESKOP (8)
Die dag sal kom... soos by Vereeniging
Dr Harry Mocke
Lees reeks by 1994: Slag van Meintjeskop
TREK DIE GORDYNE OOP!
Luister na die mooi wanneer die dag breek. Dit is die moeite werd om net stil te wees wanneer die donker vir die lig begin plek maak. Uit een of ander hoek kom die eerste voëlgesang. Stilte. Dan kom dit uit twee, drie, vier verskillende rigtings.
Dit is asof daardie eerste voëltjie spesiaal wou aankondig dat hy die eerste was om die dag te sien breek. Hy het die noot gegee en die res val vreugdevol saam weg in die koor.
Geen vals stemme nie. Die harmonie is volmaak.
As jy nog in die bed is, kruip jy uit. Trek die gordyne versigtig oop.
Dit is die mooiste deel van die dag. Ek kon nog nooit verstaan hoe mense kans sien om hierdie voorreg prys te gee nie. Ek moet dit sien. Ek wil dit sien. Dit maak my dag.
Trek die gordyne oop!
Trek die gordyne voor jou geestesoog oop, sodat jy te midde van dit wat skeef en krom is, ook die mooi in die lewe kan sien. As jy dit misloop, loop jy ook gevaar om net dit wat skeef en krom is, raak te sien.
Voor my oë lê die stil stad. Huise, huise, huise. In elke huis woon daar 'n gesin. Baie van daardie gesinne is deel van ons volk. Deel van ons mense.
Te midde van hierdie skoonheid en stilte, hoor jy die stem van jou Skepper duidelik; put jy krag om elke taak met sorg en vreugde te onderneem.
Trek die gordyne oop!
Kyk! Kyk na die toekoms. Kyk of jy tot oormore kan sien. Daar waar niks meer oor sal wees van die mooi van ons Boerekultuur, indien ons stil sit en niks doen nie. Alles waarvoor ons en ons voorouers goed en bloed opgeoffer het. Onherroeplik verlore.
Kyk! Kyk binne in ons skole waar ons kosbaarste besittings, ons kindertjles, venietig word in 'n heidense deurmekaar onderwys, aangebied deur mense wat net oor geld bekommerd is. Kyk! Kyk of jy nog iets van daardie opvoeders in vandag se onderwysers sien, wat nie net oor hulle poste bekommerd was nie, maar wat elkeen soos 'n volksheld die imperialistiese Milner uitgedaag het
Trek die gordyne oop!!
Kyk! Kyk wat bly oor van ons Boeretaal, Afrikaans. Dit word vermoor, geïgnoreer, onwaardig geag deur Afrikaanssprekendes wat in die ANC-parlement sit en 'n ander taal besig, net om "gehoor" te word. Kyk of jy nog iets sien van die manne en vroue van staal wat voor 'n toonbank sal bly staan en eis om in hulle eie taal bedien te word...
Kyk! Kyk hoe jy deur stadsrade bedrieg word om maandeliks honderde rande te betaal vir munisipale dienste, terwyl die grootste deel daarvan weggegee word aan swartes wat weier om 'n sent te betaal. Sal jy bereid wees om weer vir 'n paar maande by kerslig te werk en jou voedsel op 'n gasstoof voor te berei ter wille van reg en geregtigheid? Sal jy bereid wees om jou geld in die bank te hou, in plaas daarvan om dit aan onbevoegde stadsrade te betaal terwyl jou kinders gebrek ly?
Kyk! Kyk hoe jou hospitale verval in luisneste; jou bloedbank verval in 'n vigsbank; jou jeug blootgestel word aan misdaad, verkragting, dwelms, jou eiendom onder jou neus weggesteel word; jou kinders se studiebeurse aan swartes met onbenullige prestasievermoë uitgedeel word; jou kinders en jou broodwinner se werk en inkomste gevat en aan swartes gegee word omdat hulle swart is.
Trek oop die gordyne!!
Kyk! Stap uit na buite en kyk na binne. Is jou huis aan die kant? Kyk deur die venster van jou siel. Kyk of jy vrede met jou Skepper het. As jy vrede het, gaan dank Hom nou spesiaal daarvoor. As jy dit nie het nie, vee uit, maak skoon, stof af. Moenie vanaand gaan slaap voordat jy klaar is nie!
Kyk! Kyk na binne of jy wil. Wil jy werklik vry wees, of wil jy 'n slaaf wees vir die res van jou lewe? Wil jy slawerny of volksvryheid vir jou kinders nalaat?
As jy 'n slaaf wil wees, bekommer jou nie verder nie.
As jy vryheid verlang, kom oor en help. Word deel van 'n regverdige aksie van daardie deel van die Boerevolk wat vry wil wees. Vry in ons eie land, geregeer deur ons eie mense.
Trek die gordyne oop!!
Kyk! Geniet die dagbreek van 'n nuwe dag oor ons Boerevolk. Kyk na die toekoms met nuwe visie, nuwe geloof, nuwe moed en durf. Moenie slaap terwyl die dagbreek naderkom nie. Jy mag jou verslaap en jou kanse finaal verspeel.
Kyk! Die duisternis begin reeds vir die lig plek maak. Ons volk begin wakker word.
Hulle skuif reeds die gordyne oop!!!