Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Vrees is ‘n nare ding. Dit maak jou siek en verlam daardie noodsaaklike krag wat jy vandag nodig het om môre se beproewing te kan dra. Wanneer ons egter leer om nie bang te wees nie, ontdek ons hoe wonderlik dit is om beproewing te verdra en nog steeds geestelik sterk te bly.
SIENER VAN RENSBURG, DIE MENS (2)
Lees reeks by Siener van Rensburg, die mens
"God het met geen ander volk, behalwe Israel, 'n Verbond gesluit nie, en daar is ook geen ander volk, behalwe die Boerenasie, wat aan God 'n Gelofte gedoen het nie. Is dit dan nou toevallig dat juis die Israeliete en Boere die twee mees gehate volke ter wêreld is?"
Die skrywer/skilder, Johannes Meintjes, het weer 'n ander interessante siening van oom Nieklas en die mense van sy tyd gehad: Die Boere van die ou Republieke was vir hom tipiese Bybelkarakters — nie net in hul stoere, bebaarde, Ou-Testamentiese voorkoms nie, maar ook in hul ganse bestaan wat streng volgens die wil van God ingerig is. Net soos vir die aartsvaders was alle ander dinge ondergeskik hieraan.
Wat Siener betref, het Meintjes ook 'n sterk ooreenkoms gesien in die poëtiese taal waarin die Bybel geskryf is en die taal waarin die Boereprofeet sy visioene bekend gemaak het. Meintjes stel dit so: "Soos die jare verbygegaan het, het Nieklas se Bybelstudie verdiep, en sy spraak en vertelling van visioene sou weldra in ryk Bybelse beeldspraak gelewer word."
Maar mens kan nog vele ander (en byna ongelooflike) parallelle tussen die Israeliete en die Boerevolk trek. Dink maar aan die Voortrekkers wat geglo het dat hulle die uitverkorenes van God was. Selfs Paul Kruger het hulle later jare daaraan herinner: "Julle is die kinders van God," het hy menigmaal gesê. Wat het hom dit laat glo? En hoekom het hy dit by sy volksgenote ingeskerp? Ons weet nie. Al wat ons wel weet, is dat hierdie vertroue in die Godheid se liefde en beskerming hulle enduit deur die ontberings en verskrikkinge van die Voortrekkerdae en die Boere-oorlog gedra het.
Die grondslag vir hulle vaste geloof as God se uitverkorenes kan ongelwyfeld teruggevoer word na die wonderbaarlike ooreenkoms tussen Israel se uittog uit Egipte en die Boere se trek die binneland in. Hier is slegs enkele voorbeelde:
- Net soos Moses en Aaron was die Voortrekkerleiers almal Godsmanne. God het met Israel 'n Verbond gesluit dat Hy hulle uit die hand van die vyand sou red en na die Beloofde Land sou neem, maar dan moes daardie besondere dag (die 14de dag van die maand Nisan) vir hulle en hul kinders 'n gedenkdag wees, 'n feesdag tot eer van die Here. Die Voortrekkers het, op hulle beurt weer,' n Gelofte aan God gedoen dat as Hy hulle die oorwinning oor hulle vyand by Bloedrivier gee, sal hulle die dag (16de dag van die maand Desember) van geslag tot geslag as Sabbat onderhou en dat hulle ook 'n tempel tot sy Eer sou oprig.
- Met hul aankoms in die Beloofde Land het Israel 'n tempel ter ere van God opgerig. Die Voortrekkers (Boere) het met hulle aankoms in die land van Gelofte ook 'n tempel (die Geloftekerkie te Pietermaritzburg en later die Voortrekkermonument in Pretoria) opgerig en sedert die Slag van Bloedrivier word Geloftedag (vroeër Dingaansdag) nog jaarliks gevier.
- In die Boereoorlog het daar' n insident plaasgevind wat so presies met die Israeliete se uittog uit Egipte ooreenstem, dat van die burgers daarna verwys het as'Farao se Rooi See'.
- Nog 'n ooreenkoms (en waarvan die Boere van destyds niks kon geweet het nie), is dat die begin van die pad na Afrikanervryheid sou saamval met die Israeliete se terugkeer na Palestina — 1948 toe die destydse N.P. aan bewind gekom het (Ook dit het oom Nieklas vooruit gesien!)
Tog is daar vandag baie Afrikaners (Siener het hulle Jingo's genoem) wat onder vreemde druk eis dat Geloftedag afgeskaf moet word. Oom Nieklas moes dit sien kom het, want in een van sy visioene (28 Februarie 1922) profeteer hy dat 'n toekomstige Afrikaner-regering nog eendag die mag in hierdie land in vreemde hande gaan oorgee, en dat van ons leiers in daardie dae die knie voor Westerse dwang gaan buig. (In plaas daarvan dat hulle die knie voor God buig).
God het met geen ander volk, behalwe Israel, 'n Verbond gesluit nie, en daar is ook geen ander volk, behalwe die Boerenasie, wat aan God 'n Gelofte gedoen het nie. Is dit dan nou toevallig dat juis die Israeliete en Boere die twee mees gehate volke ter wêreld is?
Nie net Afrika nie, maar ook lande van die Eerste Wêreld is baie meer verdraagsaam teenoor die Kommunisme as teenoor die Boer en die Israeliet! (Ook hierdie wêreldwye haatveldtog het die Siener voorspel.)
Vervolg...