NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Wanneer ons op ons voete staan, kyk ons vorentoe, maar wanneer ons op ons rug lê, kyk ons boontoe.  In sulke tye besef ons dat ons niks anders as Jesus oor het en eintlik niks meer as Hy nodig het nie!  Ja, as ons koninkryk wyk, neem God s’n oor!

SIENER VAN RENSBURG, DIE MENS (9)

Lees reeks by Siener van Rensburg, die mens

Lanferdoek  oor Lichtenburg

Op Saterdag 11 Julie 1914  - skaars drie weke voor die uitbreek van die oorlog  -  daag die Siener  onverwags by genl.  De la Rey se plaas Elandsfontein  naby Lichtenburg op. Dit was die eerste en enigste  keer in die 15 jaar van hulle   vriendskap dat oom Nieklas die  sowat  90  kilometer afgelê het om die Generaal  op sy plaas drie  kilometer buite Lichtenburg te besoek.  Hy het geweet hy is die draer van slegte nuus wat die lewe van sy geliefde vriend en volksman raak, en die tyding wou hy self oordra.

Die plaas Elandsfontein was 'n gewilde kuierplek.  Van Boere-generaals en Britse  staatsmanne tot  dorpsmense  en burgers  het  dikwels daar  aangedoen.   So ook mense  op soek na staaltjies en die humor van die roemryke Generaal Koos de la Rey en die gasvryheid van tant Nonnie, sy vrou.  'n Gesellige atmosfeer het deurentyd op die plaas geheers,  totdat die ou Siener op daardie  dag daar aangekom  het...

En die genl. het onmiddellik besef oom Nieklas het weer 'n gesig gehad, 'n gesig wat hom genoop het om die vermoeiende ent pad te perd  af te lê om daaroor te kom  praat.  Hulle het nog skaars gegroet of die ou profeet  sê: "Oom  Koos, ek moes kom.  Dis 'n ernstige  saak."

Oom Nieklas het skielik daar ver gekyk asof hy nog iets gewaar. De la Rey het na oom Nieklas  se groot vermoeide,  droewige  oë gekyk,   na  sy  tenger,  krom  skouers  en hy  het  met  'n  beangste gemoed  besef, Nieklas  is nog meer verwese  as daardie keer toe hy die verskriklike  gesig oor die Boereoorlog  gesien het! En die genl. het nie geweet  wat om te sê nie. Eers  toe hulle  onder die stoep instap,  lê hy sy hand op die ou man se skouer:  ‘Jy lyk moeg  en gedaan,  oom Nieklas.  Dis amper sononder  -  rus nou eers vannag uit dan praat ons more ...’

Die volgende dag se gebeure  soos dit later opgeteken is deur genl. De la Rey  se  liefling-dogter,   Polly.  Sy  het  dit  op  versoek   van  die skrywer, Johannes Meintjes, gedoen:

"Ons het vroeg geëet en is vroeg na bed. Maar my vader het nie veel geslaap nie. (Haar ma, Nonnie, het dit later aan haar gesê). Hy was die volgende oggend ook vroeër  as gewoonlik op. Maar dit was eers ná die gebruiklike  huisgodsdiens en tee om elfuur dat ek en Vader saam met oom Nieklas na die rookkamertjie  gegaan  het. (Vader het nooit elders in die huis gerook  nie).

Eers toe ons drie alleen daar was, het ek Vader kalm hoor sê, 'n kalmte wat hy net in gebed kon verkry het: 'Nou ja oom Nieklas laat ons hoor ...'

'Oom  Koos,'  begin die Siener toe praat:  'dis  'n  ernstige  saak. Daar gaan iets met jou gebeur:  EIke keer wat ek jou sien, dan is jy kaalkop en jy weet dis ernstig.'

Ek onthou nog baie goed hoe verdrietig oom Nieklas was.  Daar was trane in sy oë  -  hy was altyd vreeslik lief vir my vader.  Maar ek kon nie  verstaan wat aangaan nie.

Toe praat hy weer:  'Ek sien 'n wit papier met twee swart letters daarop- ‘n een en 'n vyf (15). Die wit papier met die swart vyftien hang oor Lichtenburg.  Dan  sien  ek vir Oom en Oom is kaalkop. Dan sien ek dit word laat in die aand. 'n Swart lanferdoek hang oor die dorp ...'

Die gedeelte wat hier volg, is 'n woordelikse weergawe van die voorspelling:

Ek,  sien   ‘n groot  blou  water.  Op  die water   drywe kurkproppe (skepe) groot  kurkproppe.   Dan  sien  ek iets  baie  klein  onder  die water  (iets soos ‘n voertuigie),   en as die klein voertuigie  boontoe kom, dan sink die groot  prop ... ‘

Vader het na my toe gedraai en haastig gefluister:  'Torpedo's.' Ek dink nie eens oom Nieklas het hom gehoor nie, want hy het voortgegaan:   'As ek weer so oor die blou water kyk, dan is die kurkproppe weg. Ek sien  anderkant die water 'n groot man. Hy bly nie  daarnie; hy bly hier in ons  land. Hy is baie mooi aangetrek;  hy dra  goue knope aan sy baadjie en goud aan sy hoed. Hy het 'n lang swaard aan sy sy. Wanneer  hy terugkom  na ons land toe sien ek weer die wit papier  met die swart syfer vyftien daarop, en ek sien toe  weer  vir oom Koos, en Oom  is weer  kaalkop.  Die  man wat toe teruggekom het trek toe sy mooi klere uit, haal sy swaard af en sê toe hy  wil dit nie meer dra nie ...'

Vader het  weer  na my  kant  toe gefluister:   'Dit  moet generaal Beyers wees want hy is mos oorsee.'  Oom Nieklas het nie eens opgekyk  nie: 'Ek sien toe van die noordekant af … '   'Seker  Pretoria,'   het vader hardop gewonder.

'Dan kom ‘n lang wa wat met stoom werk.'  -   'Moet  'n  trein wees' het vader weer verduidelik asof ek nie verstaan nie.

'Ek sien nie juis mense in die wa nie; ek sien net 'n paar mense. Ou tante  (De la Rey se vrou,  Nonnie)  is ook daar met die kinders en jy  ook, Polly.  Daar is pragtige  blomme, net blomme  waar jy kyk. Daar  is ook baie kos in die wa, maar julle  eet nie. Oom Koos is ook daar, maar Oom is kaalkop, en dit is nie goed nie ...'

Oom Nieklas raak toe so verdrietig  dat hy nie dadelik verder kan praat nie.  'Die man met die mooi klere is ook daar in die wa.  Die wa staan by baie plekke  stil, en dan kom daar baie mense saam. Hulle is baie treurig. Dit het iets met oom Koos te doen  -   Oom moet tog versigtig  wees ...

VIae hang halfstok

'Ek sien die wa kom Lichtenburg  toe. Ek sien dit word donker en die lanferdoek  hang weer oor die dorp. Ek sien dwarsdeur die land hang die vIae aan kort  stokke ..." Vader  het  onderlangs in Engels gefluister:  'Half mas.' En  toe verstaan ek vir die eerste keer wat dit alles beteken,  en heeltemal verskrik  sit ek toe na oom Nieklas en luister:  "Ek  sien daar kom 'n groot  perdekommando  vanaf Schweizer-Reneke se kant af. Ek sien hulle lê en slaap sommer so op 'n oopte  onder die bome. Dit is nie oorlog nie; dit het iets met Oom te doen.' (Die oopte was die markplein waar genl. De la Rey se standbeeld vandag staan).'Ek  sien vreeslik baie van die stoomwaens kom. Hulle kom almal na Oom  toe ...'

Hy het lankal stilgebly toe ek en vader nog na hom sit en kyk.

En toe sê hy nog 'n slag: 'Oom moet versigtig  wees ...'

Op Maandag 13 Julie  is oom Nieklas  van Rensburg weer  vort. En al wat vader daaroor  te sê gehad het, was: 'Nou ja, Polly, jy het nou alles gehoor.  Ons sal maar sien wat gaan op die vyftiende  gebeur.' Ek het hom net gevra dat ons asseblief niks vir Moeder moet sê nie ...

Op 4 Aug.  1914 breek  die Eerste  Wereldoorlog   uit. Die  kurkproppe  (skepe)  is op die groot blou waters  gekelder.  Siener  se vi­ sioen van die wit papier met die swart 15 wat oor Lichenburg  hang, het nou 'n politieke  kleur gekry: Die 15de is die dag van bevryding van  die Afrikanervolk   met genl.  De la Rey  aan die voorpunt,  het baie geglo.

Al  die burgers  van  die Onder-Hartsrivier    is vir 'n  vergadering opgeroep  na Treurfontein   (Coligny, 29 km vanaf Lichtenburg)  met "geweer,  paard, zadel en toon en zoveel ammunitie  en proviand  als zij in staat waren  te brengen". Op Saterdag  '15'  Augustus  het genl. De la Rey sowat 800 man toegespreek  en teen aIle verwagting  in, skets hy vir hulle die omstandighede  in Europa en vermaan  hy hulle tot kalmte.

Op 5 September  woon  hy die spesiale  sitting  van die Parlement by en op  12 September bekragtig  die Senaat  die besluit om dat Suid-Afrikaanse  troepe  Duitswes-Afrika moet  binneval en volle bystan aan Engeland moet verleen.

Dieselfde middag nog haal genl. De la Rey die trein terug Transvaal toe. Hy het geweet die speurders hou hom dop en pleks van op Germiston oor te klim na die Pretoria-trein, besluit  hy om na Johannesburg toe deur te ry. Hy arriveer Maandag 14 September in Johannesburg en teken in by die Victoria-hotel  in kamer  nr. 15.

Dieselfde dag het genl. Beyers  bedank as Kommandant-Generaal  van  die  Unie  se  Verdedigingsmagte -  die man met die pragtige klere wat van oorsee  terugkeer en sy swaard afhaal.

Intussen   is  daar  vir 15 September  'n  vergadering te  Potchefstroom gereël. "Want,"  so het die opstandelinge geglo,  "in Gods   tijd   maak   een maand  later    of  een maand  vroeër  geen verskil  nie  -   die 'bevryding'  is  immers klaar bestel vir die 15de.

Die  hoofspreker op die vergadering moes natuurlik ook genl. De la Rey wees. Die organiseerders het selfs  'n motor  na  Rietkuil  ge- ur om die Siener vir die vergadering   te gaan haal sodat hy sy visioen  in vervulling  kon sien gaan.  Maar  om een of ander  rede het die Siener  geweier  om na Potchefstroom   te reis.

En tot hulle verdere  ontsteltenis   vemeem  hulle  toe ook dat die generaal  nie betyds  sou wees nie!

Genis.  Beyers  en De la Rey vertrek  die aand van  15 September omstreeks  sewe-uur  na Potchefstroom.   Mnr. A.J. Wagner  was die bestuurder  van  die Daimler-motor met die registrasienommer TP 24. (Die  numeriese   waarde   van  24  is  6:  2 + 4 = 6;  so  ook  die numeriese  waarde  van 15: 1 +5 =6).

In Langlaagte  op die hoek van Du Toit- en De Willestraat  probeer polisie na  die  gevaarlike     Foster-bende    soek   en  aIle  motors   met  drie  in­sittendes  word  by  padblokades  voorgekeer. Maar   omdat   die  generaals    geweet het   die  padblokades  is vir  De  la Rey  bedoel,   het  hulle  mnr.  Wagner   opdrag   gegee   om  nie stil  te hou  nie.

Een polisieman, ene Drury, vuur 'n skoot op die Daimler af. Wanneer die Daimler  tot stilstand  kom, spring die geskokte bestuurder uit. Hy gryp genl.  De  la Rey vas en  probeer  hom  oplig. En  dan fluister  die geliefde vegter  en leier  sy laaste  woorde:

"Krisjan,  dis raak ..."

Die Leeu van Wes- Transvaal  strek effens,  sak terug  en blaas sy laaste asem uit. Dit was  'n winderige   aand en tydens  die gebeure het hy sy hoed verloor.  Dis nooit weer  gevind  nie. (Oom  Nieklas het gesê hy is sonder  hoed).

En so is die visioen  van die 'swart  15' vervul.

Volgens Polly was daar die dag met haar pa se begrafnis  meer as 40 spesiale  treine op Lichtenburg;  daar was nie slaapplek  vir almal op die dorp nie en die mense het sommer  in die treine gebly  -   behalwe vir die perdekommando  van Schweizer-Reneke  wat op die markplein  uitgekamp  het.

Hierdie  profesie  aangaande  genl. Koos de la Rey en die nommer15 het een van die Siener  se beroemdstes   geword.  Maar later jare het dit tog allerhande  borduursels   bygekry:  bloed  wat  drup uit 'n donker  wolk bokant  Lichtenburg;   die nommer  15 wat  skyn op 'n geel  doodskis;  senator  De la Rey wat van Kaapstad  af terugkeer sonder  sy hoed en dan was daar glo ook 'n  wa vol pragtige  blomme, ens.

Die visioen  soos  dit hierbo weergegee is, is egter in later jare ook deur genl. De la Rey se ander dogter, mev. Magdalena Bouwer, bevestig.

lets  waarvan  min  mense  seker  bewus  is, is  dat  oom  Nieklas  vir genl.  Christiaan   Beyers  herhaaldelik   in  dieselfde   visioen  gesien het; en soos alom bekend  is, was genl. Beyers  saam met Koos de la Rey in die motor toe die opslagkoeël hom getref het. En net soos Siener  voorspel  het,  was  genl.  Beyers  ook  saam  met  die  De  la Rey-gesin  op  die  begrafnistrein.

Genl. Beyers se dood

Het die ou profeet  genl.  Christiaan  Beyers  toevallig  in daardie visioen  gesien?  Seker nie want  voor  die einde  van daardie  jaar het hy tragies in die Vaalrivierverdrink  terwyl hy desperaat  probeer deurswem het  om  onder 'n  koeëlreen  van  mede-Boere na  die oorkantste  wal te swem.

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 3300 gaste aanlyn