Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Welgestelde mense word dikwels deur ander beny en bewonder. Rykdom besit egter die gevaar om jou afgod te word en dan is daar nie ruimte vir God in jou lewe nie. As iets vir jou te belangrik geword het, vertrou die Here om jou daarvan te verlos. God kan 'n kameel deur 'n naald se oog kry – Hy kan 'n ryke laat afsien van sy verknogtheid aan sy aardse goedere en hom red.
SIENER VAN RENSBURG, DIE MENS (11)
Lees reeks by Siener van Rensburg, die mens
Met Kemp se kommando
In briewe aan mnre. Cornelius Borman van Kimberley en oom Joos Haasbroek van Potchefstroom, asook in 'n artikel uit 'n ou maandblad, Mense, (Jan. 1956) gee mnr. Boy Mussmann 'n breedvoerige en baie interessante beskrywing van sy wedervaringe saam met oom Nieklas in genl. Kemp se kommando tydens die Rebellie toe hulle die moeilike tog van 600 myI (1 000 kilometer) deur die Namibwoestyn aangepak het. Ek maak ook gebruik van inligting wat mnr. D.J. Esterhuizen van Upington gestuur het.
(Ter wille van groter duidelikheid is die styl en spelling plek-plek aangepas en verander):
Mnr. D.l. Esterhuizen van Upington:
Hy vertel dat sy vader en oom Nieklas van Rensburg in die loop van die Rebellie goed bevriend geraak het. Tydens hulle tog na Duitswes is hulle een aand in 'n geveg met regeringsmagte betrokke en is die groepie Rebelle kort voor donker omsingel. Sy vader, kmdt. Esterhuizen, het toe besluit om te wag tot later die aand en dan met sy manne op 'n bepaalde plek deur die vyandelike linie te breek. Maar toe kom die Siener by hom en sê: "Daar waar jy beplan om vannag te ontvlug, sal ons gevang word - maar die Here maak vir ons by die anderkant 'n plek oop en ons moet daardeur - ek sal julle in veiligheid uitlei."
Kmdt. Esterhuizen het die klomp manskappe bymekaargeroep en hulle daarvan gesê. Maar ook gewaarsku dat alles baie stil en ordelik moes verloop. Hy en Siener sou die voortou vat, en gedurende die uittog moes geen roker 'n vuurhoutjie trek nie. Hulle het skaars 'n entjie gevorder of die Siener sê: "Kommandant, ek gewaar dat daar vuurhoutjies getrek word." Kmdt. Esterhuizen roep halt en verbied sy manne ten strengste om weer te rook, en hulle sit toe die staptog voort. Maar nie lank nie of oom Nieklas waarsku andermaal op fluistertoon: "Kommandant, hier word weer vuurhoutjies getrek om pyp op te steek" Die kmdt. se geduld was op en hy vra Siener om alleen die manne verder te lei, pluk toe sy perd, Ruby, om en ry na die agterpunt van die linie. Dis toe dat hy die man opmerk wat met sy jas half oor sy kop getrek, probeer pyp opsteek. Die kmdt. moker hom toe met sy sambok oor die kop en dit was die einde van die kêrel se rooklus! Oom Nieklas het hulle deurgelei sonder dat die regeringstroepe daarvan geweet het.
Boy Mussmann aan mnr. Cornelius Borman: .
"Hoofsaak is die tog wat ons in 1914 moes ondemeem na Duits-wes om te gaan traktate maak. Daarin beskryf ek hoedat oom Klasie ons dag en nag vertel het waar ons vyande is en waar ons tussen hulle kan deurtrek. 'n Ware simboliese trek. Soos wat die Israeliete deur die woestyn moes trek, so moes 600 man van ons (sleg gewapen) deurtrek. Genl. Smuts het al die verdedigingsmanne en seuns onder sy hand gehad, ook al die kanonne en oorlogsuitrustings, en hulle het hul uiterste gedoen om ons te keer, te vang, of dood te skiet, sodat ons nie Duitswes kon bereik nie, maar dit was tevergeefs.
Nou is my plan om daarmee na die Vaderland te gaan en te vra wat sal dit my kos om 30 of 50 boekies te druk ... en so publiseer ek my hele boek wat die Transvaler en die Volksblad nie wil druk nie omdat juis genl. Kemp se boek oor die tog vol leuens is. Die stukkie geskiedenis is net so belangrik in ons volksgeskiedenis as die plegtige Gelofte by Danskraal."
Mussmann aan oom Joos Haasbroek - met aanvullende aantekeninge uit 'n artikel in Mense:
"Liewe Jozua en gesin,
Ek lees in die Kongo (Zaïer) sien oom Klasie 'n rooi skilleros.
Dit is mos Rusland se bees! Dan omtrent die drie siwwe entjies van mekaar. (Dit is drie verkiesings). Dit het niks te doen met die drie blou briewe nie. Nou sal die poppe dans! Lees sy visioen van 24 Desember 1917: In Weste van Europa is 'n groot oond en groot vuur brand in die oond die vlam slaat by die oond se bek uit. Dit beteken: In die geheim word oorlog (agter in die oond) gestook. As die vlam by die bek uitslaan, dan trek ons Prieska toe. Ek wil probeer voldoen aan die belofte wat ek gemaak het om vir jou die tog na Duitswes neer te skryf dan kan jy dit aan jou vriende gaan voorlees.
Vervolg...