Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
VANDAG het God vir jou die geskenk van 86 000 sekondes gegee. Het jy een van hulle gebruik om vir Hóm dankie te sê?
SIENER VAN RENSBURG, DIE MENS (17)
Lees reeks by Siener van Rensburg, die mens
Soos 'n Moses van ouds
Boy Mussman vertel verder:
Die voorwaardes was: 'Julle Iê die wapen neer'. Die offisiere sal aangehou word. Die burgers sal huis toe gestuur word met hulle perde. As die regering die perde nodig het, sal hulle gewaardeer word en aan ons uitbetaal word. Op die plaas Koegoeskop is baie soetdoringbome. Oom Nieklas sê hy sien elke burger pluk 'n geelperske van die soetdoringboom, maar hy (Siener) kry eers die geelperske in Pretoria.
Toe die Duitse owerheid hoor dat ons gaan oorgee, stuur hulle vir elke burger 'n goue pond vir padgeld. Oom Klasie se naam het nie voorgekom op die korporaals se naamlys nie. Dus kry hy toe nie 'n pond nie.
Ons kommando trek hierna na Upington om te gaan oorgee en ons slaap die nag net buite Upington. Elke afdeling afsonderlik by sy offisier. Die artillerie was net voor my broer Chris se kommandantskap. Willie van Rensburg en ek slaap bymekaar. Willie sê aan my: "My pa (Siener) sê die regering gaan die offisiere lank vashou, want hy sien die bande om die offisiere se bene, maar vir ons sal hulle nie lank vashou nie." Hy sê toe ook aan my ek moet by hom in Wolmaransstad kom ploeg dan is ons altoos bymekaar.
Met Manie Maritz se oorgawe na die slag van Upington, is die wat nie dood is nie, gevange geneem en per trein teruggevat Transvaal toe. Daar is kosvoorrade aan hulle uitgedeel en elkeen het o.m. ook ‘n rantsoen suiker ontvang - presies soos Sienervoorspel het! Die offisiere word na Johannesburg se fort gestuur en ons burgers word na die Kimberley-kompound gestuur.
Toe ons daar aankom, is 40 van ons siek aan maagkoors.
Op Sondagmôre 27 Maart 1915 kom die kampkommandant na my toe en vra: "Do you know Corneels and Nieklas van Rensburg?" Ek sê: "Yes, I do." Hy sê toe: "Please call them for me." Ek sê vir die twee broers die kampkommandant roep julIe. Ongelukkig vra ek nie aan die kommandant hoekom hy hulle wil sien nie. Eers Sondagmiddag net na sononder sien ek Corneels van Rensburg waar hy voor hulle sel sit en huil. Ek vra hom wat makeer? Hy sê:
"Ons was vanmiddag na die hospitaal en broer Willie Iê op sterwe." Ek vra: "Het julIe hom daar aIleen gelaat?" Hy skud sy kop: "Nee, ons moeder en verskeie ander vroue wat gekom het om hul mans en kinders te sien, is by hom." (Willie van Rensburg is nog daardie selfde nag nog aan maagkoors oorlede).
Ons het op 7 Feb. 1915 in Kimberley aangekom. Ons is in April ontslaan. Die hospitaal was die wit huis wat oom Klasie gesien het. Teen die offisiere is 280 getuies gedagvaar. Nie een kon verklaar dat hy die Siener in die kommando gesien het met 'n geweer in die hand of dat hy aktief aan die Rebellie deelgeneem het nie.
Niemand kon ook verklaar dat oom Klasie vir hom gesê het hy moet gaan rebelleer nie. So kon daar geen vonnis teen die Siener uitgespreek word nie. Nadat elke rebelle-offisier se saak afgehandel is, kom regter Lang met twee assessore en lees elkeen se vonnis af. Genl. De Wet kry 7 jaar tronkstraf en 1 000 pond boete, ens. Na al die vonnisse afgelees is, kom hy by die Siener. Daar is geen verklaring teen hom nie. Die regter sê toe net: "You eat to much meat at night. That is why you dream dreams and see visions. But I tell you to keep your dreams and visions for yourself, or I'll put you in yale (jail) for the rest of the war."
Die aand slaap my broer Chris en oom Klasie bymekaar. My broer sê aan oom Klasie: "Die Engelsman het vandag sy mes vir jou in gehad." Oom Klasie sê: "Ja, ou Chris, maar ek sien hul begraaf hom."
Drie dae later word regter Lang toe ook begrawe. Hy is skielik oorlede.
Mnr. Boy Mussman sluit sy beskrywing af met die volgende woorde: "Genl. Kemp het, met behulp van Siener van Rensburg, ons soos 'n Moses van ouds veilig deur die woestyn gebring."
Vervolg...