NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Daar is soveel gapende afgronde elke dag op ons pad van heiligmaking – wat ons nie eers raaksien nie! Ons blindheid veroorsaak dat ons luidkeels teen die Vaderhand wat ons daar wegruk, protesteer.

SIENER VAN RENSBURG, DIE MENS (19)

Lees reeks by Siener van Rensburg, die mens

Die brakdakhuisie

Oom  Nieklas  se kleindogter,  Ria  James  en  mnr.  Boy Mussmann skets die omstandighede   en leefwyse van die Van  Rensburg-gesin  na  afloop  van  die  Eerste  Wêreldoorlog:

"Op Rietkuil, distrik Wolmaransstad,  in 'n vaal brakdakhuisie  met  plankvensters (en kleimure),  het Nicolaas  Petrus  Janse van Rensburg  'n eenvoudige bestaan  gemaak. Agter  die eenvoudige ou huisie was 'n rantjie en as 'n mens op die rantjie  gestaan  het, kon jy die gras plek-plek op  die  brakdak  sien groei.  Dit  was op  hierdie  einste  rantjie  dat Siener  in sy laaste  dae  vele ure  met sy Bybel deurgebring  het.

"Op 'n skaapvelletjie langs 'n riempiesmat-voustoeltjie  voor die huisie, omring van sy skoenmakergereedskap, was oom Nieklas se geliefkoosde sitplek.  Daar het hy hom besig gehou met die herstel van sy eie en die kinders se skoene;  daar  het hy aan sy baie besoekers  -  sommige wat  honderde my le ver  gekom het, van  sy gesigte  vertel."

In die  koel,  halfdonker  kombuis,  voorhuisie  en slaapvertrekke was ook  net  die  broodnodigste:    'n  es  met  'n  bakoond;   'n  wit geskropte  kombuistafel;   enkele  riempiesmatstoele  en 'n paar banke en swart  ysterkatels.   Soos  in die meeste ander  plaashuise van destyds,  is die vloere gereeld  met warm  beesmis  gesmeer.  Eenvoud het die lewe van Siener van Rensburg  gekenmerk.

"Maar  selfs in daardie swaar tye," vertel Mev. James,  "was Oupa nie so verarm  as wat daar dikwels  gesê word nie. My ma (Hester) het gesorg  vir  koffie en kos  wanneer  gaste  opgedaag   het.  Geen besoeker  is ooit  sonder  verversings   daar  weg  nie  -    al was  dit partykeer dan ook maar net koffie  en groenmielies!"

Aardse  besittings  het Van Rensburg  nooit getrek  nie. Sy hart en voordeur was altoos oop vir besoekers;  nie net vir belangrike  gaste soos ministers,  parlementslede  en ander hoë amptenare  wat gedurig kom verneem  het wat hy weer'  gesien'  het nie, maar veral ook het sy deur oopgestaan vir die armste van die armes.  Sy leuse was immers:  "Naak  het  ons in die wêreld  gekom  en naak  sal ons dit verlaat."

Die byna wêreldwye  belangstelling  in sy visioene  na afloop van die Rebellie  en Eerste Wêreldoorlog  (daar het nou selfs navrae van oorsee gekom en die stroom besoekers  op Rietkuil  het nuuskieriges van so ver as die destydse  Noord-  en Suid-Rhodesië    ingesluit),  het meteens  van die nederige,  onwillige  boer 'n legende  in sy eie leefty d gemaak.  Maar al die ophef en bohaai oor sy gesigte en die w onderbaarlike  wyse waarop  dit telkemale  vervul  is, het oom Nieklas van Rensburg  hoegenaamd  niks laat verander   nie.

Prof. Van der Westhuizen  verklaar  tereg:  "Die   profeet' is inderdaad in sy eie land geeër".

Die opregte sal bly staan

Direk  na  afloop  van  die  1914-Rebellie  het  die  Smuts-regering sowel  as die Hooggeregshof  ondersoeke  gelei na  drie verskillende  aspekte  rakende  die Rebellie:

(A)  Die  eerste  ondersoek   was  die   Judicial  Commission  of Inquiry  into the Deaths  of Senator the Hon. J.H. de la Rey and Dr. G. Grace. U.G. No. 48,1914. Met hierdie   ondersoek wou Smuts glo die 'geheimsinnige'  omstandighede   rondom De  la Rey se dood probeer opklaar.

(B) Die tweede  ondersoek  was die Report on the Outbreak of the Rebellion and the  Policy   of  the  Government   with  Regard  to  its Suppression.   (Blouboek  van 26 Feb. 1915), en;

(C) Die derde ondersoek  was  die Rapport  van  de Rechterlike Kommissie van Onderzoek naar de Oorzaken van en Omstandigheden met betrekking tot  de Recente  Rebellie  in ZA.   December 1916. Vir die  laaste ondersoek  is daar ook  'n Gekose  Komitee aangestel.

Die doel van die Gekose  Komitee  was hoofsaaklik om getuienis in te win oor die rol wat Nicolaas  van Rensburg in die verloop  van die Rebellie  gespeel  bet.

Heelwat  inligting  oor Siener  en sy gesigte  is vervat in die blouboek van 26 Feb. 1915, asook die Regterlike  Kommissie se ondersoek.  Want  kwaadwillige gerugte het die rondte  gedoen  dat hy die eintlike  opstoker en sinistere dryfveer agter die hele Rebellie was. Daar is ook gesê  dat die Siener 'n  liggelowige  genl. Koos  de la Rey  (wat nie meer  by sy volle verstand sou gewees het nie)  aan die neus gelei het net soos wat Raspoetin in Rusland die tsarina  Alexandra  met sy mistieke boosaardighede  beïnvloed  en oorheers  het.

Indien  die ou profeet  dit dan nie doelbewus en op eie inisiatief gedoen het nie, so het hulle aangevoer, is hy in sy eenvoud  berekenend  deur anargiste  daarvoor  gebruik.

(Uittreksels  uit die Rapport van die Rechterlike  Kommissie):  "Hy (die Siener)  skyn  'n  onbegrensde  invloed  onder  die boere in die distrik  te hê. Dit word  ons deur  ' n getuie vertel  dat, kort voor die Rebellie,  soveel as tien motorkarre  op 'n   sekere  dag by Van Rensburg se huis gesien kon word.

"Die profeet  het geen meer toegewyde dissipel as wyle genl. De la Rey nie. Hy het dan ook dikwels  aan vriende  die profeet  se gesigte betreffende die toekoms  verhaal,  en sy vaste geloof daarin uitgespreek.

"n Boer,  kmdt.  Martinus van  Rensburg van  die distrik  Wolmaransstad  en 'n buurman  van die Siener, het getuig  dat reeds in Julie 1913, gedurende  die eerste werkstaking   op die Witwatersrand, het die profeet hom besoek en vertel dat  die werkstaking net die begin is van die saak; maar dat die groot saak sou wees wanneer die vuur in Europa  begin,  en dit sou binnekort  geskied;  dan sal die tyd aanbreek dat ons weer ons onafhanklikheid sou terugkry".

Op  13 Augustus 1914  nooi  genl.  Botha  Koos  de la Rey  na Pretoria  vir 'n  onderhoud met hom  en Smuts oor die dreigende  Rebellie.  Oor daardie  onderhoud  het genl. Botha later as volg voor die Kommissie  getuig:

"Uit De la Rey se toestand  en gedrag  het dit geblyk dat hy in 'n byna verstrooide  geestestoestand was  -   die uitwerking  hoofsaaklik die gevolg  van die gesigte  van die 'profeet'   van Rensburg  met wie hy gereeld  in konsultasie  was. Terwyl hy met my gepraat  het, sou hy, byvoorbeeld,   sommer  skielik  begin te bid, en hy het alto os teruggekom  op wat  Van  Rensburg voorspel   het.  Hy  het  telkens herhaal  dat die profeet gesien het dat onafhanklikheid aan die land teruggegee sou word  sonder  dat bloed  vergiet  word ..."

Laat daardie nag belowe genl. De la Rey dat hy sy manne sal kalmeer  'en  saken  daar rechtmaken' . "Maar,"  gaan die Kommissie  voort:  "Toe word  hy die slagoffer van  die (bose?)  invloed  van die profeet  en manne  soos Nieuwenhuis wat vasbeslote was om, vir opstandige doeleindes, die meeste te maak van sy (die Siener)  se groot invloed  op die volk."

Nog uittreksels  uit die blouboek  van 26 Feb.  1915:

In teenstelling met  die Regterlike   Kommissie   se veroordelende  uitsprake  jeens oom Nieklas,  was die Regering  se bevindinge  baie meer simpatiek en plek-plek selfs gunstig: "By verskeie  geleenthede,"   getuig  genl.  Hertzog,  "het hy (oom Nieklas)  bewys dat  hy heldersiende  is ... Hy  het  ongetwyfeld  'n groot  invloed op duisende  van sy mense gehad ... In 'n  buitengewone en oënskynlik outentieke gesig  het hy die vredesluiting   gesien,  en  dit  het  sy  reputasie   (as  profeet)  gevestig.   Sy  roem  het dwarsoor  die land en in die buiteland  versprei  en oral is vreemde verhale  oor sy wonderbaarlike  gawe vertel...

"Genl.  De la Rey  het groot  belangstelling  in die Siener  getoon (en) Van Rensburg  het 'n groot bewondering   vir die Generaal  gekoester.  Hy het aan vriende gesê dat daar nog groot dinge vir genl. De Ia Rey voorlê ..."

Genl. Hertzog  is ook versoek  om oor oom Nieklas se 'bedrywighede'  te getuig,  en sy antwoorde op vrae 2198-2202  is ingesluit  in die getikte  rapport  van die Gekose

Komitee  oor die Rebellie:

'n Verkorte  weergawe  van genl. Hertzog  se verslag:

Dit was drie maande  voor  die Vrede van Vereeniging,  nl. op 27 of 28 Februarie   1902.  Pres.  Steyn  was  deur  sy krankheid na die liggaam  magteloos  geslaan, vasgekeer  op sy reiswaentjie.  VergeseI van myself  en Jack Brebner  het hy die westelike  Transvaal  besoek om 'n  dokter  te raadpleeg  wat by genl. De la Rey was. Dit was in die  omgewing   van  Klerksdorp  en  genl.  De  la  Rey  het  die  hoë geselskap  'n staanplek  aangewys  naby 'n perdetrollie  waarby  vyf of ses van die genl.  se personeel  vertoef  het. Waarskynlik  het die genl. gereken  dat  die  President die  veiligste  sou  wees  naby  sy waaksame   staf.  Maar  oom  Nieklas het anders gedink ... Die dag na ons aankoms,  het die tingerige figuur  by pres. Steyn se waentjie verskyn  en op 'n  skugter  manier raad  gegee.  Hy  reken  die  staanplek  is onveilig  en het  gesê  die president  moet liewers  hier weggaan. Maar pres. Steyn was nie bereid   om  genl.  De  la  Rey  se bevele  in die  wind  te slaan  nie. Toe  verklaar   oom  Nieklas:   "Ek het 'n visioen  gehad.  Ek sien die Engelse   kolonne  vang  hierdie manne."   (Die  personeel   by  die   trollie).  Hy  het  toe  in  'n  sekere rigting  beduie  en bygevoeg:   "Ek  het  die  verkenners   daargunter gesien ..."

Die president  het steeds  geweier.  En dit was eers nadat genl. De la Rey  hom persoonlik  versoek  het om aan oom Nieklas  se waarskuwing  gehoor  te gee, dat die hoë geselskap  na 'n ander staanplek verskuif   het.  Hulle  was  ook  net  betyds,  want  kort  daama  het  'n sterk Engelse  mag toegeslaan  en onder meer genl. De la Rey se personeel gevange  geneem ... (Net soos oom Nieklas  vooruit  gesien  het).

Talle ander persone  se getuienis is ook deur die Gekose  Komitee aangehoor;  maar in sy finale rapport erken die Gekose  Komitee  dat geen  grondige   bewyse   vir  die  beskuldigings   teen oom Nieklas gevind  kon word  nie, en die Boereprofeet   se eenvoudige   en kinderlike  opregtheid  het onaangetas   teen elke aanslag  bly staan;  sy vreemde   gawe  van  heldersiendheid  was  nog  steeds  onverklaarbaar...

Vervolg...

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 3300 gaste aanlyn