NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Gelowige mense kyk na die dood soos Columbus sy eerste ontdekkingsreis na die kus van Spanje beskou het – hy kon nie sê presies wat aan die oorkant lê nie maar was oortuig dat in God se volmaakte skepping, die see ook 'n oorkant sou hê.

SIENER VAN RENSBURG, DIE MENS (21)

Lees reeks by Siener van Rensburg, die mens

Jan Smuts: Die kleur van verraad

Vir 'n pot lensiesop

Reeds  met  Uniewording  in  1910 het  oom  Nieklas  'gesien'  dat Smuts en Botha  die Afrikaner  nog eendag  vir 'n pot  lensiesop in Brittanje  sou verkoop.  Sy kleindogter,  mev. Ria James, beskryf die visioen wat haar oupa gehad het as volg: "Oupa het gesien hoe Louis Botha, Jan Smuts en genl. Hertzog  in 1910 in bruin  klere (kleur van  die  Afrikaner)   na  Engeland  toe  gaan.  Maar  toe  hulle terugkom, was Botha en Smuts in Kakie (kleur van verraad)  geklee; net genl. Hertzog  het nog sy bruin pak  aangehad ..."

Oom Nieklas  was een van die weiniges  wat  destyds  gewaarsku het dat die Unie  nog eendag  die handperd  van  die Britse  Empire sou word,  maar niemand  wou dit glo nie.

Dit het eintlik alles begin toe Botha die Cullinan-diamant aan die Britse koningshuis geskenk  het, daarna  het hy in Londen  sy Boere-uniform  vir  die kniebroek en sykouse  verruil.  lets  wat  Smuts lankal  reeds gedoen  het. Van toe af was hulle by die Afrikaner nie meer te vertrou  nie.

"Daarvan  was  die verwerping   van Hertzog  as kabinetsminister 'n kennelike  bewys,"  se dr. M.C.K.  van Schoor.

En drie jaar later (1914) was Smuts en Botha se aanval op Duits­wes vir die Siener  geen verrassing  nie: Ons gaan weer veg as die gras groen word, het hy sedert  die somer  van  1911 herhaaldelik gewaarsku. Ek sien ons gaan optrek na Duitswes in die noorde. Dit gaan 'n bitter stryd wees.

Hierdie stryd was ook maar net die eerste fase van die Britse veldtog waarmee  die Afrikaner  hom nie kon vereenselwig nie; want in die loop  daarvan sou die Afrikaner nog gedwing word om sware offers vir die Empire  te maak.

In die  gesigteboek  met  voorspellings  gee  Siener die volgende twee beskrywings   van  genl.  Smuts:  1) Ek sien 'n rooibruin bees staan by Johannesburg; hy kyk na die ooste en word skielik baie maer. 'n Rooi bees is Engeland se kleur; 'n bruin bees is ons kleur. 'n Rooibruin bees is niks anders nie as 'n ontaarde Afrikaner.  Genl. Smuts is die geel hond met die wit halsband. As mens 'n hond van sy oorspronklike baas weglok met stukkies kos, dan byt hy uiteindelik die baas wat hom grootgemaak het. So is genl. Smuts met geld en eer van sy volk weggelok. Nou het Engeland die hond en ons die halsband.

In 1923 belê genl. Smuts  'n vergadering  op Lichtenburg.  Toe die nuus van die vergadering  bekend  word,  'sien'   oom Nieklas  dat sy uitgaanhoed by   genl. Smuts op die verhoog  lê, toe weet hy hy moet na die vergadering  toe gaan,  maar kan nie dink wat hy daar moet gaan maak  nie. Die magistraat  op Lichtenburg,  mnr. Graham  Gos, besoek  Siener  en sê genl.  Smuts  wil  baie  graag  hê hy moet  die vergadering  bywoon.

Smuts vereer die Siener

Op  die  vergadering  bring  Smuts  toe  hulde aan die  ou volksvader (oom  Nieklas)  Wat hom  met  sy teenwoordigheid  vereer.  Na  die vergadering  gaan drink hulle alleen tee en bevestig Smuts weer hoe bly hy is om oom  Nieklas  te sien.

"Hoekom  dan, Generaal?"  wou Siener weet,   hoewel hy kon raai.

"Omdat ek jou raad nodig het: Sê my hoe kan ek die kloof tussen die Afrikanervolk,   wat by die dag groter word,  weer heel?"        .

Siener het  sy  kop  geskud:   "My  raad  sal  u  tog  nie  neem  nie, Generaal."

Smuts  pleit  toe by hom:  "Sê jy net wat  ek moet  doen,  en ek sal dit doen  -   al kos  dit ook my lewe!"

Na 'n  lang  stilte  antwoord  Siener  sag, maar  duidelik:  "Ontbind die parlement   en skryf  'n eleksie uit, en as u dan aan bewind  kom, sal u weet u het die volk agter u. Maar so kan dit nie aangaan  nie ..." Einde 1923  skryf  oom  Nieklas  in 'n  brief  aan mnr. Mussmann op Vryburg:  "As jy my hier kom haal en jy  bring my weer hier, dan gaan ek vanjaar by julle  Dingaansfees   vier:" En terwyl  hulle  van die  Dingaansfees   op  pad  terug  was,  vertel   die  Siener  dat  genl Smuts,  op sy advies  die Parlement  gaan  ontbind  en 'n verkiesing gaan uitskryf.

Mnr Mussmann wou dit nie glo nie en sê toe dat Jan Smuts nooit as te nimmer  sal bedank  nie.

"Hy sal,"  het oom  Nieklas  met oortuiging  gesê: "want ek sien ek kap die doringbos  wat in ons volk se pad  staan  af, en dan sien ek die mieliemasjien    dors dat die blare so waai  -  dis die eleksie  wat gehou  sal  word  en  dan  kom  ons,  die  Nasionale   Party,  aan  bewind ... "

Maar  almal   teenoor   wie  die  Siener  dit  genoem   het,  het  hom uitgelag:  "Dis  nie  moontlik  nie! Want Smuts  het nie net 'n  groot meerderheid   bo  die  NP en ander groepe  nie, maar  hy het ook die jaar vantevore   die  arbeiders  laat doodskiet in belang van die mynmagnate  - daardie   mynmagnate  sal aan hom  al die geld gee wat hy nodig  het  om  'n  eleksie  te wen." So is daar bespiegel.

Oom Nieklas het net ver voor hom uitgestaar en gesê: "Ek sien koringare  (dis geld) wat die beeld van 'n mens vorm. Toe gee die koringare    skielik pad  en staan  daar net  'n naakte  mens -  dis genl.  Smuts.   Hy gaan kaal uitkom met al sy geld.  Voorts sien ek dat  wanneer  Smuts die parlement   ontbind,  kom  daar  vyf moframme van die Kolonie  se kant af op -  hulle wol is kort afgeskeer. Dit beteken  dat vyf ministers  nie weer hulle plek  in die Parlement sal kry nie: De Wet, Mentz,  Frans Malan  en genl.  Smuts self. Want ek sien  'n boereveldskoen   (dis 'n Boereregering)   en ek sien ook  'n grasdakhuis   (dis 'n Boereparlement)  ... "

Genl. Smuts het die Parlement  in 1924 ontbind,  'n verkiesing  uitgeskryf  en dit verloor.  Maar genl. Hertzog  wou Smuts  terug in die Parlement  hê en het versoek  dat hy nie tydens  'n tussenverkiesing op Standerton  teengestaan   moet word nie.

Hieroor  was  oom  Nieklas  baie  ontsteld  en hy  het  gesê:  "Nou maak Hertzog  die grootste  fout van  sy lewe en 'n afgod van Smuts! Want die Here  het  self  beskik  dat Smuts  moet  uitval  en nou  wil Hertzog  hom weer  daar  hê. Dit gaan  die Boerenasie  nog berou, want  ek sien die grasdakhuis  vermuf  en ek sien Smuts  en Hertzog saam uit  ‘n erdvarkgat kruip   -  hulle sal verenig, maar, soos altyd, ten koste  van die Boer".

Tydens  'n besoek aan Rietkuil  vertel oom Nieklas  aan mnr. Boy Mussmann   hoe die burgers  destyds  ook van genl.  Piet Cronje  'n afgod gemaak  het: "En dit was daarom  dat die Here hom (Cronje) skielik  by Paardeberg laat oorgee het -   voordat  hy nog swaar gekry het. Van daardie dag af druk  die Heer se hand op ons volk; en hy sal druk, by tye  ligter  en dan weer swaarder, tot die dag dat ons vry en onafhanklik is   -  dan  sal ons    ongekende   seën  en voorspoed hê .

Oom  Nieklas  het verder  vertel  hoe die Boere  in 1910 bidure oor die land  gehou  het sodat  die  Heer  die regte man  sou aanwys  om Eerste Minister  van die Unie te word. Dit het gelê tussen John X Meriman en genl Louis Botha. Genl Botha val met die verkiesing uit teen sir Percy Fitzpatrick in Pretoria-Oos.   Ons glo toe die Here het verkeerd  gewys   -  hoe  kon  Hy  dan  vir  ons   'n  Engelsman  aanwys.   Ons gee  daarom  vir genl.  Botha  die  Losberg-setel  en maak hom Eerste Minister.  Slegs vier jaar later sleep hy ons in die Wêreldoorlog, iets  wat  Merriman   nie sou gewaag   het nie. En so gebruik  die Here  die generaal   met  wie ons gesondig   het om ons mee te straf.

Daarom  is ek (Boy Mussmann) nie kwaad vir generaal  Botha nie  in weerwil daarvan  dat hy my so sleg behandel het deur my, ná die Rebellie, veertien dae lank in die moordenaarselle op te sluit.

Vervolg...

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 3329 gaste aanlyn