NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Ons vra God in ons gebede soos Hy ons geleer het dat ons vergeef sal word, soos diegene vergewe wat teen ons oortree – nie omdat ons in staat is om die skuld van 'n vergryp of belediging te vergewe nie – maar net dat ons toorn, haat en wraaksug vrywilliglik uit ons hart verband kan word.

SIENER VAN RENSBURG, DIE MENS (25)

Lees reeks by Siener van Rensburg, die mens

NOG VISOENE VAN SIENER REEDS IN VERVULLING

Die Depressiejare

Kort  voor sy dood  het  die  Siener  'n  gesig gehad  wat nogal  sterk herinner  aan  die droom  van die Farao  van Egipte  in verband  met die sewe vet koeie en die sewe maer  koeie:

Ek sien twee wit perde  in die more in die vlei kom wei. Hul wei met  hul koppe  na mekaar  toe, en in die middag  draai  hulle  van mekaar  weg. Hulle  is maer  en uitgeteer.  Toe kom nog een by wat net soos die ander twee lyk en hulle was drie.

In Oktober  1929 stort  die aandelemark  van New York in duie. Bankrotskappe    en  selfmoorde   het  gevolg.  Skielik  was  daar  nie meer geld in om loop nie. Die Depressie  het begin. En vir die daaropvolgende  drie jaar beleef Suid-Afrika  die kwaaiste  droogte in sy geskiedenis.

Die Tweede  Wêreldoorlog In een van sy briewe  skryf mnr. Boy Mussmann:  'n Paar  jaar ná die  beëindiging   van  die  Eerste   Wêreldoorlog,   het  'n   Duitse artilleris aan  iemand  in Schweizer-Reneke  gesê dat ná die stillegging van Krupp  se wapenfabriek  volgens die bepaling van  die vredesverdrag   van  Versailles,   was  die  beste Duitse deskundiges  in Russiese wapenfabrieke  werksaam,  en het  hulle toe reeds die voortsetting van die oorlog in die vooruitsig  gestel.
"Na  aanleiding hiervan  het  ons toe  met  die  eerste geleentheid besoek  by Nieklas  van Rensburg  afgelê  en hom gevra  of hy miskien  iets sien wat op 'n samewerking  tussen  Duitsland  en Rusland kan uitloop.  Hy deel ons toe die volgende  mee:
"Ek sien  spanne,  spanne  osse  uit die verre  noorde  van Europa afkom  na die suide,  elk met twee blou voorosse."
Hieruit  het  ons dadelik  afgelei  dat genoemde  twee lande  wel  eendag  gesamentlik  sou optree en dat Duitse offisiere (blou voorosse) die rou, ongeletterde  Russiese  troepe sou aanvoer. En toe die Vriendskapsverdrag   op 23 Augustus 1939 tussen Duitsland en Rusland  onderteken is, was daar verder ook niks meer aan te twyfel nie. Die gesig het later letterlik en op die presiese  plek in vervulling getree -   net soos oom Nieklas dit gesien  het.
Van die noordelike Yssee tot aan die Swart See in die suide was Duitsland  met die Russe in 'n stryd gewikkel.  Hulle (die blou voorosse)  het die inisiatief  en militêre leiding  geneem teen die Russiese  troepe  en nie oor  hulle nie; en die Roemene, Hongare, Slowake,  Finne, Hollanders,  Franse, Spanjaarde,   Italianers,  ens. (spanne,  spanne  osse)  is almal teen wil en dank  deur Duitsland  in die oorlog  ingesleep.

Boere in 'n drukgang

In Suid-Afrika  sou  die  Boerenasie  andermaal   in 'n  drukgang  geplaas word  wanneer  Jan  Smuts se oproep  kom om die wapen vir die Britse Empire  op te neem.  Oom Nieklas het dit meer as twee dekades  gelede reeds voorsien  en gesê dit sal weer wees soos  voor die Eerste Wêreldoorlog  toe die einste Smuts en Louis Botha  oorlog teen Duitsland  verklaar  het. Maar nou sal Botha nie meer daar wees nie en sou Smuts sy hoop  op genl. J .B.M. Hertzog  moes vestig. Oom  Nieklas het die ook volk gewaarsku  om nie agter Smuts aan te loop nie, en het gesê dat genl. Hertzog  nie enduit by Smuts sou  bly  nie  en dat dit die einde van Hertzog politieke loopbaan sal beteken.

Mnr. Mussmann  skryf: "Maar ons volk slaan nie ag op die waarskuwings  nie. Destyds op Senekal het ek ook oom Nieklas se woorde aangehaal:  Ons volk sal ongewapen wees en verdeeld. Hy het verder gesê: Nadat genl. Smuts in 1924 in Pretoria-Wes uitgeval het, het genl. Hertzog hom die Standerton-setel onbestrede gegee (net soos genl. Botha Losberg gekry het). Oom Nieklas  se woorde was drie keer: Generaal Smuts is generaal Hertzog se val!

"In 1924,"  skryf  mnr. Mussman  verder,  "was vier van  ons (my broer, twee Haasbroeks en ek) by oom Nieklas.  Daardie  dag het hy weer  gepraat  van ons volk se fout om altyd van sy voormanne   afgode  te maak.  My broer  sê toe aan die Siener:  Oom  Nieklas,  ek glo net aan genl.  Hertzog;  hy is ons beste  staatsman.  Waarop  ek (Boy Mussmann) laat volg:  Ek glo weer  Tielman  Roos  is ons beste  staatsman.  Die Siener  antwoord:  Broertjies,  julle  is altwee  verkeerd. Ek sien daar kom 'n tyd dat Tielman  Roos en Hertzog  kop-en-punt lê. Hulle gaan nie met ons volksaak  saam nie. Maar uiteindelik sien ek genl. Hertzog  staan op en kom terug.

"Toe ek dit op Senekal  vertel,  toe staan 'n  sekere mnr. Van Dyk in die vergadering  op en sê: 'Alles wat u van die Siener vertel  het, glo  ek; maar  dat genl.  Hertzog  sal terugkom,  glo ek nie, want  hy het ons te veel gevloek  en geskel.'  Ek het herhaal  (dit was in Feb.1938):  "Genl.  Hertzog  sal terugkom,  maar  die volk sal nie bymekaarkom  nie, nie voordat  die rooi kleihouer ons bymekaargebring het nie."

In '33 vind die samesmelting plaas. Ses jaar later breek die Tweede Wêreldoorlog   uit. Hertzog  wil neutraal  bly, maar Smuts  skaar hom  aan die kant van die Empire.  Hy wen die stryd teen Hertzog en dompel Suid-Afrika  in die bloedigste  oorlog wat die wêreld nog geken  het.

(Oom Nieklas se waarskuwing aan sy volk en genl. Hertzog was andermaal tevergeefs...).

Wit perd sonder tuig

In die Volksblad  van Vrydag 30 Sept.  1940 skryf mnr. Mussmann: "Alles wat (nou)  hier gebeur,  het die Siener voorspel. Daarom  het ek soveel moontlik  van  die  gesigte  (probeer)  onthou.  As  ek  die geheue  van ds. C.W. Retief  van Paul  Roux had,  sou min daarvan verlore gegaan het.

"Op 4 Sept. 1939 sien oom Nieklas die volgende visioen:  'n  Wit perd sonder tuig staan by Kaapstad en kyk na oorlogsmoeilikhede in  die  ooste. Die perd  is  sonder tuig. Hy verklaar  dit self: Sonder tuig beteken dat die span wat vir onsydigheid gestem het nie oor die middele beskik om dit te handhaaf  nie.

8 Jan.  1917 -   Waens met wit seile sonder osse vlug in Europa uit mekaar. (Die verwarring en angs wat in Europa  gevolg het op Hitler se Blitzkrieg).

12 Jan.  1917 -   In die Unie is waens wat  na ons kom. (Suid-Afrika tree toe tot die oorlog).   In Europa rol 'n geel steen na die Zuide.

Achier  is waens met blauw muile. (Japan tree  toe as bondgenoot van Duitsland).

19 Jan. 1917 -   In die Noord Weste is 'n emmer bloed wat omval.

21 Jan.  1917  -    'n Groot skotel mielies en die ou vrouw skep daaruit. (Jaargety)   Aan die Zuide staan 'n man met die roer aan die kop.

24 Des.  1917  -   In Weste van Europa is 'n groot oond en groot vuur brand in die oond die vlam slaat by die oond se bek.

"Die gesigte wat dateer van 19 Jan. 1917 tot 27 Jan. 1918 verwys onderskeidelik   na  die  geweldige   bloedvergieting    wat  sou  volg; skaarste  aan voedsel;  die lugbombardemente    dwarsoor  Europa  en laastens  na Hitler se inval in Rusland. In  hierdie verband  het oom  Nieklas  verder  ook  gesê:  Toe  kom in Europa 'n groot, blou steen (Duitsland) uit. Hy rol eers na die westekant toe, draai om en rol na die ooste en toe draai hy na die noorde...

"In die weste het die 'steen'  eers Holland, België  en Frankryk  verower;  daarvandaan   swaai  hulle na die ooste en word  die Balkanstate platgerol.  Vervolgens draai hulle noordwaarts en so begin een van die roemrykste  veldslae  van die 2e Wêreldoorlog:  Die maandelange  stryd tussen  die Duitse  Sesde  Leër onder  bevel van genl. Paulus  en die Russiese  magte. Die Duitsers het tot op die walle van die  Wolga  gevorder.  Die  finale  oorwinning  was  reeds  in sig toe hulle met die aanslag teen Stalingrad begin het. Maar die Russe het verbete  vasgebyt, en hoewel  hulle meer as 'n miljoen  soldate verloor het, het hulle uiteindelik die oorhand  gekry en Hitler sy eerste groot  neerlaag  toegedien.

In die weste van Europa kom 'n vrou met swart syrok (ryk mense),  swaar in rou. (Selfs die welgesteldes sou die verskrikking van  die Tweede  Wêreldoorlog   nie kon ontvlug  nie). In die Unie staan ook 'n vrou in rouklere en kyk na die slagvelde van Europa (ons sou ook betrokke wees).

19 Aug.  1922 -    In die Noorde van Europa is 'n groot misvuur van uitgesteekte mis - die vlam slaat in die middel uit. Daar is drie groot stene, tussen die stene is vuur. Naderhand is die stene ook vuur of is aan die brand. Die drie groot stene verwys  na Europa, Amerika  en Japan se betrokkenheid  by die oorlog.

15 Okt. 1918 -   In die Noord Westevan Europa is een schewwe blauw  steen  en hy verander  in een ploeg  wiel  en breek  aan stukke. Duitsland  se ondergang word herbevestig.

15 Aug. 1923 -   (Aanhaling  uit 'n lang visioen  oor die Tweede Wêreldoorlog. Hierdie  aanhaling  verwys o.m. nie net na die skrikwekkende  gevolge van  die oorIog  nie, maar volgens  die Siener  se seun Kallie,  sê dit ook vir ons hoe en waar  die oorIog begin  het):   Toe is daar  'n dorp  en uit die dorp vlug mense  bosse  in. (Ek gaan in Europa  om 'n groot  huis  en  kom  in  die  volgende   huis - in  een  kamer lê osrieme). Die mense  wat die bosse  in vlug, verwys na  die dag toe Duitse magte  die Sudetenland   en Oostenryk  in 1938 binnemarsjeer   het.

25 Aug. 1922 -   Ek gaan   op na die noorde met motor. Die grond voor my  is  eers  brakagtig   toe  zanderig   en  daar is   bale  groen garingbome   en raak weg.   Ek kom toe by droë  bome en tussen is  voetpaadje.  Toe kom ek deur die bome is dit 'n pad en ek ry met my kar in die pad  en daar is nog karre agter my, ek kom by 'n hek en gaan  deur toe ek deur die hek is kom  'n klomp  boere te perd  by my verby. In Europa  is 'n nuwe, lang zinkhuis  met nieuwe  deure en vensters  en alles staan  toe  (belang  aan Duitsers).  Daar  staan 'n baksteenhuis   wat  die  voormuur   heeltemal   weggeval   het  die Agtermure   staan nog (Belang  aan Engeland.]Toe is daar  'n groot  Zinkhuis  maar  baie bouvallig  (Be lang aan Franse.)

Verklaring  (kortliks):  In die eerste maande  van die oorIog sal 'n deeglik  voorbereide  Duitsland  heeltemal  ongeskonde  bly): In Europa  is 'n lang zinkhuis met nieuwe  deure  en die staan  toe. DIe volgende  beeld:  Toe is daar 'n baksteenhuis wat  die  voor  muur helemal  weggeval  het, net die aehter murasie  staan nog - dui op Engeland  wat,  ondanks  groot  verIiese,  die  vele  aanslae  van  die Duitsers  sal oorIeef. Toe is daar ’n groot  zinkhuis  maar banja bouvallig. (Frankryk  se kaputilasie kort  na die uitbreek  van  die oorIog).

Meer breedvoerige   verklaring:  'n Motor  is geriefliker  as 'n perd en dus is die reis sonder vermoeienis.  Die brakagtige  grond en sanderige  grond  dui op 'n gebrek  aan vooruitgang  of dat daar weinig kans op sukses is op die pad wat gery word.  (Jan Smuts).  Droë garingbome  beteken 'n regering wat nutteloos  is en waarmee  die Afrikaner  geen  kontak  meer  het nie.   Die droë bome met die voetpad  is probleme  van die kant van ander lande  (klein, onbelangrike   lande).  Die voetpad  bemoeilik  vordering  totdat  die Afrikaner  uit die versperrings   en probleme  kan kom. Dan is daar 'n pad en kry die Afrikaner  rigting en koers.

'n  Hek is 'n  verandering,  ‘n deurgaan  van  een plek na 'n  ander of van een situasie  na 'n ander. Op daardie  punt kom boere te perd verby   -    die  behoudende,  konserwatiewe  Afrikaner  wat  weet waarnatoe  hy wil? (NP-bewind   1948).                                    .

Wanneer  hierdie gebeure  'n aanvang neem (1939), het Duitsland ’n nuwe   sterk regering.  (Die Nazi-party).  Alles  aan die gebou  is nuut,  en sy een  besondere   kenmerk  is dat  hy baie  dinge  in  die geheim   doen.  Daarom   is  die  deure  en  die  vensters  alles toe. Niemand sal presies weet  wat  daar in die mou  gevoer  word  nie. Die huis is egter van sink en daarom is dit 'n harde,  ongenaakbare regering.  Engeland  kry in daardie  tyd die wind  van voor en word op grootskaal  verwoes,  want die voorste  muur is weg. Heel swakste van die drie is egter Frankryk  wat nou slegs  'n bouval is. Al drie lande sou later  ‘n belangrike  rol in die Afrikaner  se toekoms  speel.

Vervolg...

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 3328 gaste aanlyn