Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
God loop nie soos ’n stootskraper oor mense wat nie in hul spoor trap nie. In sy liefde om sondaars van ’n ewige dood te red, staan Hy selfs terug soos eeue later weer gebeur het toe Hy weereens teruggestaan het sodat Jesus mens kon word, nie net om verwerp nie maar ook gekruisig te word.
SIENER VAN RENSBURG, DIE MENS (26)
Lees reeks by Siener van Rensburg, die mens
NOG VISIOENE VAN SIENER
"Nou wat dan van Japan, oom Klasie?" Sy antwoord was: "Vir Japan hoef ons nie bang te wees nie, want God gaan Japan nog met aardbewings beveg." (En in die afgelope paar jaar het hierdie gesig ook waar geword!)
20 April 1920 - In Europa trek klein witrugosse voor waens. Dit raak alles weg. Later kom die osse weer uit. Toe is dit groot en vet osse. Die wêreld word swart voor hulle. Toe is die Engelse vroue in rou. Die Duitse vroue is netjies aangetrek in blauw en roze op hul hoede.26 April 1920 - In Europa is vrouwmense wat zwart aangetrek is en skraal van figuur en zo verwild in hul gezichte. Toe kom die Duitse vrouw mense weer uit en netjes aangetrek met blauw klere en wit roze op hulle hoede.
Konsentrasiekampe van die Duitsers. Die gevangenes is in swart aangetrek, rouklere, en hulle lyk verwilderd en ontsteld. Die Duitse vroue in teenstelling, is netjies aangetrek in blou. Die wit rose op hulle hoede kan dalk heen wys na die berugte helkamp in Buchenwald - die Rosengarten - hoog teen die hange van Ettersberg waar duisende gevangenes gesterf het.
Siener het ook eendag aan 'n vriend en sy seun, Kallie, die uitslag van die oorIog geprofeteer: "Die Tweede Wêreldoorlog sal Duitsland nie wen nie. Want dan sal die wêreld weer praat van die magtige Duitse ryk soos van Engeland gepraat is: 'Britania rules the waves'. Ons sal dan dink dat Duitsland nooit weer gaan opstaan nie, omdat hy gedoen het waarteen God in Jesaja 14:14 waarsku: Ek wil klim bo die hoogtes van die wolke, my gelykstel met die Allerhoogste. Maar Duitsland sal vorentoe weer by God genade vind."
Duitsland aan twee gekloof
23 Aug. 1918 - In Europa is 'n blok en 'n skerp mes kloof die blok aan twee; toe kom 'n skêr en skeer om die onderkantse stuk, toe is hy 'n droge garingboom. Hy skeer al om en om totdat hy helemaal om geskeer het, aan die anderkant het die skêr 'n bietje wyd geskeer, die wat oorgebly het word 'n lap en die lap draai om die garingstomp; die garingstomp draai in die rondte. 'n Groot klomp blauw beeste gaan naar die Zuide kant toe; aan die regterkant is 'n klei muur.
Hierdie gesig word as volg verklaar: Ná die oorIog word Duitsland verdeel ('n skerp mes kloof die blok aan twee). Die Nazi-party verdwyn van die toneel (toe is hy 'n droge garingboom) en die Skandmuur word opgerig. Daarna volg die verval in Oos-Duitsland, maar uiteindelik word Duitsland weer herenig. (Groot klomp blauw beeste gaan na die Zuide).
Toe voeg oom Klasie egter by: "Maar God gaan Duitsland tog weer ophef. Dis oor Engeland wat die nag gaan toesak. Daar sien ek ' n swart slang Iê. Dit is nou vir Engeland sy swart probleem. Dit wys op hongersnood en burgeroorlog. Die slang rol op - hulle gaan vestig hulle in Engeland. En daar begin al Engeland se probleme Sy ondergang. Daar sal ook ' n burgeroorIog in Frankryk kom wanneer die swartes begin instroom, en ook ' n ontsaglike burgeroorIog in Rusland. Dan staan Amerika en Duitsland bymekaar en dan kom val die Duitsers Duitswes aan. Dan gaan die huidige regering in wanorde uiteen, want hulle steun op die vleeslike soos Hertzog ook in 1924 gedoen het. Lees Jeremia 7:5,7: Maar as julle jul weë en handelinge waarIik goed maak, as julle waarIik reg doen onder mekaar ... dan sal ek julle laat woon in hierdie plek, in die land wat ek julle vaders gegee het, van eeu tot eeu."
Kallie sê verder sy pa het nie net vooruit gesien wat in die 2de Wêreldoorlog sou gebeur nie, maar dat hy ook geweet het Duitsland sou die vuur van daardie oorIog aan die brand steek, en dat hy uiteindelik die stryd sou verIoor. Een van Siener se gesigte wat hierop betrekking het, is die volgende:
Ek sien 'n blou steen draai in die rondte (Duitsland) dan verander dit in 'n kanonwiel en val stukkend op die grond. Maar die grond waarop dit val, word omgespit en dit word vrugbare aarde.
Kallie verklaar die gesig as volg: "Nadat Duitsland die oorlog verIoor het, sal hy uit die stof herrys, maar nie meer as 'n gedugte leërmag nie. Die vrug van Duitsland sal nie meer dood en verwoesting wees nie, maar ekonomiese voorspoed ..."
Stigting van die VV
Die tot standkoming van die VV het hy as volg beskryf: "Ek sien mense is besig om ’n wawiel se band oor te trek. Eers is die band te klein, maar toe hulle die band uiteindelik oorgetrek het, toe het die wiel weer geen naaf nie." Oom Nieklas verklaar dan self die gesig: "Generaal Smuts is die man wat sal voorstel dat ’n Bondgenootskap van volke (bestaande uit gealliëerdes) gestig word. Maar hulle sal gou-gou agterkom dat die Bondgenootskap heeltemal ondoeltreffend is (die wielband is te klein). Dan sal hulle ander lande, o.m. ook Duitsland, insluit (die waband is dan groot genoeg, maar dit het geen naaf nie). Dit beteken dat die VV se doelstelling sal wees om met menseverstand ’n mense-organisasie in die lewe roep wat God se almagwerke moet doen. Want as God se 'oorlog', sal geen mense-organisasie dit keer nie, en as God se 'vrede', sal geen mense-organisasie oorlog voer nie. Die wawiel het geen naaf nie omdat die VV God uitgesluit het en as ’n wawiel sonder naaf gebruik word, is daar niks wat hom (sy speke en band) bymekaar hou nie, en dit gaan nie net breek en uitmekaarspat nie, maar ook die wa laat omtuimel (alle lande wat deel is van die VV sal deur hulleself in ’n verskriklike ramp gedompel word. Want die spil waarom alles draai, is Godsbesluit, en nie die mens s’n nie..."
Amerika, Vietnam en Hoesein
Op 27 April 1918 sien oom Nieklas die volgende gesig: Amerikaanse osse (witrugosse) trek na die ooste en daar is ’n leiertjie voor; die leiertjie wil wes gaan, maar die osse wil nie, hulle draai in ’n bondel.
Dat hier van ’n leiertjie gepraat word, dui aan dat die Amerikaanse se mag (witrugosse) wat besig is om oorlog te voer, nie op volle sterkte is nie. Hulle ‘trek na die ooste’ moet ongetwyfeld gesien word as Amerika se betrokkenheid by die uitgerekte Viëtnamese oorlog in Suidoos-Asie. In 1954 was daar aanvanklik net ’n Amerikaanse militêre adviesgroep. Maar in 1965 was dit duidelik dat Suid-Viëtnam hom slegs met sterk Amerikaanse bystand teen Kommunistiese infiltrasie vanuit die noorde sou kon handhaaf. En so het ’n vrugtelose oorlog begin wat tien jaar lank sou duur. Met verloop van tyd ontstaan daar egter konflik in Amerikaanse geledere toe pres. Nixon die stryd ten alle koste wou voortsit (die leier wes wil gaan, maar die osse weier om te gehoorsaam — binne in VSA was daar kwaai teenstand). Dit bereik ’n keerpunt in 1975 wanneer die Amerikaanse kongres weier om addisionele geld vir die Viëtnamese stryd beskikbaar te stel. Noord-Viëtnam het dadelik met hernieude ywer die gevegte voortgesit en op 10 Maart van daardie jaar behaal hulle ’n deurslaggewende oorwinning toe die hoofstad van die provinsie Darlak ingeneem is. Derduisende Amerikaanse troepe moes inderhaas en onder chaotiese omstandighede (die osse draai in ’n bondel) met ’n massale lugbrug uit Saigon verwyder word.
8 Feb. 1922 — In die Europa in die verre noorde ploeg ’n span rooi witrugosse na die noorde: Amerika se inval teen Saddam Hoesein. Van die Weste (Amerika) kom ’n breë blauw (Duitsland) voor vol water (nuus). Die voor word altoos voller (goeie nuus van Amerika en Duitsland).
Japan
Mnr. Mussmann vertel hoe hy dikwels voor oom Nieklas se braksteenhuisie op Rietkuil op ’n veldstoeltjie gesit en luister het na die Siener se beskrywing van die lotgevalle van die nasies. "En om te dink hy was ’n ongeletterde man wat geen tydskrif of koerant gelees het nie; hy het ook geen geskiedenis van die nasies geken nie, maar hy het alles van hulle geweet.
"Ag, my heerlike oomblikke wat ek daar deurgebring het! Hy het dikwels vertel van die dinge wat nog hier en in Europa moet gebeur, en eendag toe hy weer daarvan praat, vra ek hom: "Nou wat dan van Japan, oom Klasie?" Sy antwoord was: "Vir Japan hoef ons nie bang te wees nie, want God gaan Japan nog met aardbewings beveg." (En in die afgelope paar jaar het hierdie gesig ook waar geword!)
Die Derde Wêldoorlog?
Lank gelede het oom Nieklas ’n vliegkampskip in Duitsoos sien land. Dit het hy gesien nog voor daar so ’n vaartuig gebou is. ’n Vriend vertel dat hy in Senekal 1938 gepraat het van die vaartuig wat oom Nieklas sê wat soos ’n pont lyk. "Toe sien ek later die portret in die Volksblad en kry ek ’n brief van Kommandant Erasmus waarin hy sê: Dit is mos die vaartuig wat oom Nieklas gesien het!"
Hy gaan dan voort: "U vra of ons nog ’n oorlog moet kry. Ek sê beslis ja, en hierdie keer staan Duitsland by Amerika, en ’n sterk Duitse mag tree op" — iets wat seker min mense verwag wat nie die Siener se voorspellings ken en praktiese ondervinding daarvan het nie. Hoe sal die Duitsers met vyf oorlogskepe in Luderitzburg land? As die skepe nie aan hul oorhandig word nie?
En die oorlog wat hy dan ‘sien’, sal dwarsoor die noordpool gevoer word. Van Ysland na Moskou en van Groenland en Alaska tot in Siberië.
Hy vertel dan van die man met die bruin pak klere wat die Boerevolk by die koppie noord van Lichtenburg gaan toespreek:
Republiekwording
"Hy is 'n egte Afrikaner en wat hy vir ons gaan sê, gaan die volk aan die hart gryp. Om die koppie wei gekniehalterde perde. Dit wys dit is kommandoperde. Hulle moet net nou weer gevang en opgesaal word. (vir die laaste, groot stryd).
"Ek sien 'n groot huis in 'n ander land. Binne hoor ek baie stemme praat; dis stemme van mense wat rusie maak. Dan sien ek hoe hulle 'n man, een van ons eie mense, by die voordeur uitdruk. Toe die man uit is, sien ek die agtermuurvan die huis inmekaar val. En meteens is dit helder lig. (9 September 1922)."
Volgens Kallie van Rensburg het dit betrekking op die gebeure in Maart 1961 toe dr. H.F. Verwoerd oorsee probeer het om, ná Republiekwording, Suid-Afrika se lidmaatskap van die Statebond te behou. Dr. Verwoerd was optimisties dat sy aansoek sou slaag, want lande soos Indië, Pakistan en Ghana het republieke geword sonder verlies van hulle lidmaatskap van die Statebond.
Daar het 'n reeks onstuimige debatte tydens die Statebondkonferensie gevolg, en dr. Verwoerd is letterlik gedwing om die Statebond te verlaat: (Hulle druk een van ons eie mense by die voordeur uit). In sy afskeidstoespraak in Londen het dr. Verwoerd o.m. gesê: "Ek was geskok en oorweldig deur die vyandige gees wat hier teenoor Suid-Afrika geheers het ... Die teenstand is gebaseer op die sogenaamde diskriminasie wat ons in Suid-Afrika beoefen. Maar dit was juis afkomstig van lande waar die beginsels van die sogenoemde demokrasie afwesig is ..."
Die agtermuur wat oom Nieklas sien 'intuimel', dui daarop dat die Statebond daarna grootliks sy steun en invloed sou verloor en in die toekoms tot niet sou gaan. (Met die tot standkoming van die VSE - Verenigde State van Europa - was dit glad nie onmoontlik nie).
Maar daar sou tog 'n tydperk van voorspoed en vrede vir die Afrikaner aanbreek (En meteens is dit helder lig).
Bloed loop uit my kierie
8 Julie 1919 - Toe staan ek op my kierie en onder aan die kierie spring een bloedaartjie oop, en die bloed loop op die grond en op my veldskoen. Toe gaan een zinkplaat van die balk af, en toe zien ek die lug. Toe gaan die zinkplaat weer op die balk en toe is die huis z'n mure hoog.
Hierdie aangrypende profesie oor die sluipmoord op dr. Verwoerd is ongetwyfeld een van Siener se belangwekkende gesigte sover dit die verloop van die Afrikanervolk se geskiedenis en toekoms betref. Dit dui nie net op die traumatiese einde van 'n besondere era in die volksgeskiedenis nie, maar ook op die begin van 'n tydperk van onstabiliteit waarin daar wegbeweeg sou word van die oorspronklike ideale en doelstellings.
Kyk na 'n paar van die uitstaande simbole wat in die visioen voorkom:
Die eerste simbool waama verwys word, is my kierie. Daar was twee dinge waarsonder jy die ou Boereprofeet nooit sou sien nie: sy hoed en sy kierie. Ons weet reeds sy hoed was 'n sinnebeeld van 'n regering. Maar sy kierie had tweërlei betekenisse. Eerstens kon dit dien as wapen, en tweedens was dit 'n simbool van iets wat baie na aan jou is - 'n steunpilaar, vertroueling of iets (of iemand) waarop jy altyd kon staatmaak.
Die volgende twee simbole, die bloedaartjie en veldskoen staan onderskeidelik vir geweld en 'n Boereregeringshoof (of 'n Boereregering). Die betekenis van ander simbole soos zinkplaat, balk, lug en mure sal uit die verklaring hieronder duidelik word.
DimitrioTsafendas
Om veertien minute oor twee op Dinsdagmiddag 6 September 1966, terwyl die skril gelui van die Volksraad se klokkies weerklink, het 'n 49-jarige Griek, Dimitrio Tsafendas, dr. H.F. Verwoerd in die Raadsaal van die Parlementsgebou met 'n silwerlemdolk doodgesteek. Hoewel Tsafendas later deur 'n hof geestelik versteurd verklaar is, blyk dit nou, volgens Siener se gesig, dat die sluipmoord nie net deeglik vooraf beplan is nie, maar ook dat 'n 'vertroueling' van dr. Verwoerd moontlik direk daarby betrokke kon wees: (...onderaan die kierrie spring een bloedaartjie oop en die bloed loop op die grond en op my veldskoen). Die kierie (geweld) wat Siener se veldskoen (Boere-regeringshoof) bebloed agterlaat, is direk afkomstig van sy persoonlike kierie (steunpilaar of vertroueling).
'n Mens hoef maar net te kyk na die vele onopgeloste en raaiselagtige aspekte van die sluipmoord op dr. Verwoerd waarvoor daar destyds nooit bevredigende verklarings gegee kon word nie, om te besef dat daar dalk meer agter sy dood geskuil het as die blote obsessie van 'n geestelik versteurde man. Enkele aspekte hieroor:
• Twee maande voor die moord het Tsafendas gesê dat hy Suid-Afrika nie kan verlaat voordat hy 'n 'sekere taak' hier voltooi het nie;
• Tsafendas het met ondergrondse groepe oorsee kontak gehad en kort voor die moord 'n boodskap ontvang dat 'die tyd amper ryp is' (tyd vir wat?);
• Geheimsinnigheid omhul nog steeds die wyse waarop (en redes waarom) 'n oud-tronkvoël met 'n kriminele rekord soos Dimitrio Tsafendas as Parlementsbode aangestel is, want hy is vantevore reeds uit Griekeland, Portugees-Oos-Afrika en Amerika gedeporteer. In Portugees-Oos-Afrika was hy lank in die tronk waar hy breinspoeling ondergaan het en daarna het hy homself in Suid-Afrika ingesmokkel deur op 'n goederetrein weg te kruip;
• Op Vrydag 2 September (vier dae voor die sluipaanval op dr. Verwoerd het 'n Britse Liberale Partykandidaat, mnr. AlIan Lomas op die Dieppe-Newhaven-pont gewag om koffie te koop toe ’n jongman aan hom kom vra: "Is daar al enige nuus in die koerant oor die sluipmoord op dr. Verwoerd?" en bygevoeg dat hy nie kleingeld het om self 'n koerant te koop nie. Mnr Lomas het vinnig deur sy oggendkoerant geblaai, niks gesien nie en dit aan die jong man gegee. (Het iets verkeerd geloop dat Tsafendas die moord eers vier dae later kon pleeg?) en;
• Tsafendas het herhaaldelik by die hoofbode toestemming gevra om die koerant na die raadsaal te neem, maar dit is elke keer geweier. Wie het hom daardie dag toestemming gegee om die raadsaal binne te gaan?
Dit wat betref die moord op dr. Verwoerd.
Die res van Siener se visioen kan as volg saamgevat word: Ná dr. Verwoerd se dood begin dinge verander (Toe gaan een zinkplaat van die balk af). Die Nasionale Party vergroot lettelik sy beleidsgrense en begin wegbeweeg van apartheid (en toe sien ek die lug). Dog na verloop van tyd sal hy (die regering) egter weer na die ou weë probeer terugkeer (Toe gaan die zinkplaat weer op die balk - maar die veranderinge is onherroeplik, die parlement is groter en sluit ook nou ander groepe in (en toe is die huis z’n mure hoog). Dis interessant om daarop te let dat die Boereregering wat in 1948 die bewind van Smuts oorgeneem het, hier nie meer deur 'n grasdakhuis verteenwoordig word nie, maar wel deur 'n sinkdak, 'n simbool waarmee oom Nieklas nooit sy volk sou kon vereenselwig nie. M.a.w. die eertydse 'Boereregering' het andermaal, net soos dit destyds met Jan Smuts en Louis Botha die geval was, 'n metamorfose ondergaan en heeltemal ontaard).
Vervolg...