NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Die armste mens op aarde is die mens wat niks anders as geld besit nie.

SIENER VAN RENSBURG, DIE MENS (27)

Lees reeks by Siener van Rensburg, die mens

Die era ná Verwoerd

Louis  Dohne  van  P.K.  Bernhondina,   Reitz,  O.V.S.  was  ná  die mislukte  Rebellie  van 1914 saam met  oom Nieklas in die Fort op Boksburg.  'n Gesig wat die ou Boereprofeet  een nag daar gehad het, het mnr. Dohne  op die laaste  drie bladsye van oom Nieklas se Bybel  neergeskryf.  Voor  in  die  Bybel  staan  in  'n  fyn  handskrif: "Aan  oom Siener  van Rensburg,  van Kate  Kock, Germiston".  Die datum  daarby  is 1916.

Mev. Ria James,  ('n  kleindogter  van Siener)  het hierdie  visioen aangestuur  en het ook sekere van die inligting  oor die stryd in Angola  verskaf.

Visioen:  Ek droom  naby my huis is daar 'n kerk, maar  die predikant  is nie daar  nie.  (Die kerk  is nog  teenwoordig,  maar  is geestelik  reeds  dood).  Die  waens  staan  in twee  rye,  ek sit tussen die vroumense,  en 'n klein meisie van so 8 jaar  staan op en sê:  "Kyk na  die  Westekant.    (Daar  kom  'n  oorlog  waarin   die  vroue  en kinders  letterlik  agtergelaat  sal word.  Hier word direk heengewys na die stryd op ons grens).

Die stryd in Angola

Dit  was kort voor dagbreek. (Suid-Afrika  betree  'n nuwe tydvak). Daar kom  blare aan  die lug uit, dit lyk soos popelierblare. (Daar word  'n  verkiesing  gehou;  maar  omdat  dit  populierblare   is, gaan dit hier nie om die Afrikaner  se belange  nie  -   mielieblare  was vir Siener  'n  sinnebeeld  van die  Boere.  Maar  populierblare  is ook  'n teken   dat  die  regerende   party  baie  kwesbaar   en  wankelrig  sal wees).   Toe  verdwyn die  blare. ('n  Verkiesing  sal  af- of uitgestel word).  Hulle was eers net 'n kol  (die blare) (beteken  daar wag donker tye) en neem  (dan) toe dat die lug onderlangs vol blare is. ('n Baie  groot  verkiesing waaraan almal  sal  deelneem).   Toe  verdwyn die  blare.  (Geen  verkiesings meer  nie.  Maar  weereens sal  dit  nie die Afrikaner  raak  nie).

Toe gaan  ek huis toe, ek was sonder  skoene,  en het op my kouse geloop.  (Die Boere sal in hierdie tyd nog nie sy eie regering  hê nie). Toe ek voor die deur kom, kom my kinders  uit die huis uit. Toe is daar voor my deur, in die laagte  'n klompie  beeste; twee rooi bulle, een met  'n bles,  is aan die  vegte.  Die  bles spring  uit, en vlug  'n entjie maar veg weer. Ek bekommer  my nie oor die geveg nie. (Hier word o.m. direk verwys  na die uitgerekte  oorlog op ons noordelike grens,  en dat die soldate  wat ons gestuur  het om te gaan veg, so te sê nog in hul 'kinderskoene' was. Maar daardie  oorlog  was so ver verwyder dat die meeste van  ons ons selde daaroor  "bekommer" bet).

Ek loop na my stal, en in die loop was dit of my kop  'n ruk gee (die volk  sal wakker  skrik).  Ek kyk op, die lug is helder skoon en dadelik begin swart letters met silwer glans uit te kom, van Suidoos na Suidwes.  Dit was of die hele lug met letters  vol word.  Toe sien ek besonderlik syfers:- 1-4-3-7-6. Toe verdwyn die letters.  (Een van die belangrikste invaloperasies in Angola  het op die 14de van die 3de maand  1976 plaasgevind).

Toe sien ek in die Noordweste  twee huise aan die brand,  en die derde een is uitgebrand,  net die mure staan.  (Verwys na die geweld en brandstigting wat daarna  sou volg).  Toe word ek wakker, en toe ek wakker  is sien ek 'n manh lei my tot by die muur van die groot  deur, toe staan hy.  Ek sien aan die Weste kant daar's  nie 'n  fort nie (beteken:  of ons grense  word  nie meer  bewaak  nie  of daar is nie meer 'n plek van veilige bewaring  vir oortreders  nie - bulle word sommer voor die voet vrygelaat  -   die deure staan wyd oop).

Weer tweespalt

Die  tweespalt  in Afrikanergeledere is een  van die sentrale temas in Nieklas van Rensburg  se visioene. Hy het dit so dikwels 'gesien', so dikwels daaroor  gepraat  dat  mens die indruk  kry daar was nog nooit iets anders  as verdeeldbeid  onder  ons Afrikaners  nie. Bloedvergieting,  stryd  en  tweespalt   loop  soos  'n  donker  bloedstroom deur  ons  volksgeskiedenis:  daar  was verdeeldbeid  oor  die  Groot Trek;  Uniewording;  oor  ons  taal;  'n  eie  vlag en  burgeroorlog;   en opstande  oor  ons deelname  aan  die  twee wêreldoorloë.   Selfs oor die  kwessie van 'n  Republiek was daar  onsekerheid   en  moes  dr. Verwoerd  eers 'n referendum  hou om 'n mandaat  te  kry.

Maar   soos  oom Nieklas  tereg  voorspel  het, het  die jong  Repuliek se nate gou begin lostorring (vgl. sy visioen van 15 Desember 1917) en kort voor lank was die tweespalt eens so erg.

En vandag  is die dreigende oorlogswolke klaar weer aan die opsteek. Kyk mens nou wat oom  Nieklas vooruit gesien het, is daar geen twyfel  nie: Hierdie keer staan dIe Boerevolk voor die groot en finale waterskeiding.  Siener praat van die stryd wat nou voorlê  as die laaste  suiwering  in Afrikanergeledere.   In die laaste jare van sy lewe moes oom Nieklas  dit herhaaldelik sien kom het, want hy het voortdurend  en met groot  droefheid daarna verwys,  en ook verskillende fasette daarvan  aan enkele  van sy vertrouelinge  toegelig.

Reeds in 1920  het oom Nieklas met dr. Servaas  Rossouw  hieroor gepraat  en by 'n  ander geleentheid  ook aan mnr. Boy Mussmann gesê: "Rusland  sal ondergaan  in dieselfde tyd wanneer  die Afrikaner se laaste vryheidstryd   gaan begin ..."

Die skerp hefmes

1 Feb.  1918: My wit hefmes is baie skerp. In die Kaap is een handbyltjie baie skerp  -  aan die lug is oorlogswolke. In Europa is 'n moddersloot van Oost na  Zuid.  By  die Zuidepunt staat 'n groot huis.  Uit die huis kom 'n swartetjie en gaat in die sloot en raak weg. 'n Man  te perd  kom  uit die moddersloot  en raak weer weg -   die sloot  word  baie  breed.

Verklaring:   'My  hefmes' is die Boeremag.  Die 'handbyltjie in die Kaap'  verteenwoordig  die regering  van  die dag  -   daar dreig oorlog  tussen  die Boere en regeringsmagte.  In dieselfde tyd sal daar 'n sinistere  bondgenootskap   tussen die Ooste (Rusland)  en Europa gesluit word   (die moddersloot).  Maar Europa word nou  'n verenigde nasie met een parlement  wat  in die suide gesetel sal wees  (by die Zuidepunt staat 'n groot huis).  Die bondgenootskap tussen Europa  en  die  Oosbloklande  sal  egter slegte  gevolge   hê  vir die opkomende  geslag  swart Suid-Afrikaners   (die swartetjie).  Dan sal daar 'n  sterk  leier (man  te perd)  opstaan en die leisels in Europa oorneem.  Dit sal egter van korte  duur wees  (hy raak weer weg).

Die Antichris?

Die gebeure  wat oom Nieklas hier gesien het, stem verbasend  baie ooreen  met Daniël  en Johannes  se gesigte oor die Antichris  wat as wêreldheerser     sal  opstaan  tydens  Europa  se eenwording. Volgens  Daniël  7:25 sal  die  Antichris ook  vir  slegs 'n kort  tydjie (drie  en 'n half jaar)  regeer.  'n Tyd waarin  daar  groot ellende  op die aarde  sal wees,  (Die sloot word baie breed).

Siener van Rensburg  het self erken dat sy visioene  nie altyd chronologies  aan hom verskyn  nie. Hy sal bv die een dag 'n gesig kry van iets wat eers oor 20 jaar sal gebeur,  maar net die volgende  dag weer sien hy 'n insident  wat binne 'n   week gaan plaasvind.  Dit het egter ook meermale  gebeur  dat hy eers die einde van iets 'sien'  en daarna  (soms maande,  selfs jare  later) die begin  daarvan.

Op  18  Februarie   sien  hy  'n  gesig  wat  die  'hefmes-visioen' aanvul:

Groot mandjies lê aan die kant van die zee in die water (daar is 'n  skaarste  aan water en kos). Die blauw  steen van Europa  draai hierheen  (Europa  se finansiële  druk en inspraak  op die Republiek neem toe). In Pretoria  kom  'n dik garingstomp uit wat verdroog (sterk  regering  wat  tot niet gaan)  en (dit) trek af Zuide toe (Goewerment).  Na afloop van hierdie gebeure  sal die regering  se invloed slegs tot Kaapland  beperk  wees.

Die gans word vrygelaat: Mandela

Op  die  oggend  van 8 September 1925 is die Siener vroeg weg na die  koppie  agter  sy brakdakhuis.  Later  toe  hy terugkeer,  is hy so onthuts  en neerslagtig  dat hy nie wil praat  oor  wat hy 'gesien'  het nie. Eers  toe sy dogter, Anna, later  daardie middag die geleentheid kry om dit in haar  oefeningboek  op te teken, versoek  haar  pa haar om die  woorde  'baie  belangrik'  (N.B.) bo-aan  te  skryf:

Staan  'n beeld van  'n zwarte  in gezich,  hy zak  agteroor  en sy mond gaan groot oop en 'n gans kom by sy bek uit, en vlie na Oost. Toe kom  'n ander groot voël met gezich  van 'n mens, met baie lang vlerke,  sy kleur  is wit, maar  die vere is of hulle grys  is ... Toe kom 'n trein van West af en daar zit zwartes  in ...

Verklaring:  Hierdie  visioen  word  allerweë  deur kenners  beskou as een  van  Siener  se duidelikste gesigte oor Nelson Mandela se vrylating,  die ontbanning   van  Kommunisme en die verreikende gevolge wat dit vir die Boerenasie en sy toekoms  sou meebring.

Die standbeeld verwys  na 'n swartman  in gevangenskap.   Hy sak agteroor,  sy mond  gaan oop en 'n  gans vlieg  daaruit   -   hy word deur  die  owerbeid  tegemoetgekom  en vrygelaat.   Die  gans  vlieg onmiddellik na die Ooste (hy gaan sluit bande met die Kommuniste).  Toe  kom  'n  ander  groot  voël  met  lang  vlerke  terug  (met  sy terugkeer   is sy mag  en invloed  aansienlik  uitgebrei).   Sy kleur  is wit, maar  die vere vertoon  grys (die 'vrede'  wat hy aanbied,  is nie eg  of  te  vertrou  nie).  Die  trein  uit  die  Weste  verwys   na  swart uitgewekenes wat  in hierdie tyd  (die  era van  die gans)  weer na Suid-Afrika  toe sou terugkeer.

Saddam Hoesein

In een van sy ongedateerde  visioene sien oom Nieklas 'n Turk wat drie hooimiedens  aan die brand steek. Dan slaan die aarde brand en sien hy  'n gesig van perde met bloed wat van die stange afloop. Uit mnr. Boy Mussmann  se verklaring,  kan ons die volgende  afleiding  maak:  die Turk is Saddam  Hoesein.  (Destyds  was Turkye nog deel van die Ottomaanse ryk). Die drie hooimiedens is Koeweit,  Saoedi-Arabië   en Israel  wat almal in 1991 by die oorlog  in die Midde-Ooste betrokke  was. Hoewel  dit daarna  gelyk  het as of die oorlog nou verby is, sou Hoesein  (volgens oom Nieklas)  die vure binnekort  weer aanblaas,  en hierdie keer sal dit in ' n volskaalse oorlog  ontwikkel  'die  begin  van  die Derde  Wereldoorlog'   en dit sal 'so  aaklig wees dat bloed van die perde se stange sal afloop.'

Op 4 April  1919 was Turkye  weer in die prentjie. Toe trek daar waens van die Noorde naar die Ooste. Die geaardheid  van die waens is Turkse waens, maar hulle is nieuw en het zeils  oor... Die visioen het nogeens  betrekking  op Saddam  Hoesein.

Vanaf 8 Junie 1925 tot 1 September van daardie jaar sien oom Nieklas  agtereenvolgens  dele van dieselfde, ontstellende gesig, maar raak dit net baie meer uitgebreid en sou Suid-Afrika  nie langer die toename in terrorisme  en geweld  kan vryspring  nie:

8 Junie: In Europa  is drie gemesselde  kuipe  (lande wat ooreenkomste met mekaar gesluit  het) met droge gras in, en een TURK steek hul aan brand ... (Turkye  sal 'n oorlog begin).  15 Junie): Brand  'n groot hout.  Voor lê 'n groot hoop hout opmekaar  (23 Junie): en die vlam slaat  bo uit, maar  raak  weer  dood.  (Die oorlog  sal nie lank duur nie).  (1 Julie):  In die  Unie staan  die koring  wit ryp (binnelandse  optrede  word  lank uitgestel).  Staan in die Kolonie  'n groot koringmiet  wat ek in die tronk gesien het (Boere wat gaan  saamstaan).  (10 Julie):   Die gras  brand  in Europa  en die aarde  word van daar na hier swart.  (Ons sal die oorlog in Europa  nie vryspring nie). (1 September):  In die Unie is 'n oond met houtvuur en die vlam slaan by die bek uit ...

(Terwyl  die oorlog  'n paar jaar gelede in Turkye  gewoed het, het Suid-Afrika   een van die bloedigste tye in sy geskiedenis  beleef).

Kodesa

Daar  is reeds  genoem  dat Siener van Rensburg heelparty van  sy gesigte self verklaar  het.  Hy het egter ook oor die  loop van jare moontlike  uitlegte  of verklarings  aan  sy gesin en 'n  paar  intieme vriende  toevertrou.  Hierdie  waardevolle  inligting is goedgunstiglik deur sy kleinkinders  en die nasate van sy vriende  tot beskikking gestel. Daar is  ook talle  insiggewende  verklarings   ontvang  van  persone  wat reeds lankal besig is met 'n intensiewe studie van die Siener se gesigte en  die simbole wat daarop  betrekking  het.

Tog is dit met huiwering  dat ek sekere  van  hierdie  verklarings publiseer  omdat party lesers dit dalk as onwaarskynlik,  te vergesog of onnodig  sensasioneeI kan beskou. Dit was dan ook die geval met die "Kodesa-visioen".   Maar  ter wille van die goeie  orde word  dit tog hier volledig weergegee.  (Die tyd wat elke waarheid  openbaar, sal wel uitwys hoe eg of vals hierdie verklaring  is):

Die visioen:  29 Aug.  1918  -   Een boek slaat oop, die eerste Blaai is swart, op die 2e zit mense, die derde blaai word groot en lang en agterop staat geskrywe.  'n Zabel kom uit.

Die verklaring: Die  visioen is 'n verwysing   na Kodesa want dit gaan hier oor twee groepe mense  (swartes  en ander) wat  besig  is met onderhandelings.   Maar  hierdie onderhandelings sal baie lank en uitgerek wees (die derde blaai word groot  en lank). Dit  sal  beslis  ook  nie  in alle  eerlikheid   geskied   nie:  daar  word agteraf  gekonkel   -  moontlik  deur  meer  as een van die betrokke partye, want: (agterop staat geskrywe).  Die uiteinde van die onderhandelings   sal egter  allesbehalwe die verwagte  vrede  bring:  ('n Zabel kom uit). Dis baie interessant dat hier juis na 'n sabel verwys word  -   seker die bekendste  Russiese wapen uit die tyd toe Kommunisme sy beslag  gekry  het. En daarom  moet mens  aanvaar  dat die  konfrontasie waarop  afgestuur word,  Kommunisties  geïnspireerd sou wees. Die aard en omvang  van die konfrontasie word egter nie in hierdie  visioen vermeld  nie, maar wel in 'n  ander gesig wat  Siener  gehad  het): 28 Jan  1926  -   Ek sien 'n dik, vet swart perd  en daarna 'n vuilgeel perd.  Die swart perd  voorspel  moeilikheid met die swart mense; die vuilgeel perd wys op moeilikheid  met die Indiërs.  Uit Indië kom 'n geweer so na aan my dat ek in die bek van die loop kyk  -   dit beteken  dat ons in daardie  donker  tyd baie moeilikheid met die Indiërs  sal hê.

Vervolg...

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 3326 gaste aanlyn