Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Die doek wat op Christus se hoof in die graf was, het na sy opstanding eenkant opgevou gelê. In die Bybelse tyd het ’n welgestelde man sy servet opgevou as teken dat hy die tafel net vir ’n tydjie verlaat en weer sou terugkeer. Wat Jesus met die opgevoude gesigsdoek gesê het was dat Hy net vir ’n tydjie weg sou wees, maar weer sal kom. Is jy gereed vir sy Wederkoms?
VOLKSHOOP (7)
Adv PJ Pretorius
Lees volledig by Volkshoop - die boek
"Ons verwag dat swart-radikalisme aan die orde van die dag sal wees met stakings, politieke oproer en geweld as algemene verskynsels. ’n Toestand van anargie sal daaruit gebore word."
Veiligheidsknelpunte
"Plaaslik sit die RNE te kampe met werklik geharde realiteite van maatskaplike probleme en swart radikalisme wat soos ’n tydbom enige oomblik kan ontplof, aangesien die RNE nie daartoe in staat is om gehoor te gee aan die eise van die swart gemeenskap op die 'grassroots'-vlak nie. Daarby het die ANC/SAKP bepaalde beloftes gemaak (soos onder meer behuising en beter lewensomstandighede) wat nie realiseer nie."
"Die PAC het op 16 Junie 1995 (jeugdag) sy ontevredenheid met Nelson Mandela en sy establishment geuiter. Geweld en die misdaadsituasie het handuit geruk (kriminele anargie). Behuising, die onderwys en die arbeidsterreine is deurgaans ’n tydbom vir ’n moontlike anargie. Die PAC het hul radikalisme gedemonstreer veral op die gebied van die onderwys. Omdat grondkwessies een van hulle vernaamste politieke eise is, was dit te wagte dat hulle weer sou toeslaan met APLA aanvalle op Blanke boere "(veldbrande en moorde op boere en hulle gesinne).
Oorhoofs beoordeel blyk dit dat hierdie radikalisme nie ’n behoorlike kern het nie. Die verwagting was dat dit wel aansluiting sou vind met die politieke radikalisme van die militantes in die ANC-geledere en die te wagte radikalisme van COSATU. Dit is ’n potensiële situasie wat deur die radikale groepe misbruik kan word. Bykomend is daar die eskalerende taxi-geweld.
Die ontstaan van die Islamitiese paramilitêre groep, People against Gangsterism and Drugs (Pagad), vroeg in Augustus 1996 as alternatief vir die land se wet en ordestruktuur, volg na aanleiding van die kriminele anargie-situasie wat 'n politieke anargie aanhelp. Bronne berig dat die Islamitiese Pagad verantwoordelik is vir die roof van die R31 miljoen wat vroeg in Augustus 1996 in Pinetown plaasgevind het. Voorts word berig dat hierdie groep bewapen was en opleiding in Libië ontvang het. Pagad se manmoedige poging om die huidige kriminenele anargie aan te spreek, het hulle aansien verhoog by verskeie Christelike instansies. Hierdie kommerwekkende veiligheidstendens sluit die moontlikheid in dat (a) die Islams oor die kort- tot mediumtermyn die politieke beheer vanweë hulle invloede in die SAKP/ ANC kan oorneem en (b) moordkontrakte op Mandela; en ander leiersfigure in die SAKP/ANC kan uitvoer. Vervolgens moet hierdie opkoms van Islam radikalisme in Suid-Afrika nie in isolasie beskou word nie, maar gesien word as deel van die Islamgodsdiens se wêreld-aksie om internasionale politieke beheer te kry.
Die veiligheidsmagte van die RNE is tans in ’n proses om veiligheidstrukture vir die hele Suidelike Afrika streek daar te stel. ’n Streeksveiligheidsprentjie word in samewerking met al die Suidelike Afrikastate se veiligheidsmagte bygehou. Indien ’n optrede binne die streek as ’n streeksbedreiging vertolk sou word, verg dit gevolglik gesamentlike optrede deur al die state in die streek. In streeksverband is daar tans veral twee veiligheidskwessies in Suid-Afrika wat wyer strek as net die land se veiligheidsdienste. In die eerste plek is dit die moontlikheid van regse geweld en in die tweede plek die swart etniese geweld tussen die Xhosas en Zoeloes, wat veral in die Natal-gebied voorkom.
Die RNE sit met verdeelde lojaliteite in die Veiligheidsmagte. Daarby het dit ook ernstige dissipline-vraagstukke. Die Inligtingsgemeenskap het tot ’n groot mate van regse opposisie ontslae geraak en hulle kan ten nouste saamwerk met die linkse opposisie soos die CIA, die Mossad en die MI6. Derhalwe sal die buitelandse intelligensiedienste ten nouste met dié van die RSA saamwerk.
Die Amerikaners het destyds ’n burgeroorlog vir Suid-Afrika beplan met die oog op ’n totale ANC/SAKP oorname.
Die Amerikaners voer beslis iets in die mou. Aanduidings bestaan dat die Amerikaners ’n burgeroorlog in Suid-Afrika beplan het. Volgens inligting wat ons bekom het blyk dit dat die beplanning daarvan in drie stadias geskied het; in 1987, 1991 en 1994.
In Volksverraad wys die skrywer daarop dat die CIA sy politieke hoofstroom binne die Afrikanerpolitiek, die Verligte Aksie-beweging in 1986 reorganiseer. In hierdie proses word die Staatsveiligheidsraad en die Nasionale Intelligensiediens (in 1987) saamgevoeg. Die veiligheidstruktuur is toe gerat vir politieke oorgawe. P W. Botha se magsbasis is op ’n agterbakse wyse deur die Verligte Aksie-beweging verbrokkel, wat uiteindelik sou lei tot die coup d’etat (staatsgreep) wat op PW Botha uitgevoer is. Daar was selfs ’n poging om PW om die lewe te bring, wat misluk het.
F.W. de Klerk was Amerika se marionet om die beleid van oorgawe aan ’n swart meerderheidsregering tot uitvoering te bring. Die hand van die CIA word sedert die begin van die negentigs toenemend sigbaar om die regse politiekery te laat verbrokkel. Omrede die Afrikaner Broederbond se Volkstaat-idee nie ernstige aftrek gekry het nie, het dit op die advies van die CIA weereens as strategie (vir die verbrokkeling van regse politiekery) herleef... Die CIA se front, die Verligte Aksie-beweging, het genoop om sy invloed in regse kringe te laat geld. Will Roberts van die CIA het ’n boek, African White Tribes, geskryf waarin hy ’n Afrikaner Boerestaat bepleit. Met die aanslag om die Volkstaat- idee te laat herleef, word die Afdeling Militêre Inligting ingetrek.
Die Amerikaanse State Department het gedurende 1991/92 ’n Ambassade in Arcadia, Pretoria teen ’n koste van R350 miljoen gebou. Dit word beweer dat die ambassade dien as ’n Amerikaanse kommunikasiesentrum vir die hele Afrika. Militêre en ekonomiese optrede ten opsigte van Afrika word van daar gekoördineer. Die ambassade staan in direkte kontak met die Suid-Afrikaanse Weermag deur direkte lynverbinding (ook deur satelliet). Die hele gebou is volgens ’n uiters moderne Amerikaanse metode skokbestand gemaak. Die gebou kan ernstige skuddings weerstaan. Ondergronds is daar eie kragopwekkers en ook eie watertenks. Daar is geriewe binne die gebou om ’n eie hospitaal te beman en voldoende voedselvoorraad kan ook geberg en voorberei word. Ook het die gebou ’n eie rioleringstelsel in gevalle van nood. Dit blyk as’t ware ’n fort te wees. Dat die Amerikaners met dinge besig is waarmee ’n normale ambassade gewoonlik nie besig is nie, blyk duidelik.
Die Amerikaners het ook in 1991/92 ’n lugmagbasis digby Lethakeng (100 kilometer van Gaberoen) in Botswana teen ’n koste van R2 miljard (biljoen) opgerig. Onder die kodenaam, Project Eagle, met die reeksnommer 15/1/3/23, is daar spesifiek vermeld dat die reikafstand van die Amerikaanse lugvuis die hele PWV- gebied in Suid-Afrika moes insluit ... Die basis is beman deur 300 Amerikaanse lugmagpersoneel en hulle was sedert 17 Januarie 1992 daar gestasioneer. Sedertdien is hulle onderwerp aan streng en hoogs geheime opleiding. Hulle het ’n eie, afsonderlike lugmagdorp bewoon bestaande uit sowat 500 wooneenhede wat spesiaal vir die doel opgerig is. In die nabye omgewing van die basis was daar ook ’n Amerikaanse taakmag gestasioneer, nl. die lste Kavallerie (1 500 man) en die Rangers (sowat 11 500 voetsoldate, waarvan die meeste swart is). Daar was ook nog ’n verdere 800 tegniese personeel wat vir die instandhouding van die basis verantwoordelik was. Hulle opleiding het hoofsaaklik in Zimbabwe geskied. Maar Botswana se Weermag is in 1993 betrek by gesamentlike oefeninge met die Amerikaners wat tussen die sandduine van die Kalahari plaasgevind het.
Inligting is ook ontvang dat die Amerikaners op ’n baie hoë frekwensiesein opereer het om hulle eie kommunikasie mee te bedryf. Empiries leer ons dat oral in die wêreld waar die Amerikaanse intelligensiediens, die CIA, oorloë veroorsaak het, het hulle radioseine van nasionale TV- en radiostasies, sowel as die seine van die polisie, weermag en die privaatsektor ontwrig deur dit te onderdruk. Na wat onbevestig beweer word, kon die CIA ook ’n situasie van geestelike versteuring van die massa daarmee manupileer. Dit lê nie net 'n land se kommunikasiewese wat hulle wil bedreig, tot ’n groot mate lam nie, maar kan ook ’n klimaat van politieke onstabiliteit bevorder.
Na wat verder verneem word, het die Amerikaners en die land se veiligheidsmagte glo reeds in 1994 ’n destabiliseringsprogram ontwerp, wat van Augustus/September 1996 tot April/Oktober 1997 sou duur. Die program het behels onder meer die destabilisering van Kwa-Zoeloe en die Oos-Kaap (generaal Bantu Holomisa) en landswye stakings deur COSATU beginnende eers in Vereeniging en brei dan na die Oos-Rand(om die ekonomie lam te lê). Die program sou ook voorsiening maak vir onder meer die afbrand van plase en aanvalle op blanke gesinne in die stedelike gebiede.
Hierdie program is deur die CIA opgestel. Die program sou geskied onder die toesig van die Nasionale Intelligensie Agentskap en hulle het beoog om met die program ’n toestand van anargie landswyd te skep. [’n Toestand van anargie in Suid-Afrika sou noodwendig sy buurstate (Namibië, Zimbabwe, Mosambiek, Botswana, Swaziland en Lesotho) direk raak hoofsaaklik omrede daardie state se ekonomieë tot ’n groot mate by die Suid-Afrikaanse ekonomie ingeweef is. Toestande van anargie kan na state (soos Namibië, Zimbabwe, Zambië, Malawi en Swaziland) oorspoel. Die daadwerklike oogmerk van die program was om al die hinderlae in die ANC/SAKP se pad na totale ANC/SAKP oorgawe, te domineer. Dit het elemente ingelsuit soos Inkatha en alle gevaarlike regse faksies in (waaronder die regse elemente in die NP en die Afrikanerbond).
Die Amerikaners was bang dat die uitwerking van VIGS op die Swartbevolking mettertyd die Suidelike Afrika- streeksintegrasieproses kan laat verongeluk. Die destabilisaseringsprogram sou aangewend word om die streeks- integrasieproses te versnel. Sover vasgestel kon word, blyk dit dat die plaaslike geldmag en die leiers van die ANC en die linkse elemente van die NP (Roelf Meyer uitgesluit) van die plan geweet het. Van hierdie geldmagte (waaronder Anglo-American) het destyds aangedui dat hulle oor die vermelde tydperk hulle produksie sou afskaal.
Aan die binnekringe van die Afrikanerbond is ’n Siener van Rensburg-scenario voorgehou. Hulle glo toe vas dat die Blankes die land teen April 1997 sou oorneem. Derhalwe is na enige geleentheid gegryp om Afrikanereenheid te bevorder. Maar ingevolge die beoogde plan was die Afrikanerbond die ANC/SAKP se maaltyd.
Voorts het Botswana in samewerking met Suid-Afrika en Brittanje in Junie 1996 meer as 12 CF 5-bomwerpers teen ’n bedrag van 49 miljoen VSA-dollars van Kanada aangekoop vir hierdie veiligheidsoperasie; ’n onbekende hoeveelheid tenks van Nederland aangekoop. Hierdie aankope was deel van die Suidelike Afrika beveiligingsprogram, en dis bekend dat hierdie vliegtuie in Botswana in gebruik was. Voorts word beweer dat daar sporadies militêre oefeninge in die Kalahari-omgewing plaasgevind het.
Na wat berig is, was die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag vir ’n tyd lank besig om wapens vanaf Transvaal en die Vrystaat te verskuif na spesiale opgaarplekke. Daar was selfs ses atoombomme (wat in dele opgebreek is) geberg. Dit is ’n verdere bewys dat die land se veiligheidsmagte tog gereedmaak het vir een of ander geheimsinnige toekomstige gebeurlikheid.
Bykomend is daar die nie-verwesenliking van politieke beloftes (soos werk, regstellende aksies, verhoogde lewenstandaarde, behuising en onderwys) wat opsigself die regering se politieke oorlewing aantas. Ons verwag dat swart-radikalisme aan die orde van die dag sal wees met stakings, politieke oproer en geweld as algemene verskynsels. ’n Toestand van anargie sal daaruit gebore word. Gebiede wat ons voorsien as risiko-gebiede vir geweld is hoofsaaklik die PWV-, Rustenburg-, Brits-, Klerksdorp-, Potchefstroom-, Vaaldriehoek-, Bloemfontein- en die Natal-omgewing. Vir die landelike gebiede voorsien ons ’n risiko vir brandstigting hoofsaaklik in Transvaal en die Vrystaat (gedurende die wintermaande). Die Noordkaap en dele van die Suidkaap sou na ons mening relatief die veiligste gebied wees.
Samevatting
Dit blyk dat die korttermyn-vooruitsigte vir die Nuwe Suid-Afrika was dat die Swart radikale geledere by wyse van stakings en onluste sou poog om die land onregeerbaar te maak en om ’n totale politieke oorname vir die ANC/SAKP te bewerkstellig.
Aaanduidings bestaan dat die Amerikaners ‘’n buregeroorlog vir Suid-Afrlka beplan het met die oog op 'n totale ANC/SAKP oorgawe. In hierdie verband wek die Islam para-militere groep, Pagad, asook die sterk hand wat die Islams in die SAKP/ANC het, kommer by verskeie Boere-Afrikaners en internasionale veillgheidsmagte. Die verwagting was dat die ekonomiese sowel as die politieke “bubble" in die vorm van ’n anargie kon bars. ’n Anargie in minstens die kerngebiede is voorsien met die verwagte effek van ’n byna totstilstandkoming van omtrent alle ekonomiese aktiwiteite. Selfs rassehaat kon ontvlam, indien die aanhitsers daarvan rasverwante redes vir die nie-haalbaarheid van verwagtings sou vind. Voorts is verwag dat die binnelandse aanbod sulke tekorte sou toon dat die land met ’n hiperinflasie koersdilemnia op hande sou sit, wat noodwendig ‘n wisselkoersprobleem in homself sou meebring. Reuse afdanking en insolvensies sou aan die orde van die dag wees. Baie sou al hulle bates verloor. Vertroue in die politiek en die ekonomie sou stelselmatig verminder word. Voorts sou die RNE te kampe kry met ’n ernstige probleem van onwettige immigrante, die meeste uit die omliggende buurstate. Die probleem dra daartoe by dat die ekonomie onder enorme druk geplaas word om aan mense werk, inkomste, maatskaplike dienste en fasiliteite en so meer te verskaf.
Die Boere-Afrikaner was en is nou meer as toe verdeeld en leierloos gelaat. Sy drang na selfverwesenliking het volgens die handves van menseregte irrelevant geword. In die bestaande orde is die regse politiek goed-geïnfilteerd deur die veiligheidsmagte.
Die opkoms van die Boeredom by wyse van die stembus is onmoontlik. Die Boeredom vind daarbei ook 'n ernstige ekonomiese en kulturele aanslag teen hom. Enige groepkohesie word tot ‘n groot mate lam gelê. en die Boere-Afrikaner word in ’n oorlewingstryd gedwing. In die kerke is die Boere-Arikaner gedwing tot belyding van die sonde van Apartheid. Engels word oral toenemend die voertaal. Regstellende aksies ontneem baie Boere-Afrikaners van hulle werk en inkomste. Die Boere-Afrikaner se armoede verbreed daagliks. Daarby sien die Boere-Afrikaner as gevolg van sy Calvinistiese wêreld-en lewensbeskouinge, geen godsdienstige regverdiging in geweldadige verset teen die regering nie.
Vervolg...