NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

In ons land bid baie van ons vir beskerming teen die goddelose mense wat ons wil vermink, verkrag en vernietig. Misdaad word deur die goddelose owerheid aangehelp. Die opskrif van Ps 140 is "Gebed vir beskerming teen goddelose mense". Dawid  het vir die HERE gevra: "Red my HERE, van die kwaaddoeners... wat slegte dinge in die hart bedink, wat elke dag stryd verwek... bewaar my HERE, vir die hande van die goddelose; behoed my vir die manne van geweld wat planne beraam om my voete weg te stoot" . In dieselfde Psalm toon Dawid ook sy geloof: "Ek weet dat die HERE die regsaak van die behoeftiges sal behartig." Ons mag ook glo dat God ons volk van uitwissing sal red.

VOLKSVERRAAD... WAAROM?(8)

Adv PJ Pretorius

In die opvolg van die boek VOLKSVERRAAD, gee adv PJ Pretorius hier in VOLKSVERRAAD... WAAROM? perspektief oor waarom VOLKSVERRAAD geskryf is en verduidelik hy talle georkestreerde gebeure deur geheime magte, onder andere die dood van Diana. Lees ook  waarom ons eie volk verraai moes word by Volksverraad... Waarom?

Die boek VOLKSVERRAAD kan gelees by Volksverraad - die boek.

Die Nag van die Generaals

" Die nag van 17 November 1993, voordat die tussentydse grondwet in die World Trade Centre in Kempten Park onderteken is, het Joe Slovo gejubel: “Ons het die stryd om uitvoerende gesag op grond van ’n gewone meerderheid gewen—iets wat ons nooit verwag het nie.”  Die volgende dag is die vermelde grondwet ondertekening...    ... Die punt wat ons hier wil maak, is dat Pax Americana gewen het en nie die sogenaamde Super Afrikaners of die ANC/SAKP-alliansie nie. Anglo-Amerikaanse instellings  domineer vandag Suid-Afrika se interne—en eksterne beleid. Suid-Afrika vorm nou as’t ware deel van die 'informele Anglo-Amerikaanse koloniale ryk'. Dit wil sê ons is onwetend ingetrek in ’n sataniese kultus wat denkbeeldige kettings of bindings op ons verstand plaas."

Die finale besluit van FW de Klerk om die ou weermag tydens die onderhandelingsproses te “suiwer” deur die summiere ontslag van 23 senior offisiere, is geneem nadat ’n klein groepie kabinetslede : 'n skerp meningsverskil daaroor gehad het. Die lede van die groepie—wat hulleself as ’n uitgesoekte “superkabinet” beskou het— was FW self, Kobie Coetzee, Hernus Kriel en Roelf Meyer. Gene Louw, wat toe vir ’n kort termyn minister van verdediging was, is uit hoofde van sy amp betrek, hoewel hy nie gewoonlik lid van die  “superkabinet” was nie.

Die besluit om die ou weermag te “suiwer", is net voor Kersfees 1992 geneem na verskeie beraadslagings tussen lede van die “superkabinet ” en die destydse weermaghoofde, en het gevolg kort nadat genl. Pierre Steyn mededelings rakende derdemag aktiwiteite in die weermag aan die “superkabinet” gedoen het.

FW de Klerk het ’n vertroulike stafskrif rakende die aangeleentheid van Steyn ontvang. Kriel, wat toe minister van wet en orde was, Gene Louw en genl. Kat Liebenberg, wat toe hoof van die weermag was, het vasgeskop dat die offisiere ontslaan word voor ’n grondige ondersoek met gesubstansieerde getuienis gedoen is. De Klerk het die weermaghoofde ’n week gegee om die lede wat afgelê en geskors sou word, persoonlik in te lig waarna hy die media in kennis sou stel. Hierdie “suiwering” moes die Amerikaanse regering se goedkeuring wegdra.

Meyer het gedurende die middel van Desember 1992 die VSA in opdrag van De Klerk besoek. Tydens belangrike gesprekke gedurende die namiddag en die aand van 18 Desember 1992 tussen die regerings van Suid-Afrika en Amerika in New York, VSA, was De Klerk en Meyer twee keer met mekaar in verbinding. Die beoogde “suiwering” het in Amerika na die media uitgelek (waarskynlik as gevolg van meeluistering). Dit het De Klerk gedwing om reeds op die oggend van 19  Desember 1992 die aankondiging van die aflegging van die 23 offisiere—onder wie twee generaals—te doen. Dit staan sedertdien bekend as die Nag van die Generaals.  Onder die 23 was genl. was Chris Thirion, genl. Hennie Roux, brig. Ferdi van Wyk, brig. Tolletjie Botha, brig. Oos van der Merwe, brig. Wouer Basson, kol. At Nel, kol. Mielie Prinsloo, Kommandeur Jack Widdowson, Deon van der Westhuizen [wat daarna glo selfmoord gepleeg het] en Glory “September ” Sedibe (wat sedertdien vermoor is).

Die nag van 17 November 1993, voordat die tussentydse grondwet in die World Trade Centre in Kempten Park onderteken is, het Joe Slovo gejubel: “Ons het die stryd om uitvoerende gesag op grond van ’n gewone meerderheid gewen—iets wat ons nooit verwag het nie.”  Die volgende dag is die vermelde grondwet ondertekening. Min het die ANC/SAKP op daardie tydstip besef dat die NP/AB hulle basies met die eeue-oue Trojaanse perd-taktiek uitoorlê het. Die ANC/SAKP was onbewus van die toekomstige impak van Vigs op hulle magsbasis. Dit sou ’n kwessie van tyd wees dat die Vigs-bom moes bars om die ANC/SAKP bewus te maak dat hulle net deel van ’n AB binnekring skaakskuif was om in die oë van die wereld die illussie van “demokrasie” te wek. Die ANC/SAKP was onbewus daarvan dat hulle reeds met die ondertekening van daardie grondwet die eerste tree van hulle ondergang bewerkstellig het. Hoewel die ANC/SAKP sedert Mei 1994 politieke inspraak gehad het, was hulle ingebind op ’n nuwe politieke bestel waarbinne net 'n sekere aantal jare met die meerderheidstem sou kon regeer. Daarna behoort die politieke mag as gevolg van Swartsterftes weer in Blanke hande te kon wees. ’n Skuif wat in die Nasionale Intelligensiediens onder die leiding van dr. Neil Barnard en Mike Louw [in opdrag van die AB] ontwerp is en deur NI inisiatiewe deurgevoer is.

In hierdie Trojaanse skuif sou die laer- en middelklas Afrikaners geoffer word. Waar die AB voorheen vir hierdie soort Afrikaners omgegee het [deur te sorg dat daar vir hulle werksgeleenthede is], is hulle weerloos gelaat [met byna geen toekomsvooruitsigte op werksgeleenthede nie]. NI se dinktenk (wat onder leiding van Joe Claassen gestaan het) het in 1989 volksmoord, asook die vernietiging van die volkshuishouding geantisipeer as gevolge wat uit ’n Swart bewindsoorname sou voortspruit. Die Afrikaners wat uit hoofde van binnekring-inligting geweet het waaroor dit gaan, het hulle posisies betyds verskans. Die meeste van hierdie soort Afrikaners het intussen na ander wêrelddele geëmigreer en/of huwelike [en sakeverbintenisse] met volksvreemdes gesluit en hulle rûe gedraai op tradisionele waardes in ruil vir die van die Nuwe Eeuse Era.

Die punt wat ons hier wil maak, is dat Pax Americana gewen het en nie die sogenaamde Super Afrikaners of die ANC/SAKP-alliansie nie. Anglo-Amerikaanse instellings  domineer vandag Suid-Afrika se interne—en eksterne beleid. Suid-Afrika vorm nou as’t ware deel van die “informele Anglo-Amerikaanse koloniale ryk”. Dit wil sê ons is onwetend ingetrek in ’n sataniese kultus wat denkbeeldige kettings of bindings op ons verstand plaas.

’n Emosionele Tertius Delport, toe die Oos-Kaapse leier van die NP wou ná die ondertekening van die grondwet uit die kabinet bedank omdat hy ontevrede was met die NP se hantering van die onderhandelingsproses. Hy het tydens ’n kort verdaging van die kabinet sy bedanking aan FW de Klerk in die Uniegebou aangebied. Na ’n gesprek van ’n halfuur, waartydens Delport glo baie emosioneel was, het hy tog besluit om in die kabinet aan te bly.

Die politieke omstandighede soos hierbo geskets het my ook direk geraak. Persone met ’n konserwatiewe agtergrond is tydens die PW Botha-era as lede van die Veiligheidsmag gewerf. Ons is gewerf om die ANC, die SAKP, die PAC en die vreemde intelligensie-dienste as vyande of opposisie te beveg. Met die oorgaweproses het die regering ons as veiligheidsmaglede nie meer nodig gehad nie, omdat ons toe te konserwatief was om in te pas in hulle profiele vir lede van die veiligheidsmagte. Ek het my persoonlike intriges binne en buite NI gehad wat later die skryf van Volksverraad tot gevolg sou hê. Ander faktore wat my ook aangedryf het om Volksverraad te skryf, is die persoonlike gesprekke met ’n vriendin, Christine Dippenaar; Adriaan Snyman se publikasie: Profeet vir sy volk, oor die visioene van die Boereprofeet, Siener van Rensburg; die stigting van die Afrikaner Volksfront, en my skorsing van nege maande by die Nasionale Intelligensiediens.

Gesprekke met Christine Dippenaar

Christine Dippenaar is getroud met Muller Dippenaar wat een van die hoofde was van die Nasionale Intelligensiediens se Hoofdirekoraat Klandestiene Operasies. Ek ken die Dippenaar-familie reeds sedert my hoërskoolloopbaan op Ventersdorp. Muller se vader was een van die predikante op die dorp. Dominee Dippenaar het in die sestiger- en sewentigerjare gereeld die skool met skriflesing en gebed geopen. Dominee Dippenaar se vrou was ons sangonderwyseres.

Gedurende 1991 het ek en Christine saam by NI gewerk.  In die lig van die politieke onsekerhede wat daardie tyd geheers het, het NI lede baie met mekaar oor die situasie gesels. Ek en Christine het ook verskeie gesprekke oor die aangeleentheid gehad en daardie gesprekke het bygedra daartoe dat my Afrikanerpatriotisme herleef het. Hierdie vlam van patriotisme is veral tydens my hoërskool- loopbaan (1968-72) te Ventersdorp aangesteek.

Met hierdie herbegeestering om weer ’n trotse Boer te wees, het ek vroeg in 1992 ’n inisiatief gehelp loods om die NP hof toe te neem. Ek het die NP se mandaat vir hulle optrede bevraagteken. Dit het gelei tot die skryf van ’n memorandum aan die Hoofbestuurder Navorser (toe S.E.D. Hofmeyr) en die Direkteur Ekonomiese Bedreiging (toe Hans Kruger) om hulle in kennis te stel van my voorneme om die NP te dagvaar en hulle mandaat in die hof te toets.

AAN:  Mnr.JA  Kruger

VIR AANDAG: Mnr. SED Hofmeyer

MOONTLIKE REGSAKSIE TEEN DIE REGERENDE PARTY

Aard:  Ek is betrokke by die samestelling van ’n regspan wat beoog om ondersoek in te stel vir ’n moontlike regsgeding teen die regerende party insoverre dit die Grondwet van SA (110/83) en die huidige konstitusionele hervorming betref.

Doel:  My hoofdoel is om van regskanale gebruik te maak om die regerende party te dwing tot ’n algemene verkiesing.

Opmerking: By wyse van hierdie proses is ek nie besig om partypolitiek te bedryf nie maar bloot om aan die regsverkeer deel te neem.

Beweegrede: Die bestaande grondwet van Suid-Afrika is agv die konstitusionele hervorming in gedrang en die regerende party se huidige konstitusionele inisiatiewe (sonder ’n algemene verkiesing) kan as ’n tegniese staatgreep vertolk word.

PJ PRETORIUS

Terseldertyd was ek in gesprek met die KP-LV vir Losberg, Faan Jacobs, vir wie ek groot bewondering gehad het oor sy moed om politici soos Pik Botha in die openbaar aan te vat. Ek het aan hom voorgestel dat ’n regspan regskonstruksies moet bestudeer om die NP tot ’n Algemene Verkiesing te dwing en dat prof. Dries Raath van die Universiteit van die Oranje-Vrystaat as voorsitter van so span nader getrek kon word. Gesprekke is onder meer met Jaap Marais, adv. Danie Bischoff, Martin Maree (AWB) en Corne Mulder gevoer. Adv. Bischoff wou die aangeleentheid ’n Toekomsgesprekskwessie maak.  Corne Mulder was egter ’n groot teleurstelling in hierdie verband.

Binne die strukture van NI het daar groot bekommernis geheers.

Die bestuur van NI het besef dat ons ernstig was om met die aangeleentheid voort te gaan. Bogenoemde inisiatief, asook die feit dat die KP groot vordering in die tussenverkiesings getoon het, het FW de Klerk gedwing om ’n referendum uit te roep. Die aankondiging en die uitslag van die referendum van 17 Maart 1992 (die oorgrote meerderheid van die RSA kiesers was ten gunste vir die NP se onderhandelinge met die ANC en die SAKP) het die byt uit ons pogings gehaal.  Kort ná die referendum het ek die Hoofdirekteur Navorsing, S.E.D. Hofmeyr gaan sien en meegedeel dat ek berus by die uitslae van die referendum aangesien ek geen ander keuse gehad het nie.

Visioene van Siener van Rensburg... vervolg...

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 3261 gaste aanlyn