NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Mag is ‘n gawe van God waarmee wet en orde gehandhaaf moet word (1 Kor.14:40).   Elke landswet moet met God se Woord ooreenstem.  As dit in stryd daarmee is, kan dit nooit goed vir ‘n volk wees nie.  Dis gewoonlik die grondslag van ‘n skrikbewind.

VOLKSVERRAAD... WAAROM?(9)

Adv PJ Pretorius

In die opvolg van die boek VOLKSVERRAAD, gee adv PJ Pretorius hier in VOLKSVERRAAD... WAAROM? perspektief oor waarom VOLKSVERRAAD geskryf is en verduidelik hy talle georkestreerde gebeure deur geheime magte, onder andere die dood van Diana. Lees ook  waarom ons eie volk verraai moes word by Volksverraad... Waarom?

Die boek VOLKSVERRAAD kan gelees by Volksverraad - die boek.

" MI sit wel agter Chris Hani se dood. Die dood van Hani was ’n guns aan die ANC. Hani het groter gehore as Nelson Mandela getrek wanneer die swart volke toegespreek is, hierdie mededinging kon nie toegelaat word nie."

VISIOENE VAN SIENER VAN RENSBURG

Adriaan Snyman het reeds met sy eerste publikasie, Profeet vir sy volk, oor die visioene van die welbekende Oom Niklaas (Siener) van Rensburg my Boerehart warm laat klop. Hy het met sy publikasies as’t ware ’n “Siener van Rensburg bewonderaarsklub” in regse geledere laat ontstaan. Dit was duidelik dat sy publikasies linksgesindes bekommerd gemaak het.

Siener van Rensburg

Die politieke oorgawe van FW de Klerk aan die Swartes wat aan die gang was, is reeds vroeg in die 20e eeu deur Siener van Rensburg voorspel. Hy het verder voorspel dat die land eendag vir ’n kort rukkie deur die Swartes regeer sal word. In daardie tyd sal swart en wit deurmekaar lewe. Die Afrikaner sal erg verdeeld wees en dan sal daar ’n donker tyd vir die volk voorlê. Die volk sal leierloos wees. Hy sien dat die volk eers weer wanneer hy hom voor God verootmoedig, die regering met die hulp van Duitsland sal oorneem. Dan sal die volk homself regeer.

Ek het naas die Siener van Rensburgreeks wat ek vir myself gekoop het, ook reekse vir Mike Louw en Niel Barnard (beide was voorheen Direkteur-generaals van die Nasionale Intelligensiediens) gekoop en aan hulle gegee. Tydens ’n Afdelingsete saam met my Direkteur, toe Mariette Taute, was dit duidelik dat selfs die diens se Hoofbestuur, as hulle informeel gesellig verkeer het, laat blyk het dat hulle die visioene van die Siener goedgesind is. Soms was daar ook op ’n informele vlak negatiewe gevoelens jeens die oorgaweproses deur die diens se Hoofbestuur deurgegee. Formeel was dit egter ’n ander saak.

DIE STIGTING VAN DIE AFRIKANER VOLKSFRONT

Die Boere-Krisisaksie (BKA) was die aanloop tot die Afrikaner Volksfront (AVF). Manne van die KflflP/) n BKA [wie se name op versoek IIVW * nie gepubliseer word nie] het gedurende 1990, in reaksie op FW de Klerk se gewraakte toe- spraak, geslote vergaderings met boere in Transvaal en die Vrystaat gehou om ’n versetarm vir die boere te organiseer. Hierdie manne sal as helde in ons volk se geskiedenis onthou word. Die BKA, as ’n versetarm, is “... in (Januarie) 1991 op die proef gestel toe die Boere-krisisaksie ’n daglange demonstrasie in Pretoria geloods het om te illustreer hoe Pretoria by wyse van padblokkades ontwrig kan word. ”

Op 29 Januarie 1991 het boere die strate van Pretoria vir ’n dag lank met meer as 16 000 voertuie beset. Hulle wou met FW de Klerk praat oor die toekoms van die landbou, maar hy het nie opgedaag nie. Minwetend daarvan het die BKA daarin geslaag om die regering se uitvoerende basis vir die tydperk van die beleg van Pretoria in so ’n mate te ontwrig dat die boere ’n staatsgreep kon uitvoer as die BKA dit toe wou gedoen het. Op ’n versoek van die regering aan georganiseerde landbou, het Willie Lewies (toe onder-voorsitter van die Transvaalse Landbou-Unie) aan die BKA gesê dat die BKA sy punt gemaak het en dat hulle die beleg maar kon beëindig. Die BKA het toe aan die versoek gehoor gegee. Sedertdien het die BKA as ’n versetarm by georganiseerde landbou ingeskakel. Hierdie inskakeling was kunsmatig en klaarblyklik ’n NI-IDASA set.

Verskeie blankes was onrustig oor die toekoms van die land. In regse kringe is FW de Klerk voortdurend as ’n verraaier uitgekryt. Namate die regering se onderhandelings met die ANC en die SAKP gevorder het, het die legatimiteitsvraagstuk van die politieke oorgangsproses meer relevant geword.  NI en die ander organe in die Afrikaner Broederbond [soos die FAK] is in September 1991 deur die linkse faksie in die Afrikaner Broederbond (Verligte Aksie oftewel Binnekring) getaak om die regses by die onderhandelings betrokke te kry. Indien dit nie sou slaag nie, moet regse leiers in diskrediet gebring word en moes die regses verdeel word. Bepaalde voorstelle word in ’n hoogs vertroulike dokument van die AB gemaak. Onder meer word aanbeveel dat die KP, die Afrikanervolkswag, SABRA en die Oranjewerkers betrek moet word by die onderhandelings. “OM DIT MOONTLIK TE MAAK, MOET DIE BEELD GESKEP WORD DAT DIE MEERDERHEID ONDERHANDELAARS TEN  GUNSTE VAN 'N VOLKSTAAT IS. ”  Aldus ’n onthulling deur De Wet Potgieter in die Sunday Times van 2 Januarie 1992.

Hier verwys ons graag na NI se front, IDASA se Conservative Dialogue Programme. In hierdie verband maak Jaap Marais in sy publikasie Die IDASA-komplot teen Afrikaner-nasionalisme bepaalde onthullings wat deur Volksverraad ondersteun word. NI het selfs personeel na die SOD oorgeplaas om onder dekking direk by die onderhandelingsproses betrokke te raak. Dr. Nel Marais  van die Nasionale Intelligensiediens is gedurende Desember 1991 as ’n direkteur, onder die toesig van prof. Frans Venter (lid van die Afrikaner Broederbond en later hoogleraar aan die Potchefstroomse Universiteit) na die SOD oorgeplaas. Hy het periodiek verslag gedoen aan NI se Hoofbestuur. Hy was onder meer betrokke by IDASA se Conservative Dialogue Programme.

Die Conservative Dialogue Programme was daarop gemik om die regses, wat FW de Klerk se politieke oorgawe as verraad beskou het, by die onderhandelingsproses te betrek en legitimasie aan die oorgangsproses te verleen. Verskeie KP-LP’s het by die program betrokke geraak, waaronder Dries Bruwer, Piet Gouws, dr. Ferdi Hartzenberg en Daan du Plessis.

Sedert Desember 1991 het verskeie KP-LP’s die volkstaat-politiek bevorder. Die KP-LP van Wonderboom, Koos Botha, het betrokke geraak by sabotasie-aanvalle deur die Afrikaner Volkstaatbeweging. Botha moes noodgedwonge uit die KP bedank as gevolg van sy volkstaatsentimente. In April 1992 publiseer die Nl-agent, Koos van der Merwe, ’n dokument waarin ’n volkstaat voorgestel word. Dit sou ook lei tot sy bedanking uit die KP. Daarna het ’n ander agent van die Nasionale Intelligensiediens, Andries Beyers vier ander KP-LP’s se vertroue gewen en hulle oortuig om saam met hom weg te breek en op die Nasionale Intelligensiediens se voorstel, die Afrikaner Volksunie te stig en sodoende by die Nasionale Intelligensiediens se georkestreerde onderhandelingspolitiek betrokke te raak. Gedurende Augustus 1992 is die Afrikaner- Volksunie as ’n intelligensie-rookskerm gestig.

Toe dit gedurende September 1992 virNI duidelik geword het dat die ANC en die SAKP die onderhandelingsoorlog teen die NP gewen het, het NI self in die geheim, by gesprekvoering met die ANC en die SAKP betrokke geraak. Omrede intelligensie ’n lae prioriteit vir die ANC en die SAKP was, moes NI met sy establishment van nagenoeg 5 000 personeel die wese van intelligensie aan die opkomende bewind bemark. NI se burokratiese posisie was op die spel. NI se Hoofbestuur (waaronder: Mike Louw; George Grewar, Mike Kuhn; Eksteen Theron; SED Hofmeyr en Jakes Jacobs) het vroeg in 1993 die ANC en die SAKP op die diens se geheime eiland in die Vaaldam onthaal om NI se beeld by die ANC en die SAKP te verbeter. ’n Plan om die regses te vernietig, is aan die ANC/SAKP voorgelê ter wille van ’n burokratiese magsvertoon.  F.W. de Klerk het tydens ’n personderhoud in Oktober 2000 aan die SAUK erken dat sy regering daarin geslaag het om ’n regse opstand in die kiem te smoor.

Die angel in die regse geledere was die Boere-Krisisaksie. Volgens Bastiaan Rothmann het NI se Teenintelligensie ’n operasie geloods om die legatimiteitsvraagstuk van die oorgaweproses by te lê en om enige moontlike lekkasie van informasie na regs te beperk. Omrede NI die funksie van die sekretariaat van die Staatsveiligheidsraad oorgeneem het, het hy ’n koördinerende rol in die veiligheidgemeenskap vervul. Gevolglik is alle staatsveiligheidsprojekte op daardie stadium deur NI gekoördineer.

In Volksverraad voer ons aan dat genl. Constant Viljoen as leiersfaktor vir intelligensiefronte ingevoer is. Viljoen ontken ten sterkste dat hy inderdaad ’n agent van die regering is. Gerugte het in Maart/April 1994 die rondte gedoen dat hy en die ander generaals (verwysende na Visser, Bisshoff en Groenewald) ’n paar miljoen rand vir die operasie sou ontvang het. Daar was selfs ’n nuusberig daaroor op Radio Pretoria. Ek het genl. Tienie Groenewald reeds in 1994 daaroor uitgevra. Hy het dit ten sterkste ontken. Ten spyte daarvan bly daar steeds onbeantwoorde vrae.

Dit was ’n feit dat die regering die BKA as ’n moontlike destabiliseringsfaktor binne die regses gevrees het en deur die politieke intervensie van Viljoen  is die boere se anti-sentimente jeens die oorgangsproses besweer. Die BKA was ’n faktor waaroor die regering se veiligheidsmagte nie beheer gehad het nie.  Die Patriot van 5 Maart 1993 onthul dat NI en die intelligensiediens van die ANC [Department of Information] saamgewerk het om die KP [en die Inkhata Vryheidsparty (IVP)] so te beduiwel dat ’n politieke skikking uiteindelik op ANC-terme kon geskied. Volgens ’n ANC-dokument het NI en MI saamgespan om die KP [en die IVP] by die onderhandelingpolitiek betrokke te kry. Indien dit sou misluk was NI en MI se inisiatiewe daarop gemik om die Konserwatiewe Party en die Inkhata Vryheidsparty te diskrediteer en selfs te vernietig. Dit blyk duidelik uit die vermelde samewerkingsdokument dat NI se opdrag binne die AB-verband uitgebrei is. Ten spyte van die berig, is die KP steeds in ’n intelligensie-set gelei.

Kort ná die berig het genls. Constant Viljoen en Tienie Groenewald op die horison gekom. Die overte mondstuk van die Britse intelligensie-diens, Africa Confidential van 3 Junie 1994 onthul dat genls. Viljoen en Groenewald agente van Militêre Inligting is. “Nadat die volk sy rug op FW de Klerk gedraai het, het genl. Constant Viljoen op die toneel verskyn en veral die Boer se verbeelding aangegryp.”

“Constand Viljoen ... was lid van die Broederbond. Sy tweelingbroer, Braam Viljoen, is bekend vir sy ultra-linkse sienings en uitsprake [lid van die ANC], Miskien weet Constand en sy broer nog nie dat genetici reeds lankgelede bewys het identiese tweelinge nie net fisies mekaar se ewebeelde is nie, maar ook wat karakter en psige betref is hulle dikwels identies, met ’n geringe afwyking van tot 5 persent. M.a.w. hulle doen, dink en reageer sonder uitsondering altyd eenders op invloede van buite. Hy veg glo vir die Afrikaner se "saak ", maar toe advokate Moolman Mentz en Chris de Jager op 3 Desember 1992 na Viljoen se plaas toe is om hom te vra om aan hulle leiding te gee in hulle onderhandelinge met die NP en die ANC, het hulle pertinent ook gevra dat hy hulle moes adviseer oor verdedigingsaangeleenthede. Hy het toegestem, tog op voorwaarde dat hy nie polities betrokke raak nie. In die gesprek het hy glo prontuit erken dat hy die KP "haat", maar begrip het vir die AVU se beleid ... Viljoen en sy vrou was nooit lid van enige regse politieke party nie. Hy werp ook alles in die stryd om onderhandelings tussen die ANC en KP/AVF/AWB te bewerkstellig.

Net voordat genl. Viljoen op die toneel gekom het, was daar na ons mening ’n kunsmatige klimaat van geweld (insluitende die APLA-aanvalle op blankes) bevorder om die konsep van die generaals meer aanvaarbaar te maak. Die Suid-Afrikaanse Polisie het aangetoon dat die APLA-aanvalle uitgevoer is met wapens wat van genl. Bantu Holomisa van Transkei afkomstig was. Volgens Eugene de Kock se getuienis tydens sy verhoor, was Holomisa op daardie stadium ’n agent van MI. Dit sluit dus nie die moontlikheid uit nie dat MI self hierdie aanvalle georkestreer het. MI sit wel agter Chris Hani se dood. Die dood van Hani was ’n guns aan die ANC. Hani het groter gehore as Nelson Mandela getrek wanneer die swart volke toegespreek is, hierdie mededinging kon nie toegelaat word nie.

Uit die publikasie Die IDASA-komplot teen Afrikaner-nasionalisme van Jaap Marais blyk dit dat georganiseerde landbou deur IDASA oorreed was om Viljoen op die voorgrond te bring. Hier sou Piet Gouws van die Vrystaatse Landbou-Unie en Dries Bruwer van die Transvaalse Landbou-Unie ’n belangrike rol speel. Genl. Viljoen sê self in reguit dat  “Die persoon wat my genader het en wat my... sag gemaak het was mnr. Dries Bruwer [’n vriend van genl. Tienie Groenewald] ... Hy was die persoon wat my genader het, en nie Groenewald nie.”  Volgens Viljoen het Bruwer met Jurgen Kogl van IDASA, 'n aangetroude familielid, saamgewerk.  Viljoen het volgens Die Afrikaner van 6-12 April 2001 tydens die aankondi-ging van sy uittrede uit die politiek sy betrokkenheid by die IDASA-komplot erken. Vantevore het Viljoen, in reaksie op 'n skrywe van Jaap Marais van die Herstigte Nasionale Party, sy betrokkenheid by IDASA ten sterkste ontken. Viljoen het Marais se bewerings as leuens afgemaak. Tydens die loodsing van die Afrikaner Volksfront (AVF) op 20 April 1993 het Herman Verquiel van die Transvaal Landbou Unie die formele voorstel gedoen dat “die generaals” die leierskap moet oorneem.

Viljoen het met kakieklere op die voorgrond gekom toe hy die boere gedurende Mei 1993 in Potchefstroom toegespreek het. Piet Gouws van die Vrystaatse Landbou-Unie het die regering by hierdie geleentheid gewaarsku dat die boere sou oorgaan tot oorlog indien nog ’n boer vermoor word. Dit moet in berekening gebring word dat dit die woorde was van ’n rolspeler by NI/IDASA se Conservative Dialogue Programme. Viljoen het onmiddellik die aandag van die meeste regses gehad. Dit moet verder in ag geneem word dat Siener van Rensburg se visioene met die verskyning van Adriaan Snyman se publikasies aktueel was. In Siener van Rensburg se visioene word daar kort-kort verwys na die man in die bruin pak, bedoelende die ware boer wat sy volksgenote uit die bestaande chaos sou lei. Soos ons reeds gemeld het, was NI se grootbaas ook in besit van ’n eksemplaar van Adriaan Snyman se eerste publikasie van die Siener. Baie regses het Viljoen verwar met hierdie man in bruin. In ’n kort tyd het hy die verbeelding van almal aangegryp. Wat Viljoen gesê het was wet. "Die ou Boere-leiers was immers almal generaals. Generaals met hulle agtergrond van oorlogvoering sal ons na die ware Volkstaat toe lei—die een wat Siener van Rensburg voorspel het".

Die Afrikaner van 28 Mei-3 Junie 1993 wys daarop dat genl. Viljoen se toetrede tot die politiek die onderhandeling van ’n volkstaat as agenda tot gevolg gehad het. Vanaf Junie 1993 het die Afrikaner Volksfront lede begin werf. Daar is gepoog om al die politieke partye en bewegings onder een sambreel saam te trek. Die Herstigte Nasionale Party (HNP) het egter nie deel gevorm van die Afrikaner Volksfront (AVF) nie. Die Afrikaner Volksfront het hom as ’n verenigde front teen kommunisme voorgehou met die afstigting van ’n volkstaat as laaste uitweg. Anders as die AVF was die HNP ten gunste van ’n front wat De Klerk moes stuit. Genl. Viljoen het in Julie 1993 sy volkstaat wat 16 persent van die huidige grondgebied omvat het, in die openbaar ten toon gestel. Dit was toe reeds duidelik dat Viljoen nie wou terugkeer na die ou bedeling nie. Dit moet in berekening gebring word dat dit die plan van die Afrikaner Broederbond was om die KP, die Afrikaner-volkswag, SABRA en die Oranjewerkers by die onderhandeling betrokke te kry. Die September 1991-dokument van die AB meld: “Om dit moontlik te maak, moet die beeldgeskep word dat die meerderheid onderhandelaars ten gunste van ’n volkstaat is.”

Genl. Groenewald en Viljoen het op 25 Junie 1993 saam met die Afrikaner Weerstandsbeweging ’n AVF-protes by die Wêreld-Handelsentrum geloods. Die Wêreld-Handelsentrum, waar Kodesa-onderhandelings plaasgevind het, is tydens die protes deur die AWB oorgeneem. Wrywing tussen Viljoen en die AWB het in die proses in alle ems begin. Viljoen het die AWB-leier, Eugene Terre Blanche, en die AWB in die media gediskrediteer.

“Teen die middel van Oktober 1993 is die Concerned South African Group (Cosag) gereorganiseer wat gelei het tot die stigting van die Vryheidsalliansie. As ’n nie-rassige magsblok het die Vryheidsalliansie hom aan Kodesa-onderhandelings onttrek en sy teenkanting teen deelname aan die voorgestelde verkiesing van April 1994 aangekondig. Die onttrekking het die regering en die ANC-SAKP erg in die moeilikheid laat beland. Waar die KP uit die parlement uitgestap het omdat hy nie met die ANC wou onderhandel nie, het die stigting van die Vryheidsalliansie in die plek van Cosag weer die pad na die onderhandelingstafel vir die AVF en die KP oopgemaak.  Die Afrikaner van 5-11 November 1993 meld dat die Vryheidsalliansie die KP en AVF verder na links dryf.

" When the CP and the IFP walked out of the World Trade Centre talks in 1993, the generals decided to talk directly to the ANC. Viljoen asked for help from his brother Braam [Viljoen van IDASA]... 'People were queueing up to introduce me to Mandela,'  says Viljoen, 'but I chose Abraham.' "

Genls. Viljoen en Groenewald het gedurende Augustus tot Desember 1993 in die geheim samesprekings met die ANC oor die gedagte van ’n volkstaat gehou. Die Christian Science Monitor het hierdie nuus eerste rigbaar gemaak toe die blad spoedig na die samesprekings daaroor rapporteer het. "Die ontmoeting met die ANC het reeds op 12 Augustus 1993 plaasgevind. Dit het plaasgeneem by Mandela se huis in Houghton. Die ANC is verteenwoordig deur Mandela self, Joe Modise, aanvoerder van MK, en Joe Nhlanhla, hoof van MK se intelligensie. AVF is verteenwoordig deur sy drie generaals, Constant Viljoen, Tienie Groenewald en Koos Bischoff. Genl. Viljoen meld [in Maart 2001 aan Max du Preez van Sunday Independent] dat die twee afvaardigings reeds op daardie stadium mekaar gevind het. Genl. Viljoen noem egter dat die twee landbouleiers, mnr. Bruwer en dr. Gouws, reeds op daardie stadium met behulp van mnr. Jurgen Kögl van IDASA met die ANC in verbinding was. Dr. Van Zyl Slabbert van IDASA het die leiding daar geneem.

Twee weke ná die ontmoeting in Mandela se huis, het die volgende gesprek in Beeld, 7 Februarie 1997 plaasgevind, en wel by die Duiweklub in Lynnwood in Pretoria. By daardie geleentheid het genl. Viljoen, mnr Bruwer en dr. Gouws vir Thabo Mbeki en Jacob Zuma ontmoet. Dit was oor hierdie geleentheid wat mnr. Bruwer later oor Radio Pretoria erken het dat hy en dr. Gouws in opdrag van dr. Hartzenberg die onderhandelinge met die ANC gevoer het. Nog twee weke later het genls. Viljoen en Groenewald, mnr. Bruwer en dr. Gouws vir Mbeki, Zuma en Nhlanhla in 'n huis in Waterkloof ontmoet. Genl. Viljoen meld dat alles binne hul vermoë gedoen is om hierdie byeenkomste geheim te hou. Die doel was dat hulle volgelinge niks daarvan moes weet nie, want dan sou hulle onmiddellik en beslissend deur hulle ondersteuners verwerp gewees het. Genl. Viljoen meld ook dat genl. George Meiring, hoof van die S. A. Weermag, sowel as die NP, die ANC ingelig het oor die militêre mag waaroor genl. Viljoen beskik het om hulle te oorreed tot 'n vreedsame skikking.  Viljoen erken dat hy intelligensie rakende die AVF se magsbasis met die AVF se opposisie gedeel het. Voorts erken Viljoen ook hier dat hy doelbewus aanhangers by die AVF mislei het deur sy konkelary met IDASA en sy onderhandelinge met die ANC geheim te hou.

Vervolg...

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 3252 gaste aanlyn