NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Ons kan vir God niks wegsteek nie; nie ons swaarkry, ons sonde of ons liefde vir Hom nie. Kyk net hoe goed ken Hy ons: in Ps 139 sê Dawid: "U ken my sit en my opstaan; U verstaan van ver my gedagte. U deurvors my gaan en my lê, en U is met al my weë goed bekend. Want daar is nog geen woord op my tong nie – of U, HERE, U ken dit geheel en al".  Natuurlik, want Hy het ons gemaak!

2e GROOT TREK (3)

...EN DIE TERUGTREK VAN DIE GROOT TREK

AHM Victor

Lees reeks by ...en die terugtrek van die Groot Trek
'n Oorsig van die politieke verloop in SA sedert 26 Mei 1948, die rol van die Internasionale Geldmag daarin, hoe dit die Afrikaner op maatskaplike, ekonomiese, kerklike, opvoedkundige en kulturele terreine beïnvloed het, en die pad vorentoe...

Die direkte aanslag deur politieke leiers-self:

Na gelang die breinspoeling deur voorgaande instansies die volk vanuit sy kern op sleeptou begin neem het, het die politieke leiers ook geleidelik al hoe meer kordaat na vore getree en uiteindelik luidkeels vanaf die politieke verhoog 'n verwoestende aanslag op die Afrikanergestalte geloods. Alles wat behoudend, Christelik-nasionaal, konserwatief en heilig vir ons Afrikanervolk was, is as "verkramp", "verwerplik", "middeleeus", 'n "laer mentaliteit" afgemaak. Ja, selfs 'n Engelse publikasie, The South African Observer, wat konserwatisme onder die Engelssprekendes propageer, is aangeval en sy redakteur uitgemaak as iets bedenkliks.

—        Die Afrikaner-handhawers van taal en sedes is by die naam genoem en uitgemaak as onrusstokers en aanstootgeërs.

—        Die Engelssprekendes is omverskoning gevra omdat hierdie mense hulle taal  "in hul keelgate wil afdruk"!

—        Elkeen wat trou aan sy volk voorop en party-affiliasie as sekondêr beskou het, is as verraaiers, onrusstokers, verdagmakers, ens., afgemaak. "Vernuwing" was die wekroep!

—        'n Toespraak in die Parlement oor Calvinisme versus Liberalisme, is op aandrang van die liberale Opposisie deur die leier van die NP gerepudieer; later in dieselfde jaar is die konserwatiewes wat bereid was om vir hulle beginsels uit te staan om getel te word, op die mees ondemokratiese wyse uit die NP gesmyt oor die gemengde sportbeleid; kort daarna is hulle en nagenoeg 800 ander, onder wie stigterslede, uit die Broederbond geskop toe hulle nie wou saamloop met die liberale geknoei in die eens konserwatiewe geheime organisasie van die Afrikaner nie.

_          Kort daarna is die grondwet van die NP gewysig om te lees "bolwerk vir 'n verenigde Suid-Afrikaanse nasie" (oop vir alle kleure en geure), waar dit eers "bolwerk vir Afrikanerdom" was! Dit het, terloops, die pad oopgemaak vir aartsliberaliste en lofliedsangers aan die Marxistiese handves van die Veiligheidsraad van die VVO!

—        Daarna is die Rapportryersbeweging by geleentheid van hulle Landsberaad van hulle eie verhoog of deur hulle gasspreker, leier van die NP, gevange geneem toe by die organisasie, wat aan die hand van sy grondwet 'n outonome kultuurorganisasie was, opgevorder het tot stutorganisasie van die NP.

Terloops, die twee manne wat tydens voorgaande gebeure sitters van die Afrikaner-Broederbond en die Rapportryers was, is byna onmiddellik na die gebeure tot adjunk-ministers verhef! So verdien mens jou spore binne die raamwerk van die korrupte Anglo Joodse staatsvorm, 'n stelsel wat die beginsel verontagsaam en van mense vereis, om 'n moordkuil van hulle hart te maak — jellievisse ter wile van geld en status!

Ná die grondwetverandering van die NP is die grondwet van die FAK en sy affiliasies ook gewysig. Voortaan sou "Christelik-nasionaal" "Christelik en nasionaal", twee uiteenlopende begrippe wees, en so is die weg gebaan vir die "Bruin Afrikaners" wat saam met die Witman by sy Taalmonument se onthulling te Paarlberg verkeer het. Die res van die veranderinge, vernuwings, ontplooiings, ens., was maklik:

  • Die saamaanbid-beleid van die NG Kerk in 1974 wat nou tot volledige oopgooi van die Kerk se deure onder luide gejuig ge het.
  • Die wysiging van die Christelik-nasionale onderwysbeleid Christelik en nasionaal.
  • Die oopgooi van parke, ontspanningsfasiliteite en sport en mode om veranderings as "deurbrake" en "opwindend" te stempel.
  • Die vestiging van die gedagte dat détente en wegbeweeg van kriminasie Christelik is, terwyl dit inderdaad loutere Marxisme is, 'n godsdiens van humanisme; verheerliking van die mens en nie Christus nie, en 'n miskenning van volkere se andersheid (gelyk of nie gelyk aan mekaar nie).
  • Les bes, die passiewe aanvaarding van 'n gemengde onchristelike regering deur mense wat hul tot onlangs toe as 'n Godvresende volk beskou en daarop geroem het! Mens kan wel vra wanneer bevind jy jou dan in die "kring van die spotters." Is dit weer 'n geval dat alles wat in die naam van politiek bedryf word, binne die raamwerk van sg. demokratiese, monargistiese, Anglo Joodse stelsel in die Naam van God geregverdig is?

Sou 'n mens na ander terreine van politiekbeoefening kyk, soos bv. dat ons aan openlik vyandige buurlande geld leen, daagliks treine vol lewensmiddele en dinamiet lewer, ja, selfs hulle hawens hulle bestuur; in die proses Russiese wapens, huursoldate, wat bestem is om teen die Blanke regerings in Suider-Afrika gebruik word, van skepe help afhaal, terwyl ons seuns vir terroriste teiken sit op ons landsgrense, dan kan daar min twyfel bestaan dat beroepspolitici binne hierdie onskuldige "vrye kapitalistiese" stelsel immuun is teen die moontlikheid om van verraad of hoogverraad beskuldig te word, laat staan nog om 'n "oordeel oor hulleself te eet en te drink".

Kan 'n mens verkwalik word indien jy bra skepties staan teen die danige Godvresendheid van sommige van ons politieke leiers wat soms in die proses van beeldbouende, mensverheerlikende artikels in ons koerante, tydskrifte, radio en televisie opgedis word? Verre sy dit van my om 'n oordeel uit te spreek, maar aan die hand van bepaalde norme van fatsoenlikheid en beginsels wat vanuit God's Woord van geslag tot geslag aan ons oorgedra is, veroorloof ek my self die vraag : Is ons nie besig om onder druk van omstandighede by die aankleef van 'n stelsel 'n bespotting van God en sy Gebod te maak, waarin die gewone man in die straat 'n niksverrnoedende medepligtige word nie?

DIE STATEBONDSKONFERENSIE

Enkele verblindende gebeure op die politieke terrein wat deurslaggewend sou wees tot 'n niksvermoedende volk se onterwing en geleidelike uitlewering aan die Magte van die Duisternis, dien hier gemeld te word.

Suid-Afrika se uittrede uit die Statebond sou in die oë van die volk 'n held laat verrys het in die persoon van dr. H.F. Verwoerd en al die voorgenoemde media het nie agtergebly in die aandik van die gebeurde en die gepaardgaande beeldbouery nie.

Dit het dr. Verwoerd in staat gestel om by geleentheid van sy helde-ontvangs op die lughawe Jan Smuts dit onomwonde aan die volk te stel dat omstandighede sodanig verander het dat die volk moes afstand doen van sy Volkstaatrepubliek, en in die plek daarvan die Burgerstaat-republiek sou moes aanvaar!

Hierdie maneuver het onder meer die ondertoon van ekonomie gehad, 'n wesenlike vrees dat ons uittrede uit die Statebond en die gevolglike verval van konsessieregte en tariefooreenkomste 'n negatiewe uitwerking op Suid-Afrika se ekonomie sou hê. Dit was natuurlik ook 'n kompromie met tradisionele monargiste in Kaapland en die "Home"-mense in Natal. Wat egter soos 'n paal bo water sou staan, is: hier het die Afrikaner teoreties sy eersgeboortereg, sy veroweringsreg, ja, sy reg op vrywording begin wegteken. Meer nog, die Nasionale Party het langs hierdie weg sy hoofverpligting teenoor die Afrikanerkieser, nl. vrywording binne die Volkstaatrepubliek, ontduik. Op 31 Mei 1961 is die Afrikanervolk statutêr onterf aan die hand van sy eie Nasionale Party. Alle mense, Bruin, Swart, Geel en Wit, het teoreties mede-erfgename van die Afrikaner se land geword.

Die republiek waarna die Afrikaner oor verloop van jare gestreef het, was inderdaad die klip in plaas van die brood wat gevra en beloof is. Indien indringend genoeg gekyk word na die situasie wat later ontstaan het, sal dit ook spoedig vir die leser duidelik word dat met hierdie hoofontduiking van sy verpligting, die NP outomaties ook die res van sy verpligtinge wat uit die 1948-verkiesing voortgevloei het, gerieflik kon ignoreer. Slegs tyd was nodig om praktiese implementering van dit wat teoreties in die Grondwet vas gelê is, deur te voer om so 'n sware verpligting wat op die NP-regering se skouers geleun het uit hoofde van die 1948-mandate, te ontduik en terselfdertyd die waardigheid van die beroepspolitici te behou. 'n Tyd van breinspoeling, verdagmaking van diegene wat, trou aan hulle Afrikanervolk (nie aan 'n party nie), die sedes en tradies bly beklemtoon het en steeds die ideale waarvoor ons voorsate hul na die binneland van Suid-Afrika begewe het, bly nastrewe het, sou volg.

ABRAHAM FISCHER EN DIE RIVONIA-GEBEURE:

Mense wat tred gehou het met gebeure van die dag, sal weet dat hier 'n nes van kommunistiese sameswering oopgekrap is. Die oogmerk was kortliks om met geweld die regering van die dag omver te gooi en 'n kommunistiese bewind in Suid-Afrika te vestig.

Omstandighede wou dat die vorige Eerste Minister, mnr. B Vorster, afkomstig uit mnr. Havenga se Afrikanerparty (o.a. teenstanders van die verwyderiing van die Kleurlinge van die gesamentlike kieserslys en beëindiging van Kleurlingverteenwoordiging in dr Malan se tyd), toe Minister van Justisie was.

Die oopkrap van die Rivonia-sameswering sou weldra ook met behulp van pers- en radio-basuingeskal hierdie politikus tot glansbeeld en held verhef wat die volk so sou verblind dat die versnelde tempo van onterwing van die Afrikaner aan sy vaderland, onopgemerk sou kon plaasvind. Nie eens die glips deur sy Departent met die toelating van Tsafendas in die Parlement, wat die sluipmoord op dr. Verwoerd moontlik gemaak het, sou afdoen aan hierdie glansbeeld nie. Met niks wat hierdie man daarna gedoen of gesê het, kon die volk fout vind nie.

Die omstandighede waarin en die wyse waarop dr. Verwoerd om die lewe gebring is, het aan sy herinneringsbeeld die verdere verblinde luister verleen van 'n held wat geval het. Dit sou die volk 'n langer termyn verblind vir die teoretiese onterwing van die Afrikaner wat verskuil was in die Grondwet van die "Republiek" van 31 Mei 1961. Die Afrikaner sou dus veel langer onder waan lewe dat by in sy "Republiek" sy vryheid verwerf het.

Só kon beroepspolitici voortgaan met hulle knoeiwerk, met die immer breinspoelende rugsteuning van die pers- en reklamewêreld. Die sameloop van omstanstighede om 'n verblindende uitwerking op - die Afrikanervolk te hê, staan steeds bevraagteken te word. Elkeen wat vir homself dink en nie toelaat dat andere vir hom dink nie, behoort bedenkinge op die gebeurde na te hou. Was dit alles so onskuldig as wat die ongeluk dit wil laat lyk? Watter magte het agter hierdie gebeurde geskuil? Het die Hoek-kommissie se ondersoek na die Oppenheimer-empire dalk hierin 'n deurslaggewende rol gespeel? Indien nie, waarom het dr. Verwoerd se opvolger volhard om nie die Hoek-verslag te publiseer nie? Daar is toentertyd beweer dat die seekatagtige kloue van die Oppenheimerorganisasie so ingewikkeld en so ineengeweef en verstrengel is in Suid-Afrika se ekonomie, dat geen ekonoom van formaat dit sou kon ontsyfer nie. As dit dertien jaar die posisie was, hoe verwikkeld en verwarrend sou daardie seekatarms tans daar uitsien en watter rol sou hierdie magte in ons hedendaagse, vir die Witman apologetiese, politiekvoering speel? Destyds is in 'n persberig daarop gewys dat wat waar te neem was van die Oppenheimer-ryk, eintlik maar net die puntjie van die ysberg is!

Hoe dit ook al sy, dit staan soos 'n paal bo water dat daar verblindende beelde voor die geestesoog van die volk sou bly wat hom sou verhinder om betyds die verraad teen die Afrikaner, sy onterwing aan sy vaderland aan die hand van sy eie beroepspolitici, raak te sien. Materiële gemaksug en vrede tot elke prys sou steeds in toenemende mate al te aanloklik bly.

Benewens die breinspoelende faktore wat kortliks hierbo aangestip is, staan die tydperk tussen 1961 en vandag in die teken van die direkte aanslag op die volksiel vanuit die geledere van die beroepspolitici (voorheen vertrouelinge van hulle mede-Afrikaners uit Afrikanerkultuur-konstellasie — nou daar om almal se belange te bevorder). Hierdie aanslag van beroepspolitici is doeltreffend aangevul met die hulp van die sg. Afrikaanse pers, verhoog met die aanstelling van sekere redakteurs uit die Broederbondgeledere. Alles wat hierdie redakteurs in die naam van "verandering", "moderne eise", "sinvolle ontplooiing", "vernuwing" en "verligtheid" in hulle koerante aangebied het, het klokslag mettertyd dan ook regeringsbeleid geword. Met ander woorde, wat regeringsbeleid agter die gordyne word, word eers langs hierdie weg as die kastige opinie van die redakteur of sy rubriekskrywertjies aangebied; die een neem by die ander oor en netnou maar het jy 'n koor wat daagliks in die man in die straat se oor beier, en sodra die breinpoeling sy gang gegaan het kondig 'n minister aan dat gemengde sport nou beleid is, vind jy dat 'n Kleurling 'n "Bruin Afrikaner" is;  dat saambid, -eet, -drink en -slaap "noodsaaklike aanpassings" is.

So is dit dat ons Afrikaanse koerante louter propaganda-stukke vir die gelykskakelende internasionale politieke manipuleerders, diegene agter die wêreldstaatbeweging - die Sionistiese geldmag - geword het.

Vervolg...

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 3171 gaste aanlyn