NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Wees bly vir jou Christenvriend/famiielid se onthalwe dat God hom kom haal het. As jy net 'n oomblik deur 'n loergaatjie na die wêreld anderkant die dood kon kyk, sou jy hom/haar beny en sou jou lyding veel draagliker word.

2e GROOT TREK (4)

...EN DIE TERUGTREK VAN DIE GROOT TREK

AHM Victor

Lees reeks by ...en die terugtrek van die Groot Trek

DOELSTELLING VAN DIE ILLUMINATIE

"... deurdat hulle almal tot stutorganisasies van die Nasionale Party deur hierdie leiers verbuig is, verklaar nie net hoe dit dan gebeur het dat die Afrikaner sy eersgeboortereg ewe gelate weggeteken het met die aanvaarding van die Grondwet van 31 Mei 1961 nie, maar dit verklaar ook waarom die Afrikaner sedertdien by stembus na stembus mandate aan die Regering gegee het, wat neerkom op verkragting van die ideale van sy volk soos dit tot uitdrukking gekom het in die Christelik-nasionale lewensbeskouing van sy voorgeslagte."

Voorgaande kan slegs as die buitelyne van die verloop van sake op alle terreine van die volkslewe bestempel word en verdien om nader toegelig to word aan die hand van die hoofvereistes wat diegene agter die Nuwe Wêreldstaat-regeringstelsel stel, nl:

  • Beëindiging van individuele ordelike nasionale regerings.
  • Beëindiging van 'n erfreg.
  • Beëindiging van private grondbesit.
  • Beëindiging van patriotisme.
  • Beëindiging van die gesinslewe as die kern waarom kultuur en beskaafdheid wentel.
  • Beëindiging van die Christelike geloof en die vervanging daarvan met die ideologie van die Magte van die Duisternis in 'n totalitêre internasionale staat.

Die vrye kapitalistiese, demokratiese staatsvorm: Hoe dit in SA werk:

In die Verklarende Woordeboek vind ons die volgende definisie van partypolitiek: "Politieke leer dat 'n volk vir sy eenheid, bestaan en vooruitgang in mekaar-bevegtende groepe verdeel moet wees." Dit bring mee dat die party verabsoluteer word en nie die volk nie. En aangesien ekonomiese toestande, m.a.w. die materiële welvaart, deurslaggewend is in die kom en gaan van partye, verdwyn die ideologiese beginsel mettertyd van die toneel. Alles gaan mettertyd om die blote najaag van ekonomiese voorspoed, selfs al sou dit slegs oor die korter termyn wees.

Hierdie stelsel bring dan mee dat die kapitaalkragtige buitelandse maatskappye toegang kry tot en uiteindelik beheer verkry oor die rykdomme van die land. Sodra hulle dan daardie beheer het, word plaaslike politici blote lakeie in hulle eie land. Die politikus is dus uit en uit 'n beroepsman wat daagliks 'n moordkuil van sy hart moet maak, ter wille van die bevordering van die materiële welvaart, want dit, slegs dit alleen, bepaal bestendigheid in sy eie loopbaan.

Dit is in hierdie omstandighede dat die leuen die waarheid word en omgekeerd, al na gelang dit Meneer se party se stabiliteit kan bevorder.

Langs hierdie weg word die volk se sedes en tradisies, ja selfs Christelikheid afgetakel. Onthou dat die argitekte die kapitalistiese stelsel by uitnemendheid uit die geledere van aanhangers van slegs die Ou Testament ken. Hulle verwerp die Nuwe Testament en het gevolglik geen gewete nie. Dit volg logies dat 'n beroepspolitikus tegelyk 'n soort gelisensieerde en harde beroepsmisdadiger kan word.

Die stelsel werk dan ook in toenemende mate korrupsie in die hand. Ons hoef nie verder as die grense van Suid-Afrika te kyk om bevestiging vir hierdie stelling te vind nie.

Die Nasionale Party het in 1948 aan bewind gekom met die volhou van ideologiese ideale: apartheid, vrymaking binne die staatlike republiek, herrysenis van Afrikanerdom en -land. Wat waar is, is dat die volk waaruit die regering geskep is, die armblankedom was: die werknemer, salarisman en boer. Terselfdertyd was mineraalregte van sy land steeds in die hande van die buitelandse geldmagte. Om dus uitvoering te gee aan sy ideologiese eenheidsmandaat, sou ingrypende stappe deur die regering gedoen moes word; o.m. sou die nasionalisering van sekere sektore die bedryfswêreld wat deur buitelandse kapitaal beheer is, bewerkstellig moes word. Dit sou vanselfsprekend in insinking of vertraging in die ekonomie tot gevolg gehad het. Dit het die regering van aangesig tot aangesig gebring met sy oordrewe betragting jeens die Swartes, 'n verantwoordelikheid van oordrewe voogdyskap! Die Witman (Afrikaner), deur die momentum van sy vryheid, sou positief reageer om gordel in te trek en "te offer wat jy vra", maar wat van die Swartes wat dalk van honger gaan omkom? Nee, dit sou 'n te groot opoffering wees— dalk nog onchristelik ook! Maar hoe nou gemaak; die volk gaan mos kort voor lank vrae vra!

Die gewone man weet mos maar min van die werking van die ekonomie af, hy weet net daar is fout as hy dit aan sy lyf voel.

Kom ons maak solank apartheidswette, hou hulle gedagtes daarmee besig! Intussen kan ons plan maak met die vryheidsideaal deur dit langs die weg van breinspoeling met krete van samewerking te temper.

Intussen het die samewerking-knoeiery momentum begin kry. In sakekamer, kultuurvereniging, skakelkomitee, Rapportryersvergaderings, het die handhaaf-en-bou-wagwoord allengs begin kwyn onder aandrang van sekere sleutelfigure uit die geheime hierargie van Afrikanerdom — die Broederbond. Niemand sal mos hierdie stoere vegter vir Afrikanerdom se goeie bedoelings in twyfel trek nie! Ja, van die voorsitters en hoofbestuurslede uit die kultuur-hiërargie van die Afrikaner het teen die einde van die vyftigerjare reeds, met die oog op die breinspoelingsbeleid, tot op bestuursvlak in USSALEP affiliasies bekom om touwys te word in die bedrewenheid van breinspoeling.

Langs hierdie weg is die Afrikanerideale afgestomp, is hy met kultuurbestel en al deur die Party gevange geneem.

Dit het die Afrikaner verblind dat hy die verraad van die teoretiese onterwing van sowel sy historiese erfreg as sy veroweringsreg op Suid-Afrika in die Grondwet van die Republiek van 31 Mei 1961 nooit raakgesien het nie. Sedertdien is beroepspolitikus, kwasipolitikus, akademikus, ja selfs historikus, Broederbonder of nie, onophoudelik besig om aan die gewone man in die straat te kenne te gee dat die republiek wat hy nou het, inderdaad dit is wat hom belowe is op 26 Mei 1948! Die skokkendste leuen en misleiding van die eeu! Dit is gewetenlose verraad teen die Afrikanervolk! En wie het hierin die leeue-aandeel, die sleutelrol gespeel? Is dit nie die geheime liggaam wat met ritueel van brandende kers en oopgeslane Bybel mense 'n eed laat neem dat hulle nooit oor die doen en late van die liggaam sal uitpraat nie?

Dit is belangrik om in hierdie stadium daarop te wys dat die Broederbond aangekondig het dat hy voortaan minder geheim sou word! Dit nadat dit bekend geword het dat 'n boek of twee oor die Broederbond gaan verskyn vanuit die linkse kamp, en dit sou dan die trefkrag van die boeke kon temper! Intussen word aangekondig dat prof. A.N. Pelzer, 'n Broederbonder van die Universiteit van Pretoria, gereed sit met 'n boek oor die Broederbond, wat dan "outentiek" sou wees!

In vooruitskouings in die pers word o.m. met trots beklemtoon watter deurslaggewende rol die Broederbond dan in republiekwording gespeel het. Ja, daar word steeds voorgegee dat die "Republiek" inderdaad die republiek is wat op 26 Mei 1948 aan die Afrikaners belowe is en wat 'n Blanke Volksrepubliek moes gewees het!       Die misleidende propaganda, die leuen, word dus steeds in ere gehou. Wat egter vir die doeleindes van hierdie werk belangrik is, is dat die leser nou aan die hand van 'n Broer self bevestiging vind van die knoeirol wat hierdie liggaam agter die skerms gespeel het om die korrupte partypolitieke spel te bevorder en die verraad van o.m. die onterwing van die Afrikaner te verdoesel.

Let maar gerus op wie is tans weer die wegbereiders vir die afskaffing van die Ontugwet. Andermaal nie net politici nie!

Met Suid-Afrika se mineraalregte in toenemende mate in die hande van die buitelandse samesweerders van die Nuwe Wêreldorde, word toenemend van die Afrikaner geëis: wegbeweeg van diskriminasie (Marxisme!) gelykmaking, afstomping van ware patriotisme en nasionalisme, (verbruining van die Blanke vel).

En die Broederbond is die wegbereiders, sodat beroepspolitici hulle waardigheid nie by die stembus inboet nie, sodat die party as bewind kan bly, al is dit met PFP-beleid van mnr. Harry Oppenheimer!

Dit illustreer in voldoende mate hoe korrup die demokrasie op mense wat hulle op "Christelike etiek" beroep, kan inwerk.

Indien op die geskiedenis van die samesweerders om die Wêreldorde ingegaan word, vind ons dat hulle onder meer reeds teen die einde van die agttiende eeu op 'n listige wyse die geheime Vrymesselaars-organisasie binnegedring het en sodoende hierdie organisasie effektief gebruik het in hulle berekende korruptering van o.a. die Franse koningshuis wat die vonk in die kruitvat vir die Franse Revolusie was.

Dieselfde diaboliese prosedure is deur die internasionale geldmag gebruik om die Amerikaanse Revolusie, die val van Napoleon, as beplande voorspel tot die Russiese Revolusie, die Burgeroorlog in Spanje, die Tweede Vryheidsoorlog, die Eerste en Tweede Wêreldoorlog, te bewerkstellig. Die hoofdoel is nog steeds om lande se skuldlas te verhoog en dit dan te finansier om langs hierdie weg nie net lande se politiek te manipuleer nie, maar om beheer te verkry oor die rykdom van die ganse aarde en sy mannekrag, en stelselmatig volke se nasionalisme, patriotisme, die individu se bates, en ja, inderdaad sy selfrespek te ontneem. Slegs 'n karikatuur-mens na die gees, moet oorbly wat maklik beheerbaar in die uiteindelike Wêreldstaat sal wees.

Die feit dat die USSALEP 'n stigting van hierdie diaboliese geldmagte is, dat reeds teen die laaste helfte van die vyftigerjare deur vooraanstaande, gevierde Broederbonders uit die besture en voorsitterstoele van die Afrikaner se kultuur- en kerklike instellings (vertrouelinge van hulle volk), selfs tot op uitvoerende vlak in die liggaam betrek is. Dat die Afrikaner se eens "outonome" kultuurvereniging, Junior Sakekamer, Junior Rapportryers, ja, inderdaad tot by die Voortrekkerbeweging, gevolglik hulle kultuuroutonomie verbeur het deurdat hulle almal tot stutorganisasies van die Nasionale Party deur hierdie leiers verbuig is, verklaar nie net hoe dit dan gebeur het dat die Afrikaner sy eersgeboortereg ewe gelate weggeteken het met die aanvaarding van die Grondwet van 31 Mei 1961 nie, maar dit verklaar ook waarom die Afrikaner sedertdien by stembus na stembus mandate aan die huidige Regering gegee het, wat neerkom op verkragting van die ideale van sy volk soos dit tot uitdrukking gekom het in die Christelik-nasionale lewensbeskouing van sy voorgeslagte.

In die lig van o.m. sekere beleidsrigtings wat vanuit die hiëragie van die Broederbond oor die afgelope jare aan die Afrikaner opgedring is, en wat direk in die kraam van die internasionale sameswering pas, wat dan, nadat die Broederbond-georiënteerde sg. Afrikaanse perswese, radio en beeldradio die nodige breinspoeling gedoen het, mettertyd amptelike regeringsbeleid word (let wel, die beroepspolitikus hoef nie sy kop oor aanvegbare beleid uit te steek nie!), ontstaan daar dan die vraag-: tot welke mate het die IIluminati met die oog op die bevordering van hulle diaboliese Wêreldstaat van die Antichris, via o.m. die USSALEP, hierdie geheime organisasie van die Afrkaner binnegedring.

Voordat die voorstel aan die hand van hierdie vraag as vergesog veroordeel word, moet eers besin word oor die volgende onmiskenbare feite;

— Suid-Afrika se rykdom is sedert die uitwissing van die twee republieke in 1902 in die hande van die internasionale geldmag.

— Dertig jaar se sg. Nasionale Regering aan bewind kon geen jota of tittel daaraan verander nie. Inteendeel, sedert 1948 het Suid-Afrika se skuldlas na buite tienvoudig toegeneem, en wie finansier dit? Die Eerste Minister bly steeds in gebreke om die Hoek-verslag openbaar te maak. Waarom?

— Die Nasionale Regering se beleid het van ver regs in 1948 tot ver links in 1978 geswaai soos vroeër aangetoon. (Watter organisasie het die sleutelrol gespeel deur die verblindende breinspoeling op die ovlk los te laat?) Dit was die enigste manier om aan bewind te bly.

— Daar is meer as 800 Broederbonders uit die beweging geskop wat nie wou genoeë neem met die verliberaliseringsformulerings wat die Uitvoerende Raad van die Broederbond in opdrag van die Partyhiërargie die lig laat sien het om die Afrikaner, ter wille van partypolitieke gewin, teen die agtergrond van die druk wat die buitelandse geldmag uitoefen, te kondisioneer tot lafhartige saamspeel, -eet, -drink, -slaap, -dans en ontspan nie. Laat staan nog die nuwe Bruin-Afrikaner-dimensie en les bes ook die voorgestelde nuwe onchristelike staatkundige bedeling. (Lg. is dan ook die in praktykstelling van die teoretiese onterwing van die Afrikaner soos dit in die 1961-Grondwet vervat is!)

Voeg hierby die feit dat baie afstammelinge van eertydse vyande van die Afrikaner op grond van hulle invloed in hulle gemeenskap vanweë hulle materiële vermoëns en die feit dat hulle saam met politieke windstorms lidmaatskap van die NP verwerf het, reeds in die vyftigerjare in die Broederbond opgeneem is — mense met weinig Afrikanerkultuur of politieke basis — maar politieke pragmatiste.

Neem in ag dat om lid van die organisasie te kon word in my jeug die volgende vereis het: Jy moet 'n volgehoue jarelange rekord hê van gemeenskapsdiens op uitvoerende vlak op die kulturele, kerklike en Afrikaner-politieke terrein. Tans sien ek mense wat aan die Broederbond en Ruiterwag behoort wat nog nooit naby sy volk se kultuurakker gekom het nie. Hoe kon hulle, waar daar geen outonome kultuurliggaam die afgelope tien tot vyftien jaar in Suid-Afrika bestaan het nie? (Die liggame wat daar nog mag wees, is deur die Broederbondelike pers en reklamewese verkarikatuur tot "militante" organisasies.) Enige Afrikaner-organisasie, hoe trou hulle ook al aan hulle volk mag wees, maar wat nie die Nasionale Party se seën het nie, is "uit die bose" -- militant of 'n frontorganisasie van 'n ander instelling wat reeds deur die breinspoelende media tot gaskamer of rioolsloot veroordeel is. Nee, die indruk wat ek het, is dat huidige Broederbonders en Ruiterwagters se hoogste kwalifikasies hulle akademiese titeltjies en 'n blindelingse trou aan die verworde Nasionale Party is — mense met min gedagtes van hulle is, vir wie gedink kan word, maar wat blink genoeg vertoon om andere to beïndruk en te mislei.

Neem in ag dat twee van ons ministers, o.a. die Broederbonder Piet Koornhof, 'n spesiale toekenning van die Vrymesselaarsbeweging ontvang het! By geleentheid van die Broederbond se vyftigjarige bestaansviering het een van sy stigterslede in ekstase uitgeroep: "Die Broederbond is Godgegewe!" Hoe Christelik-gerig kan 'n liggaam wees wat hom inlaat met die duiwelse spel wat met politiek binne die raamwerk van die veelgeprese vrye demokratiese kapitalistiese bedrogspel gepaard gaan? 'n Stelsel waar daar agter die "skerms "diplomaties" gekonkel word; waar ter wille van stemme van verhoog tot, verhoog mislei, gelieg en bedrieg word? Waar die sogenaamde demokrasie hom van koukus tot koukus te pletter loop deurdat mense verplig word om ter wille van party-eenheid 'n moordkuil van hulle hart te maak?

So 'n stelsel kan slegs 'n bepaalde klas — oorwegend 'n swak klas — mens as politikus trek, oorwegend die wat 'n mislukking van hulle beroep gemaak het en 'n minderheid wat op grond van hulle materiële vermoëns dit kan bekostig om van politiek 'n heerlike stokperdjie te maak, 'n stelsel waarin die party, vir wie hy staan, se populariteit en nie persoonlike bekwaamhede nie, bepaal hoeveel stemme hy by die stembus trek!

Wanneer daar in die verlede dikwels net maar die voorstel was dat ek my op die politieke toneel moet begewe, het ek gegril by die gedagte aan so 'n moontlikheid. Niemand kan van politiek in so 'n stelsel 'n sukses maak sonder om maar net 'n pion op die skaakbord van die internasionale sameswering teen God, sy Gebod en sy Koninkryk te word nie.

Daar kan by niemand meer twyfel wees oor die feit dat die soort staatsvorm en Christendom onversoenbaar is nie. Lees die Afrikaner? Nee, hy kan nie, sien, hy is by uitnemendheid 'n werknemersvolk. Die base lees, maar hy moet werk. Is dit die rede waarom hy nie die onversoenbaarheid raaksien nie?

Hierdie onomstootlike feit verdiep die hele kwessie van die rol van die Broederbond: Hoe vang 'n mens die oog met die oog op bevordering,  'n goeie betrekking? 'n Mens moet gewild wees by die massa, maar veral by die baas en die party! Al weet jy ook voor jou siel die Rapportryerskorps is 'n blote stutorganisasie van die Nasionale Party, sal jy oor die beginsel heen knaend aspireer om lidmaatskap daarvan te verkry of te behou, want sien, dit is 'n soort voorportaal vir die Broederbond. Klim in by die takbestuur van die NP, sing saam in die koor 'n loflied aan die partyhiërargie en sekere leiers, en siedaar, jou toekoms is verseker! Daar is meer as 12 000 van hierdie soort partymeelopers in die Broederbond (om nie eens van die duisende Ruiterwagtertjies te praat nie) en in elke denkbare vergadering sit van hulle met hulle opdragte om die breinspoelingsboodskappe te rugsteun. Probeer nou net 'n beginselstandpunt inneem wat met die populêre of partystandpunt bots, dan waai jou kop. Van so 'n mens word dan gese: "Hy kon 'n toekoms gehad het!"

Dit is die soort staatsbestel en openbare lewe wat die Broederbond ten behoewe van die Regering help in stand hou. Dit is op geen morele gronde verdedigbaar nie.

Kom ons kyk na die jongste klassieke voorbeeld van die Broederbond (die wolf in skaapklere) se diaboliese rol:

Getrou aan die opdragte afkomstig van sy USSALEP-geaffilieerde predikante, het die NG Kerk andermaal 'n kastige kommissie aangestel om ondersoek in te stel na die "Ontugwet" en die Wet op Gemengde Huwelike. Die masjinerie kom in werking in 'n kort beriggie in die koerant:

—        die redakteur, 'n Broederbonder, brei daarop uit, verwys na wat een of ander belangrike (!) politieke figuur of figure onlangs ten gunste van die afskaffing daarvan gesê het;

—        skryf terselfdertyd 'n hoofartikel oor hoe onmenslik so 'n wet dan kwansuis is;

—        'n geleentheid word geskep waar 'n professor in 'n rede die afskaffing bepleit, en komende van 'n opvoedkundige dra dit nogal gewig. Niemand sê egter vir die vergadering, of die koerant vir die leser, dat dit terselfdertyd die voorsitter van die Broederbond is wat die saak bepleit nie! Die volgende dag lees ons dat professor so en so by geleentheid van die sekondering van die jaarstate van United Building Society! (let wel, by 'n suiwer sake-aangeleentheid!) nie nalaat om met omhaal van woorde Sela te sê op wat die voorsitter van die Broederbond die vorige dag te sê gehad het nie. Die koerant sê ook nie dat lg. sekondant 'n lid van die UR van die Broederbond is nie!

Dit is die werkmetode van die "Godgegewe" Broederbond - nogal in die naam van Christelikheid. Dit illustreer hoe Christelikheid in die hand van die mens maklik tot humanisme ( 'n mens verheerlikende godsdiens) verbuig kan word.

Wat verder in bostaande verband vooruit voorspelbaar is in die lig van ondervinding oor die afgelope dekade, is dat die Algemene Sinode van die NG Kerk baie waarskynlik op een of ander tydstip ten gunste van die afskaffing sal besluit, waarna die politici hulle weg sal oopsien om dit by die lang lys van beleidsveranderinge te voeg en die "sinvolle ontplooiing van apartheid" sal betitel.

Dit sal dan nog 'n toevoeging wees tot die lys van toegewings van byna twee dekades wat die NP-regering aan die samesweerders om die Nuwe Wêreldorde gemaak het!.

'n Mens kan byna van 'n eufemisme beskuldig word as die gevolgtrekking gemaak word dat die toedrag van sake op 'n bespotting van God en sy Gebod neerkom!

Sal daar nie ook van ons gesê kan word nie: "Laat hulle staan: hulle is blinde leiers van blindes. En as 'n blinde 'n ander blinde lei, sal altwee in die sloot val". (Matt. 15:14.)

Staan al hierdie menslike manipulasies nie maar net in die teken van 'n wêreld wat in kleingeloof verval het nie?

"Eindelik, my broeders, word kragtig in die Here en in die krag van sy sterkte.  Trek die volle wapenrusting van God aan, sodat julle staande kan bly teen die liste van  die duiwel. Want ons worstelstryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen die owerhede, teen die magte, teen die wêreldheersers van die duisternis van hierdie eeu, teen die bose geeste in die lug.

Staan dan vas, julle lendene met die waarheid omgord, met die borswapen van geregtigheid aan, en as skoene aan jul voete die bereidheid vir die evangelie van Vrede.

Behalwe dit alles neem die skild van die geloof op waarmee julle al die vurige pyle van die Bose sal kan uitblus ... " (Efes. 6.)

Laat ons ook onthou dat Jesus nie net die ander wang gedraai het nie. Hy het met die gesel die geldwisselaars uit die tempel gedryf en daarmee te kenne gegee dat daar nie net gebid sal word nie, maar aktief gewaak sal word teen die magte van die duisternis.

Danksy 'n weerligstraal wat in 1784 die dood van 'n rapportryer te Ratisbon (Frankryk) veroorsaak het, kon die Christendom kennis neem van die feit dat die aardse trawante van die "geeste in die lug", die "addergeslag" fisies in die "Illuminati" verpersoonlik is — 'n paar ryk families wat met die hulp van gekorrupteerde regerings dag vir dag ryker word en al nader aan hulle beplande oorheersing van die wêreld kom. Ons mag hieraan geen aandeel hê nie!

"... en as die lig dan duisternis is.... "
Ons met ons sport
Ons met ons Spele -
die Slimkoppe se poppe ...
die spot van vele!

Vervolg...

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 3170 gaste aanlyn