Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Daar is twee duidelike groepe mense in hierdie wêreld: dié wat die werk in hierdie wêreld doen, en dan is daar dié wat die krediet daarvoor neem. Dit is egter beter om in die erste groep te val want dáár is baie minder kompetisie.
2e GROOT TREK (7)
...EN DIE TERUGTREK VAN DIE GROOT TREK
AHM Victor
Lees reeks by ...en die terugtrek van die Groot Trek
WÊRELDHOF SE UITSPRAAK HET GEEN WAARDE
SUIDWES-AFRIKA
" Sou ons politici dan nie baie deeglik besef het dat deur met die VVO te onderhandel, met Satan sélf onderhandel word nie? Andermaal is dit weer 'n geval waar 'n korrupte stelsel jou verhinder om aan die leiding van gesonde verstand gehoor te gee. Jy voer maar net die voorskrifte uit van die internasionale geldmagte wat oor die rykdomme van jou land heerskappy voer... Suid-Afrika produseer driekwart van die wêreld se goud ('n kommiditeit waarsonder olieproduksie onmoontlik behoort te wees) maar die Goudbeurs setel in Londen, nie in Johannesburg nie!"
Toe die Nasionale Party met 'n skrale meerderheid ná 1948 se verkiesing regeer, is Suidwes-Afrika (SWA) spoedig betrek om nog 'n kwota parlementariërs vir die NP te lewer. Hierdie manne uit Suidwes het ook handig te pas gekom toe die referendum oor die "republiek" uitgeskryf is. Hulle het ook 'n deurslaggewende bydrae tot "republiekwording" gelewer.
Hierdie land, ryk aan minderale, koper en diameante, was sedert die ontstaan van die Sionistiese VVO 'n twisappel. Uiteindelik het die Wêreldhof beslis dat Suid-Afrika onbetwisbaar alleenreg oor die administrasie van SWA het. Toe 'n groep uit die VVO in 'n stadium nog dink hulle kom nogtans inmeng, het die Regering van dr Verwoerd hulle vliegtuig netjies onderskep en gedwing om in Botswana te land. "Hande af!", was die duidelike boodskap.
Hierdie siening van die SA Regering dat Suidwes uiteindelik inderdaad by Suid-Afrika ingelyf sou word, het die Blankes van Suidwes groot verwagtings laat koester en het die NP van verkiesing tot verkiesing die gerief van hierdie Blankse se byna onverdeelde steun gehad. Min het die Suidwesters kon droom dat hulle bestem was om deur dieselfde regering onder die altaar van John Vorster se détente "gee-my-ses-maande"-beleid die offergawe te word. Suidwes asook die Blankes van Rhodesië sou as losprys dien aan die "wêreldmening" jeens Suid-Afrika. Altans, so het die NP-regering in sy wysheid geredeneer. Jarelange duur onderhandelinge is gevoer met o.a. die "Groot Vyf". As dit nie Pik Botha was wat van een land na die ander rondgevlieg het nie, dan was dit Vorster wat iewers ewe dramaties in die woud samesprekings voer en nogal nie sonder afjakke teruggekeer het nie.
Uit desperaatheid is op 'n erg ondemokratiese manier 'n Turnhalle-gedoente van stapel laat loop; is apartheidswette opgehef in die hoop dat tot 'n vergelyk gekom kan word met die agente van die VVO. Na baie geknoei en toutrekkery angter die skerms word uitbasuin dat daar 'n ooreenkoms bereik is; van die "triomf van Pik Botha" in dié verband met nie genoeg byvoeglike lofnaamwoorde daarby nie. Nie lank nie of hier kom Ahtisaari met 'n magdom amptenare, gooi 'n draai deur Suidwes en uiteindelik gaan Waldheim met sy eie verslag en aanbevelings VVO toe, en soos te verwagte, hou dit nie verband met die "triomf"-kontrak nie! Toe verneem ons dat die "groot voorbereidings in Windhoek en Pretoria getref word vir die besoek van die 'Groot Vyf' "! Om wat te maak? Daar is mos 'n kontrak. "Ons sal geen verdere toegewings maak nie!" het Botha en Vorster gesê. Wat dan nou?
Wat die neteligheid van die Suidwes-situasie verder vertroebel het, is dat met die oog op die bevordering van aanvanklike onderhandlinge wat toe op die "triomf"-kontrak uitgeloop het, ingrypende politieke en maatskaplike veranderinge in Suidwes teweeggebring is: alle apartheidsmaatreëls in in dienstigheid aan die magte van die Nuwe Wêreldorde laat vaar. Hierdie toegewings het die Swartes en Gekleurdes in hulle verwagtinge verstout, in so 'n mate dat die logiese alternatief vir afskeiding, nl inlywing van Suidwes by Suid-Afrika, onherroepelik verydel is. Suidwes-Afrika is vir die wolwe gegooi deur middel van internasionale knoeiery.
Die vraag ontstaan andermaal: Hoe gebeur dit dat mense by hulle volle verstand in onderhandeling tree met instansies wie se gemene doelstellings 'n ope boek is? Sou ons politici dan nie baie deeglik besef het dat deur met die VVO te onderhandel, met Satan sélf onderhandel word nie? Andermaal is dit weer 'n geval waar 'n korrupte stelsel jou verhinder om aan die leiding van gesonde verstand gehoor te gee. Jy voer maar net die voorskrifte uit van die internasionale geldmagte wat oor die rykdomme van jou land heerskappy voer. Aan die wortel van hierdie bedenklike handelinge lê die grondelose vrees vir ekonomiese sanksies.
Sankies? Is dit nie ironies genoeg dat 'n hoogs verganklike kommoditeit soos olie gebruik word om lande se politiek te prostitueer, terwyl die mees gesogte en enigste monetêre norm, die onverganklike metaal goud, (in die hande van die internasionale geldmag) weerloos vertoon nie? Suid-Afrika produseer driekwart van die wêreld se goud ('n kommiditeit waarsonder olieproduksie onmoontlik behoort te wees) maar die Goudbeurs setel in Londen, nie in Johannesburg nie! Dit behoort nie aan Suid-Afrika nie. In dienstigheid aan die sg vrye kapitalistiese demokratiese stelsel, laat Suid-Afrika toe dat die vreemde geldmag ons goud beheer. Daarom het ons geen wapen teen sanksies nie en daarom is ons politici pionne met kleivoete op die skaakbord van die Nuwe Wêreldorde wat immer agter die skerms met knoeipolitiek besig gehou word.
Die geskarrel om Suidwes-Afrika en détente, staan ook in die teken van bogenoemde feit. Daar kan geel logika in politiekvoering binne die raamwerk van die Anglo-Joodse staatsbestel wees nie. Dit is 'n stelsel wat geen ruimte laat vir 'n leier met integriteit nie. Die beginselmens verstik daarin. Vadaar die holle "vrede-vrede"- krete terwyl daar in werklikheid geen vrede is nie. Wat 'n mens telkemale tref, is dat die sukses van die onderhandelinge met Satan gemeet word aan die aandelebeurs. Solank die aandelebeurs se boom net nie begin uitval nie, is alles in die haak. Hoe derduisende mense se toekomsvooruitsigte vertroebel word, is van minder belang, indien enige.
Deur Vorster se mislukte détente-politiek is die Blankes in Suidwes in die smeltkroes gewerp; sonder eie keuse aan die genade van die VVO uitgelewer; in 'n belaglike verkiesing gedompel en in die proses tot skande gemaak in die oë van die wêreld; ewe neerbuigend deur PW Botha aangesê om mekaar nou net nie uit te roei in die verkiesingsveldtog nie!
Nee, binne die Anglo-Joodse stelsel bestaan daar geen norme waaraan 'n politieke leier se mislukkings gemeet kan word nie. Die gemors wat met die détente-politieke oorlogvoering oor die Blankedom van Suider Afrika gebring is, diskwalifiseer 'n mens nie eens vir Staatspresidentskap nie – nogal onbestrede nadat jy jouself beskikbaar gestel het, nog voordat jy hoegenaamd met die oog op nominasie in die prentjie was!
Die verkiesing van 1978 het vir die Blankes van Suidwes niks goeds ingehou nie; hulle was bloot marionette wat saam met die pionne van die Internasionale Geldmag voor die 'wêreldmening' marsjeer het. Ironies, tydens die Rebellie in 1914 was ons rebelle en ons voorland die tronk toe ons nie wou deelneem aan die anneksasie van Suidwes-Afrika nie; in 1978 is ons toe weer rebelle omdat ons geweier het om deel te hê aan die vir-die-wolwe-gooi van Suidwes.
Suid-Afrika is darem vir hierdie stuk verraad goed beloon! Oral kon jy in die media lees dat Suid-Afrika weer 230 miljoen rand in die buiteland te lene gekry het om Swart behuisingsontwil. En Suidwes-Afrika se Blankedom het die gelag betaal.!
Vervolg...