VERWOERDMAAND

1931: GENL A.M. PRINSLOO

KULTUURDAGBOEK 26 NOVEMBER

Lees volledig by Kultuurdagboek

Daar is heelwat dapper Boereleiers van wie ons nie veel weet nie omdat hulle nie so bekend as genl Koos De la Rey of genl Christiaan de Wet was nie. Maar hulle het dieselfde tydperk van oorloë en politieke spanning beleef en verdien vandag nog ons erkenning. So 'n generaal is Antonie Michael Prinsloo wat op 11 Julie 1862 in Bloemfontein gebore is en op 26 November 1931 oorlede is. Sy vader en moeder het in Bloemfonteindistrik geboer maar toe hy 'n jong seun was na Betlehem getrek waar hy ook mettertyd begin boer het.

Met die uitbreek van die Tweede Vryheidsoorlog in 1899 ruk hy saam met die Betlehemse kommando op waar sy leierskaphoedanighede spoedig opgemerk is sodat hy teen Februarie 1900 reeds tot kommandant van sy kommando bevorder is.

Prinsloo se ontluikende kalme onverskrokkenheid het spoedig vir hom verdere bekendheid meegebring. So is hy byvoorbeeld tydens die Britse aanslag op Colesberg in Maart 1900 in die lugpyp gewond. Desnieteenstaande was hy die laaste burger wat uitgejaag het, in die proses 'n medeburger op sy perd gelaai en daarna ook nog die Norvalspont-brug opgeblaas het.

Na verskeie ander heldhaftige optredes het hy tussen 1900 en 1901 die twee invalstogte saam met genl CR de Wet in die Kaapkolonie onderneem. Hy kry sy generaalsrang in Julie 1901 toe hy bevelvoerder word van die Noordelike Vrystaatse kommando's.

Toe die oorlog in 1902 beëindig is, was sy kommando van 1 100 manskappe die grootste enkele kommando in albei Boererepublieke.

Ná die oorlog het Prinsloo hom mettertyd in die Bethlehemse distrik gaan vestig waar hy in 1912 distrikskommandant geword het van die plaaslike kommando. In 1914 het hy as ondersteuner van Louis Botha eers geweier om deel te neem aan die Rebellie maar het darem later 'n ondersteuner van genl JBM Hertzog geword.

Gedurende 1929 tot 1930 het hy as stadsraadslid van Bethlehem gedien.

Terwyl hy op 26 November 1931 met boomaanplantings besig was is hy deur 'n waansinige vermoor en daarna met volle militêre eerbewys in Bethlehem begrawe.

Die leeuemoed wat sy hele lewe gekenmerk het, het genl De Wet op 'n keer van hom laat sê: "Gee my honderd burgers soos Rooi Michael Prinsloo van Bethlehem en ek sal die Engelse uit Engeland jaag!"

Opsoek na inligting?

  • VAKATURE: HOOFBESTUURDER - RADIO ROSESTAD

    Stuur u aansoek saam met ’n CV waarin u ‘n persoonlike bekendstelling, werkservaring en tersaaklike kwalifikasies insluit, voor 15 September 2018 aan ds. CM Erasmus by die e-pos adres: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Vir meer inligting:

    VAKATURE: HOOFBESTUURDER - RADIO ROSESTAD


    __________

    BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

    ___________

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

DIT IS GRATIS

In ons moderne tyd en veral in die Nuwe Suid-Afrika waar orde nie meer 'n saak van belang is nie, is daar maar min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. As leiers binne die Afrikanervolk sal ons vinnig moet leer hoe om dissipline en orde te handhaaf waar 'n paar mense byeenkom - sonder hierdie kennis en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms sinloos wees - vandaar die chaotiese wanorde binne die regime.

Kliek hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures gratis af te laai.  Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

Dit is deur Johan Dorfling geskryf en kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind ongeag die agenda of doel van die byeenkoms.

'n Opegte dankie aan Johan wat baie moeite hiermee gedoen het. Mag dit tot groot heil en samewerking in ons volk meewerk!

 
 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________ 

 

APARTHEID:

Dr Verwoerd het gesê skeiding beoog volle kanse vir almal op woongebied, landgebied en lewensterrein binne elkeen se eie rassegemeenskap tot elkeen se voorspoed, tevredenheid en beskerming. Hy stel sy beste werkkrag, geesteskrag, elke oomblik van sy lewe, tot beskikking.

                                              ___________________                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1062 gaste aanlyn