Nuutste bydraes

Sluit aan by die Waarheidstryders ! GEDAGTES VIR ELKE DAG

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

My seun, gaan nie met hulle saam op die weg nie, hou jou voet terug van hulle pad; want hulle voete hardloop na die kwaad en haas hulle om bloed te vergiet – Spreuke 15.

WAARHEIDS- MEMORANDUM (17)

TEMA 5: MISTASTINGS

Lees reeks by Waarheidstryders

U word vriendelik versoek om hierdie memorandum aan soveel persone moontlik te versprei. U word ook hartlik uitgenooi om u mening oor die inhoud te lig. Stuur dit gerus aan die webmeester by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

GENADEDOOD

Genadedood is ʼn misleidende benaming.   Dit moet eerder selfdood of lewensbeëindiging genoem word.   Ongelukkig het mense gewoond geraak aan lelike dinge wat in mooi papier toegedraai is soos regstellende aksie en swart bemagtiging. Vir die doel van dié onderwerp volstaan ek egter by genadedood omdat dit die meer bekende benaming is.

Genadedood (Grieks: Eutanasie) is die doelbewuste optrede om ʼn persoon so pynloos as moontlik te laat sterf; die verkorting van ʼn sterwensproses wat onherroeplik tot die dood lei.   Dit word ook geassisteerde dood genoem omdat iemand wat erge lyding ervaar met behulp van ʼn professionele persoon selfmoord pleeg. Dit word hoofsaaklik in gevalle waar iemand aan ʼn ongeneeslike siekte ly en erge pyn verduur, uitgevoer.   Die behoefte om so ʼn mens se pyn te verlig, is dan so sterk dat dit die natuurlike drang om die lewe te behou, geheel oorskadu.

Genadedood kom ter sprake waar daar menslik gesproke ʼn besliste aanduiding van ʼn spoedige dood is.   Maar kan ʼn mens dit werklik bepaal?   Sekerheid is relatief.   Die dood het sy eie tyd en ritme en ons liggaam dikwels die aambeeld van pyn en beproewing.

Die vraag of die genadedood in Suid-Afrika gewettig moet word, het ʼn tyd gelede in die nuus gekom toe Desmond Tutu sy ondersteuning daarvoor bekend gemaak het. Hy het gesê dat die genadedood die risiko vir mense wat erg ly om selfmoord te pleeg sal verlaag en nie geassisteerde selfmoord is nie.

George Carey, ʼn voormalige aartsbiskop van Canterbury, het ook te kenne gegee dat hy wetgewing ten gunste van die genadedood in Brittanje gaan ondersteun.   Justin Welby, die huidige aartsbiskop, het dit egter as verkeerd en baie gevaarlik veroordeel. Die Anglikaanse Kerk is amptelik teen genadedood gekant.

Met sy steun vir die genadedood het Tutu die soveelste gruwel probeer ontsondig.   Hy is bv. openlik ten gunste van aborsie, homoseksuele verhoudings en huwelike van dieselfde geslag. Geen wonder dat ds. Theunis Botha, leier van die Christen Demokratiese Party, so ʼn paar jaar gelede gesê dat indien Christus nog op die aarde was, Hy Tutu ʼn seun van die Satan sou noem!

Die groot fout wat Tutu maak, is om die genadedood as ʼn menseregtekwessie en nie ʼn godsdienskwessie te beoordeel nie. Hy was ook in die nuus toe hy gesê het dat net omdat iets in die Bybel staan, dit nie noodwendig waar is nie.   Hy het spesifiek na Paulus se briewe verwys waarin hy homoseksualisme veroordeel.   Tutu sê dat dit aanstoot aan mense met ander seksuele oriënterings gee en dat hy nie ʼn God kan aanbid wat homoseksualiteit veroordeel nie.

In die mediese wetenskap is genadedood verkeerd. Medici kan nie genees sowel as doodmaak nie.   Hierdie stryd is niks nuut nie. Dis een van die oudste verhale in die Bybel - Job se begeerte om eerder te sterf as om verder te ly. “En mag dit God behaag om my te verpletter, sy hand uit te strek en my af te sny!” (Job 6:9). In 7:15,16 sê hy dat hy net ʼn geraamte is en sy lewe verfoei.

Die Bybel erken sulke gevoelens, maar onderskryf geensins die genadedood nie. Die profeet Elia wat vir Agab gevlug, onder ʼn besembos gaan lê en gewens het om te sterf, is ʼn sprekende voorbeeld hiervan (1 Kon.19:4). Toe ʼn Filistynse oorwinning ʼn uitgemaakte saak was, het Saul sy wapendraer om ʼn genadedood gevra: “Trek jou swaard uit en deurboor my daarmee....” (1 Kron.10:4). Hy het geweier en saam met sy koning gesterf.

Die lewe is die somtotaal van ons besluite. God gee ons egter geen reg om oor die lengte van ons lewe te besluit nie; slegs die gehalte. Ons weet dat ons almal gaan sterf.   Dis skuld wat vereffen moet word.   Die Bybel laat egter geen ruimte om die dood te verhaas nie. Dit moet ons egter nie moedeloos maak nie. Niks gebeur met gelowiges waarvoor God hulle nie krag gee nie. Christus neem nie altyd ons leed weg nie, maar vul ons lewe met sy teenwoordigheid.

God verstaan dat ons soms so moedeloos kan word dat ons soos Elia wens om eerder te sterf.   Ons leef egter nie op gevoel nie, maar deur die geloof. “.... Maar die regverdige sal uit die geloof lewe” (Rom.1:17). Die kind van God word lewenslank deur sy geestelike oortuigings gelei; ook wanneer dit by pyn, lyding en die dood kom.

God se weë is nie ons weë nie. Hy stap soms moeilike paaie saam met ons. Hy bly egter die Gewer en Onderhouer van die lewe: “U is alleen Here, U het die hemel, die hoogste hemel en al sy leërskare gemaak .... en U hou alles in die lewe....” (Neh.9:6). Ons het dus geen reg om ons eie lewe te beëindig nie.

Job het so moedeloos in sy beproewing geword, dat hy aan selfmoord begin dink het. Elihu waarsku hom: “Moet ook nie jou toevlug neem tot sonde nie, jy verkies dit immers bo swaarkry” (Job 36:21). Dis ook so met genadedood. Mense weet dis verkeerd, maar gaan desondanks voort net om van pyn verlos te word. God verstaan, maar verskoon dit nie.   Die besluit oor wanneer en hoe ons sterf, berus by God alleen. “... en niemand het mag oor die dag van die dood nie....” (Pred.8:8).

Genadedood is ʼn vergryp teen God se doel met die lewe.   Hy gee die lewe. Dis ʼn gawe. Wie dit beëindig, gooi hierdie geskenk as’t ware in Sy gesig terug. Nee, die reg om ʼn lewe te beëindig, is alleenlik God se besluit.

Genadedood is ʼn tameletjie vir medici.   Enersyds wil geen dokter iemand se lewe in sy hande neem nie. Andersyds wil hy ook nie die sterwensproses lank laat duur nie.   Op watter punt laat ʼn dokter iemand sonder om enige verdere genesingstappe te neem toe om te sterf?

Genadedood is bystand-selfmoord. Medici staan mense by om selfmoord te pleeg.   Hulle doen die nodige voorbereiding waarna die persoon self die proses aan die gang sit. Al probeer mense die genadedood goed en waardig te laat voorkom, verander dit niks aan die feit dat dit selfmoord en derhalwe sonde is nie. Dis strenggesproke ʼn ydele poging om God se gesag uit te daag!

Die mensdom het in ʼn doodskultuur verstrengel geraak - aborsies neem oorhand toe terwyl wetgewing ten gunste van die genadedood aangemoedig word. Dis ʼn klemverskuiwing van die lewe na die dood.   God se fokus op die lewe word omgekeer. Dit smaad die lewe en omhels die vloek!

Die dood is ʼn natuurlike vyand: “Die laaste vyand wat vernietig word, is die dood” (1 Kor.15:26).   Die lewe daarenteen is ʼn gawe van God: “En die Here God het die mens geformeer uit die stof van die aarde en in sy neus die asem van die lewe geblaas....” (Gen.2:7).   Selfs toe daar ʼn keuse tussen lewe en dood ontstaan het, is Israel aangesê om die lewe te kies: “... Kies dan die lewe, dat jy kan lewe, jy en jou nageslag” (Deut.30:19).

Alle sondaars is bestem om te sterf. Dawid sê: “Gedenk van watter lewensduur ek is, tot watter nietigheid U al die mensekinders geskape het!” (Ps.89:48). “En net soos die mense bestem is om eenmaal te sterwe...” (Heb.9:27).   God gee die lewe. Ons is huurders daarvan.  Hy kan hierdie huur enige tyd opskort!

Dit gebeur soms dat God sy doel met ʼn mens se lewe deur lyding bereik. Dit maak mense nederig en laat hulle hul afhanklikheid van God besef. Daarom het Hy meegevoel met elkeen wat tot Hom bid om hul lyding te beëindig. Hy weet die beste. Sy tydsberekening is volmaak.

Beproewing is nooit sonder verborge genade nie. Daarom durf niemand hul vir ʼn voortydige beëindiging van die lewe beywer nie.   Om die dood doelbewus te verhaas, is en bly sonde. So ook om op uitsonderlike maniere die lewe met mediese apparate te verleng terwyl die dood onafwendbaar is. Wie ’n goeie lewe lei, sal die lewe sonder hartseer verlaat.  

Die lewe is nie ’n besitting waaraan ons moet vasklou nie. Die dood is ʼn huiswaarts reis waarna ons moet uitsien: “Maar ons het goeie moed en verkies om liewer uit die liggaam te woon en by die Here in te woon” (2 Kor.5:8). Hoe ʼn mens sterf maak nie saak nie. Hoe hy leef, is belangrik. “En as iemand van julle wysheid kortkom, laat hom dit van God bid...” (Jak.1:5).  

Vrysinnigheid is besig om kerke te vernietig. Al hoe meer kerklui spreek hulle ten gunste van genadedood uit. Dit gaan vir hulle oor menslikheid en meegevoel en nie die Bybel nie.

België is die eerste land waar kinders wat terminaal siek is, die genadedood mag aanvra.   Sedert 2002 kan enige persoon ouer as 12 jaar in Nederland dit aanvra. In 2012 is daar reeds 1,432 gevalle van genadedood in hierdie land aangeteken.

Die argument word aangevoer dat die genadedood ʼn genadige uitweg is vir iemand wat weens pyn en lyding sy menswaardigheid verloor het.   Was Jesus dan nie die lydende God op aarde nie? Behoort Hy dan nie vir ons ʼn voorbeeld te wees nie?

Die Bybel is baie duidelik. Wie sy lewe voortydig beëindig, pleeg selfmoord en oortree die sesde gebod.   Laat ons elke dag voluit lewe.   Al eindig dit ook met erge lyding. Dit sal ʼn boodskap wees vir almal wat ons geken het.   Kom ons hardloop op die lewensbaan totdat die doodsklok lui!

U soek na?

  • HOU VAKANSIE IN MOSSELBAAI !

    Baie netjiese vakansie-akkommodasie in Fraai Uitsig, Kleinbrakrivier, Mosselbaai Munisipaliteit. Twee kilometer vanaf Kleinbrak en Tergniet se swemstrande en ongeveer 10 kilometer vanaf Hartenbosch. Pick n Pay binne loopafstand.
    Kliek hier vir volledige inligting en foto's: OPSOEK NA BEHUISING VIR VAKANSIE?
     
    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________
     
    SKAARS BOEKE TE KOOP
    C J LANGENHOVEN 16 VOLUMES
    FAK-SANGBUNDEL 1 VOLUME
    Hierdie 16 volume Langenhoven-stel is 'n goedopgepaste kosbare versamelstuk. Dit beslaan die volledige inhoud van Langenhoven se bundels soos Sonde met die Bure; Loeloeraai; Herrie op die ou Tremspoor; Doppers en Filistyne; en al die kosbare stories uit die pen van Langenhoven.
    Die FAK-sangbundel is ook in goeie toestand en kan saam of apart van die Langenhovenstel gekoop word.
    Eienaar moet na 'n kleiner woonplek verhuis en vra 'n redelike aanbod vir sy boeke.
    Die aanbevole waardasieprys vir die Langenhovenstel is R1600.00; en vir die FAK R100.00
    Koerierkoste sal bykomend wees.
    Kontak

    Chris Carstens

    Sel no 082 954 3383

    Epos adres

    chris.carstens

    @vodamail.co.za

    ___________
    DIGBUNDELS:
      'n Versameling van 4 elektroniese bundels - 226 gedigte @R350.00:  
    Vir alle navrae  skryf aan 
    Amanda
    @waterstrome.co.za
    Uittreksel uit:
    'n Nasie in Pyn:
    ...Saam sal die hele wêreld vir hulle bid.
    Saam sal ons met pyn in ons harte sit.
    Mag hulle berus in u wil
    Mag hulle voor U verstil.
    _________
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    'n Boek getiteld DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK - Christen Teokratiese Separatisme, uit die pen van ds AE van den Berg, het  in gedrukte vorm verskyn. 
    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.  
    DIE
    VOLMAAKTE REPUBLIEK - Christen Teokratiese Separatisme, bring helder perspektief oor rasseverskille en die natuurlike skeiding van rasse wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte aan geestelike transformasie wat landsburgers van denkrigting sal laat verander en van al die sogenaamde polities-korrekte onregte en gewaande vryheid waarmee hulle belas word, sal bevry.
    Lesers word aangemoedig om hulle daadwerklik vir 'n Christen-teokrasie in 'n volmaakte republiek te beywer deur sinvolle besluite te neem in die lig van God se Woord, en onophoudelik te bid dat dit spoedig hier aan die suidpunt van Afrika verwesenlik word. Politiek is 'n saak van erns en harde werk waardeur wet en orde gehandhaaf word en durf nie in eerlose hande gelaat word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel, iets wat op staatkundige gebied slegs in 'n Christen-teokratiese bestel tot sy reg sal kom.

     

    U kan hierdie boek bestel by
    ds AE van den Berg
    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com
    Prys: R50-00

     
  • BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    ('n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 'n Nuwe Trek (Exclusive Books) Prys: ZAR180

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is by http://tinyurl.com/lx9vrs8

    ... en loot.co.za dit verkoop teen R169 http://tinyurl.com/l26h6jl

    ... kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD


    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    JULIE 2013

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. 

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2 NOU BESKIKBAAR

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
    of skakel hom by
    074 967 5187


    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  • Kliek op DIE CHARISMATIESE GEVAAR om meer oor hierdie boek te wete te kom Lees verder...  
  • FILM OOR DR HF VERWOERD

    Kyk by hierdie skakel http://youtu.be/TcO3zPF8998

      na die kort film oor dr HF Verwoerd.   
    Dit kan ook direk bestel word by Riaan: +27823712682 of by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
     

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

 

'N BIETJIE LANGENHOVEN:

Ek sê nie al die suur mense is Fariseërs nie, maar naastenby al die Fariseërs is suur. In alle geval, solank hulle onthou om Fariseërs te wees. Want dis ook 'n inspanning.
Verbeel jou 'n wêreld sonder 'n skaterlag, sonder eens 'n glimlag. 'n Hemel op aarde, sal die Fariseër sê. Uit so 'n hemel sou ek wou wegloop hel toe.

Die man wat ek na soek, is nie dié wat die minste foute maak nie, maar dié wat die meeste foute régmaak.

Slaap laat solank as jy jou eie baas is en daar sal 'n tyd kom wanneer 'n 'n baas jou sal laat vroeg opstaan.

Ontydige vlyt is die merk van die luiaard. Dis sy verskoning vir ontydige rus.

Ons reken ons geluk vir ons loon en ons straf vir ons ongeluk.

Welvaart is die  dogter van matigheid en die moeder van weelde.

My swaarste pad trap ek self vir my plat, en die swaarste is die wat my voete nooit vat.

Daar is geen kuns by sukkel en geen sukkel by kuns.

Die boer wat nie saai nie sal nie misoeste kry nie, maar hy sal geen goeie ook kry nie.

Het die daeraad lief en die dag sal jóu liefhê.

'n Man wat werklik oor homself baas is, is nooit die kneg van 'n ander nie.

Dis die flukse perd wat flou word. Meer moeite as wat die vlytige het vir sy loon, het die luiaard verniet.

Op die ou end werk die vlytige man vir homself, die luiaard vir 'n ander.

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Kla net oor jou kooi as dit 'n ander is wat dit vir jou opgemaak het.

Hoe korter jy jou kuier maak, hoe gouer sal jy weer genooi word.

Om my naaste lief te hê is vir my 'n sware gebod. Met die mense daargunter kry ek dit nog op 'n manier reg.

Jy sê "ja" waar jy moes "nee" gesêhet omdat jy die ander nie wil aanstoot gee nie. Maar eken hoe het hy jou aanstoot gegee met sy versoek!

Aan 'n nuwe wa kan jy sien of dit 'n goeie skilder was; aan 'n oue of dit goeie wamaker was.

Trek liewer vir jou vriend jou broek uit as om vir hom vir 'n baadjie borg te staan. Anders loop julle naderhand albei nakend.

Die vriendskap wat jy moet koop is 'n duur artikel. Jy sal nie weer jou prys kry as jy dit van die hand wil sit nie.

Moenie vriendskap en besigheid meng nie – jy bederf albei.

'n Man wat nie vyande het nie deug nie vir 'n vriend nie.

Maak jou vriendelikheid goedkoop en hou jou vriendskap duur.

Moenie jou vriend vergeet nie; dit sal hom seermaak. Maak jou vyand daarmee seer.

'n Skare is 'n versameling van eensames.

Stuur die luiaard na die miere, en as hy nie te lui is om te gaan nie sal hy te lui wees om weer terug te kom.

Dis net so moeilik om maklikheid in die ou wêreld te kry as wat dit maklik is om moeilikheid te kry.

Waardeer die werk van jou vrou. Jy kan nie op die aarde 'n ander kneg kry vir dieselfde diens en dieselfde prys nie.

Met spaarsaamheid sal jy uit die kleinste inkomste iets oorhou; met verkwistery sal die grootste vir jou te min wees.

Besorg jou eie boodskap en reken die moeite teen dit wat die misverstand jou sou gekos het.

Het die ryk man nodig om so suinig te wees? Maar hy is nie 'n ryk man wat suinig geword het nie; hy is 'n suinige man wat ryk geword het.

Help jou swakke mededinger op die bene bly.  As hy tot niet gaan, kom daar dalk 'n sterke in sy plek.

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES (7)

(Lees die reeks by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

  • Die adderbyt van naberou is verskriklik (Naberou is ontstellend.)
  • Hy het hom in 'n addergebroedesel begewe (Hy was tussen 'n groep nydige, aanvallende mense.)
  • Sy het hom adieu toegeroep (Sy het vaarwel gesê.)
  • 'n Adres van adhesie is 'n geskrif waarin instemming betuig word met 'n versoek.
  • Jy is nou by die verkeerde adres (Jy soek die oorsaak van die kwaad by die verkeerde persoon.)
  • Dit was advokatery (Dit was regskundige uitoorlêery.)
  • Hy sal die werk weer afbroddel. (Hy sal knoeiwerk of slordige werk verrig.)
  • Sy wil elke takie afbrom (Sy kla die hele tyd terwyl sy werk.)
  • Jy kan nou maar afdans (Jy kan nou maar skoert.)
  • Moet hom nie op sy verdienste afdwing nie (Moet hom nie verkleineer nie.)
  • Die ou werkie draf ek gou af (Ek sal dit sommer gou afhandel.)
  • Hulle wil die rusie afdrink (Hulle wil vrede maak.)
  • Sy het soms baie affêrinkies (Sy is dikwels vol nukke en nonsens.)
  • Hy sal wel weer geld van haar affutsel (Hy sal dit op 'n oneerlike manier van haar kry.)
  • Daar kan niks van afgaan nie (Dit kan nie ontken word nie.)
  • Hy sal 'n afgehekste loesing kry ('n deeglike pak slae.)
  • Sy is 'n afgelekte meisie (Sy het al baie kêrels gehad.)
  • Jy lyk so afgesak (Jy lyk baie moeg.)
  • Hy het afgetop gelyk (Hy het verleë gelyk.)
  • As jy iets van hom wil hê sal jy dit moet afgoël (Hy is so suinig!)
  • So 'n afhaler is onnodig ('n Onnodige belediging.)
  • As dit afhang moet ons dit maar opbind (Skertsend wanneer iemand gedurig begin met "Dit hang af..."
  • Na elke partytjie is hy babalaas ( dan ly hy aan die gevolge van te veel alkohol).
  • Daar was 'n Babelse gegons van stemme (Almal het gelyktydig gepraat).
  • Dit was 'n Babelse verwarring (Dit was baie deurmekaar).
  • Hy sal weer mooi broodjies kom bak (Hy sal kom vlei en mooipraat om sy doel te bereik),
  • Hulle eet nie uit een bak nie (Hulle is nie vriende nie).
  • Sy het hom 'n bak gewys (Sy het hom onvriendelik tereggewys).
  • Gou by die bak maar lui by die vak (Hy is eerste daar waar iets te ete is maar traag as hy moet werk).
  • Hy maak sy hande bak (Hy kom bedel iets).
  • Ons moes bak staan (Ons moes hard werk).
  • Dit was sommer 'n bakerpraatjie (Dit was 'n skinderstorie).
  • Jerusalem is die bakermat van die Christelike Kerk ( Dis waar dit begin het. 'n Bakermat was 'n mandjie waarin die baker – die vrou wat 'n pasgebore baba versorg het – die kindjie op haar skoot voor die vuur versorg het).

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1939 gaste aanlyn