Nuutste bydraes

Sluit aan by die Waarheidstryders ! GEDAGTES VIR ELKE DAG

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Die liefde word nie verbitterd nie...

WAARHEIDS- MEMORANDUM (18)

TEMA 5: MISTASTINGS

Lees reeks by Waarheidstryders

U word vriendelik versoek om hierdie memorandum aan soveel persone moontlik te versprei. U word ook hartlik uitgenooi om u mening oor die inhoud te lig. Stuur dit gerus aan die webmeester by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

HIPNOSE

Hipnose word as ’n sielkundige tegniek (innerlike genesing) gebruik en het veral by ateïs wetenskaplikes soos Sigmund Freud, Carl Jung en Agnes Sanford steun geniet. Sielkundiges soos Norman Vincent Peale het dit selfs in die kerk te lande laat kom.  

Gelowiges het ’n probleem met hipnose. Dit verplaas mense se vertroue van God na ’n mens.   Die genesingsmetodes wat voorgeskryf word soos visualisering, joga, selfhipnose en geestesgenesing laat rooi ligte brand.

Hipnose word dikwels met godsdienstige terminologie versluier. Christelike visualisering is een daarvan waar die hipnotiseur ’n denkbeeldige beeld van Christus skep om die pasiënt soos ’n gids deur ’n moeilike tyd lei. Roomse hipnotiseurs maak ook graag van hierdie tegniek gebruik. Hulle vervang Christus net met Maria as geestelike gids.

Hipnose word as ’n doeltreffende oplossing vir angs, vrese, depressie en ander psigiese skete voorgehou, veral traumatiese ervarings. Genesing begin nadat die vinger op een of ander onaangename gebeure in die verlede gelê is waaroor geswyg word.   Sulke seerkry lê in die onderbewussyn. ’n Hipnotiseur kan dit na die oppervlak bring.   Voordat dit nie gebeur nie, kan die persoon nie gesond word nie.  

Die blaam vir sondes word dus op iets in die verlede geplaas en nie op die mens self nie. Hier verskil die Bybel radikaal van hipnose. Eseg.18 laat juis die klem op die mens se eie persoonlike verantwoordelikheid val.

Hipnose is niks nuut nie. Dit word al vir duisende jare deur toordokters, hekse, spiritiste, Hindoes en Boeddhiste gebruik. Dis glo ’n toestand van verhoogde fokus.   Alhoewel die meeste hipnotiseurs net ’n ligte tot medium transtoestand voorstaan, kan hulle nie verhoed dat ’n pasiënt in ’n dieper toestand versink nie. Dit kan tot verbeeldingsvlugte, sinsbedrog, buite-liggaamlike ervaringe, persoonlikheidsversteurings en ander ergerlike dinge lei.   Ernst Hilgard wat deeglike navorsing oor hipnose gedoen het, het tot die gevolgtrekking gekom dat dit demoniese besetting en in sy dieper vlakke onmiskenbaar okkulties is.

Kan ’n hipnotiseur iemand dwing om iets teen sy wil te doen? Die meeste van hulle sê dat ’n persoon se wil nie aangetas word nie.   Dis ’n leuen!   Hipnose verlaag ’n persoon se wil tot op die vlak dat hy alles sal glo wat hom vertel word.   Hy gaan in so ’n beswyming, dat hy selfs dinge waarneem wat nie bestaan nie!  

Hipnose is gekunstelde beswyming. Dit verlaag ’n persoon se onderskeidingsvermoë so drasties, dat hy dinge aanvaar wat hy andersins nooit sou doen nie.   Hy verloor bv. sy vermoë om rasioneel te dink en sal selfs dinge doen wat hy in ’n wakker toestand nie sou doen nie.   Hipnose omseil die mense se wilsproses en verplaas die persoonlike verantwoordelikheid na iets buite sy persoonlike verantwoordelikheid.

Een van die gewildste tegnieke in hipnose is om die pasiënt tot in sy kinderjare terug te neem.   Sommige pasiënte het in sulke beswymings selfs vorige lewens beskryf.   Heidene juig natuurlik hieroor omdat dit glo die werklikheid van reïnkarnasie bewys. Reïnkarnasie is ʼn leuen.  Heb.9:27 sê dat die mens net eenmaal op aarde leef en Salomo dat die mens na die dood na sy ewige huis gaan (Pred.12:5). Die siel word nie soos ’n motor se masjien oorgebou en daarna weer in ’n ander bakwerk geplaas nie!

Navorsing het getoon dat ’n gehipnotiseerde persoon nie tussen ware gebeure en indrukke wat onder hipnose geskep is, kan onderskei nie.   Die kans dat hipnose ware en valse weergawes van gebeure na vore kan bring, is dus ewe groot. Die gevaar van hipnose is dat iemand wat hom oopstel vir misleiding ook ander vorms van misleiding ten prooi kan val.

Talle mediese dokters en sielkundiges maak van hipnose gebruik omdat hulle glo dat dit ’n mediese praktyk met ’n wetenskaplike grondslag is. Medies laat dit goed klink.   Maar dit is nie.  Ten spyte van jare lange navorsing oor hipnose, kon dit nog nooit onomwonde as wetenskaplik verklaar word nie.

Dr. Daniel Coleman, ’n kliniese sielkundige, het in 1977 ’n insiggewende artikel oor hipnose geskryf. Daarin skryf hy dat alhoewel hipnose al vir 200 jaar aan die Weste bekend is, dit steeds onseker is wat dit is en hoe dit werk. Hy sluit die artikel af deur te sê dat dit beslis nie wetenskaplik is nie.  

Die toestande wat met hipnose meegebring word, verskil nie veel van dit wat jogi’s, hekse en toordokters doen nie. Net die prosedure verskil. Die resultaat bly dieselfde!   Hipnose neem iets weg waarsonder gelowiges nooit durf wees nie en dis selfbeheersing.   “Maar die vrug van die Gees is liefde, blydskap, vrede, lankmoedigheid, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, sagmoedigheid, selfbeheersing” (Gal.5:22). “Want God het ons nie ’n gees van vreesagtigheid gegee nie, maar van krag en liefde en selfbeheersing (2 Tim.1:7).

Enigiets wat die rol van die Heilige Gees in mense se lewens wil oorneem, is nie uit God nie. “Wees nugter en waaksaam, want hulle teëstander, die duiwel, loop rond soos ’n brullende leeu en soek wie hy kan verslind “(1 Pet.5:8).   Gelowiges plaas niemand in beheer van hul gees nie!   Hipnose is deel van die heidendom.  God het Israel teen heidense gebruike gewaarsku (Deut.18,19).

Wie ken die mense se hart beter as die Here?   “Bedrieglik is die hart bo alle dinge, ja, verdorwe is dit, wie kan dit ken? Ek, die Here, deursoek die hart…” (Jer.17:9,10). Enige ander poging om die hart te deursoek, lewer bedrieglike resultate op!

Mense plaas hul vertroue in hipnotiseurs i.p.v. God. “Vervloek is die man wat op die mens vertrou… terwyl sy hart van die Here afwyk” (Jer.17:5). Geen aspek van hipnose bevorder geloof en vertroue in God nie. Die onbewuste of dieper self ontvang al die aandag.

Wat sê die Woord van God? Dat Hy deur die rasionele verstand tot mense spreek. Daarom neem hulle wilsbesluite; alles kontroleerbaar. Hipnose daarenteen werk net met die onkontroleerbare – die verbeelding, hersenskimme asook sinsbedrog.   Daar is geen Bybelse aanduiding dat enige priester, profeet of apostel ooit met onderdrukte gevoelens en herinneringe moes werk ten einde geestesgenesing te verkry nie. Daarvoor was gebed, Skrifstudie en die krag van die Gees genoegsaam.

Ten spyte van al die fisiese en emosionele beproewing wat Paulus moes deurmaak, was hy nogtans in staat om sonder menslike hulp voort te gaan en hom steeds in die Here te verbly.   Hy kon die jammerlike verlede vergeet en hom op die dinge van die Here instel: “Maar een ding: ek vergeet die dinge wat agter is en strek my uit na wat voor is en jaag na die doel om die prys te verkry van die hoë roeping van God in Christus Jesus” (Fil.3:14).      

Vir gelowiges is die onaangename dinge van die verlede nie meer belangrik nie. Paulus skryf aan die Korintiërs en sê dat die ou dinge verbygegaan en alles nuut geword het (2 Kor.5:17).   Om dus in die verlede te bly vasval bots met die hele Skrif. Al wat saak maak, is die gelowige se verhouding met Jesus wat sê: “Kom na My toe almal wat belas en vermoeid is en Ek sal julle rus gee” (Mt.11:28).    

U soek na?

  • HOU VAKANSIE IN MOSSELBAAI !

    Baie netjiese vakansie-akkommodasie in Fraai Uitsig, Kleinbrakrivier, Mosselbaai Munisipaliteit. Twee kilometer vanaf Kleinbrak en Tergniet se swemstrande en ongeveer 10 kilometer vanaf Hartenbosch. Pick n Pay binne loopafstand.
    Kliek hier vir volledige inligting en foto's: OPSOEK NA BEHUISING VIR VAKANSIE?
     
    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________
     
    SKAARS BOEKE TE KOOP
    C J LANGENHOVEN 16 VOLUMES
    FAK-SANGBUNDEL 1 VOLUME
    Hierdie 16 volume Langenhoven-stel is 'n goedopgepaste kosbare versamelstuk. Dit beslaan die volledige inhoud van Langenhoven se bundels soos Sonde met die Bure; Loeloeraai; Herrie op die ou Tremspoor; Doppers en Filistyne; en al die kosbare stories uit die pen van Langenhoven.
    Die FAK-sangbundel is ook in goeie toestand en kan saam of apart van die Langenhovenstel gekoop word.
    Eienaar moet na 'n kleiner woonplek verhuis en vra 'n redelike aanbod vir sy boeke.
    Die aanbevole waardasieprys vir die Langenhovenstel is R1600.00; en vir die FAK R100.00
    Koerierkoste sal bykomend wees.
    Kontak

    Chris Carstens

    Sel no 082 954 3383

    Epos adres

    chris.carstens

    @vodamail.co.za

    ___________
    DIGBUNDELS:
      'n Versameling van 4 elektroniese bundels - 226 gedigte @R350.00:  
    Vir alle navrae  skryf aan 
    Amanda
    @waterstrome.co.za
    Uittreksel uit:
    'n Nasie in Pyn:
    ...Saam sal die hele wêreld vir hulle bid.
    Saam sal ons met pyn in ons harte sit.
    Mag hulle berus in u wil
    Mag hulle voor U verstil.
    _________
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    'n Boek getiteld DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK - Christen Teokratiese Separatisme, uit die pen van ds AE van den Berg, het  in gedrukte vorm verskyn. 
    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.  
    DIE
    VOLMAAKTE REPUBLIEK - Christen Teokratiese Separatisme, bring helder perspektief oor rasseverskille en die natuurlike skeiding van rasse wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte aan geestelike transformasie wat landsburgers van denkrigting sal laat verander en van al die sogenaamde polities-korrekte onregte en gewaande vryheid waarmee hulle belas word, sal bevry.
    Lesers word aangemoedig om hulle daadwerklik vir 'n Christen-teokrasie in 'n volmaakte republiek te beywer deur sinvolle besluite te neem in die lig van God se Woord, en onophoudelik te bid dat dit spoedig hier aan die suidpunt van Afrika verwesenlik word. Politiek is 'n saak van erns en harde werk waardeur wet en orde gehandhaaf word en durf nie in eerlose hande gelaat word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel, iets wat op staatkundige gebied slegs in 'n Christen-teokratiese bestel tot sy reg sal kom.

     

    U kan hierdie boek bestel by
    ds AE van den Berg
    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com
    Prys: R50-00

     
  • BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    ('n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 'n Nuwe Trek (Exclusive Books) Prys: ZAR180

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is by http://tinyurl.com/lx9vrs8

    ... en loot.co.za dit verkoop teen R169 http://tinyurl.com/l26h6jl

    ... kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD


    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    JULIE 2013

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. 

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2 NOU BESKIKBAAR

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
    of skakel hom by
    074 967 5187


    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  • Kliek op DIE CHARISMATIESE GEVAAR om meer oor hierdie boek te wete te kom Lees verder...  
  • FILM OOR DR HF VERWOERD

    Kyk by hierdie skakel http://youtu.be/TcO3zPF8998

      na die kort film oor dr HF Verwoerd.   
    Dit kan ook direk bestel word by Riaan: +27823712682 of by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
     

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

 

'N BIETJIE LANGENHOVEN:

Ek sê nie al die suur mense is Fariseërs nie, maar naastenby al die Fariseërs is suur. In alle geval, solank hulle onthou om Fariseërs te wees. Want dis ook 'n inspanning.
Verbeel jou 'n wêreld sonder 'n skaterlag, sonder eens 'n glimlag. 'n Hemel op aarde, sal die Fariseër sê. Uit so 'n hemel sou ek wou wegloop hel toe.

Die man wat ek na soek, is nie dié wat die minste foute maak nie, maar dié wat die meeste foute régmaak.

Slaap laat solank as jy jou eie baas is en daar sal 'n tyd kom wanneer 'n 'n baas jou sal laat vroeg opstaan.

Ontydige vlyt is die merk van die luiaard. Dis sy verskoning vir ontydige rus.

Ons reken ons geluk vir ons loon en ons straf vir ons ongeluk.

Welvaart is die  dogter van matigheid en die moeder van weelde.

My swaarste pad trap ek self vir my plat, en die swaarste is die wat my voete nooit vat.

Daar is geen kuns by sukkel en geen sukkel by kuns.

Die boer wat nie saai nie sal nie misoeste kry nie, maar hy sal geen goeie ook kry nie.

Het die daeraad lief en die dag sal jóu liefhê.

'n Man wat werklik oor homself baas is, is nooit die kneg van 'n ander nie.

Dis die flukse perd wat flou word. Meer moeite as wat die vlytige het vir sy loon, het die luiaard verniet.

Op die ou end werk die vlytige man vir homself, die luiaard vir 'n ander.

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Kla net oor jou kooi as dit 'n ander is wat dit vir jou opgemaak het.

Hoe korter jy jou kuier maak, hoe gouer sal jy weer genooi word.

Om my naaste lief te hê is vir my 'n sware gebod. Met die mense daargunter kry ek dit nog op 'n manier reg.

Jy sê "ja" waar jy moes "nee" gesêhet omdat jy die ander nie wil aanstoot gee nie. Maar eken hoe het hy jou aanstoot gegee met sy versoek!

Aan 'n nuwe wa kan jy sien of dit 'n goeie skilder was; aan 'n oue of dit goeie wamaker was.

Trek liewer vir jou vriend jou broek uit as om vir hom vir 'n baadjie borg te staan. Anders loop julle naderhand albei nakend.

Die vriendskap wat jy moet koop is 'n duur artikel. Jy sal nie weer jou prys kry as jy dit van die hand wil sit nie.

Moenie vriendskap en besigheid meng nie – jy bederf albei.

'n Man wat nie vyande het nie deug nie vir 'n vriend nie.

Maak jou vriendelikheid goedkoop en hou jou vriendskap duur.

Moenie jou vriend vergeet nie; dit sal hom seermaak. Maak jou vyand daarmee seer.

'n Skare is 'n versameling van eensames.

Stuur die luiaard na die miere, en as hy nie te lui is om te gaan nie sal hy te lui wees om weer terug te kom.

Dis net so moeilik om maklikheid in die ou wêreld te kry as wat dit maklik is om moeilikheid te kry.

Waardeer die werk van jou vrou. Jy kan nie op die aarde 'n ander kneg kry vir dieselfde diens en dieselfde prys nie.

Met spaarsaamheid sal jy uit die kleinste inkomste iets oorhou; met verkwistery sal die grootste vir jou te min wees.

Besorg jou eie boodskap en reken die moeite teen dit wat die misverstand jou sou gekos het.

Het die ryk man nodig om so suinig te wees? Maar hy is nie 'n ryk man wat suinig geword het nie; hy is 'n suinige man wat ryk geword het.

Help jou swakke mededinger op die bene bly.  As hy tot niet gaan, kom daar dalk 'n sterke in sy plek.

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES (7)

(Lees die reeks by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

  • Die adderbyt van naberou is verskriklik (Naberou is ontstellend.)
  • Hy het hom in 'n addergebroedesel begewe (Hy was tussen 'n groep nydige, aanvallende mense.)
  • Sy het hom adieu toegeroep (Sy het vaarwel gesê.)
  • 'n Adres van adhesie is 'n geskrif waarin instemming betuig word met 'n versoek.
  • Jy is nou by die verkeerde adres (Jy soek die oorsaak van die kwaad by die verkeerde persoon.)
  • Dit was advokatery (Dit was regskundige uitoorlêery.)
  • Hy sal die werk weer afbroddel. (Hy sal knoeiwerk of slordige werk verrig.)
  • Sy wil elke takie afbrom (Sy kla die hele tyd terwyl sy werk.)
  • Jy kan nou maar afdans (Jy kan nou maar skoert.)
  • Moet hom nie op sy verdienste afdwing nie (Moet hom nie verkleineer nie.)
  • Die ou werkie draf ek gou af (Ek sal dit sommer gou afhandel.)
  • Hulle wil die rusie afdrink (Hulle wil vrede maak.)
  • Sy het soms baie affêrinkies (Sy is dikwels vol nukke en nonsens.)
  • Hy sal wel weer geld van haar affutsel (Hy sal dit op 'n oneerlike manier van haar kry.)
  • Daar kan niks van afgaan nie (Dit kan nie ontken word nie.)
  • Hy sal 'n afgehekste loesing kry ('n deeglike pak slae.)
  • Sy is 'n afgelekte meisie (Sy het al baie kêrels gehad.)
  • Jy lyk so afgesak (Jy lyk baie moeg.)
  • Hy het afgetop gelyk (Hy het verleë gelyk.)
  • As jy iets van hom wil hê sal jy dit moet afgoël (Hy is so suinig!)
  • So 'n afhaler is onnodig ('n Onnodige belediging.)
  • As dit afhang moet ons dit maar opbind (Skertsend wanneer iemand gedurig begin met "Dit hang af..."
  • Na elke partytjie is hy babalaas ( dan ly hy aan die gevolge van te veel alkohol).
  • Daar was 'n Babelse gegons van stemme (Almal het gelyktydig gepraat).
  • Dit was 'n Babelse verwarring (Dit was baie deurmekaar).
  • Hy sal weer mooi broodjies kom bak (Hy sal kom vlei en mooipraat om sy doel te bereik),
  • Hulle eet nie uit een bak nie (Hulle is nie vriende nie).
  • Sy het hom 'n bak gewys (Sy het hom onvriendelik tereggewys).
  • Gou by die bak maar lui by die vak (Hy is eerste daar waar iets te ete is maar traag as hy moet werk).
  • Hy maak sy hande bak (Hy kom bedel iets).
  • Ons moes bak staan (Ons moes hard werk).
  • Dit was sommer 'n bakerpraatjie (Dit was 'n skinderstorie).
  • Jerusalem is die bakermat van die Christelike Kerk ( Dis waar dit begin het. 'n Bakermat was 'n mandjie waarin die baker – die vrou wat 'n pasgebore baba versorg het – die kindjie op haar skoot voor die vuur versorg het).

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1163 gaste aanlyn