Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Hoop is soos ‘n spier wat met oefening al hoe sterker word. Gee dit gereeld oefening totdat dit ‘n gewoonte word en jy ‘n permanente, gelukkige gees ontwikkel.
WYSHEIDSTORIES (14)
Skerp Waarnemer
Lees reeks by Wysheidstories
Soek elke storie se les
en omskep dit in dade
HOE JY KYK
Die lewe is een groot storie, 'n storie wat net wag om raakgesien en oorvertel te word.
Maar almal kyk nie met dieselfde oë na die wêreld om hulle nie. En almal reageer nie dieselfde op wat hulle sien nie.
Daar is 'n klassieke Duitse gediggie wat die verskil uitwys:
Twee het na die agterveld in die berge gegaan. En toe hulle terugkom, het die mense gevra:
"Wat het julle gesien? Vertel!"
Die een het gesê: "Ag, nou ja, die gewone berge en bome, son, waterstrome, groen gras en blou lug."
En die ander het gesê: "Pragtige berge en bome! Heerlike son! Rustige waterstrome! Sagte groen gras, en helder blou lug!"
Hoe meer jy die mooi dinge raaksien en waardeer, hoe gelukkiger en wyser is jy.
TOWERMUNTSTUK
Daar was eendag 'n koning wie se soldate bang was om te gaan veg, want die vyand was verskriklik sterk en wreed en groter in getalle.
Maar die land was in gevaar en die koning was moedeloos. Hy was glad nie bang nie, want hy het geweet sy soldate is beter vegters en sal kan wen. Elke dag worstel hy met die vraag: Hoe kan ek hulle oortuig dat hulle ons land van die vyande kan bevry?
Eendag kry hy 'n blink idee. Hy roep sy eenvoudige soldate wat min selfvertroue het, byeen en wys hulle 'n "towermuntstuk" wat die uitslag van 'n geveg kan voorspel! Hy vertel aan die een kant was 'n arend en aan die ander kant 'n beer. As die muntstuk drie keer opgeskiet word en die arend land elke keer bo, beteken dit 'n oorwinning vir hulle. Maar land die beer net een keer bo, wag daar moeilikheid.
Almal het asem opgehou terwyl die muntstuk grond toe val. Toe juig hulle. "Drie keer die arend! Die arend is bo; ons gaan wen!" Die hele leër is aangevuur deur die versekering van 'n oorwinning. Hulle het moedig met oortuiging gaan veg . . . en gewen.
Dit was eers na die oorwinning dat die koning aan sy manskappe die muntstuk van naderby gewys het. Aan albei kante was 'n arend.
Dit het baie gedoen om hulle selfvertroue te versterk sodat hulle kon glo dat hulle sou wen.
Moenie jouself oortuig dat jy niks kan doen om jou selfvertroue te versterk nie. Jy het nie 'n dooie muntstuk nodig om dinkwerk vir jou te doen nie. Doen net jou werk so goed jy kan en jy sal altyd slaag. Geluk kom na jou toe as jy self iets doen. Niksdoen is die verloorder. Geesteskrag is ‘n doeltreffende wapen.
DANS SONDER VOETE
Een van die land se beroemdste klassieke danseresse was op die kruin van haar loopbaan toe haar een been wens kanker afgesit moes word. Haar bewonderaars het haar bitter jammer gekry omdat haar drome op so 'n jong leeftyd aan skerwe gespat het.
Maar sy het 'n kunsbeen gekry en doodeenvoudig geleer om weer te dans. Sy het hard gewerk en was later weer bo-aan die suksesleer.
Elke keer wanneer iemand haar gevra het hoe sy dit reggekry het, het sy geantwoord: " 'n Mens het mos nie jou eie voete nodig om te dans nie. Jy gebruik wat jy kan. Jy kan altyd 'n plan maak."
KLIP IN DIE PAD
In die ou tyd het 'n wyse koning eenkeer 'n groot klip in die pad neergesit om te sien of enige reisiger wat verbykom dit uit die pad sou rol om dit vir ander makliker te maak wat met daardie pad langs kom.
Soos hy vermoed het, het van sy koninkryk se rykste en mees vooraanstaande burgers daarlangs gekom, maar eenvoudig en gemaklik rondom die klip geloop of met hulle groot koetse verby gesukkel en verder gery. Baie van hulle het luidkeels gekla omdat die koning nie sorg dat die land se paaie ordentlik begaanbaar is nie. Maar niemand het eens iets aan die saak probeer doen nie. Dit selfs nie aan die owerheid rapporteer nie.
Toe kom daar 'n arm kleinboer met 'n karretjie groente verby. Toe hy die reuseklip in die pad sien lê, trek hy sy klein karretjie langs die pad en probeer swoegend en swetend die klip wegrol sodat die groot koetse makliker verby kon kom. Uiteindelik slaag hy daarin.
Terwyl hy moeg teen die wiel van sy karretjie aanleun en die sweet van sy gesig afvee, merk hy op dat daar 'n sakkie in die holte lê waar die klip was. Belangstellend tel hy dit op en skrik hom byna dood toe hy sien dat dit vol egte goudmunte is. Vasgespeld aan die sakkie is 'n nota met die koninklike seël daarop wat sê dat die munte behoort aan die persoon wat die klip uit die pad rol.
Daardie dag beleef die arm boer toe 'n les wat baie ander nooit begryp nie: Elke struikelblok in 'n mens se pad is 'n geleentheid om jouself en ander te help. Hy wat niks vir ander se geluk doen nie, is self ook nie gelukkig nie. Help om die lewe vir ander makliker te maak en ervaar daardie genoegdoening van prestasie.