Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Talle mense ontvang die Woord van verlossing die eerste maal met soveel blydskap maar die oomblik wat daar probleme in sy lewe kom vergeet hy van die Genade wat hy reeds ontvang het en gaan maar weer net soos 'n onbekeerde persoon te werk – dan was sy blydskap tevergeefs.
DISKRIMINASIE ONS ENIGSTE REDDING
Dr Pieter Swart
Het u geweet dat die woord diskriminasie in werklikheid ‘n positiewe betekenis het? Dit word verkeerdelik aangewend om te beskryf hoe iemand benadeel word deur ‘n ander persoon. Diskriminasie se ware betekenis is om téén dinge wat joú benadeel, te kies. Dit is elkeen se reg om sy eie goed te beskerm hetsy dit sy materiële eiendom, sy gesin, of sy kultuur naamlik sy geloof, sy taal en sy volk is. Die betekenis van die woord diskriminasie lê dus in die beskerming van jou eie, nie in die benadeling van ‘n ander nie. Richard Weaver, ‘n bekende Amerikaanse skrywer, het die saak goed saamgevat toe hy gesê het dat slegs diegene wat instaat is om te diskrimineer en ‘n sterk bewustheid het van wat verkeerd is, instaat is om hulle kultuur te beskerm.
Vandag is die witman in Suid-Afrika oppad om sy totale kultuur af te staan.
Die aanslag teen ons godsdiens kan nie betwis word nie, dit is reeds in staatskole verbied en sal moontlik soos in alle kommunistiese lande die geval was, tot die dood veroordeel en verbied word, vandaar ook die grootse poging om christene aan dwaalleringe te onderwerp. Ons het ook ons suiwer taal verlaat; die sogenaamde stryd vir Afrikaans deur hedendaagse sangers en digters bring groter verwarring vir die ongeletterde wat Afrikaans wil aanleer as gevolg van die ergste vorm van anglisismes en kortom gemors wat as Afrikaanse taal gebesig word. En van ‘n volk is daar kwalik sprake; liberale uitsprake, valse aantygings oor ons verlede en die onkunde as gevolg van die verbod op ons heroïese geskiedenis soos ook in skole nou gebeur, veroorsaak dat volksgenote selfs skaam is oor hul volkskap. Wat is die gevolgtrekking hiervan? Dat ons nie instaat is om te diskrimineer in die regte sin van die woord nie, en dus nie ‘n bewustheid van en gevoelens oor wat verkeerd is handhaaf nie. Daarom kon ons nie ons kultuur bewaar en behou nie; so sal ons ook ons grond en ander eiendom binnekort as gevolg daarvan afstaan.
Ons het dus met 'n omvattende aanslag te doen: polities, kultureel, die sogenaamde demokrasie wat aan ons opgelê word, wat jou verhoed om as 'n kultuurgroep, as 'n volk, van buite die demokrasie jou reg te handhaaf, dus te diskrimineer, met ander woorde jou eie goed te mag beskerm. Die multikultuur wat ons gedwing word om te handhaaf, dat jy tog nie jou kultuur alleen moet kan handhaaf nie, jy is deel van 'n multikultuur wat net soveel waarde vir jou moet hê as jou eie; die geskiedenis wat herskryf word dat dit tog nie aanstoot gee aan ander in die land nie; die taal wat die "taal van die onderdrukker" is, en waarvoor jy moet skaam wees; ons onderwysinstellings wat van ons vervreemd is, sodat die Afrikanerkind in 'n geïnhibeerde toestand tussen Swartes moet wees, aan wie hy tog ook nie mag aanstoot gee nie, en veral dan om ons jeug te vervreem, sodat die volk nie meer 'n voortsetting kan hê deur sy kinders nie. By al dié dinge wat gebeur het en wat mense nog nie kon verstaan en verwerk het nie, word ons oorspoel met krete van vrede en versoening en 'n oproep om verdraagsaamheid. Ons moet glo net verduur en hoop dat dinge sal verbeter, terwyl die werklikheid waarmee ons te doen het, is dat ons ons in 'n voortgesette oorlog teen ons volk bevind.
Ons moet besef dat die uitdaging waarvoor ons staan, waarskynlik die grootste en ernstigste uitdaging is waarvoor ons volk ooit te staan gekom het, en miskien die grootste uitdaging is waarvoor baie volke in die wêreld nog ooit te staan gekom het. Selfs die buiteland laat hulle stem hoor oor die verwagte grondonteiening sonder vergoeding en is dit vir hulle ‘n vreemde proses.
Aanvaar ons die wanbeeld wat daar van ons volk geskep is? En daarnaas, aanvaar ons die nuwe bestel en gaan ons saamwerk en finaal daarin opgaan deur ons grond willens en wetens te laat steel? Ons het ‘n keuse om te maak: ons kan toelaat dat die ANC ons onteien, of ons kan begin diskrimineer, dws ons goedere begin beskerm, en daarvoor het ons nodig om ‘n sterk bewustheid van wat reg en verkeerd is te ontwikkel. Dit is die keuse wat ons moet maak. As ons besluit om nie daarin op te gaan nie, dan is die keuse: ons weier om ons toekoms te soek in hierdie nuwe bestel. Ons bly buite en ons bied weerstand teen die aanslae op ons waardes, op ons beginsels, op ons instellings, ons hele kultuur. Tussen daardie twee dinge is daar nie 'n middeweg nie: ons aanvaar die bestel en ons gaan daarin op en sterf, of ons bly buite en ons veg daarteen.
Mag ons die genade van God in die volgende maande ontvang om eerstens die moed bymekaar te skraap om die besluit vir die regte keuse te neem en te besef dat dit die enigste keuse vir oorlewing is. Met gebed en smekinge sal ons dan ook die moed ontvang om fisies op te staan en ons volkstem te laat hoor sodat ons hierdie pragtige land weer in besit sal kan neem en aan ons kinders en kleinkinders ‘n veilige, vredevolle en voorspoedige toekoms besorg.