Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Een van die belangrikste van die ses dinge in ons wapenrusting teen die bose geeste van Satan, is ons geloof. Wat sê Paulus sal ons daarmee kan doen? Die Bose se vurige pyle uitblus. As ons dít regkry is daar niejuis iets om voor bang te wees op hierdie aarde nie. En wat beteken dit in praktyk om geloof te hê? Dit behels om elke dag in opregtheid ons hele sondige natuur voor die Here te bely en met Hom te praat oor alles, net soos 'n klein kindjie sy ouers in sy vertroue neem, en dan rustig voort te werk in jou dagtaak met die wete dat Hy in beheer van daardie 'alles' is.
LAAT ONS BOEREBLOED WEER BRUIS!
DISSIPLINE
Johan Hack
Tydens die jare 70’s en 80’s was die aanslag deur die ANC, die liberalistiese wêreld en Afrikaner-verraaiers teen die Afrikaner-regering reeds in volle swang. Die simpatiseerders was reeds goed gevestig in hoë posisies in die regering. Suid Afrika was gekenmerk as ‘n land wat militaristies uiters goeie dissipline ten toon gestel het in die weermag, polisie en gevangenisdiens en daar was selfs onderlinge wedywering oor wie se dissipline en opleiding die strengste was.
Die jonger manne wat in hierdie departemente in diens geneem is moes so gekondisioneer word met betrekking tot dissipline dat hulle die vermoë om vir hulself te kan dink en te redeneer uitgewis moes word sodat daar geen teenstand sou wees tydens die oorgawe wat al lank reeds beplan en in werking was nie. Enige opdrag deur ‘n hoër gesag kon nie meer bevraagteken word nie en so het die mentaliteit ontstaan dat alles wat van bo af gesê word waar en reg moet wees want dit is mos van meer “geleerde en intelligente” mense in gesagsposisies deurgegee.
Die wat in gesagsposissies was het hul mag begin misbruik deur middel van die dissipline wat geskep is, om so hul verskuilde agendas te bevorder, en so het ons die spreekwoordelike “creators of our own demise”geword.
Ons moet onsself afvra of dit nie juis hier is waar die fout gelê het in ons eerlose oorgawe aan die vyand nie. Die gebrek aan dissipline lei tot ‘n gebrek aan selfrespek, respek vir jou medemens,veral aan ouer mense, (so duidelik in vandag se tyd) en daarna wanorde. Te veel dissipline het ook ‘n negatiewe uitwerking, en dit het die “ja en amen” en “volg soos skape” mentaliteit tot gevolg en is presies wat gebeur het tot in 1994, waarna daar ‘n algehele verval van dissipline ontstaan het. Van die een uiterste na die ander.
Die Afrikaner het nog altyd in die verlede die vermoë gehad om vir homself te kan dink en te redeneer en die moed gehad om sy sê te sê en vas te staan waar hy staan, daarom was daar so dikwels na hulle verwys as hardekwas en moeilik. Nêrens kan enige iemand sê hulle was papbroeke nie. Tydens die Tweede Vryheidsoorlog was daar wel aanduidings van swak dissipline aan die begin, maar soos die oorlog in volle gang gekom het, het dissipline verbeter, maar nooit so dat hul vermoë om self te redeneer oor wat reg en verkeerd is prysgegee was nie. God het ons mos die gawe gegee om wysheid, insig en kennis te bekom en vir die wat dit nie het nie, dit van Hom te bid.
Ja, hoeveel van ons sal nog kan opstaan en sê NEE, wanneer ander, vir dit wat verkeerd is, JA sê weens die onvermoë om vir hulself te dink of selfs net eenvoudig papbroeke is.
Laat daardie Afrikaner boerebloed van jou voorouers weer deur jou are bruis en gebruik jou gesonde verstand met die korrekte dissipline op so ‘n wyse dat jy weer ‘n eerbare Godvresende Afrikaner kan wees in hierdie land soos wat ons voorvaders sekerlik gehoop het ons sal wees.